'n kontekstuele pelgrimstog met rasversoening
In die hart van die lydensweg saam met Christus is die uitnodiging om ons kruis(e) op te neem. In hierdie 40-dae aanlyn-reis wil ons saam ontdek hoe so lydensweg lyk vir wit Suid-Afrikaners, vandag. Hierdie reis wat ons as ‘n virtuele pelgrimstog aanpak vorm deel van ‘n weg na diep versoening. Dit is ‘n uitnodiging om as gemeenteleiers saam te ontdek wat dit beteken om belydend en met waagmoed die historiese kruise op te neem wat met witheid gepaard gaan. Dit is 'n pelgrimstog op weg na Opstanding, met hoop!

Die 7-weke reis skop af met ‘n aanlyn-byeenkoms op Sondag 14 Februarie om 19:00.
 
Die 40-dae begin met As-Woensdag op 17 Februarie en eindig met Opstanding-Sondag 4 April. Deelnemers ontvang materiaal wat op eie tyd gebruik word, en skakel dan Sondae in op Zoom om saam met ander te gesels.

Die 40-dae program is gemik op predikante en gemeenteleiers.  
Internet-toegang is ‘n vereiste.
Beperkte aantal plekke beskikbaar.
Deelname is gratis.
30 VBO punte vir volledige deelname.

Navrae: Louis van der Riet - versoen.africa@gmail.com / 072 688 0448

Die Lydenstyd Pelgrimstog is deel van die werksaamhede van die Versoen Leergemeenskap van die NG Kerk Wes-Kaapland Sinode

Sign in to Google to save your progress. Learn more
Naam & Van *
Selfoonnommer *
E-posadres *
Gemeente *
Waarom wil jy graag aan hierdie Lydenstyd Pelgrimstog deelneem?
Submit
Clear form
Never submit passwords through Google Forms.
This content is neither created nor endorsed by Google. Report Abuse - Terms of Service - Privacy Policy