Lees deur internet, klik hier >>
30 Maart 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Kruis
Julle onthou wat by die doop gebeur het, of hoe?
Toe ons in die Naam van Christus Jesus gedoop is,
het ons deel geword van alles wat met Hom
by die kruis gebeur het,
van sy dood af tot by sy opstanding.
As dit dan waar is dat ons saam met Jesus
die dood binnegestap het,
is dit net so waar dat ons saam met Hom lewend anderkant uitgekom het toe God Hom met sy groot krag en heerlikheid
uit die dood laat opstaan het.
Daarom kan ons ook nou op ’n nuwe manier leef.

(Romeine 6:3-4, Die Boodskap)

Christine Quickfall en Ronel van Zyl met die toekenning
SINODENUUS
1. Badisa deel GROOT nuus! 
Ronel: Uitstaande Leierskap!
Ronel van Zyl, Badisa se direkteur maatskaplikediensprogramme, het op 19 Maart 'n toekenning ontvang vir "Uitstaande Maatskaplike Werker in Leierskap", toegeken deur die Nasionale Vereniging vir Maatskaplike Werk in die Wes-Kaap. Sy en Christine Quickfall, saam met haar op die meegaande foto, het die geleentheid bygewoon waar die wenner aangekondig is. Dit is voorwaar ’n spesiale prestasie en welverdiende erkenning vir jare se toewyding aan die beroep! Hier is meer oor haar nominasie. Hartlik geluk!    
Maatskaplike Werk toekenning aan Ronel van Zyl
Die prysoorhandiging met Ronel in die middel
imagine 6-8 April 2018
2.#imagine
Nuus oor werkwinkels, leiers en meer

Inskrywings stroom in en alles word reggekry vir die groot #imagine byeenkoms volgende week (6-8 April) by Bredasdorp.
Inskrywings kan nog aanlyn gedoen word by itickets tot 3 April.
Groepinskrywings:
Skakel Ronelle by 021 808 9050 of e-pos na southgroups@imaginemovement.co.za.
Kry belangrike inligting oor werkswinkels, opleidingvideo's vir leiers en baie meer - klik hier.
Dankie vir almal wat vir seën op #imagine bid!
3. Averell Rust: 'n groet ...
... met God se belofte ... en opdrag ...
Kollegas en vriende het op 20 Maart die geleentheid gehad om Averell Rust tydens 'n klein geselligheid te groet. Hierdie voormalige HUB van Badisa, wat in Desember 2017 weens gesondheidsredes afgetree het, het herinner daaraan dat sy 30 jaar in die bediening altyd gestaan het in die teken van God se belofte (“Ek sal jou seën”), maar daarmee saam sy opdrag (“Jy moet vir ander tot seën wees.”)
Tydens die geleentheid het Pieter Grove, moderator van die VGKSA Kaapland, onder meer vir Averell bedank vir sy rol in die bediening: "Die VGK is trots op so 'n leier en dankbaar vir die geleenthede wat hy ontvang het om sy gawes in diens van God uit te lewe."
Lees gerus verder. Meer foto's is hier.
Diegene wat Averell se afskeidsboodskap (weer) wil lees, kan dit hier kry. Baie geseënde en gesonde jare saam word Averell en Ciska Rust toegebid. 

Averell en Ciska
Averell en Ciska Rust
Kollegas
Lysander Prins, Averell Rust en William Ficks
Communitas Paasontbyt op 28 Maart 2018
Communitas-personeel Paasontbyt 28 Maart. Van links om die tafel:
Natie Philander, Frederick Marais, Bruce Theron, Ankia du Plooÿ, Theunis Botha, Adrienne Bester, Anriëtte de Ridder, Coenie Burger, Mathilda du Pisanie, Ronelle de Graaf, Luané McLachlan, Sharon Naude, Andrew Kok, Eddie Orsmond, Collette de Wet, Susan Marais, Julia Daniels, Amanda van Niekerk, Sonja van Rooyen en Pieter van der Walt
Welkom in Hermanus
5. Publieke Getuienis
Die gebeure op Hermanus: Wat nou?
Die afgelope week se gebeure op Hermanus  het opnuut vrae laat ontstaan oor waarheen ons op pad is. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis, wat verlede jaar fasiliteer het tydens gesprekke rondom die Kleinmond-opstande en intussen as deel van die Courageous Conversations-gespreksreeks heelwat dorpe en stede besoek het, gee sy indrukke van wat op die tafel is en veral wat die kerk te doen staan. Lees hier. Kontak die Sentrum vir Publieke Getuienis by spg@kaapkerk.co.za.
6. "Watermomente"
- tydlose hulpmiddel!  

Gemeentes kan gerus (weer) kennis neem van die reeks kort video’s wat beskikbaar is as tydlose hulpmiddel om o.a. as deel van eredienste se liturgie te gebruik wanneer oor die droogte en water nagedink word.
25 Maart se video (klik links onder) het spesifiek gefokus op ons ondersteuning as deel van ’n geloofsgemeenskap.
Die laaste video in die reeks is dié van Sondag 1 April en hier is die fokus op die skeppingsopdrag. Klik regs onder vir die video.
25 Maart se watermoment video Watermoment 1 April - video
7. Lees-vir-genot met Nal'ibali en Diaconia!
Diaconia se fokus op vroeëkindontwikkeling geniet vanjaar spesiale aandag met die energieke Righardt le Roux van Nal'ibali as deel van die span!
Gemeentes en gemeenskappe word aangemoedig om leesgroepies te begin en so by te dra tot Nal'ibali se lees-vir-genot projek.
Ontmoet Dylyn Lyllo (foto onder), een van 16 seuns vanuit uitdagende sosio-ekonomiese omstandighede wat gereeld in Pineview, Grabouw, saam met Jan Farmer (VGKSA-gemeentelid) as deel van die Shalom-leesgroep vergader. Jan se huis staan oop en loop oor van liefde vir hierdie seuns wie se geloofsvorming as deel van 'n holistiese leesprogram aangespreek word.
Kontak Righardt gerus om 'n leesgroepie te begin: righardt@nalibali.org
Nal'ibali leesgroep Grabouw
8.1 Nuus uit die Kerkargief
Op Sondag 11 Maart 2018 het Retief Muller die tweede in die reeks praatjies van die Kerkargieflesings gegee. Hierdie praatjie het gegaan oor die geleenthede wat daar vir sendelinge gekom het as gevolg van die Anglo Boereoorlog. Op die foto onder is Retief Muller voor 'n skyfie van sy Retief-oupa en gesin.
Kontak die Kerkargief by 021 882 9923 of argief@kaapkerk.co.za met navrae.
Retief Muller voor skyfie van Retief-oupa en gesin
Genealogiedag 10 Maart
Kerkargief Genealogiedag 10 Maart 2018
Klik bo vir meer inligting en foto's
8.3 Kerkargief: doopregisters uit 1600's!
Ons is dankbaar oor die lekker blootstelling wat die Kerkargief op Stellenbosch die afgelope tyd geniet het. Dit is deels te danke aan die afgelope Woordfees, maar ook deur die maandelikse berigte oor die Kerkargief se werk wat die bestuurder, Andrew Kok, vir die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van SA (eGGSA) se Facebook skryf. Jy kan gerus hier oor doopregisters lees – die omvang van die argief se werk en dienste is baie meer as wat jy sou dink! Navrae: 021 882 9923 of argief@kaapkerk.co.za
Oudste dokument
Die oudste doopregister in die argief wat dateer uit die 1600's
Clem Marais
9. Belasting op basaars?!
Kollega Clem Marais berig in Namibië se nuusbrief, Feldmuis, oor ’n aankondiging deur hulle minister van finansies, Calle Schlettwein, dat “kommersiële aktiwiteite” van kerke en welsynsorganisasies voortaan in ons buurland teen korporatiewe belastingkoerse aangeslaan gaan word. Namibië se Diensgroep vir Administrasie het in samewerking met die Raad van Kerke (CCN) in reaksie op die aankondiging ’n memorandum aan die minister voorgelê.
Voorlopige aanduidings is dat periodieke funksies soos basaars moontlik nie in die visier is nie, met deurlopende aktiwiteite soos die verhuring van eiendom dalk ’n ander saak. Meer inligting sal aan Namibiese gemeentes beskikbaar gemaak word soos dit moontlik is. Sterkte, bure!  (Met dank aan Feldmuis van 22 Maart 2018).
Kind
GEMEENTENUUS
1. NG Gemeente Ysterplaat
- oggendseminaar oor trauma 
Van Hannes Steenkamp ontvang ons inligting oor ’n oggendseminaar oor die hantering van trauma en lewenskragtigheid by kinders. Dit word op Saterdag 14 April van 09:00 tot 12:00 deur die ACVV Skiereiland gereël. Die teikengroep is predikante, jeugwerkers, maatskaplike werkers, crèche personeel, onderwysers en ouers. (Drie VBO-punte is ter sprake.).
Die ACVV lewer die maatskaplike dienste binne die gemeentegrense van Maitland, Ysterplaat-Suid en Ysterplaat en die seminaar vind by die NG Gemeente Sonnekus in Milnerton plaas. 
Water vir Ysterplaat
2. Ysterplaat: Kerke help les die dors ...
Groote Kerk het in Januarie 'n versoek gerig dat ander streke met water vir arm en weerlose mense in die Kaap moet help (sien hier) - en die hulp en water het ingestroom! Lees gerus hoe NG Ysterplaat-Suid op hul Facebook getuig oor die wonderwerk van gemeenskap, van deel, van seën omdat jy self geseënd is! Dankie aan elkeen, van die Kaap tot in Johannesburg, wat deel van hierdie gemeenskap van sorg en omgee is. So gee ons gestalte aan God se liggaam op aarde.
65 jaar - verjaardagkoek vir Parowvallei-Oos
3. NG Parowvallei-Oos: 65 jaar gevier
Die NG Gemeente Parowvallei-Oos het op Sondag 25 Maart hulle 65ste verjaarsdag gevier.
Ongeveer 250 lidmate, oudlidmate, oudleraars en gaste het heerlik saam gekuier. Trane het geloop oor ou vriende wat weer gesien is, maar daar is ook lekker saam gelag! Geniet die volledige nuus en foto's (onder en hier) saam met hulle. Seënwense!
Lidmate vier saam Oudleraars foto's Lidmate PVO
NG Bellville-Oos Paassangdiens 29 Maart
George-Tuinedal DOEN
5. NG George-Tuinedal: Leef en DOEN!
Nadat George-Tuinedal op 18 Maart hulle "Nuwe Hoofstuk" ingelei het, het die gemeente se Leef en Doen-inisiatief nuwe impetus in die gemeente (en gemeenskap) ingeblaas.
Elke Sondag word 'n Leef en Doen-kaartjie aan élke erediensganger (ook kinders) uitgedeel. Die doel hiervan is om aan gemeentelede praktiese, uitvoerbare uitdagings te stel wat hulle dan moet gaan uitvoer. Klik hier om te lees hoe leef en DOEN hulle!
Leef en doen - hondekos aan DBV
Troeteldierkos vir DBV
Besoek en bederf verpleegpersoneel
Bederf vir verpleegpersoneel
Kweek vir die Here-logo
6. NG Gemeente Stellenberg
Kweek vir die Here - én vir #imagine!
Die entoesiastiese Kweek vir die Here-span van NG Stellenberg se wortels reik ver! Hierdie keer is hulle deur #imagine genader om 25 plante as tafelversierings en 100 plantjies as welwillendheidsgeskenkies vir #imagine te kweek. Koos Lamont, een van die lede, berig dat dit 'n lekker plesier was om hiermee te help.
Die plantjies is op 26 Maart aan Heleen du Toit oorhandig. Onder is sy saam met Jan Bester en Kallie Vlok. Meer foto's is hier. Dankie, Kweek vir die Here!
Jan Bester, Heleen du Toit en Kallie Vlok
Gebedsversoeke 30 Maart 2018
Francois Preiss
PREDIKANTENUUS
1. Francois Preiss groet NG Heidekoppie
Na bykans 27 jaar in die bediening groet Francois Preiss die NG Gemeente Heidekoppie aan die einde van Maart 2018.
Francois getuig dat die Here nou nuwe deure vir hom oopmaak: hy beplan om ’n eie besigheid, wat fokus op opleiding in leierskaps- en ander vaardighede, te begin. Hoewel hy sedert die ouderdom van 12 jaar ’n evangeliebedienaar wou wees, glo hy die Here het hom nou by die einde van ’n seisoen gebring. Hy het sy afskeidspreek op Sondag 25 Maart gelewer, maar sal die Goeie Vrydag-diens op 30 Maart ook lei. Ons beste wense vir goeie gesondheid en sinvolle nuwe paaie tussen Kleinmond en die Kaap, Francois!
Hans en Annemarie Steyn
2. BM se Hans Steyn emeriteer
Op 31 Maart groet Bybel-Media vir Hans Steyn, hul hoof van fondswerwing vir die afgelope 12 jaar.
Hans se bediening het in 1978 in die NG Gemeente Calvinia-Hantam begin. In 1981 is hy na Paarl-Vallei en op 1 Februarie 2006 begin hy by Bybel-Media. Hy was ook sedert 2014 aan die NG Gemeente Swartland (met opdrag: Bybel-Media) gekoppel. Lees gerus hier meer as Hans terugkyk oor sy tyd by Bybel-Media. Leon Venter deel ook enkele gedagtes oor Hans se bydrae.
Hans en Annemarie, ons bid julle ’n gesonde, gelukkige aftrede in Malmesbury toe - met volop tyd vir lees, laat slaap, reis en kuier!
Dirk Taljaard
3. Dirk Taljaard emeriteer
"Dirk Taljaard was vir byna 40 jaar predikant in die NG Kerk en het soveel vir die Bybelgenootskap en koninkryk gedoen," skryf kollega Quintus Heine. Hy was in drie gemeentes: Bredasdorp (1979-1983), Primrose-Oos (1983-2001) en Birchleigh (2002-2012). Sedert Januarie 2012 sit hy sy bediening voort by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, waar hy onder meer Hoof: Streke (in Bellville) was. Lees gerus hier meer. Ons beste wense vir ’n gelukkige aftrede, Dirk.
4. Fakulteit Teologie: Blouberg-kollegas presteer!
Ons is saam met die NG Gemeente Bloubergstrand behoorlik breëbors-trots: beide Elmarie Dercksen en Marietjie Steyn het hulle meestersgrade tydens die Maart-gradeplegtigheid van Fakulteit Teologie (US) ontvang – en beide nog cum laude daarby! Lees hier meer.
Die naamlys van teologiese studente wat by die Maart-plegtigheid 'n kwalifikasie ontvang het, is hier. Op die foto onder is Marietjie (links) en Elmarie.

Marietjie Steyn en Elmarie Dercksen
Annelene Tier
ALGEMEEN
1. Met innige simpatie: Annelene Tier
Ons treur saam met die NG Moedergemeente Kraaifontein oor die skielike heengaan van hulle skriba, Annelene Tier. Mag die Here se nabyheid en troos groot wees oor Trevor, die kinders, familie en vriende. Ons bid die gemeente besondere genade toe met die verlies van hierdie steunpilaar en middelpunt van soveel van die gemeente se bedrywighede.
'n Troosdiens vir Annelene het op Dinsdag 27 Maart vanuit die NG Moedergemeente Kraaifontein (Tiende Laan 136) plaasgevind, gelei deur Banus Botha van die gemeente.

Boorgat
2. Getuienis uit Beaufort-Wes
Kyk mooi in die donker!
"Ons is in die versmorende greep van 'n geweldige droogte.  Tog hoor ons in hierdie tyd soveel mooi stories van hoop van mense wat weier om op te gee, mense wat getuig van hoe God hulle versorg en dra.
Ons twee tehuise vir bejaardes hier in Beaufort-Wes, ACVV Hesperos en Badisa se Huis Johannes, was die afgelope tyd getuies hiervan." Uit Beaufort-Wes stuur Albertus van Zyl (NG Gemeente Gamka-Oos) ’n spesiale getuienis – lees dit gerus hier.
Op die foto word 'n boorgat gesink by een van die ouetehuise.

Chris Ferguson WCRC
3. Witness from WCRC
- Sunk with fear, sent in hope

In a Easter message from Chris Ferguson (General Secretary, World Communion of Reformed Churches, WCRC) he shares a powerful testimony: "Called to communion, committed to justice, we are brought by the Spirit to the valley of the bones, sunk up to our neck in fear and then mobilized in hope by God’s Spirit through the living power of the Resurrection of Jesus Christ."
Well worth the read - for Easter, but also for further reflection on communion, on ecumenical work, on journeying together. Click here.
4. Bybel-Media Cordis Trust: wenners
Die Bybel-Media-Cordis Trust-prys vir oorspronklike, Afrikaanse Christelike familie- en/of jeugpublikasie is toegeken aan Leeg: God se troos na swangerskapverlies of miskraam. Skrywers: Marlena du Toit, Braam Klopper en Justine Pike. Uitgewer: Lux Verbi.
Die BM-Cordis Trust-pryse vir bydrae tot spesiale projekte met deerniswerk, woordkuns en geestelike groei is toegeken aan Jaco Strydom (Echo-Jeugbediening en Kerkbode-medewerker) en Stefné van Dyk (LiG-medewerker en Hande-vat musiekprojek).
Lees gerus hoe e-Kerkbode hieroor berig.

Cordis Trust-wenners
Leon Venter (BM Uitvoerende Hoof), Fanie Marais (Cordis Trust), Justine Pike,
Marlena du Toit en Braam Klopper (skrywers)
Jaco Strydom - Cordis Trust-wenner
Fanie Marais en Jaco Strydom
Stefne van Dyk - Cordis Trust-wenner
Fanie Marais en Stefné van Dyk
Sprekers
Die sprekers by die “Teaching Gender and Health in Africa”-konferensie van die Gender eenheid, Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, wat op 22 en 23 Maart by die Fakulteit Teologie aan die US plaasgevind het.
KKNK Praat Saam-gesprek
KKNK "Praat Saam"-gespreksreeks - klik bo vir meer
7. Bybelgenootskap van SA 
7.1 Direksie

Dr. Paul du Plessis is verlede week tydens die Bybelgenootskap se Algemene Jaarvergadering tot voorsitter verkies. Hy volg ds. Rodney van Wyk op. Dr. Du Plessis dien sedert 2017 as direkteur van die Bybelgenootskap. Hy is 'n dienende NG predikant en is tans aan die gemeente Riviera-Jakaranda verbonde. Lees hier meer oor die direksie. (Met dank aan e-Saaier van Maart 2018).

Direksie
Voor v.l.n.r.: Ds. Dirk Gevers, dr. Paul du Plessis en mnr. Pieter van der Poel Agter v.l.n.r.: Ds. Rodney van Wyk, dr. Tshepiso Douw, me. Mims Turley en mnr. Paul Maddison
Afwesig: Biskop Bethlehem Nopece
7.2 Bybelverspreiding – so kan jy en jou skool help!
Bybelverspreiding
Ondersteun die Bybelgenootskap -  klik bo vir meer
Sakbybeltjie
8. Gesoek: Sakbybeltjie se eienaar
Cecile du Plooy van Danabaai deel kosbare inligting en foto's van 'n unieke ou Sakbybeltjie waarop sy toevallig afgekom het.
Die inskrywings voorin die Bybel wys op ene Martienes Jacobus Johannes Lambrechts (gebore 26 Februarie 1873) wat in Maart 1898 getroud is met Wilhelmina Elizabeth Hickman (gebore 11 Maart 1872).
Let gerus op die spelling "Lambrechts". Lui dit dalk 'n klokkie? Ken jy iemand met dié van wat dalk 'n nasaat kan wees?
Klik dan hier om meer te lees en 'n paar ander foto's ook te bekyk - help asb. om die Bybeltjie by die Lambrechtse te besorg.

MES koepons
NUUSBRIEWE
Pasga
1. Simcha Bediening aan Jode
In die L’Chaim-nuusbrief van die Simcha Bediening aan Jode is interessante inligting oor water in Israel. Lees oor die Lausanne Consultation on Jewish Evangelism (LCJE) in Mei en oorweeg gerus om Simcha te nooi om die Pasga-fees (30 Maart tot 7 April) in jou gemeente te help vier. Die nuusbrief is hier.
VGKSA-logo
2. URCSA Cape Synod News
In die Maart-uitgawe van die Cape Synod News: "URCSA members, ministers, Scribes, Church Councils, Presbyteries and Regional Synods now have direct access to 'URCSA' Church News on various 'URCSA' electronic (online) platforms! 
Join/Subscribe and Read 'free online' church news on the following digital platforms ..."
Click here to read the newsletter online.

PUBLIKASIES
1. Christelike Lektuurfonds (CLF)
1.1 Naamdraers van Jesus: Wellington se donkies
Hierdie publikasie, Naamdraers van Jesus – Wellington se donkies, vertel die verhaal van die 567 Donkies wat in die loop van 85 jaar by die Sendinginstituut gestudeer het.
Hulle het die naam van Christus en die evangelie oor grense heen met ongeëwenaarde ywer gedra. Die publikasie word amptelik op 18 April in Stilbaai bekendgestel.
Lees meer en kontak CLF by info@clf.co.za of 021 873 6994 om te bestel.
1.2 Seven words from the Cross
Berlisé Louwrens van CLF skryf: "Paasfees is baie belangrik, veral in Afrika-kerke. Die publikasie Seven words from the Cross fokus op die laaste woorde van ons Here Jesus op Goeie Vrydag. Die publikasie help die leser om die lyding van Jesus Christus te verstaan. Dit verduidelik die sewe woorde wat aan die kruis gesê is en dit vertel van die belangrike dinge wat gebeur het toe Jesus uit die graf opgestaan het. Klik hier.
Naamdraers van Jesus - Wellington se donkies Seven words from the Cross
Sorg vir skepping
EKOLOGIE
1. Jesus sterf en staan op t.w.v. die skepping 
In sy gereelde bydrae namens die Projekspan Ekologie skryf David Botha: "Miskien moet ons meer oor Jesus se lewe, dood en opstanding dink as 'n genesingsplan eerder as 'n reddingsplan. God het heeltyd en selfs in die eerste plek die welsyn en geluk van die hele skepping in die oog met alles wat God doen (Joh 3:16). Wat God dus met die mens doen, is t.w.v.die hele skepping. Lees meer.
Kraan
2. WWF SA: Wednesday Water File 
"Most of us access water via our taps and, until there’s a crisis, don’t give much thought to where it actually comes from. For those of us living in cities our water is often 'imported' from water source areas and dams far away: Theewaterskloof is 100km away from Cape Town. This water file, the last in the series, looks at how important it is to safeguard a healthy natural environment in our catchments and who is doing what to look after these critical areas." Click here.
3. Watergebruik: mikpunt = 450 miljoen liter per dag
Om 450 miljoen liter water per dag te gebruik, moet ons hou by 50 liter per dag. Oorweeg om die #50LitreLife-uitdaging te ondersteun:
Hou tred van jou daaglikse verbruik d.m.v. ’n handige hulpmiddel – klik hier.
Die gratis #50LitreLife-profielfoto is ’n daaglikse herinnering aan jou verbintenis – klik hier.

Watergebruikmikpunt
Kontrolelys
5. Is JY 'n H2O-hero?
Die Wes-Kaapse regering bied op die H2O Hero-webwerf allerlei wenke om gebruikers opnuut bedag te maak op eenvoudige maniere om water spaarsaam te gebruik. Dit verg ’n leefstylaanpassing, maar dit is onvermydelik as ons wil verseker dat ons – en diegene na ons – in die toekoms water het. Besoek die webwerf vir wenke in die huis, tuin, by die werk en in die buurt of omgewing.
H2oHero tuinreeks
BEHOU DIE HUMOR
Eater church sign
KUIERKANS
LiG se Kaapse lesersdag 2 Junie
LiG se lesersdag: 2 Junie
NG Die Strand basaar 7 April
NG Die Strand basaar: 7 April
VAKATURES
Vakatures in Kerkbode
e-Kerkbode dui nou ook aan op watter datums die volgende gedrukte uitgawes van Kerkbode verskyn. Kry dit by Vakatures (links in keuselys op e-Kerkbode); klik op 'n bepaalde vakature om dit oop te maak en let dan op die inligting regs bo.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 20 April.

Gedrukte Kerkbode
Kerkgebou
1. NG Gemeente Stellenberg: voltydse leraar
’n Herinnering: Stellenberg, ’n makrogemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad, het ’n vakature vir ’n voltydse leraar. Hierdie gemeente van ongeveer 5500 lidmate word bedien deur vyf voltydse leraars en een pastorale hulp. Daar is ook ’n voltydse kinderwerker in diens van die gemeente. Aansoeke sluit op 6 April – lees verder.
Logo
2. NG Kerkfamilie:
Getuienisaksie: administratiewe beampte
Aansoeke word vir bogenoemde pos in die Diensgroep: Getuienisaksie by die sinodale kantoor in Bellville ingewag. Getuienisaksie is 'n eenheidsbediening van die NGK en VGK in die Kaapstreek. Lees meer en reageer voor 26 April.
Nico Viljoen
TEN LAASTE
Uit die pen van ... 
Nico Viljoen

"Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie." (Luk. 23:34) word as Jesus se eerste kruiswoorde gereken. Terwyl Hy liggaamlik en geestelik intens ly, kyk Jesus weg van Homself en sien Hy sy vyande in liefde aan.
 
Ek glo dís die uitdaging wat Jesus se lydensweg aan ons stel: om God toe te laat om my hart te omvorm sodat dit stelselmatig verander word in ʼn orgaan van liefde! Só raak ek bevry van myself en is dit glad nie meer vir my belangrik om my eie wil en begeertes deur te voer nie. Ek raak lig in myself, ervaar volkome vrede en sien my medemens in ʼn totaal ander lig. Ek sien hom of haar vanuit God se perspektief – met oë van liefde. Elke mens wat ek deur daardie oë raaksien, word ʼn gawe van God. Ek het geen behoefte meer om hom of haar in ʼn bepaalde vorm te giet nie, want ek sien God se vorm in hom of haar raak.

Mag die Gees van Christus hierdie transformasie in liefde in ons volbring!

                                                                   - - - - - 
Nico het sy bediening in Alexanderbaai begin en daarna in Vredendal gaan voortsit. Hy was vir 20 jaar aan NG Vredendal-Wes verbonde tot hul samesmelting met Vredendal Moedergemeente op 1 Maart 2018. Die gemeente staan nou as Vredendal-gemeente bekend. Nico het onlangs ʼn DTh in Bybelse Spiritualiteit verwerf.
Kontak hom hier.

Geseënde Paasfees!
Vriendelike groete tot die uitgawe van 13 April.
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.