Jou weeklikse nuus in die Matzikama-streek
Jou weeklikse nuus in die Matzikama-streek

R50 miljoen-behuisingsprojek skop af in Matzikama-streek


Die Wes-Kaapse minister van behuising, Bongi Madikizela, het die Matzikama-streek verlede week besoek om die goeie nuus mee te deel dat 327 huise op Lutzville en 382 huise in Vredendal-Noord gebou gaan word.Die behuisingsprojek van R50 miljoen skop eersdaags af met konstruksie en daar word verwag dat dit later vanjaar voltooi sal wees. Madikizela het die versekering gegee dat ouer mense, asook mense met gebreke, eerste sal baat by die huisindeling.

Tafeltennisspeler bereik nuwe hoogtes


Vanrhynsdorp se tafeltennisklub het onlangs deelgeneem aan die nasionale tafeltennis-kampioenskappe en het behoorlik die tafel gedek vir 2019.Die 13-jarige Tuelin Gentles het vir die tweede keer aan dié kampioenskappe deelgeneem en het silwer verower.

Waterbeperkings weer in Matzikama se midde


Die Clanwilliamdam se watervlak is vinnig besig om te daal. Matzikama-inwoners word dus gemaan om voortaan voorsorgmaatreëls te tref en water spaarsamig te gebruik. Die volgende maatreëls is dus onmiddellik van toepassing op inwoners in die streek wanneer te veel water per huishouding gebruik word.

Agtjarige meisie van Klawer vermis


Jeneva Diergal, ’n agtjarige meisie van Klawer, is sedert 25 Januarie vermis. Die gemeenskap van Klawer staan sedertdien saam om die vermiste kind op te spoor. Jeneva is laas gesien by haar tante se huis, waar sy met haar 4-jarige nefie buite gespeel het. Sy het ’n pienk Barbiepop-hemp en kort swart spanbroekie aangehad met haar verdwyning. Jeneva kan nie normaal praat of beweeg nie en kry ook epileptiese aanvalle. Gemeenskapslede van Klawer het Saterdag en Sondag saam met die SAPD na haar gaan soek.

Vredendal-gemeenskap ondersteun Wupperthal


Wupperthal is deur ’n verwoestende brand op 30 Desember 2019 getref. Sedert die brand kom hulp vanuit verskeie oorde om die gemeenskap te help herbou. Chris Fourie, ’n afgetrede argitek en sendeling, is een van die mense wat alles in sy vermoë doen om die gemeenskap te help. Hy het die Matzikama munisipale kantoor op Vredendal besoek en vertel dat hy onderweg is na Wupperthal. Hier gaan hy vrywilliglik alle bouplanne optrek en ook hulp aanbied waar moontlik. Munisipale bestuurder, Danie Lubbe, het weer die inspekteur, Kenneth Hanekom, by die planne betrek.

Klawer SAPD kry nuwe bevelvoerder


Die SAPD-kantore van Klawer het nuwe stasiebevelvoerder, kaptein Ficks, onlangs verwelkom in sy nuwe amp. Kaptein Ficks is nie ’n vreemde gesig in Matzikama nie, want hy is sedert 2005 die Vispolbevelvoerder van Nuwerus SAPD. Hy het sy polisieloopbaan in 1992 in Delft, Bishop Lavis en Athlone begin. Sy passie het sedertdien gegroei en hy wil sy positiewe invloed gebruik om gemeenskappe veiliger te maak.

Bak en brou neem plaaslike bakster na nuwe hoogtes


’n Plaaslike bakster van Vredendal, Teresa van Zyl, gaan tussen 18 en 21 Februarie deelneem aan die internasionale sjef-kompetisie wat in Kolkata, Indië, plaasvind. Sy is een van sewe Suid-Afrikaners wat gekies is om deel te neem. Daar gaan 120 deelnemers van regoor die wêreld wees en Teresa gaan meeding in die kategorie vir koekversiering. Die deelnemers se handewerk gaan streng beoordeel word deur 30 internasionale beoordelaars.
Vredendal / Vanrhynsdorp / Klawer:
Dinsdag, 5 Februarie: 17/38 Warm
Woensdag, 6 Februarie: 21/41 Warm
Donderdag, 7 Februarie: 18/39 Warm
Vrydag, 8 Februarie: 18/31 Sonnig
Saterdag, 9 Februarie: 17/33 Sonnig
Sondag 10 Februarie: 16/29 Sonnig
Maandag, 11 Februarie: 17/29 Sonnig
Strandfontein:
Dinsdag, 5 Februarie: 17/28 Sonnig 
Woensdag, 6 Februarie: 20/30 Sonnig  
Donderdag, 7 Februarie: 17/31 Sonnig 
Vrydag, 8 Februarie: 17/24 Sonnig
Saterdag, 9 Februarie: 16/26 Sonnig  
Sondag 10 Februarie: 16/23 Sonnig 
Maandag, 11 Februarie: 17/24 Sonnig

Skaakspeler van Uitkyk Primêr verdedig sy titel


Chadlin Booysen ’n leerder van Uitkyk Primêr, is vinnig besig om een van die streek se beste skaakspelers te word. Hy is genooi om sy titel te verdedig nadat hy silwer in die o.8-afdeling van die SA jeug-skaakkampioenskappe, asook ’n derde plek in die Wildcard-afdeling behaal het.

Talent van Maskam Primêr se atlete beïndruk


Maskam Primêr het op Vrydag, 25 Januarie ’n geesdriftige kleure-atletiekbyeenkoms aangebied. Die groen en geel spanne se geesdrif en atletiese talente het die skare en ondersteuners in vervoering gehad. Die geel span se tema was “Minions” en die groen span “Dragons”.

Atletiek-rekords spat by Hoërskool Lutzville


Hoërskool Lutzville het op Saterdag, 26 Januarie, weer eens hul jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms aangebied. Die dag was gevul met die gevaarlike rooi en oordonderende swart span wat meegeding het om die beker.

Jong gholfspeler maak Matzikama weer eens trots


Angelo Keffers van Ebenhaeser het deelgeneem aan die Ceres junior geslote gholfkompetisie en was die dag se algehele wenner met 70 punte. Vanjaar jaar voorspel vele ander uitdagings en gesonde kompetisie teen ander jong gholfspelers vir dié plaaslike jong speler en daar is baie ondersteuners wat bankvas agter hom staan.

Ebenhaeser Primêr se kleure-atletiek


Ebenhaeser Primêre Skool het op Vrydag, 25 Januarie hul jaarlikse kleure-atletiekbyeenkoms op die Ebenhaeser-sportveld aangebied tot groot plesier van toeskouers en ondersteuners. Die geesliedjies vroegoggend het oor die vlaktes van Ebenhaeser weerklink en inwoners die pas vir die dag se verrigtinge aangegee.

Skenking vir Jakkerland Speelkring


Een ding wat Matzikama-inwoners goed kan doen is om mekaar te ondersteun en ’n helpende hand te verleen waar nodig is. Harried Lesch het tydens ’n onlangse besoek aan Jakkerland Speelkring opgemerk dat die kleuterskool ’n groot behoefte het. Sy het haar man, John Lesch, ’n besigheidsman, genader en hulle het besluit om Jakkerland te help.

Laerskool Vredendal-leerder verbeter rekord


Om hekkies met sukses te kan hardloop sit nie in almal se broekspype nie, of liewer ‘hardloopskoene’ nie. Tog kry Jané de Beer van Laerskool Vredendal dit sonder moeite reg om aan hierdie uitdagende atletieknommer te kan deelneem. Jané het op Vrydag, 18 Januarie ’n lankstaande rekord verbeter. Sy het die D12 150m hekkies rekord van 26.20s gebreek en verbeter met haar rekordtyd van 25.50s. Die skool en ondersteuners is baie trots op Jané.

Eerste dag vir kleintjies van Laerskool Vredendal


Hierdie jaar het Laerskool Vredendal 84 nuwe graad 1-leerders op die skoolbanke verwelkom. Dit was vir sommige ’n baie opwindende dag om nuwe maatjies en nuwe onderwysers te leer ken, terwyl ander hartseer was om so bietjie van mamma se rokspante te laat gaan.Die hartseer het gou verdwyn met vriendelike onderwysers, nuwe skryfbehoeftes en energieke nuwe maatjies.

Trawal-kleuters by Vredehoek Bewaarskool kry skoon water


Die Vredehoek Bewaarskool op Trawal spog met ’n splinternuwe waterfiltreerstelsel wat in Januarie aan die skool geskenk is. Die skool se moeilike uitdagings om te voldoen aan die voorgeskrewe standaarde van die departement van gesondheid, is nou iets van die verlede.

Jaarlikse Valentynsdans vir LS Vredendal


Laerskool Vredendal bied hul jaarlikse Valentynsdag op Saterdag 19 Februarie aan. Hierdie jaar sal die dans by die Vredendal-sportsaal plaasvind met verrigtinge wat om 19:00 begin.Koste beloop R350 per paar. Vir verdere navrae, kontak Hanette by 082 678 9437.

Ouerinligtingaand stel ouers meer gerus


Ouers van leerders by Laerskool Vredendal het die skoolsaal van hoek tot kant gevul met die skool se onlangse ouerinligtingaand. Elke graad se onderwysers het inligting kommunikeer wat belangrik volgens elke graad is. Die besorgde ouers is ook deur Anneline de Bruyn toegespreek, waartydens sy gesels het oor allergië onder kinders en wat ouers te doen staan sou enige van hul kinders dalk aan spesifieke allergië ly.

Tennispelers verwerf Boland-kleure


Aan die einde van 2018 het drie leerders van Laerskool Vredendal deelgeneem aan die Boland-tennisproewe. Hulle het vir drie dae lank uitgespeel om ’n plek in die span te kon kry.Twee van hierdie leerders het Boland-kleure verwerf. Liza Human is nr. 3 in die o.13-span. Milan Swanepoel, ’n graad 3-leerders, is nr. 12 in die o.10-span. Baie geluk aan hierdie twee leerders! Laerskool Vredendal is trots op julle!

Skaakspeler behaal nuwe hoogtes by Jeug-toernooi


Mia van Zyl, skaakspeler van Laerskool Vredendal, is in 2018 opgeneem in die o.11-dogterspan wat Weskus-skaak by die Suid-Afrikaanse Jeug-skaaktoernooi van 18 tot 23 Desember op Boksburg verteenwoordig het. Sy speel in die Eden Girls o.12B-span. Haar span het tweede geëindig en elkeen het ’n pragtige trofee ontvang. Laerskool Vredendal wens Mea geluk met haar pragtige prestasie.

Beeswinkel - Wees soos Jerry


Gebruik vandag nog Beeswinkel vir al jou aanlyn-aankope van lewende hawe. Klik na die video bo om meer te weet oor Beeswinkel. 

Listen to local tunes with FireflyTunes


Watch the first episode of our weekly #FireflyTunes in the video above.

Sussex-krieketklub oordonder Paternoster


Sussex-krieketklub het op Saterdag, 26 Januarie teen Paternoster se klub kragte gemeet. Paternoster het die loot gewen en Sussex het die kans gegee om eerste te kolf. Dié span se kolwers het ’n uitdagende tyd op die kolfblad gehad, maar dit was maar die begin en nie die einde nie!Sussex-kolwers het 185/9 in 50 boulbeurte aangeteken en het ’n moeilike tyd onder Paternoster-boulers gehad. Paternoster het die kolfblad betree, maar is in 42 boulbeurte vir 129 lopies uitgeboul.

Plaaslike talent by Lutzville-gholfklub kompetisie


Die Lutzville-golfklub het op Saterdag, 26 Januarie hul Windhoek Lager International Pairs (WLIPSA) klubkompetisie aangebied. Die dag het vele plaaslike talent vertoon en ’n genotvolle kompetisie gelewer. Die groot wenners vir die dag wass Boetie Mouton en Colin Sawyer met 46 punte. In die tweede plek was Hermy Witbooi en Melvin Mathyes en in derde plek Pieter Joseph en Bertram Lukas.

Namaqua Fietsryklub se opedag


Die Namaqua Fietsryklub se eerste traproete vir 2019 wat op Saterdag, 26 Januarie aangebied is, was ’n groot sukses. Die opedag se doel was om die jeug betrokke te kry by fietsry. Die dag was voorwaar ’n treffer vir jonk én oud.Die fietsryers het om 09:00 van Die Keldery buite Vredendal vertrek. Hulle het ’n 9 km-roete tussen die wingerde op hul bergfietse aangepak.

Kolskoot-prestasie vir veerpyltjie-dames


Twee talentvolle sportvroue van die Matzikama-veerpyltjievereniging op Vredendal is gekies vir die Bolandspan wat op 16 Februarie op Mosselbaai gaan meeding. Elma Visagie Agenbag en Yvonne Schwartz is verantwoordelik vir hul eie reiskostes. Die Vredendal-sportklub het op Saterdag, 2 Februarie ’n vriendskaplike toernooi aangebied om geld in te samel vir Elma en Yvonne se reiskostes na Mosselbaai. Die inskrywingsfooi was R25 en het om 09:00 afgeskop.

Lutzville se netbalklub reg om 2019 aan te pak


Die Lutzville Netbalklub het op 30 Januarie hul eerste oefeningsessies begin. Alle belangstellendes of talentvolle spelers word hartlik genooi om deel te word van die klub.Indien dit deel van jou nuwejaarsvoornemens is om meer aktief te wees en ’n aktiwiteit met jou beste maat aan te pak, kan jy die netbalklub se weeklikse oefeninge op Woensdae en Donderdae van 18:00 tot 19:30 by die Lutzville-sportgronde bywoon.

Namaqua Atletiekklub tel momentum op vir 2019


Die Namaqua Atletiekklub het in Januarie deelgeneem aan die Bay-to-Bay-padwedloop tussen Houtbaai en Kampsbaai. Híér het die sewe klublede wat deelgeneem het besonderse prestasies behaal.Hulle het onderskeidelik aan twee wedlope deelgeneem, oor 15 km en 30 km. Die meer ervare lede in die klub het die roete oor 30 km aangepak.

Verfrollers by Vredendal Build It


Build It in Vredendal het ’n verskeidenheid verfrollers in verskillende groottes en teksture vir enige effek. Kom besoek Build It waar hulle jou raad kan gee oor die beste roller vir jou spesifieke taak.

Valentynsete by Die Keldery


Die Keldery het op Donderdag, 14 Februarie ’n romantiese Valentynsete. Kontak Die Keldery by 027 213 3699 om jou tafel te bespreek en om teleurstelling te voorkom. Hou ook hul sosiale media dop vir die spyskaart. Die Valentynsete begin om 19:00.

Klawer Wynkelder se heerlike wyne


Is jou wynrak leeg? Maak seker om Klawer Wynkelder te besoek en ’n paar bottels van hul heerlike wyn te koop. Hulle het ’n verskeidenheid wyne om van te kies en keur. Klawer wynkelder is geleë op die N7, net buite Klawer.

Kry ’n plaasgevoel-wegbreek


Beplan jy ’n geleentheid met ’n egte plaasgevoel? Willemsrivier is die antwoord. Ons kan tot 40 mense akkommodeer vir enige geleentheid - of dit nou ’n konferensie of troue is. Kontak Melandri van Schalkwyk gerus by 072 919 9903 om jou funksie te bespreek.

Kompetisietyd by MBD


Betaal jou polis by Matzikama Begrafnisdienste elke maand voor of op die sewende. Matzikama Begrafnisdienste het gereeld kompetisies en wys gelukkige wenners aan, wat hul polisse getrou betaal.

Why use Namaqua Engineering


Using Tekla Structures' Building Information Modeling, also known as BIM, we’re able to provide our clients with accurate designs for the best possible outcomes on any project we undertake.

Finansiële geletterdheid-bewusmaking


Alle inwoners van Matzikama word genooi na ’n finansiële geletterdheid-bewusmakingsessie wat eersdaags deur Tiervlei Arts in samewerking met die kantoor van die verbruikersbeskermer aangebied word.Die doel van die sessie is om inwoners in te lig oor hul regte as verbruikers, asook die wette wat in plek is om hulle te beskerm teen onwettige skuldeisers en skuldinvorderaars.

Voordele wat mediese fondse moet toestaan


Alle mediese fondse moet dekking verleen aan voorgeskrewe minimum voordele. Die wet op mediese fondse bepaal dat daar 25 chroniese toestande is wat deel is van hierdie groep voordele. Daar is dan ook ’n verdere 270 lewensbedreigende toestande waarvoor fondse moet uitbetaal as hul lede daarmee gediagnoseer word. Hierdie bepaling verseker dat lede van mediese fondse dekking kry vir ’n aantal minimum gesondheidsdienste, ongeag die grootte of tipe plan wat hulle by die relevante fonds uitgeneem het.

Bek-en-klouseer: Is die grense oop of toe?


Die hele land en sy handelsvennote het met kommer kennis geneem van die bek-en-klouseeruitbreking wat vroeg in Januarie vanjaar gerapporteer is. Die aankondiging van die uitbreking is gevolg met gekoördineerde en vinnige aksie deur die regering en die bedryf. Die aankondiging is ongelukkig ook onmiddellik gevolg deur die verlies van die land se bek-en-klouseervrye status van die Wêreldorganisasie vir Dieregesondheid (OIE) en die gevolglike sluiting van verskeie grense vir Suid-Afrikaanse produkte van gespletehoefdiere.

Maak jou Afrikanerhart oop en braai vir die boere


Reën bied broodnodige voeding vir die aarde en plante en dien as ’n noodsaaklike kommoditeitwat boere benodig om hul lewende hawe en gewasse aan die lewe te hou. Om enige gewas teplant of lewende hawe aan te hou, is boere afhanklik van reën. Oor die afgelope paar jaar is daar dele van Suid-Afrika wat erg getakel is deur ’n angswekkende droogte. Die reën was wel min, maar die ondersteuning wat die land aan boere gebied het, was van onskatbare waarde.

Reduce the risk of heart disease 


There are a couple of moderate exercises that you can do to significantly reduce the risk of developing heart disease and chronic illnesses and also improve your endurance, strength and flexibility.These types of exercises will not only keep you motivated to stay fit and exercise, but also improve your muscle strength, endurance and most importantly, your the health of your heart.

The wonderful history of Leipoldtville


Leipoldtville is a small town about 40 kilometers from Clanwilliam and 27 kilometers from Lambert’s Bay. Although not to many people know of the existence of this town, it was already established over a century ago, in 1905.If the name Leipoldtville rings a bell, it is because the town was named after Reverend C.F Leipoldt who was a Dutch Reformed (“NG kerk”) minister in Clanwilliam from 1884 to 1910.

Adam stel nuwe enkelsnit bekend!


Uit die pen van Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Nerine Gardiner, stel Adam hul nuutste enkelsnit, Iets In Die Water, bekend. “Ek het die inspirasie gekry toe Demi-Leigh Nel-Peters in 2017 die titel van Mej. Heelal ingepalm het. Ek het gedink Suid-Afrika het al so baie skoonheidstitels verower en met al die Adam-toere het ons besef dat Suid-Afrika regtig die mooiste meisies het. Die enigste verduideliking hiervoor moes wees dat daar iets in die water is,” verduidelik Hugo.

Vyfde AiG-vertoning vir Kaapstad na rekordverkope


Rekordverkope vir die Kaapse Afrikaans is Groot-konserte was reeds op die eerste dag wat dit by Computicket geopen het aangeteken en dít was ’n goeie voorspelling van wat verder verwag kon word. Vir die heel eerste keer ooit sal ’n vyfde Afrikaans is Groot-vertoning in Kaapstad aangebied word en kaartjieverkope vir dié konsert, wat op Donderdag, 14 Maart, om 19:30 sal plaasvind, is reeds oop.

Kom en geniet Teubes Wyne se wonderlike wyn


Teubes Familiewyne het vier wynreekse, naamlik Teubes Family Wines, Lambertsbay’s Finest, Malkopbaai en Karoobossie. Die kelder is passievol oor die skep van ’n uitstekende Sauvignon Blanc. Al hul wyne is beskikbaar om te proe of saam te neem huis toe. Besoekers kan ook hul heerlike kosse kom geniet saam ’n lekker glas wyn. Om alles te kroon bied Teubes Familiewyne hul eie platters met warm en koue lekkernye aan - die perfekte pasmaats vir hul wyne!

Opwindende gebeure om na uit te sien by Die Keldery


Die nuwe jaar het reeds afgeskop en is daar baie dinge om na uit te sien in 2019 by Die Keldery. Vanjaar kan jy jou gereed maak vir tientalle ander opwindende gebeure by hierdie gewilde restaurant. Met Manie Jackson wat op Donderdag, 31 Januarie, ’n volgepakte restaurant vermaak het met sy musiek optrede, is daar nog vele meer om na uit te sien.Die Keldery het op Donderdag, 14 Februarie ’n romantiese drie-gang Valentynsete. Kontak hulle by 027 213 3699 om jou tafel te bespreek en om teleurstelling te voorkom.

Nieuwoudtville slaghuis lewer af


Heerlike vleisprodukte is beskikbaar by Nieuwoudtville Slaghuis. Hulle lewer weekliks op Vredendal, Vanrhynsdorp en Klawer af. Gaan besoek hul webblad vir meer inligting.

Rooibos perfek om mee kos te maak


Hou jy daarvan om te kook? Maak jou geregte uniek deur Rooibos daarin te gebruik! Rooibos Ltd het ’n reeks uitstekende Rooibosprodukte wat jy in jou kos kan aanwend. Hul webtuiste bevat ook ’n reeks resepte en wenke waar jy kan leer hoe om met Rooibos te kook.

Letsatsi se Valentynspakkette


Letsatsi Lodge bied twee sakpas-pakkette waaruit jy kan kies. Bederf jou geliefde met romanse en ’n onvergeetlike tyd. Moenie hierdie aanbieding misloop nie.

MMR help opstel van testamente


MMR kan vir jou help met die opstel van ’n testament. Sodoende weet jy dat jou bates aan jou geliefdes sal gaan, sou die ondenkbare met jou gebeur. Jy kan jou eerste konsultasie met hulle verniet kry deur hier te klik.

Goeie wyne by Teubes Wines


Daar is min dinge so lekker soos goeie wyn saam met 'n heerlike gereg. Kom probeer gerus die kos-en-wynparings by Teubes Wines terwyl jy die wonderlike omgewing geniet.

MTN bied die nuutste tegnologie


MTN URB bied jou die nuutste tegnologie met hul wye reeks toestelle. Kry die Huawei Mate 20 Pro en beleef die mees gevorderde selfoontegnologie tot op datum. Om meer fantastiese aanbiedinge te sien en ook jou naaste tak te vind, gaan na hulle webwerf by.
Klik hier vir meer aktiwiteite in ons dagboek
14 Februarie:
Valentynsdag
16 Februarie:
Radio Namakwaland Lutzille Gholfdag
16 Februarie:
Valentynsdans 2019 @ Vredendal
27 Februarie:
Nasionale Melktertdag
2 Maart:
Vredendal Parkrun
9 Maart:
Cansa Relay for Life
21 Maart:
Menseregte Dag
30 Maart:
Goeie Vrydag
2 April:
Familiedag
6 April:
Vredendal Parkrun
27 April:
Vryheidsdag
1 Mei:
Werkersdag

Stuur gerus jou 2019 aktiwiteite vir die dagboek na mymatzikama@ld.media

Laai nóú AfriSelfie af en kry gratis kruideniersware


Is jy gereed om selfies in jou taal te plaas? Laai vandag die trots-Afrikaanse selfie-app op die Google Play Store af en geniet ure se selfie-pret.

MyFanpark word binnekort beskikbaar gestel!


Die platform gaan jou die geleentheid gee om 'n persoonlike video boodskap te kry van jou gunsteling kunstenaar. Hou ons dop op Facebook vir meer inligting

Toeropsies by Namakwa Toere


Het jy al ’n toer vir vanjaar bespreek? Namakwa Toere het verskeie opsies om van te kies en te keur.

Gemaklike verblyf by Namaqua lodge


Namakwa Lodge op Vanrhynsdorp sorg vir die beste en gemaklike verblyf, terwyl jy en jou geliefdes die omgewing verken.
Twitter Facebook Instagram