Lees deur internet, klik hier >>
8 Junie 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
'n Jaar gelede het die nuus oor die brande en trauma in die Suid-Kaap van oral bekend geraak. Ons steek vandag 'n kers vir elke slagoffer aan. Ons sê opreg dankie aan elkeen wat hom- of haarself beskikbaar gestel het om hulp te verleen, te bid, voorrade aan te ry, slaapplek en etes te gee, te luister ... 
Ons onthou saam met julle. Ons treur saam oor verlies en trauma. 
Ons herinner mekaar daaraan dat ons 'n getroue God dien. Mag julle dit spesiaal so beleef in hierdie tyd van terugdink ...
(Sien ook heel onderaan hierdie uitgawe.)

Suid-Kaap brande - een jaar later
SINODENUUS
1. Goeie Nuus: Internskappe!
Goeie nuus vanaf Predikantebegeleiding se Theunis Botha: die aansoekproses vir internskappe vir 2019-2020 is nou oop! Hierdie is ’n lofwaardige inisiatief van die Sinode van Wes-Kaapland, die kuratorium en Communitas om aan afgestudeerde proponente die geleentheid te gee om opgeneem te word in die kerk met die bied van 'n toepaslike werksgeleentheid in ’n vastetermynpos. Lees hier verder oor die program. Belangstellende gemeentes kan aansoekvorms by Adrienne Bester by bestera@sun.ac.za kry en aansoek doen voor 15 Augustus.
Op die foto onder is sommige van die predikante in internskapposte op 4 Junie by Communitas in 'n gesprek oor die praktiese implikasies van internskappe in 2018. 

Leraars in internskappe
Agter: Eddie Orsmond (PSD: Seminarium), Jana Dickason, Konette Louw,
Lourens Bester, Jandré Viljoen 
Middel: Schalk Treurnicht, Luané McLachlan, Wynand Breytenbach, Sherlize Hayes, Toit Wessels en Theunis Botha (PSD: Predikantebegeleiding)
Voor: Gielie Loubser (PSD: Gemeentebegeleiding), Nicola Alberts, Dewald Hoffman,
Ruan Nieuwenhuizen, Anton Duvenhage
Drie lede van die Belydenis van Geloof-taakspan
Dieter de Bruin, Anandie Greyling en Anriëtte de Ridder, lede van die BVG-taakspan
2. Belydenis van geloof
- roetemerker op geloofsreis

 Die NG Algemene Sinode het 'n taakspan gevorm om oor die betekenis en plek van belydenis van geloof (BVG) te dink en by die volgende sitting van die Algemene Sinode hieroor terugvoer te gee.
Die opdrag hou verband met die nadenke oor doopviering, die problematiek van die "funksionele dubbel lidmaatskap", asook die kindernagmaal.
Anriëtte de Ridder (PSD vir Jeug- en Familiebegeleiding) vertel dat die term “roetemerker” telkens in dié taakspan se besinning na vore kom.
Lees verder ...
Navrae: anriette@sun.ac.za
Taize Cape Town
3. Taizé kom Kaap toe!
Die bekende Taizé geloofsgemeenskap in Frankryk bied weeklikse retraites vir jongmense aan en meer as 50 000 mense woon dit jaarliks in die klein dorpie by.  Die GROOT NUUS is dat Taizé egter in 2019 Kaap toe kom!
Van 25-29 September 2019 bied hulle 'n byeenkoms vir jong volwassenes in Kaapstad se middestad aan waar hulle ongeveer 8000 deelnemers verwag. Broer Luc en Broer Norbit vertel dat dit 'n ekumeniese byeenkoms is wat jongmense tussen die ouderdom van 18-35 jaar byeen wil bring om egte gemeenskap te bou en om hul hoop in Christus te versterk. Lees hier en kyk hoe jou gemeente deel hieraan kan hê.
4. Wes-Kaapse streekbyeenkomste
Joernaalinskrywings boekstaaf Pinkster 2018
Ons is dankbaar oor die goeie ondersteuning van die streekbyeenkomste (waarvan die laaste drie op 31 Mei in Caledon, op 5 Junie by Suider-Paarl en op 6 Junie by Vredelust plaasgevind het).
Na afloop van die byeenkomste skryf Gielie Loubser: "Een van die gewoontes van 'n gestuurde kerk is dat ons heeltyd soek na die werking van God in ons lewe. Wat ons die beste help soek, is 'n terugskouing. Ons het al die woord 'journaling' leer ken en dit sal ook goed wees vir 'n gemeente om 'n gemeentejoernaal te hou. Net so ook is dit goed om 'n sinodejoernaal te hou. Ons wil graag met Pinkster 2018 die gewoonte van 'n sinodejoernaal instel." Lees verder.
Foto's van die Paarl-byeenkoms is hier op Facebook, terwyl Vredelust se album hier is.
Caledon streekbyeenkoms
Nelis Janse van Rensburg aan die woord in Caledon. Hy het 'n oorsig gegee oor wat tans kerklik op nasionale vlak gebeur en die rol van die NG Kerk hierin.
Peet Bester en Tilan Meyer-Morkel dink na oor die joernaal
Peet Bester en Tilana Meyer-Morkel dink na
oor die joernaal
Marie-Louise du Preez en Samantha Chamberlain
Marie-Louise du Preez en Samantha Chamberlain skryf
Jong predikante
Jong predikante by Vredelust: "die kindertafel", noem hulle dit - 
maar vir Riaan maak hulle altyd plek!
V.l.n.r. Jana Dickason, Mizelle Prinsloo, Helené Fouché, Riaan de Villiers,
Bianca Botha, Wynand Breytenbach, Scherlize Hayes
Kaartjies te koop
Gendergeregtigheidstaakspan
Lede van die Gendergeregtigheidstaakspan van die NG Algemene Sinode wat op 4 en 5 Junie by eMseni buite Benoni vergader het, is v.l.n.r. Elize Morkel, Attie Nel, Fanie Cronje, Tania Bezuidenhout (waarnemer namens NG Kerk Vroue), Pieter van der Walt, Rethie van Niekerk (sameroeper) en Carin van Schalkwyk.
Dankbaar
7. Vadersdag 17 Junie:
7.1 Kinderoomblik van dankbaarheid
Vadersdag is ‘n belangrike fees in baie gesinne se lewens. Dit kan egter 'n uitdaging bied (soos met Moedersdag) om dit in 'n erediens te vier sodat dit die diversiteit van ervarings in ag neem.
Nie alle mans is pa’s nie. Sommige mense ervaar hartseer op hierdie dag. Nie almal het goeie herinneringe of ervarings van ouers nie. Alle kinders het nie pa’s nie. Om die dag te ignoreer, kan egter ook ‘n groot gedeelte van die gemeente se lewenservaring ontken. Pak dit dus met sensitiwiteit aan op ‘n manier wat almal insluit.
Anriëtte de Ridder (PSD: Jeug- en Familie) verskaf 'n voorbeeld van 'n kinderoomblik wat fokus op die geloofsgewoonte van dankbaarheid wat op Vadersdag gebruik kan word, sowel as 'n uitdeelstuk wat daarmee saamgaan. Kry dit hier.

Pa en kind
7.2 Kinderbediening (KiX): Vadersdag-les
KiX se Elrika Esterhuizen stuur inligting oor ’n gratis les wat beskikbaar is met die oog op Vadersdag wat om die draai (Sondag 17 Junie) is.
Sy skryf: “Daar is altyd iets spesiaal wat ons oor Vaderskap kan ervaar uit God se Woord. Hierdie jaar kan jy saam met KiX deur die bril van Jaïrus Vadersdag vier. Hierdie is ’n verhaal gevul met so baie emosie en wat vertel van 'n pa se liefde vir sy dogter. Kry die les hier.

GEMEENTENUUS
1. Napier en Riviersonderend op pad na OvaHimbas 
Kobus Pretorius deel inligting oor Napier en Riviersonderend se uitreik na die OvaHimbas in Noordwes-Namibië. Optredes by skole, kraalbesoeke, die Jesus-film, Bybelverspreiding, nuwe bekeerlinge onder OvaHimbas en vele meer die afgelope 21 jaar het uitgeloop op die bou van twee kerkies (foto onder). Lees verder. 
Uitreik
Vaardigheidsklasse in Cala
2. Worcester-ring reik uit na Cala
Lidmate van Worcester, George, Ceres en Kragga Kamma is almal betrokke by 'n beplande uitreik wat op Vrydag 22 Junie om 04:00 vanuit Worcester na Cala in die Transkei vertrek.
Rousseau Malan (NG Worcester-Vallei) vertel van 'n winterskool vir die matrieks, kinderevangelisasie, programme wat wissel van vaardigheidsontwikkeling tot sang vir die kinders, vaderskapopleiding, bouwerk en vele meer.
Lees gerus hier en voeg hierdie uitreikspan asb. op julle gebedslys.
Hulle vra voorbidding vir 'n veilige reis, sowel as vir die uitreik self. Dink asb. ook aan al die gemeentes in die Cala-omgewing.
Uitreik
3. Bellville-Uitsig reik uit na Merweville
Uitsig Gemeente se jeug reik vanjaar vir ’n 13de agtereenvolgende jaar van 7 tot 14 Julie uit na die gemeenskap van Merweville in die Karoo. Daar word hoofsaaklik met minderbevoorregte kinders gewerk en ’n program met ’n Christelike inslag word aangebied. In die koue is die sop en broodjies wat verskaf word aan honger magies, baie welkom. Verder is daar ’n program vir die vroue van Merweville en saans werkswinkels wat gerig is op vaardigheidsontwikkeling.
Dis wonderlik om te weet dat hierdie projek reeds so uitgebrei het dat uiteenlopende gemeentes, soos Heidekoppie, Parowvallei-Oos en Stellenberg se “Kweek vir die Here”-span saam met die NG en VG gemeentes van Merweville deel hiervan is! Klik hier.
Uitreik in die veld by Orumana
4. Heidelberg reik al 18 jaar uit Orumana toe!
Die NG Kerk Heidelberg (Wes-Kaap) se gemeente gaan vanjaar vir die 18de jaar na Orumana, in die noordweste van Namibië, op hul jaarlikse uitreik. Hulle is betrokke by Kunene vir Christus o.l.v. ds. Erik van Zyl. Lees gerus hier oor besondere verhoudings wat oor jare gebou word deur besoeke aan skole, waterpunte en meer. Bid asb. vir 'n suksesvolle uitreik.
Reik uit
5. Versoek: getuig oor julle uitreike
Gemeentes wat tydens die komende Junie-/Julie-vakansie op uitreike vertrek, word vriendelik gevra om VrydagNuus kortliks (in sowat 60 woorde) daarvan te vertel en ’n foto aan te stuur. Kom ons getuig van God se werk deur gemeentes om gemeenskappe hier en elders te laat floreer. Kom ons inspireer mekaar – en kom ons bid vir elke uitreik.
Inligting moet kommunikasie@kaapkerk.co.za teen 11 Junie 2018 bereik; ons deel dit graag as deel van ons getuienis!
Kobus du Plessis
6. Stellenbosse studiegroep oor ons godsdiens en wetenskap: bedryf en bestuur van Wes-Kaapse waterhulpbronne
Op Dinsdag 12 Junie ontvang die Stellenbosch Sentraal Studie- en besprekingsgroep vir Kobus du Plessis, direkteur van die Instituut vir Water en Omgewingsingenieurswese aan die US, om te gesels oor  die bedryf en bestuur van waterhulpbronne in die Wes-Kaap. Hierdie baie aktuele bespreking begin om 17:00 in die kerksentrum van die NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal. Lees verder
Gebedsversoeke
Ds. Beukes
ALGEMEEN
1. Met innige medelye
Ds. A. J. (Apie) Beukes
27.05.1926 – 02.06.2018
Ons betoon ons innige medelye met die eggenoot (Monica), familie en vriende van wyle ds. Apie Beukes, voorheen van Umtali (vandag Mutare in die Noordelike Sinode), Hopefield, Lambertsbaai en Murraysburg tot sy aftrede.
'n Gedenkdiens, gelei deur Jacques Greyling, het op Donderdag 7 Junie vanuit die NG Gemeente Clanwilliam (waar hulle gewoon het) plaasgevind.
Uit die wye reaksie op die beriggewing oor sy dood op die sinode se Facebook, is dit duidelik dat ds. Beukes 'n besondere nalatenskap agterlaat.

2. Fakulteit Teologie: Winterskool 2018
"Justice, Reconciliation & Unity: Rediscovering the power of the gospel"
Die Winterskool wat jaarliks deur die Fakulteit Teologie, US, aangebied word, het vanjaar van 5 tot 7 Junie op Stellenbosch plaasgevind. Die hoofsprekers was Eleanor du Plooy, Wilhelm Verwoerd en Reggie Nel. Ons deel graag onderstaande foto's, met dank aan Helette van der Westhuizen, bemarking- en skakelingsbeampte van die fakulteit.
Bruce Theron, Eleanor du Plooy, David Maasdorp en Reggie Nel
Bruce Theron, Eleanor du Plooy, David Maasdorp en Reggie Nel
Sprekers tydens Winterskool 2018 - Fakulteit Teologie US
Sprekers tydens Winterskool 2018
3. Fakulteit Teologie, US - Gender Eenheid
"Reconceiving reproductive health"

'n Twee-dag konsultasie getitled "Reconceiving Reproductive Health" het op 30 en 31 Mei 2018 plaasgevind by die Fakulteit Teologie, Stellenbosch, onder die vaandel van die Gender Eenheid van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie.  
Deelnemers aan die konsultasie het minstens vyf Suid-Afrikaanse akademiese instellings verteenwoordig, en 'n verskeidenheid kerklike kontekste (foto onder).  
Die oogmerk van die konsultasie was om die eerste tree in 'n teologiese gesprek te neem rondom die tema van reproduktiewe gesondheid. Lees verder

Reconceiving reproductive health 30 Mei 2018
Voor v.l.n.r:  Nthezemu Kamanga (US), Marnel Smit (US), Ernest Marima (US)
2de ry v.l.n.r:  Nomusa Thabede (US), Nobunta Penxa Matholeni (US), Tayla Minnaar (UWK)
3de ry v.l.n.r:  Farren Watt (US), Lerato Makombe (US), Fralene van Zyl (US),
Alease Brown (US), Andile Mthombeni (Wits), Tanya van Wyk (UP),
Nomonde Ngcatshe (Wits), Nosiphe Mxoli (Wits)
Agter v.l.n.r:  Gerhard Meyer (US), Stefan de Klerk (US), Mzikazi Nduna (Wits), Kobus Viljoen (US Tygerberg), Manitza Kotzé (NWU), Nina Müller van Velden (US)
Nadia Marais (US) en Marizanne Pfeil (US) nie sigbaar op die foto nie
Logo's
4. Badisa: 
Akkommodasie beskikbaar

Badisa, ’n geloofsgebaseerde maatskaplike welsynsorganisasie, bied professionele maatskaplike welsyns- en ontwikkelings-dienste en is verbind tot maatskaplike ontwikkeling deur hulle 153 gemeenskaps-gebaseerde programme in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap. Hier is nuus oor twee van hulle programme vir ouer persone waar tans akkommodasie beskikbaar is.

Huis Izak van Tonder
Badisa se Huis Izak van Tonder in Ladismith is 'n bekostigbare tehuis vir bejaardes in 'n veilige omgewing en lewer 'n uitstekende diens. Hier is tans plek beskikbaar:
♦ Woonstelle/kamers vir onafhanklike persone - met dienste soos benodig
♦ Kamers vir diegene wat ondersteuning benodig - met sekere dienste
♦ Siekeboeg met volledige dienste
Kontak gerus vir Francois Nel by 028 551 1075 of bestuurivt@telkomsa.net vir persoonlike aandag of skryf aan hom: Posbus 150, Ladismith, Wes-Kaap 6655.
Huis Boesmanland
Huis Boesmanland, 'n Badisa tehuis vir ouer persone in Loeriesfontein, Noord-Kaap, het tans bekostigbare akkomodasie beskikbaar vir ouer persone wat nog mobiel is. Die kamers is onmiddellik beskikbaar.
Belangstellendes kan Huis Boesmanland kontak by 027 662 1325 of e-pos na huisboesmanland@telkomsa.net.

Logo
5. Raakgelees
5.1 Oor selfdegeslagverbintenisse nagedink ...
Na die Algemene Sinode van 2015, asook die buitengewone Algemene Sinode van 2016, was daar baie besprekings binne die kerk en samelewing oor selfdegeslagverbintenisse. In Durbanville gemeente is verskeie gesprekke gefasiliteer, preekreekse gehou en sprekers genooi om te help nadink oor "Hoe lees en verstaan ons die Bybel in die lig van die debat oor selfdegeslagverbintenisse?"
In 'n brief aan lidmate verwoord hierdie gemeente hulle standpunt deur te kyk na:
1. Hoe lees en verstaan ons die Bybel?
2. Waaroor stem ons saam?
3. Hoe verskil ons van mekaar in liefde?
4. Hoe stap ons die pad saam vorentoe?
Durbanville se sensitiewe hantering van hierdie saak mag ander gemeentes in hul nadenke hieroor help. Lees hier.
5.2 Swedish church launces app for children
"Jesus met children where they were and children should be at the centre of the church. They are an important part of the church. Today many children are online, so of course the church should be there with good applications," says Mikael Mogren, bishop of Västerås diocese in Sweden.
On 29 May the Church of Sweden launched a new app named Church (Kyrkan in Swedish), giving children the chance to use smartphones and tablets to explore the church building and learn about the faith and traditions of the church.
Read more - and click on the image to watch a short video about the app.

5.3 Tendensverslag: "Slacktivism"
"'Slacktivism' word gedefinieer as 'actions performed via the Internet in support of a political or social cause but regarded as requiring little time or involvement, for example signing an online petition or joining a campaign group on a social media website or application.'” Kyk saam met Ekerk na die tendens van "slacktivism" ("luidadigheid") en hoekom dit vir die kerk en gelowiges van belang is om hiervan kennis te neem. Klik hier vir die gratis verslag.
Sakbybeltjie
6. Sakbybeltjie soek steeds eienaar
Ons herinner graag aan hierdie spesiale versoek! Cecile du Plooy van Danabaai het in Maart vanjaar inligting en foto's van 'n unieke ou Sakbybeltjie waarop sy toevallig afgekom het, gedeel.
Die inskrywings voorin die Bybel wys op ene Martienes Jacobus Johannes Lambrechts (gebore 26 Februarie 1873) wat in Maart 1898 getroud is met Wilhelmina Elizabeth Hickman (gebore 11 Maart 1872). 
Let gerus op die spelling "Lambrechts". Ken jy iemand met dié van wat dalk 'n nasaat kan wees? Klik dan hier om meer te lees en 'n paar ander foto's ook te bekyk. Help asb. - so 'n kosbare erfenis hoort in hande wat dit sal koester - ons vertrou VrydagNuus se lesers kan help.
NUUSBRIEWE
Grafika
Badisa se Junie-nuusbrief
In SA, en veral die Wes-Kaap, word ons telkens gekonfronteer met die hoë voorkoms van middelafhanklikheid en die vernietigende gevolge daarvan. Dwelmbewusmakingsweek vind vanaf 24 tot 30 Junie plaas. Raak hierdie maand betrokke by Ramot se veldtog: "MOENIE JUNIE DWELMS DOEN NIE!" en lees die aangrypende stories van vyf persone wat by die Toevlug Rehabilitasiesentrum vir behandeling ingeskakel het.
PUBLIKASIES
Hulpmiddel vir ouderlinge of gemeenteleiers
CLF: Hulpmiddel - ouderlinge of gemeenteleiers
BM notuleboek
BM - Notuleboek
Besoedeling
EKOLOGIE
1. Wat is die mens se verhouding met die natuurlike omgewing?
Daar is breedweg drie modelle wat in die geskiedenis van die kerk gebruik word om te sê wat die verhouding van die mens tot die res van die skepping is: die heers-en-onderwerp-model; die rentmeester-skapmodel en die oikosmodel. Die model wat oorheers, bepaal in 'n groot mate wat met die aarde en al haar inwoners gebeur. Lees hier wat Projekspan Ekologie hierdie week oor die eerste model te sê het.
SAFCEI AGM
Plastiek ysberg
3. Planet or plastic? Make a pledge!
Together we can reduce single-use plastics and make a lasting impact. National Geographic suggests options – and the chance to take your pledge.
Always bring a reusable bag when you shop. Go refillable! Carry your own reusable bottle. Skip the straw. In most cases, you don’t need a straw. Tell your server, “no straw, please” when you order a drink. End littering. Properly dispose of your own trash and pick up litter when you can. Read more – and TAKE the pledge!
Ecocup
4. Alternatiewe vir plastiek
By al wat ’n basaar of skoolkermis is, word wegneemkos in polistireen- of plastiekhouers verkoop. Hier is dus ’n goeie geleentheid om ’n verskil aan ons omgewing te maak deur alternatiewe te ondersoek. Een opsie is om ekovriendelike winkels te ondersteun. 
Hier is ’n voorbeeld waaroor KwaZulu-Natal in hulle “Posduif” berig. (Ons moet vertrou dat hierdie produkte in die toekoms meer bekostigbaar sal raak om ’n volhoubare ekonomiese alternatief te wees. – Red.)
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Rugby 4 Jesus
VAKATURES
Vakatures in Kerkbode
e-Kerkbode dui nou ook aan op watter datums die volgende gedrukte uitgawes van Kerkbode verskyn. Kry dit by Vakatures (links in keuselys op e-Kerkbode); klik op 'n bepaalde vakature om dit oop te maak en let dan op die inligting regs bo.
Die eersvolgende uitgawes van Kerkbode verskyn op 15 Junie, 20 Julie en 3 Augustus.

Kerkbode se gedrukte uitgawes
Logo
1. Huis Wittekruin:
Administratiewe beampte/boekhouer 
Huis Wittekruin in Vredenburg is ’n program van Badisa vir bejaardes. Hier is ’n vakature vir ’n administratiewe beampte/boekhouer – lees hier verder en reageer voor 15 Junie.
2. Huis Lettie Theron vakatures:
Geregistreerde en ingeskrewe verpleegkundige (staf)

Badisa se Huis Lettie Theron, 'n tehuis vir bejaardes in Hermanus het twee vakatures vir verpleegkundige personeel. Ondervinding in geriatrie sal as aanbeveling dien en vroeg afgetredenes is welkom om aansoek te doen. Lees hier meer - aansoeke sluit 29 Junie.

Pieter van Jaarsveld
TEN LAASTE
Uit die pen van ...
Pieter van Jaarsveld

Wat (Wie) bind ons saam?

Die logo van die Algemene Sinode van die NG Kerk waarin die kandelaar die uitstaande kenmerk is, herinner my aan Op. 1:13 waar ons lees dat Christus tussen die lampe deurbeweeg. Die lampe is die simbool van die sewe gemeentes, oftewel die kerk van daardie tyd.
Wat belangrik is om te sien, is dat Christus tussen die gemeentes beweeg. Hy is die Een wat die gemeentes saambind. Vanuit die briewe aan die sewe gemeentes van wie ons in Op. 2 en 3 lees, lei ons af dat die gemeentes uiteenlopend was. En tog deel almal wat in Christus is, in die oorwinning wat Hy behaal het. Dit staan duidelik in elke brief.
In die NG Kerk is daar volgens die jongste Jaarboek, 1268 gemeentes wat in 11 sinodes ingedeel is. Hoe op aarde kry jy eenheid in so 'n verskeidenheid? Ons fokus op Jesus wat tussen sy gemeentes beweeg: die gekruisigde, opgestane en verrese Here. Dit is die grootste behoefte van ons tyd dat ons dit sal sien en beleef.

                                                                  -0-0-0-
                                                                                                                                   
Pieter van Jaarsveld is voorsitter van die moderamen, NG Kerk Vrystaat. Hy is ook predikant in die NG Gemeente Bothaville. Kontak hom hier

Swartland 2 Junie 2017 Swartland 2 Junie 2017
Swartland 2 Junie 2018 Swartland 2 Junie 2018
GENADE in die Swartland - dieselfde landerye;
foto's geneem op 2 Junie 2017 en 2 Junie 2018.
Groot, groot dankbaarheid!

Vriendelike groete 
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.