In vandeesweek se nuusbrief bespreek Dr. Willie Cilliers, uitvoerende hoof van die AHi Wes-Kaap, die noodsaaklikheid van entrepreneurskap as vak in skole aangesien dié vaardighede reeds op ’n vroeë ouderdom gekweek moet word. As lid van die AHi kwalifiseer jy vir afslag by Hertz en ons vertel jou meer daarvan. Twee sosiale media werksessies word dié week op Mosselbaai en Stilbaai aangebied en ons het met Hoërskool Outeniqua se skole-entrepreneur van 2019, Hanna Loubser, gesels.