|
In hierdie nuusbrief kan jy meer lees oor die Reserwebank se uitkyk oor hoe inflasie sekere dele van die samelewing raak. Volgens hulle raak inflasie vir armes baie meer, met ‘n werklike inflasiekoers vir mense in laer inkomstegroepe wat op 9.3% geskat word.
Ons bring ook vir jou nuus oor hoe die onlangse taxi-staking in die Wes-Kaap die provinsiale ekonomie geaffekteer het. Volgens die jongste data het die staking die ekonomie miljarde gekos.
Verder kan jy meer lees oor nuwe data wat deur die ombudsman bekendgestel is wat aandui dat al hoe meer mense ontevrede met aanlyn inkopies is. Vind uit waarom dit die geval is deur die volle storie onder te lees.
| |
|
Luidens die hoof van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, affekteer inflasie die armste mense in die samelewing die meeste. Volgens hom was die inflasiekoers vir ‘n tiende van die bevolking in Julie eintlik 9.3%, in vergelyking met ‘n koers van 4.7% in terms van gemiddelde verbruikersininflasie.
Hy het verder aangevoer dat mense wat oor meer welvaart beskik die hulpbronne het om die effek van die huidige inflasiekoers op hulle leefstyl te verminder.
Lees die volle artikel op Netwerk24 deur hier te klik.
| |
Verlede maand se taxi-staking in die Wes-Kaap het die plaaslike ekonomie amper R5 miljard gekos.
Dit is volgens ‘n LUR wat tydens ‘n parlementsitting verslag aan die raad gelewer het.
Lees die volle artikel op MoneyWeb om meer uit te vind oor die gevolge wat die weeklange staking op maatskappye gehad het.
Klik hier om die artikel te beskou.
| |
Alle besigheidseienaars word genooi om gebruik te maak van advertensiepakkette wat beskikbaar is op AfriNuus. Die nuusplatform bereik meer as 1 miljoen Afrikaanse mense per week regoor Suid-Afrika.
Die AHi het met die maatskappy onderhandel en is trots om ‘n 20% korting op hulle rakpryse vir alle sakekamerlede te kan bied.
Kontak vir AfriNuus direk om meer hieroor uit te vind. Skakel 061 528 4908 of stuur ‘n e-pos aan adverteer@afrinuus.com.
| |
Woolworths het onlangs aangekondig dat dit van plan is om sy besigheidsaktiwiteite uit te brei deur kleiner winkels in informele nedersettings oop te maak. Sodoende hoop die groep om markaandeel te wen in segmente waar hulle nog nie ‘n goeie teenwoordigheid geniet nie.
As deel van die aankondiging het Woolworths aangedui dat hulle beplan om 20 winkels in hierdie finansiële jaar oop te maak.
Lees die volle storie deur hier te klik.
| |
Luidens ‘n berig op Netwerk24 kla al hoe meer Suid-Afrikaanse verbruikers oor aanlyn inkopies, omdat dit lyk asof daar ‘n toename in transaksies wat skeefloop is.
Byne 47% van alle klagtes wat by die ombud vir verbruikersgoedere en -dienste ingedien is in die 2022/23 boekjaar het uit Gauteng gekom. Die meeste van hierdie klagtes het gehandel oor aanlyn inkopies wat nie vlot verloop het nie.
Die klagtes handel meestal oor afleweringsprobleme, kansellasie van ooreenkomste en goedere wat gebrekkig is.
Lees die volle storie deur hier te klik.
| |
Eskom het vroeër vandag aangekondig dat fase 4 beurtkrag tot 16:00 vandag sal geld. Die maatskappy het hoër fases van beurtkrag ingestel omdat drie opwekkingseenhede oornag onklaar geraak het, luidens ‘n verklaring wat deur Eskom vrygestel is.
Daar word verwag dat Eskom teen vanmiddag ‘n verdere aankondiging sal maak oor die res van die week se beurkragskedule.
Klik hier om die beurtkragskedule in jou area te sien.
| |
|
|
|
|