Lees deur internet, klik hier >>
3 November 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
SINODENUUS
Dag van verootmoediging 8 November
1. Biddag: 8 November
Ons verootmoedig ons

Die NG Kerk se Algemene Sinode versoek gemeentes om 'n biddag van verootmoediging tussen 18:00 en 20:00 op 8 November te ondersteun. Die oproep kom te midde van die vlaag geweld en die knellende droogte waaronder alle gemeenskappe ly.
Klik hier vir meer.
Nelis Janse van Rensburg onderstreep hierdie oproep: lees verder.
Gespreksgenote
2. Sentrum vir Publieke Getuienis
Moord en geweld in SA

Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuienis), het op So. 29 Oktober (voor die Swart Maandag-optogte van 30 Okt.) die gesamentlike perskonferensie van ministers Dan Plato en Ivan Meyer, asook senior polisie-offisiere en Afriforum bygewoon.
Lees hier sy waarnemings oor waar ons tans met moord en geweld in SA staan, asook 'n skrywe van Thom Thamaga (lid van die Western Cape Ecumenical network).
3. Emerititee: met dank en erkenning
Hierdie week se tee vir ons afgetrede predikante en hul gades by NG Suider-Strand gemeente was weer 'n hoogtepunt, met bykans 95 gaste teenwoordig. Dit was 'n voorreg om ook verskeie kollegas van ander sinodes (sowel as meer as een van oor die 90 jaar!) daar te verwelkom.
Nelis Janse van Rensburg het 'n paar gedagtes oor die kerk - en kerkwees in ons land vandag - met die emeriti gedeel, terwyl sang- en dansitems deur plaaslike kleuterskooltjies ligte vermaak verskaf het. Bossie Minnaar, saakgelastigde, se vrae oor die Hervorming het kopkrap veroorsaak, maar elke prys het 'n baas gekry.
Ons waardering aan Suider-Strand vir hulle gasvryheid! Geniet die
foto's saam met ons. Volgende jaar maak ons graag weer so!
Pryswenners by emerititee
Agter v.l.n.r. Eric Brand, Willem Botes, Kobus Cilliers, Danie Murray,
Francois du Toit, Dawie Scheepers
Voor v.l.n.r. Petro Brand, Josie Mettler, Ina Gous, Hercules Malan
Christo Albertyn en Attie Beetge
Christo Albertyn en Attie Beetge
Diamon de Vries, David Botha en John Hartney
Diamon de Vries, David Botha, John Hartney
Bennie Fourie, Jannie du Preez en Louise Koch
Bennie Fourie, Jannie du Preez, Louise Koch
4. Publieke Getuienis: Gesprekke en fasilitering
4.1 
Bredasdorp predikante dink saam oor uitdagings
Predikante van die Bredasdorp-omgewing het verlede week besin oor van die sosiaal-maatskaplike uitdagings wat die streek tans in die gesig staar. Talle uitdagings wat die res van die land teister, is ook hier besig om kop uit te steek.
Een van die belangrikste uitkomste van die dag was die besluit om oor te gaan na die stigting van ’n inklusiewe streeksforum wat alle gemeenskappe en belangegroepe sal verteenwoordig. Lees hier verder en kontak Danelle Jordaan by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202 vir meer inligting.
Gespreksgenote
V.l.n.r. is Stefan Feldmann (Overberg Christian Family gemeente), Walters Joubert (AGS), Jakes September (VGK Napier), Arné Leuvennink (VGK Breadsdorp), Stan Voges (NG Bredasdorp), Braam Hanekom, Braam Coetzee (NG Bredasdorp) en Dirk Oosthuizen (NG Suidpunt)
NG Vredendal
4.2 Hoop op Vredendal
Op Woensdag 25 Oktober is die NG Moederkerk op Vredendal volgepak (foto regs) met mense vanuit alle sektore van die samelewing.
Die byeenkoms is gereël deur die Sakekamer, Radio Namakwaland en kerke. Die rede? Die knellende droogte en die krisis wat die gemeenskap in die gesig staar. Nie alleen word voedselproduksie erg geraak nie, maar duisende mense loop die gevaar om hulle werk te verloor. Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis het die diens gelei met die tema: Kantelpunt of keerpunt? Hoop midde-in 'n krisis! Lees hier verder.
5. Diaconia se Nioma Venter
Nioma Venter is die op-en-wakker PSD van die Diensgroep Diaconia, 'n eenheidsbediening van die NG Kerk en VGK Kaapland.
Kyk na die video oor hulle werk en hoor waarom "You’ve got a friend in me," vir Nioma die heel belangrikste boodskap is wat sy graag wil tuisbring. Sy noem onder meer watter deurslaggewende rol gemeentes en gemeenteleiers kan speel tydens en na rampe om gemeenskappe te herstel en verenig. Kontak Diaconia by omgee@kaapkerk.co.za of 021 957 7113.
6. Vrouebediening onderweg vir veilige ruimtes
Die Sinodale Taakspan vir Vrouebediening was onlangs op George vir hul derde “roadshow”. Saterdag se byeenkoms onder leiding van Ankia du Plooÿ het byna 50 vroue saamgebring uit verskillende gemeentes van die Suid-Kaap sover soos Plettenbergbaai, Knysna, Rheebok, ens. 
Die taakspan se visie is "om te help om veilige ruimtes in gemeentes te skep" wat gelyke en gelykwaardige deelname op alle terreine vir almal in die kerk wil skep, sodat vroue in die kerk en samelewing kan floreer. Lees hier meer.
Kontak gerus die Vrouebediening by ngkvroue@sun.ac.za, “like” hul Facebookblad of besoek hulle webwerf by Vrouebediening Wes-Kaap vir meer inligting. 
Vrouebediening op George
Marelise Krige, Riana Furniss, Ankia du Plooÿ, Anli van Santen,
Mariëtte Steyn en Mia van Santen
7. Wes-Kaapse ekumeniese netwerk byeen
Tydens ‘n vergadering het die bestuurslede van die Western Cape Ecumenical Network (WCEN) op 1 November in die Andrew Murray-lokaal by die sinodale kantore in Bellville bymekaargekom. Sake wat aandag geniet het, sluit o.m. die toestand van die land, restitusie en die loods van projekte om uitdagings rondom restitusie aan te spreek, die sekuriteitsituasie in SA, sowel as die groeiende spanning op kampusse en hoe daar gehelp kan word, in.
Die WCEN se administratiewe funksies word tans deur die kantoor van die Sentrum vir Publieke Getuienis hanteer. Kontak Danelle by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202 met enige navrae.
WCEN byeen
Agter v.l.n.r.: Johan Beukes, Danie Vermeulen, Thom Thamaga, Braam Hanekom, Trevor Herbert, Pieter Grove 
Voor: Mbulelo Bikwani, Joy Chetty en Sipho Mahokoto
8. Predikantebegeleiding
"Baie van ons is opgelei vir ’n wêreld wat nie meer bestaan nie ..." sê ’n dominee ... Klik hier om die uitnodiging van Theunis Botha (PSD) te lees. 
Kontak Adrienne Bester by bestera@sun.ac.za of 021 808 3382 vir meer inligting. Onder is enkele foto's wat iets van die besondere atmosfeer van die retraites vir predikante vasvang ...
Collage
9. Getuienis: Afrika Ekumene
Malawi: Nkhoma Hospitaal bestry malaria
Tydens ’n onlangse besoek aan ons susterskerk in Malawi, die CCAP (Church in Central Africa Presbyterian) het Getuienisaksie by dr. Reynier Ter Haar, die direkteur van die 220-bed hospitaal op Nkhoma Sendingstasie, gaan hoor wat hulle alles doen om malaria (wat steeds wêreldwyd meer lewens as MIV/vigs eis) te beveg. Kyk die kort video langsaan. Kontak Reynier vir meer inligting of om hulle werk te ondersteun.
10. Communitas verwelkom Eddie Orsmond
By Communitas op Stellenbosch het Eddie Orsmond se kollegas hierdie week sy aanvaarding van die beroep as PSD: Seminarium met koek en tee gevier! Die seminarium is ’n gesamentlike werksaamheid van die NG Kerk en VGK wat naas die akademiese program verantwoordelik is vir die praktiese, geestelike en roepings-vorming van teologiese studente.
Kontak Eddie by eddieo@sun.ac.za of 021 808 4644.
Groepfoto
Foto voor v.l.n.r.: Divine Robertson, José Layman, Sharon Naudé, Amanda van Niekerk,
Wilma le Roux, Mathilda du Pisanie

Agter v.l.n.r.: Pieter van der Walt, Anriëtte de Ridder, Eddie Orsmond, Theunis Botha,
Bruce Theron, Julia Daniels, Gielie Loubser
Grafiek
11. Verdere Bedieningsontwikkeling
Waar en hoe speel die sinode se diensgroepe ’n rol? As jy ook hieroor wonder, help die meegaande grafiese voorstelling dalk om ’n vereenvoudigde prentjie van die reikwydte van ons VBO-kantoor met kursusse tot sovêr vanjaar te gee.
Daar is 38 kursusse en konferensies deur Communitas aangebied. Dit sluit ander vergaderings, dinkskrum geleenthede, of geleenthede in ringe of streke uit. Waar kursusse in blokke aangebied is, het bywoners tot vyf geleenthede bygewoon, maar hulle is slegs eenmalig bygereken.
Groot dank aan die hele VBO-span, van Wilma le Roux (koördineerder), die aanbieders tot by elkeen wat ’n kursus bygewoon het! Kontak Wilma hier. Die volledige 2018 VBO-gids is binnekort hier.
Gustav Claassen
12. Uit die kantoor van die NG Kerk Algemene Sinode
Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Algemene Sinode, deel inligting oor:
• Vordering rondom die hantering van hofstukke ontvang
• Reaksie op die verslag van die Commission for Cultural, Religious and Language Rights (CRL)
• Wysingswetsontwerp van Skolewet.
Lees sy volledige brief hier.
Pierre en Kietie Smit
13. Argiefkronieke
(Een)saam in Afrika: Kietie Smit 

'n Regstelling: in VrydagNuus van 27 Oktober is berig oor die nadraai van 'n foto van twee jong mammas wat toekyk hoedat hulle babas mekaar beskou. Een van die mammas was Kietie Smit, née De Vos.
Let gerus daarop dat tannie Kietie se nooiensvan De Vos was; haar getroude van is Smit (soos ook in die langer artikel aangedui.) Ons vertrou dat die drukkersduiwel nie te veel ongerief veroorsaak het nie. Dankie aan tannie Kietie (91) wat die nuusbrief steeds getrou ondersteun en met 'n fyn oog lees!
14. Vrystaat vier Reformasie 500 saam met ouer suster in Lesotho 
Uit die Vrystaat deel ons graag nuus oor ’n gesamentlike Reformasie 500-viering by die historiese Morija in Lesotho, waar die eerste sendingstasie tot stand gekom het as geboorteplek van die Lesotho Evangelical Church (LEC). Carin van Schalkwyk (op die foto links onder) het die Vrystaatse moderatuur daar verteenwoordig. Lees gerus verder hoe Vennote in Getuienis oor die vieringe en versterking van bande tussen die kerke skryf
Carin v Schalkwyk LEC-gemeentelid
15. Sinode Goudland byeen op Reformasiedag
Goudland het op 31 Oktober hulle sinodesitting gehou. Hier is hul nuwe streek, Bokang Modimo, bestaande uit verskeie Tswanasprekende gemeentes, amptelik as deel van die sinode verwelkom. 'n Jaar gelede het Kerkbode oor die voorloop van hierdie geskiedkundige gebeure berig.
Soos Martin Luther by Wittenberg, het Goudland die drie belydenisskrifte van die kerk teen die kerkdeur (foto onder) van die "Tuiste van die Sinode" - op die patroon die kerkdeure van Wittenberg ontwerp - vasgeslaan. Ander nuus is die nuwe naam waaronder die NG Gemeente Helikonpark bekend sal staan: Tetélestai ('Dit is volbring.'). Die logo van Tetélestai is onder regs te siene.
Geloofsbelydenisse teen kerkdeur - Sinode Goudland Helikonpark se nuwe naam en logo
16. VrydagNuus-opname: hier is die wenner!
In die VrydagNuus van 13 Oktober het ons lesers gevra om ons te help om met behulp van 'n opname ons elektroniese kommunikasie te verbeter. Dankie aan elkeen wat die opname voltooi het vir jul insette, voorstelle en positiewe kommentaar. Coenraad Pieterse van Sutherland was die wenner van die Lux Verbi-boekprys, Dink jouself gelukkig deur Pieter van Jaarsveld.  
Coenraad Pieterse
ALGEMEEN
LiG-kolwyntjie
1. LiG vier 80 jaar van lewegewende verbeelding!
Die NG Kerk se eie glanstydskrif, LiG, vier vanjaar 80 jaar! Tydens die vieringe van hierdie mylpaal, het Nelis Janse van Rensburg klem daarop gelê dat Bybel-Media (een van ons kerk se amptelike mediavennote) en LiG "handelaars in God se lewegewende verbeelding" is. Klik hier, met dank aan e-Kerkbode. Onder is die LiG-span in ligte luim tydens die vieringe!
LiG se span in ligte luim
Agter v.l.n.r. Hanno Coetzee, Mario Smit, Johan Raath, Hanlie Raath, Lambert Jacobs
Voor v.l.n.r. Lida Viljoen, Amanda van der Westhuizen, Jeanne Human,
Conette le Roux, Francine van Niekerk
2. Pelgrimstog van hoop
Nico Swart was die afgelope tyd met 'n besondere Pelgrimstog besig. Hy het per fiets vanaf sy gemeente (NG Skuilkrans in Pretoria) tot in die Kaap gery, en op Do. 26 Oktober met die Pelgrimstog van Hoop vanaf Kaappunt begin. Hy kon op Hervormingsondag die Lutherse Kerk in die Kaap se diens bywoon en van daar verder tot by Agulhas stap.
Frederick Marais (Communitas) berig hieroor – klik hier. Kontak Adrienne Bester van Communitas by pelgrim@sun.ac.za of 021 808 3382 vir meer inligting oor die staptog. Op die foto links onder is Nico saam met Walter Schwär van die Evangelies Lutherse Kerk in Bellville, met sy kenmerkende rooi pelgrimshoed - ook by die kerkgebou van NG Simonstad. Facebook: Pelgimstog van Hoop.
Nico Swart en Walter Schwär Nico Swart NG Simonstad
Kerkjaarkalender
3. Kerkjaarkalender 2018
Van die NG Gemeente Durbanville-Bergsig ontvang ons weer hulle visuele voorstelling en interpretasie van die kerkjaarkalender vir 2018. Hierdie kalender verskaf o.a. die kleure wat tradisioneel met die verskillende tye in die kerkjaar verbind word. Die kerkjaar begin met die eerste Sondag van Advent.
Baie dankie aan Alida Vorster van Durbanville-Bergsig, wat hierdie kalender met ons deel.  Besoek Durbanville-Bergsig hier op Facebook.
Logo
4. Badisa: Huis Izak van Tonder
Badisa se Huis Izak van Tonder in Ladismith is 'n bekostigbare tehuis vir bejaardes in 'n veilige omgewing en lewer 'n uitstekende diens. Hier is tans plek beskikbaar:
♦ Woonstelle/kamers vir onafhanklike persone - met dienste soos benodig
♦ Kamers vir diegene wat ondersteuning benodig - met sekere dienste
♦ Siekeboeg met volledige dienste
Kontak gerus vir Francois Nel by 028 551 1075 of bestuurivt@telkomsa.net  vir persoonlike aandag of skryf aan hom: Posbus 150, Ladismith, Wes-Kaap 6655.
Yolandi de Leeuw Den Bouter en Dries du Toit by NG Stellenberg
5. Raakgesien ... en ...
VrydagNuus tot jou diens

By NG Stellenberg Ondersteuningsentrum (SOS) se praatjie oor die Christen en rykdom, aangebied deur die bekende finansiële raad-gewer, Dries du Toit, het Yolandi de Leeuw den Bouter die boek wat as basis van die gesprek gedien het, gewen.
Yolandi, verantwoordelik vir die administrasie van die NG Gemeente Hottentots-Holland in Somerset-Wes, vertel sy het in VrydagNuus van die gespreksgeleentheid gelees.
Dis ook lekker om te hoor hoeveel reaksie hulle ontvang het nadat VrydagNuus oor Disakloof-kampterrein berig het. 
Die sinode se kommunikasie tot jou diens! 
6. Raakgelees
6.1 Decisive moment for churches: a shared understanding 

During a special service to commemorate 500 years of the Reformation at the Westminster Abbey on 31 October, representatives of The Lutheran World Federation (LWF) and the Roman Catholic Church received the Anglican Communion’s affirmation of the Joint Declaration on the Doctrine of Justification (JDDJ). Click here.
#54stories
6.2 Getuig met #54stories projek
Enigiemand wat 'n getuienisverhaal wil deel, word aangemoedig om dit te doen met behulp van hierdie projek. Dit staan bekend as die #54stories projek, omdat verhale uit al 54 Afrika-lande vertel word.
Indien jy belangstel om jou getuienis, of enige verhaal van God se ingryping in jou lewe, so te deel, volg die volgende stappe:
♥ Maak 'n opname van jou getuienis,

♥ laai dit op Facebook as 'n "public post",
♥ gebruik die hutsmerk #54stories en

♥ vra jou Facebook-vriende om te "like" en deel.

Klik hier om na getuienisse te luister wat reeds op hierdie manier op Facebook geplaas is.  
UIT  ONS RINGE
Oudtshoorn
Ring van Oudtshoorn
Getuig met profetiese stem
Smuts Janse van Rensburg, voorsitter van die Ring van Oudtshoorn, skryf: "Terwyl (ook Oudtshoorn se) boere en ander mense (met reg) kwaad en ontsteld en bekommerd en gefrustreerd is, en sommige dreig om reg in eie hande te neem en self onwettig op te tree, het ons ringskommissie as ’n getuienis en profetiese woord van die kerk se kant, ’n verklaring opgestel wat ons reeds oor die naweek aan die sakekamer en boereverenigings (Oudtshoorn omgewing)  gestuur het, en wat op sosiale media gedeel is." Lees die verklaring hier.
Die NG Gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein se verklaring is hier beskikbaar.
GEMEENTENUUS
1. Liefdesversoek van NG Gemeente Die Strand aan NG Kerk
Marcel Vosloo (predikant van NG Die Strand) laat weet op Dinsdag 31 Oktober: "Ek het vanoggend 11:00 die aangehegte liefdesversoek tot die kerk op NG Kerk Die Strand se voordeur (foto onder) geplak.
Die versoek handel daaroor dat ons sal terugkeer na die vleesgeworde Woord as Hoof van sy kerk. By Hom is ‘al die skatte van wysheid en kennis’ te vinde. Suid-Afrika het lewende water nodig, en dis net by Jesus - die Wysheid van God Wie met gesag praat - te vinde." Kry die teks van die versoek hier.
Kerkdeur
De Eike reik uit na Nuwerus
2. De Eike reik uit na Nuwerus
"Ons is gestuur om die mense van Nuwerus te gaan bedien ... toe word ons bedien! Wat aanvanklik beplan was om 'n uitreik vir die belydenisklas te wees, het gegroei tot ’n volwaardige uitreikspan met drie doelwitte:
- Om 10 ton lusernpille vir die boere van Nuwerus te neem.
- Om die kinders van Nuwerus te bedien.

- Om 'n kankerpasiënt te gaan versorg.
Chris Barnardo van NG Kuilsrivier-De Eike deel die storie en pragtige foto's.
Heidekoppie werkswinkel
NG Heidekoppie: Lof- en aanbiddings-
konferensie 10-11 Nov.
NG Parow-Panorama Hervormingsondag
NG Parow-Panorama: Hervormingsondag
Persoonlike belydenisse aan kerkdeur
Richard Blackaby
5. Spiritual Leadership with Richard Blackaby
The wellknown Dr Richard Blackaby from the United States is delivering lectures on the topics of experiencing God in the family and on spiritual leadership during his tour of South Africa. 
Dr Blackaby, together with his father Henry, are the authors of many Christian books and bible studies of which the Experiencing God course is world renowned. He will present training in spiritual leadership with the theme: "The New Generation leader – to make a difference during challenging times."
NG Moedergemeente George: 14 en 15 November - klik hier.
NG Gemeente Stellenberg: 11 en 12 November - klik hier.

Elijah
6. NG Wynberg: erediens met Libertas Koor en Zorada
Die Libertas Koor tree op So 5 November om 09:30 by die erediens van Wynberg op. Hulle gaan uit uittreksels uit Mendelssohn se Elijah sing, en die prediking sal ook op die profeet se boodskap fokus. Die bekende orrelis van Stellenbosch, Zorada Temmingh, sal die orrelbegeleiding doen.
Die Elijah van Mendelssohn begin met die droogte wat in die profeet se tyd geheers het, en bevat aangrypende gedeeltes oor roeping, ootmoed en die wyse waarop die Here Hom in sulke tye openbaar. Voorwaar ’n unieke geleentheid.
Lof- en aanbiddingsaand 2016
7. Bellville-Uitsig vier Reformasie
Op Sondagaand 5 November om 19:00 word 'n lof- en aanbiddingsgeleentheid ter viering van Reformasie500 by Bellville-Uitsig (Mountainviewrylaan) aangebied. Die tema is: "Van Woestyn na Oase – Vreugdevol Vry!"
Gaan geniet hierdie visuele uitbeelding met aanbiddingsmusiek en skriflesing gerus saam met hulle. Koffie is vanaf 18:30 beskikbaar. Rig navrae aan Francois Swart: 082 781 6854.
Twitter Facebook
EKOLOGIE
Handjievol grond
’n Bediening wat goed be-grond is
David Botha laat weet namens die Projekspan Ekologie: “Hoe beter ons verhouding met die grond is, hoe beter sal ons verhouding met God ook wees. Die grond dra baie van die kwaliteite wat ek in die Skrif leer ken as kwaliteite van God.
Ons moet leer om die Boek van die Skepping saam met die Boek van die Skrif te lees.” Lees hier meer.
BEHOU DIE HUMOR  
Humor Humor
NUUSBRIEWE
Kerkbode 3 Nov 2017
1. Bybel-Media nuusbrief
1.1 Kerkbode van 3 November

Die Kerkbode van 3 November vertel:

... hoe daar op Touwsrivier ’n doelgerigte pad na kerkeenheid gestap word. 

Lees ook van motorwagte aan wie “pratende Bybels” uitgedeel is, ’n pretdraf op Merweville wat ’n draer van Jesus-liefde word, herwinning op Vryburg wat twee vlieë met een klap slaan, oor ’n verhouding tussen ’n Wes-Kaapse gemeente en ’n susterskerk in Sri Lanka, oor die NG Kerk se gemeentes in Zimbabwe, en oor ’n gesin wat drie kinders in pleegsorg geneem het. 

Daar is verskeie bydraes teen die agtergrond van die Reformasievieringe, onder meer een met ’n verrassende perspektief op bieg en een wat verduidelik hoe Martin Luther se invloed ver wyer as die kerk strek. 

Lees ook oor ‘n voorstel dat die hofsaak van ’n aantal lidmate teen die kerk liewer deur arbitrasie besleg moet word. Die BM-nuusbrief met meer nuus is hier.
1.2 Bybel-Media Cordis Trust-pryse 2018
Cordis Trust stel Bybel-Media in die besonder gunstige posisie om die Bybel-Media/Cordis Trust-prys vir die vyfde keer in 2018 toe te ken. Die pryswenner sal, soos vanjaar, 'n kontantbedrag en oorkonde ontvang.
Oorspronklike Afrikaanse Christelike publikasies wat in 2016/17 verskyn het, kom in aanmerking. Die prys word toegeken aan die beste inskrywing/publikasie in die kategorie gesin-, jeug- of jonger kinderpublikasies.
Uitgewers en indiwidue wat publikasies wil inskryf, kan dit doen teen 1 Desember. Kontak Amanda van der Westhuizen: amanda@bmedia.co.za of 021 864 8231.
2. VGK Kokstad: Die Woodings skryf
Hou Christus self sy kerk in stand ...
Liefde. Eensgesindheid. Integriteit. Geleenthede. Hoop. Groei. Nuwe lidmate. Dopelinge. Humor - dis alles deel van Christo en Delesté Wooding (VGK Kokstad) se jongste nuusbrief. Lees gerus om weer 'n ander en verfrissende perspektief op kerkwees te kry: klik hier.
Dankie aan soveel van ons gemeentes wat die Woodings se werk in Transkei die afgelope jaar ondersteun het. Daarsonder kan hulle nie voortgaan om die evangelie te bring nie.

Ds Manyinyi, Christo Wooding en dr Simon Cezula
Ds Manyinyi (Colesberg), Christo Wooding (Kokstad) en Simon Cezula (US Teologie)
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Toepassing
Vakatures op e-Kerkbode
Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 3 November 2017.
Gedruktes uitgawes van Kerkbode
Gemeentes: vir beplanning!
Plasing van vakatures in Kerkbode

Vir enigeen wat d.m.v. Kerkbode 'n vakature wil bekendstel: 
e-Kerkbode dui nou ook aan op watter datums die volgende gedrukte uitgawes van Kerkbode verskyn.
Kry dit by Vakatures (links in keuselys op e-Kerkbode): klik op 'n bepaalde vakature om dit oop te maak - en let dan op die inligting regs bo. Dankie, Kerkbode!
Logo
Badisa-vakatures
1.1 Badisa 
Trio Kraaifontein en Bellville: maatskaplike werkers
Die beheerraad wag aansoeke in van geregistreerde maatskaplike werkers vir hierdie programme. Lees aangeheg meer - aansoeke sluit 14 November.
1.2 Badisa Seesterretjies, Melkhoutfontein: opvoederspos
Die aangewese kandidaat vir hierdie pos sal verantwoordelik wees vir die opvoeding en versorging van kleuters tussen 3 en 5 jaar, die voorberei en aanbied van opvoedkundige programme, skakeling met die gemeenskap en ouers, sekere administratiewe pligte sowel as hulp en leiding met fondswerwing. Doen aansoek voor 30 November. Lees hier meer.
TEN LAASTE
Fritz Kotze
Uit die Pen van ... Fritz Kotzé
Kruis van hoop

In sy boek From Tablet to Table skryf Leonard Sweet oor die potensiaal wat die tafel kan hê binne elke huis. Wat so besonders van die tafel is, is dat dit op sigself nie eintlik baie waarde het nie, maar wat op en aan die tafel gebeur, iets spontaans na vore kan bring.

Ek wil graag hierdie idee van die tafel aan die kruis koppel.

Ons kan beswaarlik wegkyk van die hoeveelheid ongeregtigheid en seer in hierdie wêreld as ons enige vorm van sosiale media bekyk. Dit voel met tye asof ons op ’n wipplank tussen eina en amen (a là Sheila Cussons) sit, en so word ons beroof van ons hoop. Meer nog: dit voel soms selfs asof ons nie meer stories van hoop kan vertel nie.

Ek wil jou uitnooi om weer na die kruis te kyk, na dit wat in en om en aan die kruis gebeur het. Mag die kruis-storie jou opnuut ’n mandaat gee om ’n draer van hoop te wees.

* * *
Fritz Kotzé is sedert Mei 2016 predikant in die NG Gemeente Fraserburg. Hierdie oud-Tukkie was voorheen betrokke in gemeentes in Warmbad, Centurion, Ermelo en Vereeniging. Kontak hom by friedrichk121@gmail.com.
Vriendelike groete
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp

Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.