Copy
View this in your browser
Ons kuier hierdie week in Voortrekkerstraat by Build it, onder nuwe bestuur van Renier Zeelie en sy vriendelike kollegas. Pragtige fotos's van die sardientjie loop langs die Weskus. 
Ruk jou reg vir een groot makiete vanaf 6 - 8 Mei 2021, wanneer Clanwilliam Expo feesvier. 
Die Clanwilliam Landbou Genootskap vier sy 90ste bestaansjaar en hulle sien uit om almal daar te ontvang.

Make a difference, and contribute to the Wupperthal re-building project.
Do you have a special occasion or a special for Easter? Make sure you send your advert on a Monday, members advertise for free. 

Dit is ons mense, ons stories en ons dorp se doen dinge. Lekker lees ...  

Borg die nuusflits: Jy kan hierdie nuusflits borg @ R300.
Enige navrae Kontak ons gerus vir enige navrae.


Sanet Stander | 067 088 6969 | bookings@clanwilliam.info

Build it

Build it Clanwilliam het sy deure in Februarie 2017 geopen, onder eienaarskap van Hennie en Elana Senekal . Hul besit ook die Build it winkels in Vredendal & Worcester. Hulle het sopas vir Renier Zeelie as bestuurder aangestel. Hy is geen onbekende in Clanwilliam en Graafwater se gemeenskap nie. Renier is sedert Oktober 2014 werksaam in ons area.
Renier erken hy is ’n mens persoon wat mens georiënteer is. Hy staan in die oggende op en wonder watter mense gaan vandag sy pad kruis. Dit is vir hom belangrik om te alle tye 100% te gee en die beste moontlike kliëntediens te lewer.
By Build it fokus hul daarop om jou van hulp te wees, hul droom en beplan saam met jou oor jou droom huis. Build it sal jou huisplanne gratis doen en dan ’n volledige kwotasie uitwerk van fondasie tot by die dak, binne plus minus 10 werksdae.

Build it gee graag terug aan die gemeenskap, onder andere ondersteun hulle graag laerskool sokker. Hulle het juis onlangs besoek afgelê by Grootkloof Primêr, Algeria, waar hulle ’n verskeidenheid items afgelewer het, onder leiding van Choppy vd Merwe. Elke Build it moet maandeliks ’n voorlegging doen waar hul teen die res van die land se winkels meeding. Die maandelikse prys is  R5000, waarmee die tak dan vir al die personeel ’n braai kan hou. Renier sê hy weet Clanwilliam Build it gaan binnekort hierdie maandkompetisie wen! Hul verskaf tans werk vir dertien personeel en saam fokus hul 100% op die kliënt se behoeftes.
Nie net verkoop hul hardeware nie, maar onlangs het hul ook herlaaibare gloeilampe op die mark gebring. Met die Eskom beurtkrag verkoop dit soos soetkoek.
Hulle het ’n groot verskeidenheid verf en allerhande tuin benodighede. Al is jy nou nie ’n nutsman of ’n bouer nie, gaan maak ’n draai – daar is voorwaar iets vir almal se smaak teen baie bekostigbare pryse.
Clanwilliam Build-it is tans nou betrokke by die Wupperthal herbou-projek. Hul lewer weekliks bou-materiaal daar af. Hulle lewer ook af by Bulshoekdam, Graafwater, Lambertsbaai en selfs so wyd soos Doringbos.

Indien Build it nie ’n produk het nie, kan hulle direkte aankope vir klante doen.
Het jy geweet hulle het ’n boulenings afdeling om jou te help met herbou, verandering, ens aan jou huis. Navrae kan by Rochelle, Clanwilliam Build it gedoen word, natuurlik met die nodige voorwaardes wat geld.

Kyk ook uit vir die weeklikse Fast 5 PROMO promosies op hul FACEBOOK  (Geldig vir Vrydag en Saterdag).
Build- t: We make home building simple
With our core values of Family, Entrepreneurship and Passion at the heart of everything we do, Build it’s group of 350 retail stores across Southern Africa have been supplying building materials and serving our communities for more than 32 years. Build it is a division of the SPAR Group Limited South Africa. A voluntary trading group of individually owned retail stores with more than 10 000 employees across the group. With each of our stores being owner run and managed, our customers can be assured of the best possible service and advice.
 
A very handy tool on the website, a variety of calculators to calculate Brick/Paint/Tiles

WEBSITE

Make a difference ...

Wupperthal se gerestoureerde geboue is nou gereed om gebruik te word, maar is almal dolleeg. Die persone wat die restauramt Lekkerbekkie gaan bedryf moet alles self aanskaf, tafels, stoele, stowe, yskaste ens. Ons wil hulle graag help deur breekgoed en messegoed te verskaf. Ons vra of u een stel: bord; kleinbordjie, koppie en piering, sopbakkie ("place setting") of ’n gedeelte daarvan kan gee.
 
Ons wil ook graag vir hulle stelle handoeke gee (groot badhandoek en gesighanddoek) vir die 15 nuwe kamers wat hulle nou het om te meubileer. Die ou skoolkoshuis is omskep in gaste-akkommodasie.
As u kan help sal dit wonderlik wees, dankie dat ons op ons gemeenskap kan staatmaak.
U kan dit tydens kantoorure by Herschil by die Museum afgee.
Navrae: Rika Potgier - rrpotgieter@telkomsa.net

Tourism

AFRI NUUS | Inkomste uit akkommodasie daal met 71,2% in 'n jaar, en meer skoksyfers
Statistieke Suid-Afrika, oftewel SSA, het Dinsdag die jongste syfers oor verskeie sektore in die land se bedrywighede oor 'n jaargrondslag, wat strek van Januarie 2020 tot Januarie 2021, in 'n persverklaring bekendgemaak.
Hier is wat jy moet weet:
  1. Die totale inkomste vir die toeriste-akkommodasiebedryf het in Januarie 2021 met 72,9% afgeneem vergeleke met Januarie 2020. Inkomste uit akkommodasie het met 71,2% gedaal.
  2. Spysenieringsdienste het in Januarie 2021 'n daling van 50,1% op 'n jaargrondslag in Januarie aangeteken. Daar is ook 'n afname in restaurante en koffiewinkels (-49,5%) en wegneemetes en kitskoswinkels (-8,0%) aangeteken.
  3. Daar was 178 besigheidslikwidasies in Februarie 2021, 'n styging van 8,5% in vergelyking met die 164 likwidasies wat in Februarie 2020 gerapporteer is.
  4. Die drankverkope in SA het in Januarie 2021 R73,8 miljoen beloop, 77,1% laer as die R321,9 miljoen wat in Januarie 2020 aangeteken is.
  5. Die hoeveelheid goedere wat op SA se paaie en spoorweë vervoer word, het in Januarie 2021 met 10,8% op 'n jaargrondslag gedaal. Die ooreenstemmende inkomste het in dieselfde tydperk met 11,3% afgeneem.
Jy kan meer hier lees:STATSSA
Bron: AfriNuus

Cederberg

Nieuwoudts Pass (Part 2 / Descent) V3-2016
For full details on this pass, as well as all the passes and poorts of South Africa, including GPS, technical, safety, historical and tourism information, plus a fully interactive, dual view Phoca map showing printable directions from where you are with time and distance pre-calculated, go to www.MountainPassesSouthAfrica.co.za
 www.MountainPassesSouthAfrica.co.za

Build it

Renier Zeelie
Manager

084 452 3012 | 027 482 1192
manager@clanbuildit.co.za
1 Voortrekkerstreet,
Clanwilliam

Cederberg ClickClick

Op 15 Junie 2015 doen Nathan Amon op die ouderdom van 30 sy eerste fotosessie, nadat hy sy aanlynkursus in fotografie voltooi het. Hierdie passie en droom om ’n fotograaf te word kom oor baie jare en was dit sy vriendin, Mandy Sass, wat hom inspireer het om ook ’n fotograaf te word. Nathan trek ons aandag toe hy onlangs ’n foto-kompetisie wat deur die Weskus Mall aangebied is, wen. Die wenfoto was van Clanwilliam-dam, met die plaas Bokwater en die ou N7 in die voorgrond. Nathan erken dat hy graag eerder foto’s van mense neem, soos gesien kan word in die pragtige portretfotos hiernaas. Hy vertel van ’n baie spanningsvolle matriekafskeid-fotosessie in Calvinia: op daardie stadium het hy nog net een battery gehad, iewers het hy besef die batterylewe raak baie min. Hy stuur toe ’n skietgebed op en vra God moet asseblief vir hom ’n uitkoms gee. Toe hulle by die kliënt se huis kom, waar hulle die familiefoto’s moes neem, was hy verlig om ’n baie kerklike familie aan te tref. Hulle het toe eers ’n aantal toesprake en baie lang gebede vir die matriekpaartjie gedoen en net daar sien hy die gaping om die battery tydens die gebedsgeleentheid te laai. Hy vra altyd vir God leiding tydens enige van sy fotosessies. Hy geniet wat hy doen en elke fotosessie is vir hom uniek en ’n besonderse voorreg om te mag doen.
Alhoewel hy nog ’n vaste werk het, sal hy graag eendag ’n voltydse fotograaf wil wees. Nathan aard na sy pa, Joppie, want hy wil altyd teruggee vir sy gemeenskap en besef dat mense as gevolg van die pandemie baie negatief is. Hy glo dat sy foto's weer hoop en kleur bring in mense se lewens. Hy sal ook graag in die nabye toekoms ’n opleidingskool vir jeugdiges wil begin, mens moet altyd aanhou droom. Soos Nathan tereg uitwys: “Maak nie saak hoe moeilik dinge mag lyk nie – daar is altyd hoop en ’n mooi uitkoms, as jy net glo en vertrou in ons Voorsiener." 

Nathan, mag die lig reg val, en mag jy nog baie glimlagte en spesiale oomblikke vasvang! Ons hoop saam met jou dat jou pad eendag met Lisa Johnson, die bekende model van Australie, kruis. "Dream big or go home!"
Affectionate Photography

Volg: Cederberg ClickClick op Facebook

Elders

Lambertsbaai : Sardientjie loop langs die Weskus.
Foto's: Deon en Judith du Toit

Leer-Ken-Ons-Lede

Shannen Arangie werk seder die dag wat Clanwilliam Build It geopen het by die winkel, sy het as kassiere begin en gou besef sy moet al die items in die winkel leer ken, sodat sy uitstekende kliënte diens kan lewer. Deur oor ’n lang tydperk moeite te doen en alles te leer het sy in aanmerking gekom vir bevordering. Sy is verlede jaar aangestel as ontvangsklerk by die goedere ontvang-kant. Sy is ‘n boorling van Clanwilliam, wat vir ontspanning soveel moontlik tyd met haar dogtertjie spandeer. Hulle hou daarvan om by Bella-Louise Restaurant te gaan eet en geniet sy altyd die hamburger vreeslik baie. Haar raad aan die jong mense wat by ’n nuwe werk instap: “Wees te alle tye jouself, moet nie voorgee nie. My ma het my geleer jy trek jou huisskoene by die werk se deur uit.” Ons almal moet onder begin, moet nie dink dit is jou reg om dadelik bevordering te kry nie, werk daarvoor, alle sukses  kom met tyd. Haar motto leuse in die lewe is om net nooit moed op te gee nie, leer om daardie slegte dae te hanteer. Ek vra haar wie haar gunsteling kollega is, sy antwoord dadelik “Nee dit is darem ’n te moeilike vraag, ons is een groot hegte familie en geniet ek elke kollega”.

Social media picture of the week...

Hoop bly ons keuse. Bodemvas is ons leuse!
Foto: Augsburg Landbougimnasium
Volg hulle op
Facebook

Pharmacy @ Spar

Cederberg Municipality

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook
Bystand kontak besonderhede: Week: 19 – 25 /03 /2021
Clanwilliam
Marius Jooste - 082 889 8202
Elektries: Marius Baron – 073 306 1810

Erasmus Prokureurs

VEILING! Op 25 Maart om 10:00 word 'n Staak Boerdery Veiling gehou op die plaas, Dagbreek, 16km buite Graafwater, van Koos van Zyl. Trekkers, bakkies, ploëe, implemente, parte, bou- en slaghuistoerusting, asook meubels en vele, vele meer word aangebied. Sien jou daar! 
 
Vir navrae oor veilingsitems: per whatsapp aan Koos van Zyl @ 0836252325 of per e-pos jdvzyl@mylan.co.za.
Veilingreëlings: Albertus Erasmus (afslaer) @ 0832843370 of ae@eproc.co.za.
 
Besigtiging: 24 Maart van 08:00 tot 18:00 en 25 Maart vanag 08:00.
Verversings ten bate van die NG Kerk, Graafwater.
 
Veilingsinskrywing vind plaas op die perseel op die dag van veiling om 08:00.
U benodig die besonderhede van die bieër en die instansie wat koop : naam, nommer, BTW Nr, belastingnommer, bewys van adres.

Betalings met EFT of kontant.

Meer inligting

Clanwilliam Hotel

Clanwilliam Bookings

Clanwilliam Dam

Book accommodation for Easter

Thought for the week

Build it Specials

Dagboek | Diary 

Rocklands Highline Meeting 2021
The 8th edition of the South African Highline Meeting will be hosted at De Pakhuys in Rocklands over the Easter Weekend, 2-5th April 2021.
This is a slackline-community driven event and wouldn't be possible without the expertise and dedication of our experienced highline riggers. 
Read more: Facebook
Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp