Lees deur internet, klik hier >>
21 April 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Opgestane Here, dankie vir die tydlose groet wat U ons geleer het: 
"Vrede vir julle!"
Dankie vir die vrede wat U oor ons uitgespreek het:
Die sjalom van God, die diep en blywende vrede wat net van U kan kom."
- John Johansen-berg

Nelis en Franse
SINODENUUS
1. Franse besoek

Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die moderamen, is onlangs deur die Franse ambassadeur vir godsdienssake, mnr Jean-Christophe Peaucelle, genooi vir ‘n gesprek. 
Mnr Peaucelle reis regoor die wêreld om kerke te ondersteun en aan mekaar te verbind, met die oog op versoening in die wêreld. Lees hier meer.
Op die foto is vlnr Xavier d’ Argoeuves, konsul-generaal, Nelis Janse van Rensburg en mnr Jean-Christophe Peaucelle.

#imagine hosts
2. #imaginekidz: Registreer nou!
Lekker nuus oor #imaginekidz2017! Hulle eerste aansoeke is ontvang en drie gashere het reeds geregistreer!

Datums om van kennis te neem:

#Imagine Kidz in Junie/Julie: sluitingsdatum 1 Mei

#Imagine Kidz in September/Oktober: sluitingsdatum 1 Augustus

#Imagine Kidz in Desember: sluitingsdatum 1 Oktober
Registreer by www.imaginekidz.com.

Millennials
3. VBO: VARS!
Alternatiewe kerkwees vir Millennials 

“Millennials” vra ’n nuwe manier van kerkwees. Vind uit wie “Millennials” is en hoe hulle dink en leef, wat die nuutste navorsing oor hierdie groep se unieke geloofsgewoontes en behoeftes leer en hoe gemeentes hier nuwe bedieningsgeleenthede kan raaksien en ontgin.
Kom dink en praat op 3 en 4 Mei by Communitas saam oor die uitdaging wat "Millennials" vir ons stel om relevant te bedien. Klik hier.
Charl Stander
4. Wes-Kaapland Streeksbyeenkomste
Charl Stander, skriba van die moderatuur, herinner predikante en gemeenteleiers aan die verskillende streeksbyeenkomste, wat van 8 tot 16 Mei in ons sinodale gebied plaasvind. Dit bied ’n ideale geleentheid vir gesprek en terugvoer oor die werksaamhede van die sinode. Klik gerus hier om te sien watter geleentheid naby jou aangebied word en kontak jou ringsvoorsitter dringend om jou teenwoordigheid te bevestig. 
Freddie Schoeman
ALGEMEEN
1. Met medelye: Freddie Schoeman
Ons treur saam met familie, vriende en kollegas oor die skielike heengaan van Freddie Schoeman, onder-voorsitter van die Oostelike Sinode se Diensraad en predikant in NG Lyttelton-Oos.
Nelis Janse van Rensburg beskryf sy rol in die NG Kerk as deurslaggewend en sy menswees as "sterk en sag, gefokus en ruimhartig". (Lees hier verder.)
Freddie was onder meer voorsitter van die Algemene Sinode Taakspan vir Missionale Transformasie, NG Kerk se verteenwoordiger in die bestuur van die Seisoen van Menswaardigheid en medewerker van Communitas. Ons dink aan  sy vrou, Alma, hulle kinders en familie. Mag die Here self troos bring.
"You see, if Easter faith is simply about believing that God has a nice comfortable after-life for some or all of us, then Christianity becomes a mere pie-in-the-sky religion instead of a kingdom-on-earth-as-it-is-in-heaven religion.
Or, if Easter 
faith is simply about believing that Jesus is risen in some ‘spiritual’ sense, leaving his body in the tomb, then Christianity turns into a let-the-world-stew-in-its-own-juice religion, instead of a kingdom-on-earth-as-it-is-in-heaven religion." (NT Wright)
- Plasing op Freddie Schoeman se Facebook op 17 April 2017
2. Andrew Murray Gedenkgesprek
Om dr Andrew Murray se nalatenskap te vier, bied Hugenote Kollege op 9 Mei 2017 ‘n Andrew Murray Gedenkgesprek by Hugenote Kollege, Kollegestraat, Wellington aan.  Die tema vir hierdie eerste gesprek is “Andrew Murray en die ontwikkeling van ‘n missionale spiritualiteit in die NG Kerk”. Sprekers sluit Len Hansen, Breda Ludik en Marié Britz in. Kontak Madri Visser by bestuur@hugenote.com of 021 873 1181 om te bespreek en lees hier meer.
Len Hansen, Marié Britz, Breda Ludik
Vlnr Len Hansen, Marié Britz en Breda Ludik
Andrew Murray-uitnodiging
3. Andrew Murray Gedenknaweek
Hou gerus die sosiale media dop vir inligting oor ander gebeure as deel van die gedenknaweek rondom dr Andrew Murray se geboortedatum, 9 Mei 1828.
Die bekende en prestigeryke Andrew Murray-prysfonds geleentheid vind vanjaar op Vrydag 5 Mei plaas. Die jaarlikse Andrew Murray-Desmond Tutu-gesprek vind tussen van die wenners plaas na die oggenderediens op 7 Mei in die NG Moederkerk, Wellington. Hierdie diens, wat om 09:30 begin, word vanjaar gelei deur dr Coenie Burger (wenner van die Andrew Murrayprys saam met dr Andries Cilliers vir Ontvang wat vir jou gegee is).
Tydens 'n jaarlikse kranslegging van die Moederkerk en die Hoërskool Hugenote as deel van hulle Stigtingsdagvieringe, word in herinnering aan ontslape dosente en studente van die Sendinginstituut kranse gelê by die grafte van onder meer Andrew Murray en Anna Cummings. Ander akademiese instansies van Wellington is ook betrokke hierby. Vanjaar se kranslegging is ook op So 7 Mei.
Kranslegging by Andrew Murray se graf
Kranslegging by Andrew Murray se graf 2014
4. It's Time SA: 22 April 2017
Stay in the Conversation, urges Dion Forster

In an interview about the events planned for 22 April, Dion Forster (Public Theologian at Stellenbosch University) encourages theologians, pastors and theological students to stay in the conversation whether they agree or don't agree. "Express your opinion, think it through deeply, search the Scriptures, think about your theological tradition, find if there is anything that you can contribute to make this conversation deeper, more lively... all part of being active citizens, deeply committed Christians and thoughtful theologians. 
*Sien ook GEMEENTENUUS elders in hierdie nuusbrief in hierdie verband.
Dion Forster on It's Time SA
Cabsa logo
5. Churches, Channels of Hope - Training
CABSA will be hosting a facilitators training event in the Churches Channels of Hope programme, to equip faith leaders in the Western Cape to present workshops and information sessions and to be able to guide their local faith communities towards HIV competence. The training takes place 9-11 May and 27-30 June (both compulsory). Click here for more information.
Bybelskool
6. Gratis Bybelskool oor Levitikus: Fokus op verhoudings
Chris van Wyk (NG Somerstrand) stuur weer inligting oor hulle bekende Bybelskool – ’n spesiale en gratis diens waarby enigeen kan inskakel.”Die boek Levitikus word waarskynlik op die sinvolste manier ingetrek in die NT om die absolute oproep van die Here te begrond dat ons heilig moet lewe, omdat God heilig is. Lees saam met my dié boek deur in die volgende maand en oorweeg self die blywende impak van hierdie geïnspireerde boek. Skryf hier in om die bydraes per e-pos te ontvang. Die eerste vier bydraes is 12 April geplaas sodat jy dit rustig kan deurlees.  Klik hier vir meer. 
Nagmaal
Foto: Arnold vd Westhuizen
7. Nagmaaltoerusting gesoek!
Uit die noordooste van Mosambiek skryf Andre Thiart om te vertel van 'n nuwe gemeente wat einde laas jaar 'n Mosambiekse dominee gekry het. "Soos dit maar met klein plattelandse gemeentes gaan, is daar altyd 'n tekort aan baie goed wat nodig is vir hulle om effektief te funksioneer. Tans is daar 'n behoefte aan nagmaaltoerusting, met ander woorde bekertjies en skinkborde."
Is daar dalk 'n gemeente of twee in die Wes-Kaap wat een of twee ou stelle het wat nie meer in gebruik is nie en wat bereid sal wees om dit te skenk? Hulle het so twee of drie stelle nodig, volgens Andre.
Kontak hom asb by thiartaa@gmail.com hieroor.
8. Gendereenheid  - Soos die plant van ’n Boom
“Vandag plant ons ‘n simboliese boom. Dit is my hoop dat hierdie boom takke van gedekolonialiseerde kennis sal dra. Mag hierdie boom voortgaan om te groei en te floreer in die Afrika-woud van verandering.” Prof Sarojini Nadar, Desmond Tutu-leerstoel vir Ekumeniese Teologie en Sosiale Transformasie aan UWK, het hierdie beeld gebruik in haar gaslesing tydens die bekendstelling van die Gendereenheid op 28 Maart. Die eenheid is deel van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie aan die US. Lees verder - foto onder.
Gendereenheid-bekendstelling
Agter vlnr: Proff Eugene Cloete, Sarojini Nadar, Julie Claassens
Voor vlnr: Prof Amanda Gouws, drs Dion Forster, Funlola Olojede, Charlene van der Walt, prof Hendrik Bosman    
Fotograaf: Anton Jordaan
9. Koortjies: Bou sing-sing Brûe tussen Gelowiges!
'n Groep eensgesinde vriende het 'n visie gedeel om 'n aanbiddingshulpbron te skep wat gemeenskappe regoor Suid-Afrika kan gebruik. Hierdie visie het gestalte gekry in Koortjies, met die eerste opnames gedurende September 2016 in die Boland.
Ongeag of jy jouself op 'n plaas, in skool, korrektiewe fasiliteit, 'n hospitaal of heeltemal alleen bevind: laai hierdie aanbiddingsliedjies af op jou rekenaar of slimfoon en versterk jou verhouding met die Here Jesus en medegelowiges deur God te aanbid net daar waar jy is. Vind meer oor hierdie gratis aanbiddingsbron uit: klik hier.
Luister hier
Cape Town Embrace Mothersday 2017
Diaconia CT Embrace Mother's Day Campaign 2017
Sakeontbyt
Bybelgenootskap Sakeontbyt 2 Junie
Thursdays in Black
12. Thursdays In Black: vir ’n Wêreld sonder Geweld
Die #ThursdaysInBlack-veldtog, vir die bewusmaking van ons strewe na ’n wêreld sonder geweld en verkragting teen vroue en kinders, geniet wêreldwye ondersteuning. Organisasies en individue kan hulle ondersteuning sigbaar maak deur op Donderdae swart aan te trek en slagoffers se lot só te gedenk. Ons het verskeie navrae gehad van belangstellendes wat die lapelwapentjies en boekmerke (of T-hemde) wil bestel. Klik gerus hier vir die nodige inligting en word deel van die veldtog.
Protes
13. Raakgelees ... Oor Protes
In Kerkbode spreek Nelis Janse van Rensburg, voorsitter van die Algemene Sinode Moderamen, die vraag hoe Christene protes kan aanteken, aan. Hy noem opsies soos die stembus, die parlement se openbare debat, die openbare media, petisies en optogte as teken van verset, sowel as Artikel 9-instelling en burgerregtelike organisasies met die geleentheid om ordelik protes aan te teken. Hy onderstreep dat ons dit met behoud van ons Christelike waardigheid – en ons ware kleure as mense wat Paasfees gevier het – moet doen. Lees e-Kerkbode se artikel hier.
GEMEENTENUUS
1. Gelowiges bid saam
Verskeie gemeentes in ons sinode (en elders) beplan gebedsaksies en interkerklike geleenthede vir verootmoe-diging om saam te val met Saterdag 22 April 2017 se gebedsaamtrek buite Bloemfontein.
Enkeles wat die inligting onder ons aandag gebring het, hou byeenkomste in Helderberg (sien onder), Kraaifontein, Kuilsrivier, La Rochelle (Bellville), Malmesbury, Stellenberg en Swellendam. Lees ook hier hoe e-Kerkbode berig oor die naweek se gebedsgeleenthede en hou Facebook dop vir inligting oor die byeenkomste.

NG Helderberg bid
NG Helderberg Gebedsuitnodiging  21 en 22 April 2017
NG Durbanville Verhoudingsreeks
NG Durbanville Verhoudings - Francois Swart (Mei 2017)
4. NG Durbanville: Paasprogram
Charlotte Stopforth (mezzo-sopraan) en haar musiek ensemble (bariton, violis, tjellis, kitaar en klavier) het Sondagoggend 2 April in die NG Gemeente Durbanville opgetree met ‘n Paasprogram wat bestaan het uit solo-sang en duet-sang ondersteun deur instrumente.  Paaswerke van Cardali, Stainer, Horner, afgewissel deur pragtige poësie voorlesings, is voorgedra om ‘n luisterryke bydrae tot die liturgie te lewer.
Musikante
Charlotte Stopforth en haar musiek ensemble
NG Swartland Vrouekonferensie
NG Swartland-Noord
Vrouekonferensie  5-6 Mei 2017
6. NG Suider-Strand Passiespel
Die program is soos volg:  
20 en 21 April: Passiespel om 19:00
22 April: Jubelfees vanaf 09:00 tot na middagete met kore, musiek en verskeie sangers. Passiespel om 19:00.
Stalletjies buite en tee en verversings sal te koop aangebied word.  
Sondagoggend 23 April: Lofprysingsdiens 09:00 gelei deur ds Carel Smith.

Passiespel om 19:00 met v
oorafsang 18:30 deur Cante Varia-koor en gemeente. Kaartjies beskikbaar by die kerkkantoor (021 854 5076). 
Nico en Alethia Grobler
PREDIKANTENUUS
1. Nico en Alethia Grobler groet na byna 34 jaar! 
"Na 33 jaar en 11 maande gaan ons Touwsrivier groet. Gemeentelede het familie geword. Begrafnisse het al hoe moeiliker geword." Hoewel Nico die pad vorentoe as ’n verrassing beskou, getuig hy van die Here se sorg en seën oor hulle bediening.
Nico lewer sy afskeidspreek op Sondag 30 April om 09:30 in die NG Gemeente Touwsrivier. Die Groblers beplan om op Pearly Beach af te tree en Nico sien daarna uit om afrondingswerk aan hulle huis te voltooi. Lees gerus verder hoe Nico vertel. Mag julle ook in die nuwe omgewing bewus van sy sorg leef, Nico en Alethia.
Dorflings
2. Robertson-Oos
Welkom, Johan en Louretha Dorfling!

Sedert 1 April is Johan en Louretha Dorfling deel van die NG Gemeente Robertson-Oos, waar Johan op So 23 April as leraar bevestig word.
Hierdie oud-Tukkie het onder meer in die NG gemeentes Faerie Glen, Scottburgh en Margate diens gedoen, voordat hulle in April 2002 na Vanderbijlpark beroep is. Lees hier meer.
Johan en Louretha, ons is saam met julle opgewonde om te sien hoe God julle in Robertson gebruik om tot seën vir die hele gemeenskap te wees. Hartlik welkom in die gemeente en die sinode!
3. Gemeentes gedy Missionaal
3.1 Nicola Alberts

Nicola word op 23 April bevestig by die NG Hottentots-Holland Familiekerk, die gemeente waarin sy in 2015 haar gemeentejaar gedoen het. Sedertien het sy as jeugwerker gewerk en danksy die internskapprogram sal sy die 23ste bevestig word in 'n tweejaarkontrak. Haar fokusarea is op die jonger lidmate, maar sy geniet dit ook om deel van die musiekspan te wees en om met die gemeente se stapgroep God in die natuur te ervaar. Sterkte en seën vir jou werk, Nicola.
3.2 Ruben en Arina Scheepers
Ruben beskou homself as iemand wat ’n passie het vir God se hele skepping en glo dat elke deel daarvan met respek hanteer moet. Hy is al vir vyf jaar betrokke by Straatlig, ’n gemeenskapontwikkelingsprogram van Stellenbosch Moeder-gemeente. Ruben is bevestig as tentmaker met die verantwoordelikheid om die gemeenskapontwikkelings-programme van Moedergemeente onder die geregistreerde NPC (nie-winsgewende maatskapy) Stellumthombo te koördineer.  Mag jy en Arina baie vreugde en vervulling in jul bediening ervaar, Ruben.
Lees onder meer oor die gemeente se Straatlig-program.
Internskappe
3.3 Lenois en Karmia Stander
Lenois word op Sondag 23 April om 09:30 as predikant by Suider-Paarl gemeente in die Paarl bevestig. Hy is reeds sedert 2015 by die gemeente betrokke, en is opgewonde om as 'n tentmaker sy betrokkenheid by die gemeente te formaliseer. Lenois skryf: "Suider-Paarl gemeente is 'n unieke, diverse gemeente, met 'n bediening in beide Paarl én Klapmuts. Die gemeente het, getrou aan sy gasvrye karakter, vir my as student ontvang en verskeie geleenthede vir my geskep. Dit is vir my 'n voorreg om my roeping verder in hierdie konteks te ontwikkel en uit te leef. Ek is oortuig daarvan dat dié betrokkenheid my werk by Bybel-Media sal ondersteun". Seën vir jou en Karmia, Lenois!
Straatlig logo
4. Straatlig Program gee Hoop
Lees gerus hier meer oor Stellenbosch Moedergemeente se gemeenskapsontwikkelingsprogram. Straatlig se programme vir kinders en volwassenes sluit BecomingKids, ’n beursfonds en Echo Jeugontwikkeling in. Dalk net die inspirasie wat jou gemeente nodig het om self ’n verskil in die gemeenskap om julle te maak.
Motorloos
EKOLOGIE
1. Motorlose stede?
Wat het wêreldstede soos Madrid, Parys, Hamburg en Dublin in gemeen?  Hierdie is vier van nege groot stede wat daadwerklike pogings aanwend om hulle stadsbewoners aan te moedig om nie van hul eie motors gebruik te maak om by die werk te kom nie, maar eerder te voet, per fiets of dmv openbare vervoer. Lees hier die volledige artikel en die planne wat beraam word om verkeersknope uit te skakel, besoedeling te verminder en parkeerprobleme op te los. So word daar nie net na die skepping omgesien nie, maar sommer na die reisiger se eie gesondheid ook!
2. Experience-based Gardens
Suiwer genot: 'n tuinontwerp wat die kreatiewe denke stimuleer en wonderlike genot (en klank) verskaf!
"Experience-based gardens", noem hulle dit. Klik langsaan en geniet die prag van hierdie natuurlike xilofoon gerus.

Holier than thou
BEHOU DIE HUMOR
Pinkster
PUBLIKASIES
1. Pinkster 2017: Christus het ons vrygemaak
In aansluiting by die NG Kerk-familie se viering van Reformasie 500 saam met Protestantse gelowiges oor die wêreld heen, dink ons met vanjaar se Pinksterreeks as kerkfamilie saam oor die sentrale boodskap van die sestiende‐eeuse Kerkhervorming of Reformasie, naamlik dat Christus ons uit genade van sonde en skuld vrygemaak het. Kry die volledige inligting hier.
2. Christelike Lektuurfonds: Bybelse Boodskap in Elkeen se Eie Taal
CLF se missie is steeds – na 60 jaar – om die Bybelse boodskap aan elkeen in sy eie taal deur gratis en bekostigbare lektuur te verskaf.
In hierdie video (onder) word ’n lekker oorsig oor hierdie organisasie en sy werksaamhede verskaf. Een van hulle vlagskipprojekte is "Een miljoen Bybels vir een miljoen kinders", ondersteun deur die Desmond Tutu God se kinders-storieboek Bybel en die Vertel my meer-Kinderbybel-reeks in vyf tale.

Wat bied CLF
LiG en Kerkbode voorblaaie
BM
Lees die volledige nuusbrief hier.
KUIERKANS
Ondersteun gerus jou plaaslike gemeente met hulle projekte en fondsinsamelings. Die langnaweek bied ook die kans om elders 'n gemeente se fees of basaar te besoek! Klik onder vir meer inligting. 
Kuierkans
Kerkbode
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

NG Sonstraal
1. NG Sonstraal: Mede-leraar
Aansoeke word ingewag vir hierdie voltydse pos. Sonstraal is in Durbanville geleë en is ʼn makro-gemeente met ongeveer 4 700 lidmate en ʼn diversiteit van eredienste en bedieninge.
Lees hier meer oor die profiel en verantwoordelikhede van die kandidaat. 
 Vir navrae kontak Felicity de Kock by 021 976 1236 of Ronel van Tonder by 083 631 7682. Aansoeke sluit 12 Mei en die aanvangsdatum is 1 Julie. Meer oor die gemeente is by www.sonstraal.org.za. 
NG Helderberg
2. NG Helderberg: Skakelbeampte
NG Helderberg het 'n vakature vir 'n skakelbeampte. Lees hier meer oor die werksure, pligte, vereistes en aansoek-proses. Aansoeke sluit 3 Mei en die beplande aanstellingsdatum is 1 Junie 2017. Vir navrae kontak Marisa Viljoen by 021 851 5582 (tussen 08:00 en 13:00) of marisa@nghelder.co.za .
Badisa logo
3. Huis Wittekruin: Verpleegassistent
Huis Wittekruin, 'n Badisa-tehuis vir bejaardes in Vredenburg, het 'n vakature vir 'n verpleegassistent. Aansoeke sluit 2 Mei en diensaanvaarding is so spoedig moontlik. Lees hier meer oor die vereistes en diensvoordele.
Johannes Nortier
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Johannes Nortier
Niko Kazantzakis se boek, God’s Pauper, is 'n verbeeldingryke hervertelling van die lewe van Franciscus van Assisi.
Ek lees: "You told me that your whole life you’ve been searching for God. How have you done this? By calling, by weeping, singing songs, fasting? Each man must have his own special route to lead him to God. Which route did you take? That is my question." Groot gedagte. Betekenisvolle oomblik. Soos wat altyd gebeur wanneer sodanige oomblikke aanbreek, het ek begin sing aan onbekende woorde op 'n bekende wysie. "Ons is soekers na ons Vader en ons vra wat is die sin van die tyd waarin ons lewe en die ewigheid daarin. As mekaar se reisgenote deel ons graag wat ons ontdek en so help die een die ander om 'n eie weg te vind ..."
Ons mag skryf, maar nie voorskryf nie. Ons mag sê, maar nie voorsê nie. My geloofsroete is 'n getuienis wat verkieslik nie geskree nie, maar gefluister word (Jes 42:2).
Ons het die bemeestering van die fluisterkuns nodig.
***
Johannes Nortier het na sy studies op Stellenbosch in Heidelberg KP en Cradock bedien. Sedert 2004 is hy predikant in die NG Gemeente Agter-Paarl. Kontak hom by jjn1@telkomsa.net
'n Herinnering dat die volgende uitgawe van VrydagNuus dié van 5 Mei is.

Vriendelike groete - en van nou af van beide
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.