Copy
View this email in your browser


in JAPAN

Van der Watt Nuusflits
(Junie 2015) 

 

Beste vriend/vriendin,

Dis amper soos om appels en pere te vergelyk. Iets lyk dieselfde maar wesenlik is dit radikaal verskillend. Ek praat van Suid-Afrika en Japan. Twee uiterstes in ontelbare opsigte.

Een voorbeeld: in Suid-Afrika se sogenaamde Christelike samelewing het die evangelie se saad, wat 360 jaar gelede begin saai is, al mildelik vrug gedra. In Japan, sedert die “goeie nuus” se saad 463 jaar gelede begin versprei is, lê letterlik 99,2% daarvan uitgedroog tussen klippe. Daar is ‘n rits redes hoekom.
 

Daarom worstel ek gereeld en diep oor hoe om sinvol vanuit die een konteks na die ander iets te deel oor Christen-wees. Want dieselfde evangelie vat totaal anders grond in Japan, as in Suid-Afrika. Die RCJ (Reformed Church in Japan) groep van sewe predikante het dit beslis ook eerstehands ervaar op hulle pas afgelope besoek aan SA.

Christene in Japan worstel met unieke uitdagings. En dit probeer ek altyd voor oë hou as ek hier gesprekke lei, preek of klasgee ens. Maar ook binne Japan self is daar radikale verskille. Ek het dit het weer opnuut beleef die afgelope maand, tydens twee geleenthede. Eén in die grootste wêreldstad Tokyo, en die ander in Shimizu, kusdorpie op Shikoku-eiland.
 
In Tokyo het ek die voorreg gehad om met ongeveer 140 vroue uit 37 verskillende RCJ gemeentes vanuit die omgewing te praat oor vroue se wesenlike rol as draers van hoop en betekenis in dié materialistiese samelewing (sien foto's ondertoe). 
En in Shimizu kon ek saam met 'n handjievol kerkleiers en lidmate uit Shikoku-eiland, in 'n baie besondere geleentheid by die plaaslike RCJ gemeente deel. Hulle was letterlik 36 jaar lank wagtend op ‘n pastor vir hulle sendingpos…maar in geloof het hul volhard ... lees die storie hier.


Ons beleef dat die Here baie nuwe geleenthede oor ons pad bring in Sy bediening hier. Ons nooi jou uit om daarvoor saam die Here te dank, en ons hier staande te hou deur getroue gebed- en finansiële ondersteuning. Daarsonder kan ons nie hier wees nie!

Die res van die nuusflits vertel die storie deur foto's ens.

Baie dankie vir jou deelwees hiervan!

Vrede in Christus,

Stéphan, Carina, Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan (jnr.)
 

In die afgelope maand het ons die warmer weer en vars buitelewe geniet
op verskeie maniere saam met vriende ...
en as gesin nuwe treë gegee in ons drietalige, tuisonderrig opset. 
(Annlie lees hieronder voor vir haar twee jonger boeties)


Vir meer plasings oor ons doen en late, besoek gerus ook Missie Japan se Facebook blad... 
Ons betrokkenheid in die kerk het (soos bo genoem) wyd gedraai, en heelwat besoeke buite Shikoku ingesluit. Dit was baie goed om 'n wyer blootstelling aan baie lidmate uit diverse RCJ gemeentes te kry.
Die foto's hieronder vertel die stories...
RCJ Shimizu se (nuwe) kerkgebou
By Ds. Chan (middel) se bevestiging
Stephan deel kapel-boodskap by Kobe se RCJ Kweekskool
Tussen klasse vat ons 'n vlugbal breuk
Kingdom Kids for Christ (Interkerklike byeenkoms)
KKFC (bg.) se saamwees bemoedig ons
Stephan lei aanbieding by Tokushima se Ekumeniese byeenkoms
Saam met Johann Symington (Tokyo Union Church)
RCJ Tokushima gemeente aktiwiteite

Carina (bo in die middel) het haar hande vol gehad met volgepakte Happy Kids geleenthede ... ons bly verstom en baie bly oor die groei: van waar ons begin het amper drie jaar gelede met 3 kinders, en nou (soms) 40 mense bymekaar is, skouer-aan-skouer in 'n klein kamertjie!


 
Carina saam met 'n groep vroue en kinders by ons "English Fellowship" se braai geleentheid by die see - met vriende uit Japan, Indonesië, Maleisië, Fillipyne, Kongo, Karribiese eilande, Hawaii en Amerika.
RCJ Oostelike Ring
Vroue seminaar
 
Stephan is uitgenooi as gasspreker na die jaarlikse byeenkoms van vroue uit die RCJ se Oostelike Ring (Tokyo omgewing), soos bo genoem.  Die interaksie met 'n groot klomp dinamiese (vroue) leiers was regtig inspirerend. 
 
Die implementering van die RCJ sinode besluit om vroue in die amp (ouderling en predikant) te bevestig, begin Oktober 2015. Dit kan DV die RCJ se bedieningsimpak ingrypend (ten goede) verander. Hieroor is ons saam bly en dankbaar!
Die twee weke lange besoek van die RCJ groep
aan Suid-Afrika is uiters sinvol en geseënd beleef.
Die foto's hieronder gee 'n klein bietjie weer van hulle ervaringe in:
Thaba Nchu (kruisplant), Bloemfontein, Swellendam en Goudini. 
Baie dankie vir almal wat gasvry en meelewend was by hulle reise!
GEBEDSVERSOEKE
 
Ons gebedsfokus in Junie is spesifiek gerig op Karen Strydom, amptelik Missie Japan se nuwe sendeling vir Japan. Ons bid vir haar voorbereiding (geestelik, kultureel, prakties ens.). Ons bid vir haar program van werwing van gebeds-, geestelik-emosionele- en finansiële ondersteuning in Gauteng (vanwaar sy kom), die Vrystaat, Wes- en SuidKaap en ander dele van ons land.

Ons bid ook vir haar familie, vriende, gemeente, Ring en Sinode wat gereedmaak om haar teen vroeg 2016 uit te stuur na Japan.

Om die volledige gebedsflits vir Junie 2015 te lees, kliek hier.

 
Facebook
Facebook
Website
Website
Email
Email
Maak 'n bydrae via GivenGain
Hoe raak ek prakties as medewerker betrokke? Lees hier verder ...