Lees deur internet, klik hier >>
8 Februarie 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Gustav Claassen
1. Skrywe van NG Kerk Algemene Sinode - versoek aan gemeentes
In 'n onlangse brief aan gemeentes vra Gustav Claassen (NG Algemene Sekretaris) dat 10 Februarie ingeruim word as Biddag vir Jeug en Onderwys. Hy skryf o.a.: "'n Beroep word op gemeentes gedoen om op die dag uit te reik na opvoedkundige instansies en hulle personeel. Talle gemeentes het die gebruik om op 'n besondere wyse aandag te gee aan onderwysers en dosente in hulle gemeentes. Dit is 'n besondere geleentheid om die fokus op die belangrikheid van die onderwys te laat val." Klik hier om die volledige brief te lees.
Aanhaling
2. Hulpverlening via Diaconia 
Ons land word tans geteister deur etlike rampe en baie mense en diere ly erg as gevolg hiervan. Ons doen 'n beroep op gemeentes en individue om bydraes te maak tot die Sinode van Wes-Kaapland se Sinodale Ramphulpfonds via Diaconia.
Nelis Janse van Rensburg en die PSD van Diaconia, Nioma Venter, vertel op die video langsaan meer.

3. Duisende kinders lees hardop
1 Februarie is Wêrelddag vir Hardop Lees en Suid-Afrika poog reeds sedert 2013 daadwerklik om saam met soveel kinders as moontlik te lees.  Die doelwit vir 2019 was om 1,5 miljoen kinders regoor die land te bereik.  Diaconia het aan vanjaar se veldtog deelgeneem en kinders van Atlantis tot Villiersdorp in die opwinding laat deel.
Vanjaar se storie, Waar is jy?, deur Ann Walton is hardop deur 10 445 kinders gelees. Kontak Righardt le Roux, wat namens Diaconia en Nal'ibali leesgroepe in gemeentes en gemeenskappe help vestig en opleiding verskaf: nalibali@kaapkerk.co.za of skakel 021 957 7109 (soggens).
Yvonne Barnard van die NG Gemeente Villiersdorp was deel van die opwindende projek.
Vlag
4. Regverdige grondwet in Zimbabwe gesoek
Braam Hanekom en Llewellyn MacMaster (foto onder) het pas teruggekeer van Zimbabwe waar hulle met onder meer regsgeleerdes, organisasies sonder winsbejag soos Zimbabwe Lawyers for Human Rights en die Counselling Services Unit, akademici, oudparlementslede en kerklui (insluitend pastoor Evan Mawarire) gepraat het. Dit is duidelik dat Zimbabwe 'n verslegtende ekonomiese en politieke situasie in die gesig staar en alle aanduidings is daar dat die land de facto in die hande van 'n militêre regering is, wat gepaard gaan met menseregtevergrype. Klik hier vir die volledige verklaring, asook die skakel soos dit op Netwerk24 verskyn het.
Llewellyn McMaster, Evan Mawarire en Braam Hanekom 
Logo
5. Getuienisaksie - Arbeidsbediening
BIBLIA Houtbaai entoesiasties oor kinderontwikkeling
Sandra Leeuwner, geestelike werker van Biblia in Houtbaai, vertel hier meer oor wat hulle hierdie jaar vir die vissersgemeenskap ten opsigte van vroeëkindontwikkeling wil beteken. Sy vertel dat hulle nog steeds besig is met die 1 000 Dae-program waarmee hulle verlede jaar begin het. Hulle gebruik die Embrace-programinligting om aktiwiteite met mammas te doen, bv. deur rateltjies te skud as gehoorstimulasie.
Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.

6. Sportbediening help maak heel
Sport en Spel
is een van die vele bedieninge wat deur Getuienisaksie ondersteun word. 

Ben Marais, wat ook die nasionale direkteur van Ambassadors Football is, vertel hoe sport gebruik word om gebroke mense te help herstel deur middel van sokkerafrigters as pa-figure, dissipelmakers en lewens-afrigters op te lei.

Op hierdie manier word daar gehelp om transformasie in gemeenskappe te bring. Ben vertel meer hier

Geloofsbriewe
Dinsdag 12 Februarie is die laaste dag vir die instuur van Geloofsbriewe.
GEMEENTENUUS
1. Helderberg uitreik na Wupperthal
'n Spesiale  besoek aan Wupperthal het vir lede van die Helderberg gemeente die geleentheid gegee om broodnodige skenkings af te lewer, maar ook 'n les oor hulpverlening geleer. Gemeentelid Pia Nanny vertel van die besonderse behoeftes van hierdie dorpie, wat ontsettende skade tydens die onlangse brand gely het. "Dit was vir ons ’n groot voorreg om met die gemeenskap te gesels, hande vas te hou en vir hulle te bid.  Dit het dit meer persoonlik gemaak en dit was 'n kans om verhoudings te bou. Ons besoek het ook bevestig hoe belangrik dit is om seker te maak wat die spesifieke behoeftes van daardie gemeenskap is." Die foto is geneem tydens die besoek aan Wupperthal.
2. Word jou gesin geraak deur dood, egskeiding of enkelouerskap?
Dit is nie nodig om die pad alleen te loop nie. Vanaf Donderdag 14 Februarie bied die Harmonie projek 'n 13-week program in DivorceCare, DivorceCare4Kids, Single&Parenting en GriefShare aan. Hierdie is internasionaal erkende en interkerklike programme gegrond op Bybelse waardes om gesinne te help met veranderinge in die familiestruktuur. Die sessies is van 17:30 tot 20:00 by NG Helderberg, Firmountstraat 82, Somerset-Wes. Kontak Annette Botha by harmonyhelderberg@gmail.com vir meer inligting.
Logo
Wêreldbiddag
Byeenkoms by NG Heidekoppie vir die Wêreldbiddag vir Vroue - kontak die kerkkantoor by 021 981 2690 met navrae.
PREDIKANTENUUS
Koos en Marlet
Welkom aan Koos en Marlet van der Vyver by Laaiplek
Koos van der Vyver is op Sondag 3 Februarie as brugpredikant by die NG Gemeente Laaiplek bevestig. Koos was vantevore in diens van die sinode as PSD: Hospitaalpastoraat. Hy het sy bediening in Uitenhage-De Mist begin en was daarna by Rietfontein-Suid voordat hy by hospitaalpastoraat begin bedien het.  
Koos en sy vrou, Marlet, het twee kinders en 'n kleinseun.
Ons wens julle baie voorspoed en seën toe in julle nuwe gemeente!

GEBEDSVERSOEKE
Gebedsversoeke
Klik bo vir meer gebedsvoorstelle vir hierdie biddag soos van die Algemene Sinode ontvang.
ALGEMEEN
1. Invitation to Colloquium
You are invited to a colloquium with colleagues from the University of Gothenburg on Wednesday 13 February in Boardroom 2004 at the Faculty of Theology.  Professor Ola Sigurdson presents Humour, Emancipation and Reconciliation: A Critical Inquiry and Dr Martin Westerholm submits Generosity and love as justice on the road towards justice.  RSVP maritasnyman@sun.ac.za before 11 February 2019.
Professor Ola Sigurdson and Dr Martin Westerholm 
Klik bo om meer te lees oor die wyses waarop jy ondersteuning kan bied aan MES se programme.
3. Raakgelees
3.1 Eier breek wêreldrekord
’n Amerikaanse groep The Egg Gang het onlangs die mag van sosiale media gebruik om aandag te vestig op geestesgesondheid en terselfdertyd die rekords laat spat.  Op 4 Januarie het hulle ’n Instagram rekening oopgemaak onder world_record_egg met ’n foto van ’n doodgewone eier en die doelwit om die meeste Instagram volgelinge te kry.  52 miljoen klieks later het hulle die rekord gebreek en met ’n kort video die gevolge van sosiale media aangespreek en Mental Health America se hulplyn bemark. The South African Depression and Anxiety Group is die grootste ondersteuningsnetwerk vir geestesgesondheid in Afrika en kan via hulle webwerf of hulplyn by 0800 567 567 gekontak word.
Seuntjie
3.2 Hoe gemaak met kategese?
Na aanleiding van die onlangse NG Kerk-koppetelling is dit duidelik dat die kerk kleiner word en ouer. Daar is ’n afname in beide doop- en belydende lidmate. In 'n soeke na sinvolle reaksie op die tendense wat hierdeur uitgewys word, hou e-Kerkbode ’n meningspeiling waarin gevra word dat lesers hul mening gee oor wat om met die kinders te maak tydens die erediens. Hoe werk dit in julle gemeente en wat is jou gevoel hieroor? Neem gerus deel aan die peiling deur hier te klik.  
Met erkenning aan e-Kerkbode.
Lees ook hier Neels Jackson se artikel, “Nuwe koers vir NGK” wat op 3 Februarie in Rapport verskyn het.

NUUSBRIEWE
Missie Japan Nuusflits
Logo
2. URCSA Newsletter
"2019 is a special year for URCSA because we will be celebrating our Silver Jubilee – 25 years of being the Uniting Reformed Church in Southern Africa! It is also the year of General Elections, with all the excitement, challenges and frustrations that go with democratic elections. In the meantime, we remain part of the socio-economic and other challenges facing our country, our communities, and the world in general." This is part of the message given by URCSA Moderator, Dr Llewellyn MacMaster, in the latest URCSA newsletter. Click here to watch his video message as well as to read the newsletter.
PUBLIKASIES
CLF-boekbekendstelling
CLF nooi almal uit om 09:00 op 7 Maart by die NG Gemeente Stellenberg se Markplein die boekbekendstelling by te woon van die volgende twee boeke: Fletcher vra hoekom en Aangenaamsdal se geheim deur skrywers Ewald van Rensburg en Siegfried Louw. Hierdie boeke is ideaal vir mammas, grootouers, opvoeders; enigiemand wat met kinders te doen kry, en natuurlik vir die kleinspan! Bywoning is gratis, maar RSVP vir spysenierings-doeleindes teen 28 Februarie by berlise@clf.co.za. Klik hier vir 'n webwerfskakel na die uitnodiging.
Skrywers
EKOLOGIE
Koffie
1. Koppie koffie kwyt oor klimaatsverandering?
Die groeiende krisis rondom klimaatsverandering mag dalk eersdaags elke koffieliefhebber raak. ’n Studie gepubliseer in Science Advances berig dat wilde koffiespesies spesifiek hierdeur beïnvloed word.  Wilde koffie is noodsaaklik vir die volhoubaarheid van koffieproduksie wêreldwyd en daar word gereken dat soveel as 60% van die gewildste spesies reeds met uitwissing bedreig word. Vir meer, klik hier.
Warm aarde
2. Sweedse tiener se ekologiese boodskap.
Die 16-jarige Greta Thunberg van Swede het wêreldleiers laat regop sit met haar pront boodskap tydens die onlangse byeenkoms van die Wêreld Ekonomiese Forum in Davor, Switserland. “I don’t want your hope. I want you to panic…and act.”  Kyk na Greta se aangrypende pleidooi hier

3. Ons leer nuwe lewensgewoontes aan.
Kom ons gebruik die komende Lydenstyd om omgewingsvriendelike gewoontes aan te leer. Die vaskalenders wat die Anglikaanse Kerk vir 2018 en 2019 opgestel het, kan ons hiermee help. Lees meer hier.  
Met dank ontvang van Projekspan Ekologie.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Kerkbode vakatures
Logo
1.1 Badisa Maatskaplike Dienste, Koue Bokkeveld:
8/8 maatskaplike werker

Kandidate wat Badisa  se waardes onderskyf en oor die nodige vereistes beskik, kan aansoek doen vir hierdie pos. Voorsien 'n volledige CV en dokumente teen Vrydag 15 Februarie. Hier is meer inligting.

1.2 Huis Zonnekus, Milnerton: Bestuurder
Aansoeke van gemotiveerde persone met ’n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag.  Klik hier vir meer besonderhede en doen aansoek teen 15 Februarie.  
TEN LAASTE
VrydagNuus maak staat op die bydraes van ons gemeentes om dit elke week kleurvol, toepaslik en nuuswaardig te maak.  Help ons om die storie te vertel van hoe God deur die kerk in ons gemeenskappe werk.  Stuur vir ons foto's, stories en videogrepe van julle gemeentes in aksie na kommunikasie@kaapkerk.co.za
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.