|
Die AHi is opgewonde om u uit te nooi om in te skryf vir ons jaarlike AJV-toekennings, asook vir ons Sakekamer van die Jaar-kompetisie. Sakekamers kan ook inskryf vir ‘n tweede kategorie: Opkomende Sakekamer van die Jaar!
Verder bring ons vir u nuus oor ‘n nuwe finansieringopsie wat deur Business Partners beskikbaar gemaak word. Besighede wat kommersiële eiendom wil koop sal vernaam belangstel om meer oor hulle aanbieding te lees.
Ons deel ook nuus rondom die rentekoers wat weereens onveranderd gebly het en hoe dit skakel met die inflasiekoers.
Dr. Willie Cilliers het ook die onderstaande video verfilm waar hy meer vertel rondom die AHi se toekennings wat binnekort uitgeloof sal word. Hy spreek ook sy simpatie uit teenoor die wat deur onlangse stormweer in die Kaap en omliggende areas geraak is. Kyk die volle video onder.
| |
|
Inskrywings vir vanjaar se prysuitdeling is nou oop, met die wenners wat tydens die AHi se glansryke galageleentheid op Woensdag, 8 November 2023 bekendgemaak sal word. Die wenners sal voordeel trek uit media-blootstelling asook bemarkingsgeleenthede.
Het u wat dit vat om aangewys te word as die MyAHi Kleinsakebesigheid van die Jaar, MyAHi Beginner-besigheid van die Jaar, MyAHi Gasvryheidsbesigheid van die Jaar of die MyAHi Kleinboer van die Jaar?
Klik hier om die aanlyn inskrywingsvorm te voltooi.
| |
Die jaarlikse MyAHi Wes-Kaap Sakekamer kompetisie word vanjaar in twee (2) kategorieë geloods, naamlik om Sakekamer van die Jaar Trofee en die Opkomende Sakekamer van die Jaar Trofee. Hiermee saam die volledige stelle dokumente vir al 2 kategorieë soos hieronder uiteengesit en u moet asb u keuse van inskrywing uitoefen volgens die voorskrifte onder elke kategorie hieronder.
U inskrywings moet ons teen nie later as Maandag, 16 Oktober 2023 bereik nie.
Vir meer inligting, en om in te skryf, kan u hier klik.
| |
The Business Partners Property Fund caters to established entrepreneurs with a viable business who want to refinance or purchase their own premises but may have limited capital or security to contribute, or may not want to compromise the business’ cash resources for the deposit. Business Partners also finances Residential property developments, Properties for student accommodation and Commercial property developments.
You should choose their commercial property finance because in most cases, conventional financiers require a cash deposit before considering financing a property deal. The deposit amount depends on the risk appetite of the financier and deposits of up to 50% may be required.
Business Partners allows the business owner a choice of different financing options and can structure the deal by advancing up to 110% of the financing required, subject to terms and conditions.
Click here to find out more.
| |
Op 21 September 2023 het die Growth for Jobs (G4J) Roadshow in Nantes, Paarl plaasgevind. Hierdie geleentheid het gesorg dat sakeleiers bymekaar kom om strategieë te bespreek vir ekonomiese groei, wat lei tot groter indiensneming.
Volgorde: Dirk Breytenbach (Voorsitter Drakenstein Sakekamer), Dr Willie Cilliers (Voorsitter AHI Wes Kaap), Gert Combrinck (Vice Mayor Drakenstein), Prof Erwin Schwella (Dean Hugenote College), Flippie Liebenberg (Stellenbosch Sakekamer) en Kobie van Breda (Stellenbosch Sakekamer).
| |
Tydens die G4J Roadshow in Nantes Paarl, is Stellenbosch Business Forum (Flip Liebenberg) verwelkom by die AHi deur Dr Willie Cilliers.
Ons is opgewonde om hierdie organisasie by die AHi te ontvang. Ons sien uit na die lang en produktiewe pad wat hulle as lede saam met ons gaan stap.
| |
Die rentekoers is vir ‘n tweede agtereenvolgende keer onveranderd op 8.25% gehou. Dit kom na drie uit die vyf lede van die Reserwebank se beleidskomittee gekant was teen ‘n veranderinge in die rentekoers, berig Maroela Media.
Die Reserwebank meen verder dat die inflasiekoers deur die loop van die jaar gedaal het, maar dit is onwaarskynlik dat dit verder sal daal.
Klik hier om die volle storie te lees.
| |
|
|
|
|