Copy
View this in your browser
Met haar vriendelike glimlag en borrelende persoonlikheid kan mens nie help om aangesteek te word deur haar positiwiteit oor die lewe nie. Hierdie week kuier ons by die entrepreneur Mandi Louw van Blouwdruk.

Catch up on things to do in Clanwilliam and surrounds.

Dit is ons mense, ons stories en ons dorp se doen dinge. Lekker lees ...  

Blouwdruk

As jong entrepreneur het sy vining geleer dat jou kliënt die belangrikste bousteen van jou besigheid is. Deur haar persoonlike aandag aan haar kliënte te gee, en baie presies te wees met die finale produk, het Mandi Louw vir haar naam gemaak in Clanwilliam en omgewing.
Sy begin op 4 September 2015 met haar eie deeltydse besigheid Blouwdruk. 
Die naam sinspeel op die bloudruk planne vir ’n nuwe gebou, maar verteenwoordig ook hulle van. Met die ondersteuning van haar man Jakkie, werk hulle aan die begin na-ure en tot laat in die nag om hierdie droom ’n werklikheid te maak. As die werk baie raak, spring hulle dogters ook sommer in.
Mandi glo dat elke kliënt vir jou gestuur word - die wat moet kom sal kom. Sy geniet dit om deel te wees van elke proses, hetsy dit ’n geskenkie vir ‘n baba of ’n moeder is, of dalk ’n spesiale t-hemp vir ’n begrafnis, of selfs net ’n koffie beker vir ’n kollega.
Haar gewildste item is die printwerk van foto’s en viniel woorde op T-hemde of ander kledingstukke. Sy print ook bekers en ’n groot verskeidenheid verpersoonlikde geskenke soos sleutelhouers, muismatte, coasters, glas sny borde en vele meer. Sy maak ook naamborde vir besighede en veiligheidstekens vir plase. Sy glo ook aan vernuwing en poog daarin om gereeld nuwe toerusting aan te koop. Daarom kan sy dan ook deesdae druk op linte en aanstryk-etikette vir die merk van klere. Daar is eintlik net te veel produkte om op te noem. Julle gaan maar self moet gaan inloer. Gaan kyk ook gerus op haar Facebook blad vir ’n groot verskeidenheid van produkte en gelukkige kliënte.
Mandi erken dat sy oor die jare op die harde manier geleer het dat jy nie werk vir ’n kliënt voor jy ’n deposito ontvang het nie. Sy deel graag haar kennis met jou, so bring gerus jou idees vir haar en sy sal dit vir jou ’n werklikheid maak. 
Blouwdruk het in 2020 deelgeneem aan die Clanwilliam Sakekamer Opkomende skeppende entrepreneurs kompetisie. 
Ons vra vir dié gesoute entrepreneur: “Watter raad het jy vir ander entrepreneurs?”
”Werk met oogklappe aan, moet jouself nie met ander vergelyk nie. Moet nooit twyfel in jouself nie en doen alles na die beste van jou vermoë. Blouwdruk het ontstaan uit nood en deur genade en ek het nooit besef dat ek soveel geleenthede gaan kry om nuwe mense te ontmoet en te deel in elkeen se unieke storie nie."

’n Ekstra diens wat Blouwdruk ook verskaf is die maak van baniere, borduurwerk en canvas printwerk.

Mandi se filosofie in die lewe is ook iets wat sy graag haar kinders probeer leer:
“Leer om tevrede te wees met wat jy het, leef totaal en al uit dankbaarheid vir God se genadegawes.”
Het jy al ’n geskenk vir jou geliefde moeder vir die opkomende Moedersdag op Sondag, 9 Mei?
Jy hoef glad nie verder te wonder nie, want Blouwdruk gaan vir jou ’n geskenk kan maak wat jou moeder se hart vir altyd gaan steel. Onthou net om betyds te bestel, want verpersoonlikde geskenke neem tyd en liefde. Moet dus nie te laat wakker skrik nie. Kontak Mandi vandag!
Whatsapp: 082 489 660  | Email: mandilouw@telkomsa.net
Volg BLOUWDRUK op Facebook

Tourism

It's time to get up and get out and to explore our beautiful country safely, because tourism is in everything we do.

As South Africans, rising to the challenge is in our culture and that’s why here, a little goes a long way, because we come together to support each other and overcome. We believe in our people, our country and our relentless spirit to get us through.
Why?
Because that’s who we are.
#ShareSouthAfrica #BecauseSouthAfrica

Cederberg ClickClick

Ramskop-natuurtuin lê ons almal baie na aan die hart. Ons onthou gloriedae van plate blomme, koeltebome en geil struike met Clanwilliam-dam en die blou Cederberge in die agtergrond. Sedert 2017 se droogte was hierdie spogtuin van Clanwilliam net nooit weer dieselfde nie en verlede jaar se Vlak 5-inperking het die meeste plante die finale nekslag toegedien. Maar ons kan mos nie toelaat dat hierdie pragtuin verdwyn nie! Die blommemense van Clanwilliam het besluit dat 2021 ’n jaar van verandering gaan wees.
Ons wil, in samewerking met Cederberg Munisipaliteit, ’n spanpoging aanwend om hierdie tuin weer te laat blom. Ons nooi jóú,as gemeenskapslid en inwoner van die Cederberg, om saam ’n verskil te kom help maak. Bring ’n graaf, ’n vurk of selfs net jou hande, ’n sonhoed, water en oorgenoeg energie en kom sit 'n handjie by op Woensdag, 21 April en Donderdag, 22 April vanaf 08:00.

Jy kan inval wanneer dit jou pas en huis toe gaan wanneer jy moet. Verbeel jou: as elkeen van ons een bossie onkruid gaan uittrek en een nuwe plantjie gaan plant sal ons stukkie vir stukkie ’n massiewe impak maak.
Kom ons staan bietjie saam, raak weer liries oor die natuur en pronk gedurende 2021 se blomseisoen met die mooiste Ramskop-natuurtuin!
Wie is almal in?
Navrae kan gerig word aan Daleen Schoombee by 0728334917.
 

Volg Cederberg ClickClick op Facebook

Landbou


Baie geluk aan die leerders wat verkies is tot die Augsburg Junior Landbouvereniging 2021. (AJLV)
Hierdie leerders se primêre doel is om as skakel tussen georganiseerde landbou en die skool te dien. Die AJLV woon plaaslike Landbouvereniging- vergaderings en boeredae by en moet dan aan hulle landbou klasse terugvoering gee oor wat in die bedryf aangaan. Hulle word opgelei in vergaderingsprosedure en vergader maandeliks. Die AJLV is betrokke met die organisering van landboukursusse, moet hulle eie fondse insamel om projekte aan te pak en moet ook hulle eie Landbouvereniging- vergadering reël. Dit bring ons by hulle sekondêre doelwit: om landbou in die skool te bevorder.
Ons kan nie wag om te sien watter projekte julle vanjaar aanpak nie. Alle sterkte AJLV 2021!
Volg Augsburg Landbougimnasium op Facebook

Ons ontmoet vier uiteenlopende boere van Paarl, Robertson, Mamre en Hanover Park.
Kaap Agri se MARKtoe!
Lees gerus aanlyn.

 

Make a difference ...

Clanwilliam, ons benodig asb dringend julle hulp! Ons beplan om in Mei weer die diere sterilisasie projek te doen. Baie dankie aan die persone en instansies wat reeds 'n bydra gemaak het.
Elke bietjie help om 'n groot verskil te maak.

Het jy geweet elke dier wat gesteriliseer word, voorkom dat 1000de diere nie huis kan kry nie, verwaarloos is en honger ly? Ongelukkig was 2020 'n slegte jaar vir almal. Toeriste was nog altyd ons grootste ondersteuners, maar soos julle weet is daar deesdae min of geen toeriste aan ons dorp. Ons het dringend die hulp nodig van die inwoners van Clanwilliam om asseblief te help met donasies. Daar is reeds te veel diere en ons kan verdere populasiegroei net verhoed deur sterilisasie. Elke 6 maande wat ons nie diere kan steriliseer nie, vermeerder hul viervoudig. Die waglys vir diere van verlede jaar Mei was 300 diere. Daar is nou 1200 diere waarvan ons weet.

Ons is nog in die proses om geregistreer te word as 'n NPO, en ons kan dus tans net geld insamel van ons lede en donasies van die publiek.

DONASIE: Back A Buddy

Social media picture of the week...

The Cabin making friends with its newest guest,
a Beetle named Kewerki ...
think they’ve finally found their perfect love match!

Enjo Nature Farm

Cederberg Municipality

Stay up to date with Cederberg Local Municipality 

Website: News
Social Media: Facebook
Notule Vergadering No 3: Cederberg Raad en Clanwilliam Sakekamer
Datum: Woensdag 7 April 2021 om 10:00 in die Raadsaal by die Munisipale Kantore
Doel van Vergadering
Die Sakekamer het tydens die vergadering met die Munisipaliteit op 15 Maart 2021 versoek om met die CFO te ontmoet om ‘n aantal onbeantwoorde vra te bespreek. 
Laai af: Notule PDF

Clanwilliam Dam

Avon

I am Mandi Louw, a recruiter for AVON!
Would you like to earn extra money selling AVON Products?
Whatsapp: 
082 489 660
Email: mandilouw@telkomsa.net
Start your own business today!

Build It Clanwilliam

Baie geluk!
Mev Anita Pienaar

Clanwilliam Bookings

Clanwilliam Hotel

De Kelder Restaurant

Thought for the week

Dagboek | Diary 

Clanwilliam Toerisme
Website
Clanwilliam Sakekamer
Copyright © 2021 Clanwilliam Toerisme/Sakekamer, All rights reserved.


Want to change how you receive these emails?
You can update your preferences or unsubscribe from this list.

Email Marketing Powered by Mailchimp