Lees deur internet, klik hier >>
24 Maart 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Lydenstyd kruis

"Laat, Heer, u trou en reg en vrede
u liefde deur ons lewe stroom;
dan dra ons vrugte van bekering 
u kruis is, Heer, ons lewensboom."
(Lied 394:3)

SINODENUUS
1.1 #imagine 2017

Vir ongeveer 6150 jongmense was die afgelope naweek ’n geseënde geleentheid vir toerusting, die ontdek van gawes en bewusmaking van hulle rol en verantwoordelikheid as gelowiges en mentors. Kom ons bid getrou vir hierdie jongmense wat ’n impak in die wêreld moet maak.
Enkele indrukke van die naweek se gebeure is op www.kaapkerk.co.za – klik hier. Dankie aan Anriëtte de Ridder, #imagine Suide se feeskoördineerder, en haar span vrywilligers. Etienne Snyman, dankie vir die beriggewing en pragfoto’s deur die naweek. Imagine, die Wes-Kaapland Sinode se Facebook, sowel as Instagram het baie meer foto’s.
 
Bredasdorp #imagine
Imagine groep
Anrune Liebenberg
Anruné Liebenberg, gasspreker
Encounter Stations
Encounter stasies
Logo
1.2 #imagine movement – Dream, Believe, Do
Hoe funksioneer die #imagine movement, wat sedert 2013 gegroei en uitgebrei het? Kyk hoe die pad ná die #imagine experiences lyk: wat die "Post Imagine Team" se taak is, waar Mission Exposure Trips, #imagine kidz, #imagine ignite en plaaslike inisiatiewe (re#imagine) inpas en watter ander vertakkings van #imagine die "movement" lewendig hou en ondersteun. Nou kan JY deur #imagine Partners help om die "movement" te laat groei, leiers te ontwikkel en jongmense help "dream, believe, do". Klik onder vir die video.
Die pad vorentoe
Sinodelogo
2. Wes-Kaapland Streekkonferensies
- Vir Predikante en Gemeenteleiers

Die moderatuur beplan 'n aantal streeksbyeenkomste van 8 tot 16 Mei in ons sinodale gebied. Die moderamen moet oor verskeie kontensieuse sake in die sinode leiding gee, maar wil dit nie sonder 'n deelnemende gesprek met die predikante en leiers van gemeentes doen nie.
Tydens die beoogde streekkonferensies wil hulle hoor wat in die harte van gemeentes leef en ruim geleentheid skep vir gesprek. Aan die ander kant wil die moderatuur ook dan terugvoer gee oor die werksaamhede van die sinode. Om dit so gerieflik as moontlik te maak om dit by te woon, vind hierdie streekkonferensies op ses plekke plaas. Lees hier verder.
Gustav Claassen
3. NG Algemene Sekretaris skryf
Gustav Claassen van die NG Algemene Sinode het in ’n brief aan predikante gevra dat gemeentes So 26 Maart se eredienste waar moontlik so inrig dat aandag gegee word aan voorbidding oor reën. In hierdie tyd is ons enersyds dankbaar vir goeie reën in die noorde, terwyl die Kaap steeds gebuk gaan onder erge droogte.
Lees ook oor allerlei gesprekke en aksies waaruit die NG Kerk se betrokkenheid by verskillende aktuele sake  (en sy open-bare getuienis daaroor) duidelik blyk. Deel hierdie inligting gerus met lidmate wat navraag doen oor die kerk se getuienis op die markplein. Klik hier.
 
Averell Rust
4. Badisa Verbind tot die Reformasie
Vanjaar, met die viering van die 500ste herdenking van die Reformasie (Hervorming), wil gereformeerde kerke dat gelowiges en gemeentes hierby aansluit. Net so staan Badisa, in die woorde van Averell Rust (HUB) in die trotse geskiedenis en tradisie van die Reformasie. Hy skryf: "Ons verstaan van ons betrokkenheid by die nood van mense is gebaseer op die teologie en voorbeeld van die Kerkvaders, soos Johannes Calvyn, en andere. Net soos hulle ongeveer 500 jaar gelede tehuise vir kinders, bejaardes, gestremdes, middel-afhanklikes en andere opgerig het, gaan ons vandag voort met die lewering van hierdie noodsaaklike dienste aan mense in nood." Belangstellendes kan hier meer lees oor Badisa se verbintenis tot die Reformasie.
Kenny Raats
5. Noord-Kaapland: “No Regrets” oor Aftrede
38 Leraars en gades het die predikantekursus oor aftrede bygewoon wat verlede week in die Noord-Kaapland deur Deon Bruwer, Kenny Raats en Anilia Boshoff aangebied is.
Deon Bruwer het saam met die kursusgangers op pad gegaan en hulle gehelp in die soeke na nuwe moontlikhede en singewing.
Mossie Mostert skryf in die eNuus soos volg oor ons kollega, Kenny Raats (Bestuurder Menslike Hulpbronne, NG Kerk in SA): “Kenny het almal verstom met sy werksetiek, passie en omgee. Hy was tydens die kursus beskikbaar vir individuele afsprake. Sommige daarvan terwyl die kursusgangers om die braaivleisvuur gekuier het. Hy het nooit gekla, slegs gevra: ‘Is daar nie nog mense wat ’n afspraak wil maak nie?’ Op die laaste dag het hy ’n aanbieding gegee oor: Hoe lyk jou finansiële aftreebeplanning?” Lees hier verder.
Bruce, Tony, Coenie
6. VBO
Saamgedink oor Fokustekste

Die reaksie op die VBO-taakspan se nuwe diens (die preekbesprekings van Lydenstyd se tekste), is baie positief. Die samestelling van die groepe is ekumenies en die informele gesprekke om die tafel vind dus in Afrikaans sowel as Engels plaas. Die kommentaar is dat persone wat daarna kyk, voel asof hulle kan saampraat, of ingelaat is by die gesprek. 
Dié informele gesprekke is op You Tube beskikbaar vir diegene wat dit as deel van hul eie nadenke vir die Lydenstyd wil benut.
In die vierde video (klik hier) gesels Coenie Burger, Tony Robinson, Bruce Theron, Daniel de Wet en Lolly van Deventer om die tafel. Die volgende video’s sal telkens agt dae voor die betrokke Lydensondag gelaai word. Lees meer.
 
7. VrydagNuus: Beplan so
'n Vriendelike herinnering: volgende week verskyn die laaste uitgawe van VrydagNuus vir hierdie kwartaal. Wanneer die skole in April heropen, veroorsaak verskillende langnaweke dat daar gedurende April slegs een uitgawe verskyn, nl dié van 21 April. Hou dit asb in gedagte in die beplanning van nuus en kommunikasie vanuit gemeentes.

As bonus diens, help ons egter graag deur waar moontlik nuus en inligting via ons sosiale media (Facebook en Twitter) bekend te maak. Hou gerus ook die sinode se webwerf (www.kaapkerk.co.za) dop vir nuusbrokkies. Klik op die spyskaart bo-aan op Nuus - Algemene Nuus en siedaar!
Sinode webwerf
ALGEMEEN
1. Bybel vir Sandkunstenaar
Die spesiale (net)werk van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika is die afgelope week weer onderstreep. Toe Quintus Heine (Wes-Kaapse aktuarius en streekhoof van die Bybelgenootskap in die Wes-Kaap) bewus raak van die Oos-Kaapse kunstenaar Siwe Tuma se wens om 'n Bybel van sy eie te besit, kon hy kollega Ben Fourie (streekhoof, Oos-Kaap) dadelik vra om Siwe op te soek en 'n Bybel aan hom te skenk.
Netwerk24 het op 15 Maart 2017 berig oor hierdie kunstenaar, wat uitsonderlike sandbeelde en 'n sandmuur met Bybelverse daarop op die strand by Port Elizabeth skep. Ben en die Bybelgenootskap in Suid-Afrika se sakebestuurder vir die Oos-Kaap, George Solani, het Sumi op Woensdag 22 Maart gaan besoek en sy eie Bybel aan hom oorhandig.
Lees die berig hier. Tweede foto met erkenning aan Netwerk24 oorgeneem.
Siwe Tuma en George Solani
Siwe Tuma ontvang sy Bybel van George Solani
Siwe doen afrondingswerk aan sy kunswerk
Siwe besig met afrondingswerk aan sy kuns
Richard & Catherine Weston
2. Seminaar oor Vriendskap en Gasvryheid
vir Internasionale Bediening

Van Jurie Goosen (Friends of all Nations-bediening op Stellenbosch en verbonde aan NG Helderberg) ontvang ons nuus oor hierdie seminaar op 1 April in Stellenbosch.
Richard en Catherine Weston van Oxford is die sprekers en is verbonde aan die "Lausanne Commission". Hulle het kruis-kulturele ervaring van 25 jaar deur uitreik na internasionale studente in die Verenigde Koninkryk. Jurie nooi: "Kom luister gerus oor hoe om die wêreld op ons voorstoep te bereik deur vriendskap en gasvryheid." Meer inligting is hier of kontak Jurie Goosen by 083 235 5920.
Mediasie
3. Opleiding as Mediators 
Social Justice bied VBO-geakkrediteerde opleidingsgeleent-hede aan wat predikante of maatskaplike werkers kan bemagtig om mediators te word en sodoende in die geskille tussen mense en instansies op te tree. Hierdie opleiding is geakkrediteer by Excelsus en predikante kan VBO-punte daarvoor verdien. Die opleiding geskied reg deur die jaar op verskillende plekke in die land. Belangstellendes kan hier klik vir meer inligting en inskrywingsvorms. Rig navrae aan Laurie Greyvenstein by laurie@socialjustice.co.za of 084 513 6464.
Jaco Thom
4. Raakgelees ... 
4.1 Geestelike Dissiplines vir Geestelike Groei
In sy gereelde blog dink Jaco Thom (Toringkerk, Paarl) na oor die reis na geestelike volwassenheid. Benewens God se werk om ons innerlik te vernuwe, herinner hy aan geestelike dissiplines wat met hierdie reis na geestelike groei help.
Lees gerus hier meer.
Restitusiekonferensie
4.2  Raakgelees ...
The Justice Conference: Theological Footnotes
Reflecting on last week’s Justice Conference, Cobus van Wyngaard notes: " ...certain theological markers are emerging. Perhaps it would have slipped by many of the younger participants – we all tend to think that the way the church think at the moment is just how it has been always, and then miss the deep shifts that is happening over time. So what are some of the emerging theological markers of a justice theology, a justice theology shared by people across the many divides that shape the church today (so not just a simple liberation theology practiced by academics, but a justice theology that emerge from the diverse church community in South Africa)?" Click here.
Sola scriptura
4.3 Raakgelees ...
Stephan Joubert oor Sola scriptura

"Die sola scriptura van die Hervorming resoneer sterk by hom. ‘Ek lees, eet en preek die Bybel. Ek sal my voortande gee vir die Bybel. Ek word moedeloos as dele van die Bybel in formalien geplaas word of daar ’n post mortem van die Bybel gehou word.’
Dis ook nie ’n wapen, ’n seermaakboek nie. ‘God stel sy oordeel tot laaste uit. Toe ’n Samaritaanse dorp (in Lukas 9) Jesus nie wou ontvang nie en Jakobus en Johannes vuur uit die hemel wou afbid om die inwoners te verteer, wou Hy niks daarvan hoor nie. Hy kom nie met kole nie, maar met water,’ sê Joubert." Die volledige artikel is hier.
4.4 Raakgelees ...
Paasfees: Jesus served and loved

In die jongste nuusbrief van die Bybel-genootskap van SA, die e-Saaier, word berig oor ’n spesiale Paasfees teken-prent.
Ter voorbereiding vir Paasfees kan dit dalk as deel van gemeentes se jeugbediening gebruik word. “The Super cool story of Jesus” is deur die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap vervaardig. Klik op die pyltjie vir die video.
Biskop Munib Youan groet die Pous
Biskop Munib Youan, president van die Lutheran Federation (LWF) groet die Pous
4.5 Raakgelees ...
WCC oor die Pous en Ekumene

As Pope Francis marks the fourth anniversary of his election, the latest issue of The Ecumenical Review, the quarterly journal of the World Council of Churches (WCC), opens with an article discussing the ecumenical gestures that have marked his pontificate, one of the most striking being his presence at the joint Catholic-Lutheran Reformation commemoration in Lund in 2016.
5. 60 Sekonde Waarhede:
Gemeenskap. Community. Genade!

Roedolf Botha van e-Kerk dink in hulle jongste 60 sekonde video (lekker kort!) na oor die waarde van gemeenskap in hierdie gejaagde wêreld wat skynbaar soveel klem op individualisme plaas ...
Het jy ’n "community", ’n groep wat jou nader aan Jesus kan bring, vriende wat jou welwees in die oog het? Dankie aan elke gemeente wat op uiteenlopende maniere hieraan gestalte gee. 
Klik op die gloeilamp vir die video.
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Stellenbosch-Noord: Lydensangdiens

Op 26 Maart om 09:00 vier NG Kerk Stellenbosch-Noord die nagmaal met ’n verskil. Dit sal die vorm van ’n sangdiens vir Lydenstyd aanneem. Een van die topkore in die Wes-Kaap, die kerkkoor van die VGK Eersterivier-Suid olv Elaine Johnson met solis Wilhelmina Klaaste, sal optree. Dan sal die sopraan Amanda van Dyk en tenoor Reggie Venter met begeleiding deur orrelis André Grové die gehoor ook bedien met hulle gawes. Die voorlesings word hanteer deur stemkunstenaar Elmé Bosman.
Gaan gerus en nooi ook jou bure en vriende saam, nooi Lambert Jacobs.
VGK Eersterivier: Koor
2. Henri Meyer: Energieke Bediening!
Om fondse vir NG Moedergemeente Mosselbaai se jeugbediening in te samel, onderneem hul energieke predikant, Henri Meyer en spanmaat Carlu Pienaar van 2-9 April weer 'n avontuur, hierdie keer ‘n fietsrit vanaf Clarens tot in Mosselbaai.
Henri het in die afgelope ses jaar reeds duisende rande met sy avontuurlike ondernemings ingesamel. Daar was onder meer twee fietstoere en hy het selfs die Otter Wandelpad in een dag kafgedraf, 'n uithourit om in een dag van Kaap Agulhas na Mosselbaai te ry (ongeveer 300 km in 14 uur) ... alles om fondse vir sendelinge en sendingprojekte van die gemeente in te samel. Verlede jaar het hy aan die uitdagende TransPireneë Bergfietsrit in Spanje deelgeneem. Lees nou hier meer oor vanjaar se poging en oorweeg asb waar jou gemeente hulle langs die pad kan ondersteun! Op die foto is Carlu (links) en Henri.
Carlu en Henri
Via Dolorosa
3. NG Stellenberg: Via Dolorosa
Die Via Dolorosa-uitbeelding (So 26 Maart tot So 2 April, 10:00-20:00 daagliks) sal deur middel van kuns en simboliek iets van die lydensweg van Christus probeer uitbeeld.
Elke stasie verteenwoordig 'n moment op sy lydensweg en gee vir besoekers geleentheid tot nadenke en introspeksie. Besoek gerus dié besonderse uitstalling op jou eie of met familie en vriende. Daar heers 'n gewyde atmosfeer by die uitstalling; besoekers wil graag die stasies in stilte besoek. Klik hier vir meer inligting.
Ons kinders en ander gelowe
NG Gemeente Suider-Paarl
Henk Stoker: "Ons kinders en ander gelowe"
5. Canticum Novum Kooroptrede
Die Canticum Novum koor van die NG Moedergemeente Stellenbosch bied op Sa 1 en So 2 April 2017 Handel se Messias saam met die Stellenbosch Universiteit Simfonieorkes aan in die Endlersaal. Hierdie koor bestaan uit studente van die Universiteit Stellenbosch en ook lidmate van die gemeente. Lidmate van omliggende gemeentes is ook deel van die koor. Handel se Messias is van groot waarde om gelowiges in die regte stemming te bring vir die viering van Paasfees. Kaartjies by Computicket en deure.
Hennie en Amanda Swanepoel
PREDIKANTENUUS
1. Hennie en Amanda groet Melkbosstrand
Op Sondag 26 Maart word in die NG Gemeente Melkbosstrand afskeid geneem van Hennie en Amanda Swanepoel. Hulle groet na 11 jaar en nege maande swaar, maar glo dat die Here hulle gelei het op die nuwe pad wat nou voorlê. Hennie vertel aangeheg meer oor die moontlikhede wat hulle ondersoek: dalk meer aandag aan sy sangbediening, berading, klas aanbied, aflos en so meer. Lees gerus ook hoe koerantman Hennie van Deventer oor Hennie se bediening skryf.
Ons seënwense vir julle pad, Hennie en Amanda. Mag julle met elke tree sien hoe die Here sorg en lei. 
Steyns
Welkom aan Izak Steyn, gebore 16 Maart 2017
Wateremmer
EKOLOGIE
1. Ontmoet God in Waterskaarste
Op 22 Maart was dit Internasionale Waterdag. Die week se Leesroostertekste sluit so goed hierby aan. Die Wes-Kaap en Weskusdistrikte het uiterste waterbeperkings.  Waterskaarste kan 'n geleentheid tot ontmoeting met God wees, skryf David Botha.  Lees hier verder, soos ontvang van die Taakspan Ekologie.
2. Kerk met Ekologie in DNA 
Sedert die stigting in 1987 van die Church of the Servant Christian Reformed Church in Grand Rapids, Michigan, poog hierdie gemeente om sag met die skepping en haar bronne om te gaan. Hulle volgehoue pogings het daartoe gelei dat hulle onlangs die gesogte Energy Star status ontvang het.  Lees hier.
Hier is van die maniere waarop hulle die omgewing goedgesind is en hul koolstofvoetspoor aktief probeer beperk:
Omgewingswenke
Fietsryers
3. Liggies trap in Lydenstyd
In hierdie bydrae word "liggies trap" as ideaal vir 'n koolstofvas in die Lydenstyd voorgehou: reis te voet, per fiets of met openbare vervoer. 'n Paar voorstelle oor ons algemene optrede as bestuurders bied ook stof tot nadenke. Dankie aan Estelle Botha vir die verwerking van die Anglikaanse Kerk se "Carbon fast for Lent" se riglyne, sowel as aan die Taakspan vir Ekologie.
Genotvolle bui
4. Why Waste Water?
The 4th reflection of the Lenten Campaign: Seven Weeks for Water 2017 of the Word Council of Churches’ (WCC) Ecumenical Water Network (EWN) is by Prof Jesse N K Mugambi. He asks, “why waste water?” and then goes on to reflect on the African context: how we can reduce, reuse and recycle fresh water for our consumption. A frugal lifestyle when it comes to water use is the way to go for Prof Mugambi. Read the reflection. Photo: "A boy enjoys rain in South Sudan’s Upper Nile State." @ACT/Paul Jeffrey
Skokfeite oor water
Dis hoekom ons water moet bespaar!
Touchy Subject
BEHOU DIE HUMOR
PUBLIKASIES
CLF: Hulp vir Paasfees
Christelike Lektuurfonds (CLF) het hulpmiddels om gemeentes leiding te gee oor die ware betekenis van Paasfees en te motiveer om die boodskap van verlossing uit te leef. Dit sluit in:
• Pamfletonderwerpe: "Die fees van Paasfees", "Vergifnis", "Reik uit na ander", "Hoe vertel ek iemand van Jesus?" en "Nagmaal, die fees waar God self die Gasheer is".
• Boeke: Seven words from the Cross – beskikbaar in Engels en Sotho teen R40. Hierdie publikasie fokus op die laaste woorde van Jesus aan die kruis op Goeie Vrydag. Lees hier verder.
Reik uit na ander Seven Words from the Cross Die fees van Paasfees
MES logo
NUUSBRIEWE
MES: Changing the Heart of the City

Anelle Erasmus (hulpbronontwikkelaar van MES) deel goeie nuus oor hulle werk die afgelope ses maande. Sy verduidelik: "The strategic goal is to contribute to the homeless and other disadvantaged people’s sense of dignity, worthiness and wellness through outreach, social relief and programs focused on community empowerment and enrichment." Raak gerus deel van hierdie goeie nuus-verhaal: kontak MES by capetown@mes.org.za of 021 949 8736 of besoek hulle webwerf by www.mes.org.za.
MES nuus
KUIERKANS
Ondersteun gerus jou plaaslike gemeente met hulle projekte en fondsinsamelings. Klik asb op die advertensies vir meer inligting. 
NG Laaiplek Konsert en Feesbasaar 24-25 Maart
NG Laaiplek Konsert en Feesbasaar 24-25 Maart
NG Oostersee Basaar 25 Maart
NG Oostersee Basaar 25 Maart
NG Eendekuil: Gemeentefees en Pretstap 22 April
NG Eendekuil: Gemeentefees en Pretstap 22 April
Alta du Toit Tekkie Tax
Alta du Toit Nasorg Tekkie Tax 26 Mei
Alta du Toit Sonskynfees 25 Maart
Alta du Toit Sonskynfees 25 Maart 
NG Kraaifontein Basaar 31 Maart
NG Kraaifontein Basaar 31 Maart
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

Argief
1. NG Kerk Argief: Hoofargivaris
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Wes-Kaapland) beskik tans oor 'n vakature vir 'n hoofargivaris by die NG Kerk se Argief in Stellenbosch. Die datum van diensaanvaarding is 1 Julie 2017. Meer oor die verantwoordelikhede, sowel as kennis en vaardighede verlang, is in die aangehegte pdf-dokument. Klik hier en reageer voor 10 Mei 2017.
Huis PJ Strauss
2. Badisa: Bestuurder, Huis PJ du Plessis Strauss en Ceres Dienssentrum
Huis PJ du Plessis Strauss en Ceres Dienssentrum, programme van Badisa,  wag aansoeke in vir die betrekking as bestuurder . Aansoeke sluit 30 Maart - lees hier meer. 
Wellington-Oos
3. NG Wellington-Oos: Kinderwerker
'n Liefde vir kinders, die vermoë om kinders te begelei in geloofsgroei- en geloofsekerheid, die bou van verhoudinge en die vermoë om onafhanklik te funksioneer, is kritiese aspekte van hierdie pos. CV's kan gefaks word na 086 630 4284 of per e-pos gestuur word na margaux@ulumahr.co.za. Aansoeke sluit om 17:00 op 23 Maart. Lees meer hier.
NG Helderberg logo
4. NG Helderberg: Musiekkoördineerder
Daar is ’n vakature by die NG Gemeente Helderberg in Somerset-Wes vir ’n musiekkoördineerder wat verantwoordelik-heid sal neem vir die vestiging, ontwikkeling, en skedulering van informele begeleidingsgroepe in die gemeente. Lees meer hier. Aansoeke sluit op 17 April 2017.
Leon Cronjé
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Leon Cronje
Dit was al weer #imagine! 'n Massa deelname tienerfees waar tieners vanuit die hele Suid-Afrika saamkom om God se naam groot te maak, nuwe vriende te maak, en toegerus te word om 'n verskil in ons land en wêreld te maak. Waarskynlik is een van die grootste uitdagings vir die kerk vandag hoe om ons tieners se energie te gebruik en te kanaliseer. As mentor was ek hierdie jaar betrokke by die groepleiers - meestal jong volwassenes - en was dit 'n voorreg om te sien hoe hulle inisiatief neem. As jeugdominee het ek gesien hoe die kinders kreatief besig raak en met ongekende energie praktiese planne maak om die evangelie uit te leef. Verlede jaar het ek beleef hoe gr 10 kinders #imaginekids aanbied en hierdie jaar ander kinders motiveer om dit aan te bied en al wat ek moes doen was om langs hulle te loop. Die kerk (ons) moet hierdie generasie jongmense net vlerke gee - hulle sal vlieg. Ek het dit nou weer by #imagine beleef.

                                                              ******
Leon Cronje was vir ’n  jaar proponent op Barkley-Wes, vir nege jaar dominee in die groot wonderlike Karoo (Richmond) en is nou al amper tien jaar Familie- en Jeug-dominee by Stellenbosch-Welgelegen. Hy ry graag bergfiets , rooster sy eie koffie en geniet die lewe saam met sy vrou en twee seuns. Kontak Leon by leon.cronje@stelwel.co.za.

Mag die Christus wat met verwonde voete loop,
met julle saamloop op jul pad.
Mag die Christus wat met verwonde hande dien,
julle hande oopmaak vir diens.
Mag die Christus wat met verwonde hart liefhet,
julle harte oopmaak vir liefde. Amen.
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.