Lees deur internet, klik hier >>
19 Julie 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Gielie
1. Geseënde dorspbesoek aan George
Na 'n onlangse besoek aan NG en VGK gemeentes op George, skryf Gielie Loubser (PSD: Gemeentebegeleiding) soos volg: "Een van die maniere om te sien hoe die Here werk, is om gemeentes met dieselfde geloofsbelydenis bymekaar te kry en te praat! Dis presies wat ons verlede week in George gedoen het. Wat nog meer help, is as jy die stories van die gemeente hoor. Die waarheid is dat ons nie noodwendig in mekaar se ruimtes kom nie. NG of VGK gemeentes kom nie noodwendig bymekaar nie. Die gevolgtrekking is dat ons regtig te min met mekaar praat en strategies beplan en dat so 'n besoek ons net weer bewus maak van ons eenheid en potensiaal as ons hande vat en gesinkroniseerd werk. Mag die saad wat gesaai is, opkom soos die Here dit wil." Lees hier meer - foto's onder.
2. Little Seeds
Na die onlangse bekendstelling van Little Seeds by Sinode 2019 het die span twee dae opsygesit om die pad vir die volgende vyf jaar te beplan. Die program is uniek weens die samewerking tussen die diensgroep Diaconia, Badisa en ander vennote om 'n omvattende eenstopdiens aan gemeentes en gemeenskappe te bied. 

Nioma Venter (PSD: Diaconia) skryf: "Little Seeds word gebou op noue samewerking, intern sowel as ekstern, ten einde die nood in ons land meer effektief aan te spreek en rolspelers beter te kan ondersteun. Die beplanningsessie demonstreer iets van hierdie nuwe eenheid met rolspelers soos die Hugenote Kollege, gemeenteleraars, ’n onafhanklike gemeenskaps-ontwikkelingskonsultant, die Badisa bestuurspan en die predikante in sinodale diens vir Diaconia wat deel van die sessie uitmaak. Die fasiliteerder, Paul Durrant van Clearstream Consulting, het die span met ’n vars benadering tot die ontwikkeling van ’n strategie gelei. Little Seeds sien uit om geleidelik die omvang van die diensaanbod met gemeentes en gemeenskappe te deel."
V.l.n.r.: Erika Hougaard (Little Seeds programbestuurder), Yolandi Nortier (NG Laingsburg), Rouxanne Opperman (maatskaplike werker), Eureka Smit (NG Wellington-Oos), Nadia von Wielligh
(Hugenote Kollege)
Zylia Volschenk (VKO- sentrums); Rouxanne Opperman (tuis-moederprogramme), Christine Quickfall (HUB Badisa)
3.1 Nuwe gemeenteprojek van Argief
Andrew Kok, bestuurder van die Argief, skryf soos volg: "Die NG Kerk Argief het met 'n projek begin waar die geskiedenis van die NG Kerk, sy gemeentes en predikante opgeteken word. Hierdie inligting word aangeteken op 'n webblad waar dit vir die breë publiek beskikbaar gestel word". Daar is by elke gemeente 'n stigtingsdatum, foto van die kerkgebou, 'n kort gemeentegeskiedenis (wat insluit enige dogtergemeentes en predikante wat daar bedien het) asook biografieë van predikante wat in diens van die kerk was. Lees hier verder, asook hoe jy kan help om die databasis so volledig moontlik te maak. Stuur asb. enige aanbevelings en regstellings na hierdie adres.

Mashoof
3.2 Ou dokumente vind rusplek in Argief
Donderdag 11 Julie was ʼn heuglike dag vir beide die VGK Malmesbury en die Argief. Hierdie gemeente was op daardie dag presies 138 jaar oud en dit was 'n gepaste dag om hulle oudste dokumente na die Argief te bring vir bewaring (foto onder). Vir die Argief is dit verblydend dat die gemeente erns maak met die bewaring van hulle kosbare dokumente en wil ander gemeentes nooi om in hulle voetspore te volg. Die dokumente bly die besit van die gemeente, maar die Argief bewaar dit namens hulle in spesiale kluise en met die toestemming van die kerkraad mag navorsers en lidmate daaruit kom navorsing doen.
Vir meer inligting oor die inlewering van dokumente, kontak gerus vir Karen Minnaar

Argiefbesoekers
V.l.n.r. Karen Minnaar (argivaris VGK-versameling); Quentin Minnaar (leraar); Jeffrey Arendse (kerkraadslid); Deon Jooste (sameroeper adminkommissie); Cleodine Leukes (skriba) en Andrew Kok (argiefbestuurder)
Braam
4. Sentrum vir Publieke Getuienis
4.1 Swartland Gemeenskapsforum gestig
Braam Hanekom van die SPG berig dat hulle dankbaar is om die afgelope week as fasiliteerder te kon optree met die stigting van die Swartland Gemeenskapsforum op Malmesbury. 'n Raamwerk vir fokusareas is opgestel insluitende sekuriteit, behuising en migrasie, waardes, kulturele identiteit en kohesie, volhoubare ontwikkeling, die vestiging van nuwe denke en verantwoordelike burgerskap. Teenwoordig was o.a. burgermeester Tijmen van Essen, munisipale bestuurder Joggie Scholtz, ander senior munisipale bestuurslede, hooggeplaaste polisiebevelvoerders, raadslede, kerkleiers van verskillende kerke en verteenwoordigers van die onderwys en nie-regeringsorganisasies. Die foto's onder is tydens hierdie geleentheid geneem.
Logo
4.2 Vyf uitdagings wat ons toekoms gaan beïnvloed
Uit die Sentrum vir Publieke Getuienis ontvang ons die volgende dokument waarin vyf faktore gelys word wat 'n rol speel wanneer na Suid-Afrika en sy inwoners se toekoms gekyk word. Die faktore is:
• Migrasie en behuising
• Sosiale kohesie
• Vaardighede
• Klimaat en omgewing
• Geloof
In die dokument word ook gevra wat die groter sistemiese oplossing vir elk van hierdie probleme kan wees, asook wat elke individu en plaaslike gemeente prakties doen. Navrae kan aan Danelle gerig word by SPG.

Uitdagings
Marius Nel
5. Brugpredikante jaarvergadering
Brugleraars van regoor die land (NIMSA) vergader jaarliks en vanjaar is dit Communitas se voorreg om almal op Stellenbosch te ontvang. Gesprekke fokus op wat die Here met brugbediening in ons kerke doen en wat ons van mekaar kan leer. Marius Nel gaan onder andere 'n bespreking lei oor die uitbreiding van Wandel in die Woord deur stereoskopies na die teks te kyk.

Alle brugleraars of voornemende brugleraars (al is jy nog ver van aftrede) is welkom om die geleentheid by te woon op 6 Augustus van 09:00 – 16:00 en 7 Augustus van 09:00 – 12:00. Die koste is R100 per persoon vir verversings en middagete. Plek is beperk - bespreek voor 2 Augustus by Mathilda.

GEMEENTENUUS
Logo
1. NG Drieankerbaai ouerskapkursus
Hierdie is nie ’n kursus vir modelgesinne nie. Ons weet almal: iewers loop dinge skeef, sukkel ons met klein en groot probleme en geen mens se liefde is volmaak nie. Daarom het gesinne baie genade nodig…
Andries Cilliers bied hierdie ouerskapskursus op vier Dinsdagaande in Augustus van 18:30 - 20:30 aan. Die koste is R100 per enkelouer of ouerpaar wat bywoon. Skryf in by ngkdab@polka.co.za en klik hier om die volledige program af te laai.
Huwelikskursus
Stoel
3. Hulp met stoele gevra
Lizbé Rossouw, skriba van NG Ladismith skryf: "Ek hoop dat van ons ander gemeentes dalk kan help. Ons gemeente het 'n groot hoeveelheid saalstoele soos op die foto, maar die jarelange gebruik het nou sy tol begin eis en die stoele het dringende herstelwerk nodig". As iemand weet waar houtsitplekke en –rugleunings verkry kan word, kontak asb. die kerkkantoor: 028 551 1271.
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
Missional worship
Registration closes on 24 July - click above for full details
Renier Schoeman
2. NG lidmaat deur president aangestel
Voorsitter van NG Welgemoed se kerkraad, Renier Schoeman, is met ingang van 1 Julie deur president Cyril Ramaphosa vir 'n tweede termyn aangestel as een van 13 kommissarisse van die Kommissie vir Kultuur, Godsdiens en Taal, 'n liggaam geskep ingevolge hoofstuk 9 van die Grondwet van Suid-Afrika.  
In sy verklaring het pres. Ramaphosa die nuwe kommissarisse gelukgewens en hulle voorspoed toegewens met die uitvoering van hulle taak en hul belangrike rol ter bevordering van sosiale kohesie en die bou van 'n waarlik verenigde Suid-Afrikaanse nasie.  
Hiermee wens ons Renier geluk, sterkte en sukses toe met die taak en verantwoordelikhede wat deur hierdie aanstelling aan hom opgedra is. 
NUUSBRIEWE
Nuusflits
Nuusbrief
PUBLIKASIES
Kerkbode
Lees in die Kerkbode van 19 Julie...
waar Johann Symington praat oor die lewe en geloof in Tokyo, Japan.
Die voorbladstorie gaan oor ’n gemeente in Pretoria wat mediese sorg aan ryk en arm verskaf deur die nuwe Tshwenyega-kliniek.
Die oud-Springbok Theuns Stofberg het ’n nuwe loopbaan gevind wat dalk mag verras.
Daar is 'n nuwe Kerkbode-app vir Android en Apple-fone, wat waarde toevoeg tot die Kerkbode-ervaring en nie bedoel is om die papierproduk te vervang nie. Dit is eerder ’n verryking van die stories en lesersbydraes wat  steeds met trots in gedrukte formaat in die voorportale van byna 400 gemeentes afgelaai word.
EKOLOGIE
Busstopdak
Bee-friendly bus stop roofs
The roofs of more than 300 bus stops in Utrecht, Holland, have been converted into greenery to attract bees. These bus shelters not only support the city’s biodiversity, but also help capture dust and store rainwater. Workers who drive around in electric vehicles look after the plants, and the bus stops have all been fitted with energy-efficient LED lights and bamboo benches. Read more here. Source and photo: Independent.co.uk. 
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
Klik bo vir meer inligting
VAKATURES
Kerkbode
1. NG Parowvallei: Begeleier
NG Parowvallei benodig 'n begeleier. Oefening is Sondagoggende vanaf 08:15, sang vanaf 09:30 en die erediens is tot 10:30.
  Vergoeding is R400 per speelbeurt en begeleiding is slegs met die klavier. Hierdie is 'n kontrak vir twaalf maande - stuur 'n CV na parowvallei@gmail.com teen 31 Julie.
2. NG Parow-Welgelegen:  Koster/opsigter
Hierdie gemeente benodig 'n koster/gebou- en terreinopsigter om na die terrein, geboue en toerusting en ander gemeenteverwante pligte om te sien. Diensaanvaarding is 1 September 2019 en aansoeke sluit 31 Julie. Stuur 'n CV met 'n kort motiveringsbrief na Tania
Kry die werksomskrywing en meer kontakbesonderhede hier.
Logo
3.1 Huis JJ Watson:
Geregistreerde verpleegkundige

Huis JJ Watson op George het 'n vakature vir 'n ingeskrewe verpleegkundige. Doen aansoek teen 18 Julie - lees hier meer. 
3.2 Huis Aristea:
Geregistreerde verpleegkundige/stafverpleegster  

Hierdie Badisa-tehuis vir bejaardes in Durbanville beskik oor 'n vakature vir 'n geregistreerde verpleegkundige/stafverpleegster. Laai die volledige advertensie in PDF-formaat hier af. Aansoeke sluit 31 Julie 2019.
TEN LAASTE
Met die dood van legendes in die wêreld van sport, musiek en politiek vandeesweek word ons weereens bewus van die verganklikheid en nietigheid van die mens. “Die mens is soos die nietigheid; sy dae is soos ‘n vlugtige skaduwee” (Psalm 144:4).
56 musikante het in 2018 saamgespan om hierdie weergawe van Johnny Clegg se The Crossing op te neem ten bate van 'n welwillenheidsorganisasie.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.