Lees deur internet, klik hier >>
6 November 2015
Beste Leser
Here, dit is nie die verdienstelikheid van my gebed
wat my oortuig dat U sal hoor en antwoord nie,
maar die sekerheid van u trou.
- Martin Luther

Gustav Claassen
SINODENUUS
1. NG Algemene Sinode
Biddag oor Droogte: 15 November 2015

Uit die kantoor van dr Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Algemene Sinode, ontvang ons die volgende berig: "Die NG Kerk het na raadpleging met die Familie van Kerke en kerke verteenwoordig deur die Tussenkerklike Raad, ooreengekom op 'n gesamentlike biddag oor reën op Sondag 15 November
Gemeentes word versoek om tydens die erediens geleentheid te gee vir voorbidding. Groot dele van ons land is vasgevang in 'n knellende droogte wat mens en dier raak. Mag die Skeppergod vir ons uitkoms gee! Dankie vir aandag hieraan waar moontlik  tydens eredienste volgende Sondag.
2. NG Wes-en-Suid-Kaapland Streekkonferensies
Tydens die afgelope week se streekkonferensies in Vanrhynsdorp, Beaufort-Wes en George (met Caledon en Paarl wat Donderdag en Vrydag voorlê) het die moderatuur, predikante, gemeenteleiers en lidmate die geleentheid gehad om te luister na 'n verskeidenheid stemme en menings. Die moderatuur het opnuut bewus geraak van die diepte van teologiese denke onder ons predikante, sowel as hulle opregte liefde en erns vir die kerk en die kinders van die Here.
Ten spyte van verskillende menings oor kontensieuse sake is ons oortuig daarvan dat kinders van die Here mekaar in liefde vashou. So getuig ons van die eenheid in Christus. Meer (en groter!) foto's is op Facebook - klik hier.
Vanrhynsdorp Streekkonferensie 2 November
Nico van der Westhuizen (Loeriesfontein), Nicol Smit (Namakwaland), Aldo Liebenberg (Port Nolloth), Hendri Niehaus (STFA-lid) en Gideon (Botter) Basson (Garies).
Beaufort-Wes streekkonferensie
Dries en René Potgieter het gaste op die Steenbokkie Natuurreservaat in 'n spesiale tent ontvang.
Besoekers
Die streekkonferensie in Beaufort-Wes het groot aftrek gekry ... en uitsonderlike gaste het
kom inloer!
George-Bergsig
Sowat 78 persone was Woensdag in George-Bergsig byeen vir die streekkonferensie
3. Emeriti-tee in George 'n Gesellige Sukses
'n Fotoblik op Woensdagoggend (4 November) se gesellige saamkuier van moderatuurslede en emeriti uit die Suid-Kaapse omgewing. Groot dank aan Steve van der Walt en die NG Moedergemeente George, wat gashere vir hierdie unieke hoogtepunt op die jaarlikse kalender was! 
Nelis Janse van Rensburg het die emeriti bedank vir hulle werk oor jare en hulle verseker dat die kerk op daardie fondamente voortbou. Meer foto's is hier.
Tannie Von Moltke en Bossie Minnaar
Tannie Von Moltke (89) die oudste persoon by die emeriti-tee,  en Bossie Minnaar
Frederick, Steve, Nelis en Bossie
Frederick Marais, Steve vd Walt, Nelis Janse van Rensburg, Bossie Minnaar
Jan Greeff en Melanie Thirion
Jan Greeff wen 'n prys: meeste kleinkinders!
Johan Coetzee en Leon Venter
Johan Coetzee en Leon Venter
Bossie gesels met emeriti
Bossie Minnaar verwelkom en deel spesiale pryse vir die meeste kleinkinders (13) en meeste dogters (4) uit!
Sendelinge
Kobus Odendaal, Deon Thom, Huibrecht MacDonald, Willie Fourie, Vincent en Brenda Pienaar
4. Geboorte van 'n Nuwe Taakspan
Tydens die NG Wes-en-Suid-Kaap Sinode van Mei 2015 het daar onder die vleuels van die Diensgroep vir Toerusting ‘n nuwe taakspan tot stand gekom: Die Taakspan vir Dissipelvorming (vroeër Lidmaatbemagtiging). Hierdie taakspan fokus op lidmate, en hoe om hulle toe te rus en te bemagtig in hulle gemeentes.
Die eerste vergadering van hierdie groep, wat bestaan uit predikante sowel as lidmate, is ingerig as ‘n dinkskrum (sien foto's onder), met Johan Kotze wat die groep gefassiliteer het. Lees meer.
Dissipelvorming
Tommy O'Kennedy, Marcell Mey,
Jannie le Roux, Johan Kotze
Dissipelvorming
Elsche Eygelaar, Anita Steyn, Adriaan Haasbroek,
Alewyn Bronn, Marietjie Steyn
Amanda van Niekerk
5. Welkom, Amanda!
Ons nuwe kollega, Amanda van Niekerk, het Maandag as sekretaresse van die Diensgroep Toerusting by Communitas op Stellenbosch begin.
Mag dit vir jou 'n spesiale nuwe werkkring vol geleenthede wees. Jy is baie welkom in ons midde! 
Ramot-logo
ALGEMEEN
1. Ramot: 'n Nuwe Toekoms begin Hier

Ramot is ‘n fasiliteit gerig op die behandeling van pasiënte wat aan alkohol-, medikasie-, dwelm- of dobbelverslawing ly. Hier word oplossings gebied aan enige iemand wat die siklus van verslawing wil verbreek. Ramot is in Parow-Oos, Kaapstad, geleë. Ons het meer gaan uitvind by Lettie Visser, die bestuurder. Klik hieronder ...
Lettie Visser gesels oor Ramot
Andre Killian
2. André Killian, Hartlik Geluk!
Dit is 'n lekker voorreg om ook vir André Killian (tentmaker by NG Suider-Paarl) geluk te wens met die suksesvolle verdediging van sy proefskrif vir 'n doktorsgraad in die praktiese teologie/pastoraat.
Die onderwerp was "Spiritual Intelligence and the content of faith: An Interdisciplinary, Hermeneutical, Post-foundational dialogue between Danah Zohar and Dallas Willard", waarmee hy in 2012 begin het. Prof Christo Thesnaar was sy promotor en die eksaminatore proff Johan Cilliers (US), Jan Albert van den Berg (UV) en George Lotter (NWU). André is dankbaar dat hy DV op 9 Desember 2015 sy PhD ontvang. Voorspoed!
Al Bath
3. Communitas & Ekklesia: Gesprek oor Kerkplanting
Communitas en Ekklesia is bevoorreg om op 20 November om 10:00 'n gesprek aan te bied met dr Al Barth van Redeemer Church in New York.  Dr Barth is 'n kollega van die bekende dr Tim Keller en werk baie nou met hom saam.  Hy sal vertel van hulle werk by Redeemer en hoe hulle veral oor Kerkplanting dink.  Lees hier meer en skryf nou in. Navrae aan Divine Robertson by dr@sun.ac.za of 021 808 2827.
Bybel
4. Aflospredikers
4.1 Praktiese Ondervinding in Vanrhynsdorp!

'n Aflosprediker word van 13 Desember 2015 tot 3 Januarie 2016 in die NG Gemeente Vanrhynsdorp benodig, laat weet Christoff Koch. Gratis verblyf word in die pastorie aangebied en die persoon sal verantwoordelik wees vir alle preke, begrafnisse en pastorale ondersteuning indien nodig. Kontak Christoff by 027 219 1023 of 084 245 3390 of e-pos dskoch@telkomsa.net vir enige navrae en inligting oor die vergoeding.
4.2 Naamlys van Beskikbare Aflospredikers
'n Lys van aflospredikers wat beskikbaar is vir preekbeurte/ander tydelike dienste in die sinodale gebied van die Wes-en-Suid-Kaapland, of soos aangedui teenoor hul name, is hier te kry. Enige aflosprediker wat beskikbaar is bg dienste, kan sy/haar inligting stuur na kommunikasie@kaapkerk.co.za. Indien jou naam op die lys verskyn en jy intussen elders werk aanvaar het, hoor ons graag van jou om die lys aan te pas.
Kaapkerk-webwerf
5. Gemeentes: Wenke vir Webwerwe wat Werk
Diegene betrokke by gemeentes se webwerwe kan oorweeg om vinnig te kyk na 'n kort vraelys waarmee die effektiwiteit van gemeentes se webwerwe beoordeel word. Sonder om noodwendig die vraelys te voltooi en in te stuur vir evauering, gee dit met een oogopslag goeie wenke om in ag te neem vir 'n suksesvolle webwerf. Meer inligting is hier beskikbaar. (Blanco se webwerf slegs ter illustrasie)
Blancogemeente Webwerf
6. Kunsstudente ontdek die Argief   
Die twee studente op die foto (onder), Wenike Smit en Chelsea Ingham, is tweedejaar studente van die Departement Visuele Kunste, US. Hulle moes ’n taak doen oor argivale foto’s wat nie geïdentifiseer is nie en dan hulle eie storie oor die foto’s skryf in die moderne konteks. Nou ja, sulke foto’s het ons in oorvloed by die Argief. Die volgende dag het nog ses van hulle klasmaats kom delf in ons goudmyn van foto’s! Hulle het dit as ’n groot avontuur beskou toe ons hulle deur die kluise neem en wys waar die foto’s gebêre word.
Ons is baie dankbaar dat die jonger generasie ook opgewonde kan raak oor die Argief en die waarde van ’n argief in die moderne samelewing kon ervaar. Studente is baie welkom om die Argief te besoek wanneer hulle inligting soek vir ’n taak of skripsie. Ons help graag! Kontak Marlene Schoeman by 021 882 9923 of marlene@kaapkerk.co.za.
Kunsstudente
7. Publieke Getuienis op Greyton
Braam Hanekom het op Sondag 1 November, as deel van Publieke Getuienis se diens aan gemeentes, op Greyton gepreek.  Die teks was Matteus 16. "Dit was ‘n heerlike ervaring saam met ‘n gemeente wat saam op soek is oor hoe hulle hul stem duidelik op die markplein kan laat hoor," vertel Braam.
Braam Hanekom by NG Greyton
Sommige van Greyton se lidmate drink na die erediens tee saam met Braam Hanekom
8. Gemeentes: VrydagNuus tot julle Diens!
Hiermee weer 'n vriendelike uitnodiging aan gemeentes: VrydagNuus help graag om nuus en inligting oor ons gemeentes (en predikante) se projekte, funksies en meer bekend te maak. 
Individue se produkte, soos CD's of boeke, word nie bemark nie, maar die nuusbrief ondersteun graag waar moontlik die NG Kerk se mediavennote, soos Bybel-Media en CLF.
Berigte moet voor 12:00 op die Woensdag van die week van plasing gestuur word na kommunikasie@kaapkerk.co.za - en 'n goeie gehalte foto is meer as welkom! Lees gerus hier meer oor die protokol vir die plasing van berigte.
Kersboom
9. Gedagtes vir naderende Advent ...
Op besoek aan die Christus Kirche in Windhoek, val die versierde boomtak voor in die kerk besoekers op: vol babafoto's van die jaar se dopelinge saam met brandende kerse en ander simbole.
Gedurende Advent (wat op die vierde Sondag voor Kersfees begin) word Kerssimbole en kerse dikwels saam met boomtakke in ons huise en kerkgeboue gebruik as simbool van verwagting en voorbereiding op Christus se koms.
Dalk word daar in jou gemeente op 'n kreatiewe manier aandag aan Advent geskenk.
Stuur gerus 'n duidelike foto en kort beskrywing na kommunikasie@kaapkerk.co.za ... en inspireer iemand anders dalk om ook kreatief te wees. 

Volg Jesus
10. Gepolariseerde wêreld vra Lewe soos Jesus
Christianity Today berig oor die groterwordende polarisasie tussen die sekulêre wêreld en Christene in die VSA: "We stand at a key time, but not a discouraging time. Society is more secular and the contrast with Christians will be ever more clear." Ed Stetzer beskryf dit as 'n geleentheid om meer soos Jesus te wees. Hy beklemtoon drie sake:
1. Luister beter na mense wat van jou verskil
2. Wees lief vir mense ten spyte van verskille
3. Lei mense na Jesus

Belangstellendes kan die volledige artikel hier lees.
Moeder Teresa
11. Raakgelees ... oor Gebed
Someone once asked Mother Teresa, "When you pray, what do you say to God?" Her answer startled the interviewer. She said, "I don't say anything, I listen."
Not knowing how to answer, he fumbled around for words and finally said, "Okay! When you pray, what does God say to you?" Mother Teresa answered, "He doesn't say anything. He listens. If you don't understand that, I can't explain it to you."
Twitter Facebook
NUUSBRIEWE
1. Bybel-Media Nuusbrief
Die fokus is op die jongste Kerkbode en vier Bybelkor-publikasies vir gebruik in elke gemeente. Lees gerus hier meer.
1.1 Lees in die jongste Kerkbode
Die Kerkbode van 6 November ...
... vertel verskeie verhale van God se liefde wat deur sy kerk na die wêreld toe vloei. 
Lees byvoorbeeld hoe klein gemeentes soos Groot-Marico en Krugerwildtuin ‘n groot verskil in hulle omgewing help maak. 
Daar is die verhaal van voorstedelike vroue in die Kaap wat hulle tyd en ervaring gee om mentors te wees vir mammas uit Khayelitsha op die Kaapse vlakte, sodat dié mammas reg van die begin af goeie fondamente vir die ontwikkeling van hulle babas se potensiaal kan lê. 
En lees hoe ‘n jong dominee geloofslesse vir kinders haal uit hulle gesamentlike ervaring van fietsry. 
Kerkbode vertel ook van kerkleiers se betrokkenheid by die studenteprotes teen hoë klasgeld, van die nasionale vrouekonferensie wat in Bloemfontein gehou is en heelwat meer. 
1.2 Gedagtes oor Kerkwees
In die jongste uitgawe van Kerkbode skryf Nelis Janse van Rensburg, moderator van die NG Algemene Sinode, oor die uitdaging om te praat oor ons Verlosser. 
Teken hier in om Kerkbode gereeld te ontvang.
Gedagtes oor kerkwees
Kersfonds
1.3 Kerkbode Kersfonds vra JOU hulp!
Kerkbode vra gemeentes, organisasies en lidmate om te help met bydraes vir die 2015-Kersfonds. Daar is 42 gekose kinderhuise wat met hierdie fondse gehelp word.
Die Kersfonds se bankbesonderhede is:
Kerkbode-Kersfonds
Absa
Rekeningnommer: 044306417
Takkode: 632005
Baie dankie vir oorweging hiervan.

TEO-logo
2. TEO Nuusbrief
In die jongste nuusbrief van die Fakulteit Teologie, UP, TEO, word onder meer berig oor 'n artikel deur Jurie le Roux "Calvyn en die historiese lees van tekste." Hy skryf: "Die wortels van die negentiende eeuse historiese verstaan van die Ou Testament en veral die Pentateugkritiek asook die groei van die histories-kritiese metode moet in die Reformasie en ook Johannes Calvyn gesoek word."
Belangstellendes kan hier op TEO se webwerf klik vir hierdie en ander bydraes. Wetenskaplike insigte word in die afdeling ‘Preekhulp’ deur middel van eksegetiese inligting en meditasies weerspieël. Maar dis nie al nie. Daar is ook sekulêre rubrieke in oor woordkuns, nootkuns, ligkuns en klipkuns. 
PUBLIKASIES
Meer oor enkele van Bybel-Media se jongste publikasies. Klik op die grafika vir verdere omskrywings. Bybel-Media se nuusbrief het ook meer hieroor.
Geloofsvorming herontwerp Pressing on towards the goal Impak Joernaal
KUIER-KANS
Klik gerus op die advertensie pamflette om 'n groter weergawe oop te maak. 
NG La Rochelle 8 Misses Croon NG Stellenbosch-Sentraal Kersmark
NG George-Denneoord
3. NG George-Denneoord: Basaar
George-Denneoord nooi almal van George en omgewing uit na hulle gemeentebasaar om 17:00 op Vrydag 6 November by die kerksentrum (hoek van Charlotte- en Wallisstraat, Denneoord). Gaan geniet smullekker kos, gebak, vermaak en vele meer vir oud en jonk! Almal welkom.  Navrae: (kerkkantoor) 044 873 5642.
4. Besondere Kerssangdiens: Groote Kerk
Die Groote Kerk in Kaapstad bied op 22 November die omvangrykste Kerssangdiens nóg aan as deel van die gemeente se 350ste verjaardag. Om 15:30 speel Roucher du Toit, die musiekdirekteur van die kerk, sy eie komposisie wat spesiaal vir die feesjaar gekomponeer is.
Met koorsang, die Filharmoniese Orkes en baie meer is hierdie gratis geleentheid beslis 'n hoogtepunt van hulle feesjaar en een om nie mis te loop nie! Dank en erkenning aan Die Burger van 5 November, wat hieroor berig.
Groote Kerk 350
NG Worcester-Audenberg
VAKATURES
NG Gemeente Worcester-Audenberg: Jeugwerker

Die NG Gemeente Worcester-Audenberg nooi enige paslik gekwalifiseerde met 'n roeping vir jeugbediening en 'n lewende verhouding met die Here om aansoek te doen vir die pos van Jeugwerker. Reageer voor 30 November - lees hier verder.
George Rauch
TEN LAASTE ...

Uit die Pen van
... George Rauch
'n Eenvoudige definisie vir stres is “dit wat jy voel wanneer jy meer moet hanteer as waaraan jy gewoond is.” 
Predikant-wees is ook 'n leer-proses om meer en meer te hanteer as waaraan jy tot nou toe gewoond was. Dit is 'n konstante soeke na meer emosionele krag as gister, groter emosionele intelligensie as altyd, meer gereedheid vir pastorale betrokkenheid by mense, nuwe inspirasie uit die Woord, ens, ens.
Sal 'n Bybelteks per dag help vir al dié stres?  Nie altyd nie ... Dalk eerder dit: Neem vandag verantwoordelikheid vir jouself. Begin vandag “nee” sê vir dinge wat vir jou te veel is. Fokus op die goed wat vir jou aangenaam is en wat jy goed kan doen.  Sorg vir jouself.       

George Rauch (NG Gemeente Parow-Noord sedert 2007 en voorheen NG Parow-Panorama) was uit die bediening tussen 1997 en 2007. Hy het hom toegespits op opleiding in diensvaardigheid, verhoudingsvaardigheid, leierskap en werknemer welstandsprogramme.  
Belangstellendes kan George per e-pos by grauch@mweb.co.za kontak. 
Goeie naweek toegewens!
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.