Lees deur internet, klik hier >>
23 Oktober 2015
Beste Leser
"O my God, hoe is dit moontlik dat U in hierdie wêreld so groot is
en tog sien ons U nie raak nie; 
Ons vlug dikwels van U af weg, en sê dan dat ons U nie kan sien nie;
ons druk ons ore toe, en kla dat ons U nie kan hoor nie ... 
- Uit 'n gebed tydens Algemene Sinode-afsluiting.

NG Kerk-logo
SINODENUUS
1. NGK Algemene Sinode: Besluite
Vanuit die kantoor van die Algemene Sinode kry ons die nuus dat die besluite rakende selfdegeslagverhoudings nou ook in Engels op die NG Kerk se webwerf is.
Klik hier om dit te lees.

2. AS Leerstellige en Aktuele Sake
Hulp met Gesprekke oor Selfdegeslagverhoudings

Die dagbestuur van die Algemene Sinode Taakspan Leerstellige en Aktuele Sake (ATLAS) het in samewerking met die voorsitter van die AS-moderatuur 'n platform geskep waar begin is om hulpmiddels vir gemeentes te ontwikkel wat hulle kan ondersteun op die pad van gesprek oor selfdegeslagverhoudings. Klik gerus op http://atlas.bybelmedia.org.za/ vir gratis aflaaibare dokumente van allerlei aard oor die pad van die kerk met hierdie saak, asook al die amptelik besluite wat daaroor geneem is. Daar is ook 'n opsie waar belangstellendes kan inteken om op hoogte gehou te word van verdere produkte wat geplaas gaan word. 
ATLAS-webwerf grafies
Fakulteit Teologie US
2. Konferensie: Selfdegeslagverbintenisse
Die NG Wes-en-Suid-Kaapland Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele Sake, in samewerking met die NG Kerk se Dosenteraad (US), bied op Do 12 November van 10:00 tot 15:00 'n eendag-konferensie oor selfdegeslagverbintenisse in die Attie van Wijk Ouditorium by die Fakulteit Teologie aan. Koste: R100 per persoon.
Proff Louis Jonker, Jeremy Punt, Robert Vosloo, Johan van der Merwe en Geo Quinot, sowel as dr Coenie Burger tree as sprekers op. 
Belangstellendes kan hier meer lees en hier inskryf. Reageer asb voor of op Maandag 9 November.
3. Skrifverstaan:
Hoe leef ons binne God se verhaal?

Hoe lees en verstaan ons die Bybel aan die hand van hedendaagse vraagstukke, soos selfdegeslagverhoudings? NOUS het ’n reeks video’s vervaardig om te help met die verstaan van die Bybel se verhaal en ons as mense van 2015 se rol in hierdie verhaal.
Gielie Loubser, PSD: Gemeentebegeleiding, stel nou twee van dié video’s gratis beskikbaar om gemeentes te help met hierdie gesprekke. Meer video’s in hierdie reeks sal in die komende weke beskikbaar wees. Navrae oor die Act 5-reeks video’s kan gerig word aan Gielie Loubser by gielie@sun.ac.za. Klik hieronder ...
Hermeneutiese lyne in die Bybel
Vigsstrikkie
4. Armoede en Sorg Vigstaakgroep: Vigs en MIV? Waarom?
Die Vigstaakgroep glo God het ons in hierdie wêreld geplaas om met alles wat ons het, ook te reageer op die realiteite en uitdagings waarmee MIV ons konfronteer. Lees meer oor die vraag hoekom ons nog steeds op MIV en Vigs behoort te fokus. Die gesamentlike vigsverklaring (tweetalig) is hier beskikbaar vir gebruik.
5. re#imagine Noordhoek Matriekfees!
Aan die einde van elke jaar kom matrieks van regoor die land bymekaar vir ‘n week van son en see, kuier, ontspan, vriende maak en sommer net “chill” naby die natuur en naby God. Moenie hierdie ongelooflike ervaring misloop nie! Die Noordhoek Matriekfees word van 29 Nov tot 6 Des aangebied in samewerking met #imagine se nasionale bestuur en die Jeugkantoor van Communitas.
Die koste vir die kamp is R 980, wat alles behalwe vervoer insluit. Kry die inskrywingsvorm  hier  en e-pos Faan Engelbrect by faani.engelbrecht@gmail.com of skakel hom by 083 856 1951.
Sam en Amanda Dandala
Sam, Amanda en Kungawo Dandala
6. Getuienisaksie
Entoesiasme en Evangelisasie!

Entoesiasme en ‘n warm hart vir evangelisasie is van onskatbare ware in ons kerkleierskap.
VGK Decoligny het dit raakgesien in die persoon van Sam Dandala, ouderling en ook lid van hul manne- en jeugbestuur. Die gemeente, asook ander borge,  ondersteun nou sy teologiese opleiding aan UNISA. Lees verder.
Wittenberg deur
7. Hervormingsondag 25 Oktober 2015
Hervormingsondag (altyd die laaste Sondag in Oktober) word vanjaar op Sondag 25 Oktober gedenk. 
Die identiteit van ons Gereformeerde Christelike geloof is gefundeer deur dapper geloofshelde soos Martin Luther, wat, soos vele ander, voortdurend op soek was na die Waarheid. Op 31 Oktober 1517 gaan spyker Luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg (foto hiernaas) vas. Alhoewel die oorsake en voorlopers van die Protestantse Beweging (Hervorming) ver in die verlede terugstrek, word hierdie datum as die begin van dié nuwe groepering van die Christelike geloof in Europa beskou. Lees hier meer.
NG Parow-Noord
ALGEMEEN
1. Ring van Tygerberg: Skrifverstaan

Van George Rauch, ringsvoorsitter, ontvang ons nuus oor 'n oop gesprek oor Skrifverstaan aan die hand van die onlangse besluite van die NG Algemene Sinode.
Dr Marius Nel, senior lektor: Nuwe Testament aan die Fakulteit Teologie, US, en leraar verbonde aan Oostersee, gaan die gesprek op Wo 4 November om 19:00 by die NG Gemeente Parow-Noord (Thealstr 71) lei.
Almal, lidmate, kerkraadslede en ander belangstellendes, is welkom. Reageer teen Ma 2 November na Parow-Noord se kerkkantoor: ngkparownoord@telkomsa.net of 021 939 2395 ter wille van logistieke reëlings.
Karel August
2. Simposium vier Karel August!
Belangstellendes word vriendelik genooi na 'n simposium ter viering van die nalatenskap van prof Karel Th. August as kerk-, gemeenskaps- en akademiese leier, aangebied deur die Dissiplinegroep Praktiese Teologie en Missiologie, Fakulteit Teologie, US.
Dit vind plaas op Di 3 November van 09:00 – 12:30 in die Attie van Wijk Ouditorium Fakulteit Teologie (Dorpstraat 171). Reageer voor 30 Oktober na hvdwest@sun.ac.za of 021 808 9560 en kry die program hier.
3. Die Russel Botman Gedenklesing
Belangstellendes sal bly wees om te hoor dat prof Dirkie Smit se lesing tydens die eerste Russel Botman Gedenklesing op 19 Oktober 2015 nou beskikbaar is. Klik hier. Kry terselfdertyd die respons van prof Mary Anne Plaatjies van Huffel hier. (Prof Nico Koopman is weens onvoorsiene omstandighede verhinder om sy respons te lewer).
Foto's onderaan met erkenning aan Hennie Rudman.

Prof Dirkie Smit
Prof Dirkie Smit
Dr Beryl Botman
Dr Beryl Botman
Nkhoma Hospitaal
4. Nkhoma Hospitaal vier Eeufees!
Die Nkhoma Hospitaal in Malawi, wat in 1915 met net ’n paar hutte begin is, is vandag ’n algemene 220 bed-distrikshospitaal en vier op 31 Oktober hul Eeufees.
Onder die toegewyde leiding van die mediese direkteur, dr Reynier Ter Haar, is daar al merkwaardige vordering ten opsigte van malariabestryding en die voorkoming van moeder- en kindersterftes gemaak. Die welbekende katarak-chirurgie verdien beslis ook vermelding. Maar waar het dit alles begin? Lees gerus hier. Belangstellendes kan ook kyk na 'n kort video waarin dr Reynier Ter Haar meer vertel.
Dr Reynier Ter Haar vertel oor Nkhoma Hospitaal
5. Jaarboek vir 2016: Hier is Bestelvorm
Gemeentes en ander belangstellendes kan nou reeds begin om bestellings vir Jaarboek 2016, wat gedurende Januarie 2016 sal verskyn, by Bybel-Media te plaas.
Klik hier vir die bestelvorm.
BELANGRIK! Geen bestellings word via die Wes-en-Suid-Kaapland sinodale kantore hanteer nie, gemeentes is self verantwoordelik om die nodige bestelling by Bybel-Media te plaas. Volledige inligting rakende koste, betaalwyse en meer word op die bestelvorm aangedui.
6. Argief ontvang Katolieke se Parlementere Kantoor
Die NG Kerk Argief was baie bevoorreg om op 14 Oktober besoek te ontvang van die elf personeellede van die CPLO (Catholic Parliamentary Liaison Office). Hulle het die Argief op uitnodiging van dr Ben du Toit besoek. Lees gerus aangeheg meer oor die besondere band tussen die NG Kerk en die CPLO.
CPLO besoek Argief
Personeel van die CPLO en die Argief kuier saam. Agter in die middel is dr Ben du Toit en Father Peter-John Pearson van die Katolieke Parlementêre Kantoor.
NG Kerk Karatara-saalkompleks
7. Karatara: Nuwe Kantoorure
Hendrien Fourie skryf: "Die kantoorure van die NG Gemeente Karatara het soos volg verander: Ma, Wo en Do vanaf 13:00 tot 16:00 en Vrydae 09:00 tot 12:00."
Die kerkkantoor van Karatara is deel van die saalkompleks in Sedgefield, soos in die foto hiernaas.
Ijsvogeltjie
8. Raakgelees: Christus hou self sy Kerk in stand ...
Kort na afloop van die onlangse Algemene Sinode, skryf gewaardeerde kollega Mossie Mostert (PSD in die Noord-Kaapland) oor die "ijsvogel" en die rol van hierdie mooie voëltjie in legendes en selfs in die geskiedenis van die Nederlandse koninklikes. 
Te midde van oënskynlike stormwaters waarin die kerk tans vaar, eggo Mossie prins Willem van Oranje en koningin Wilhelmina se treffende leuse: "Rustig te midde van woedende golwe". Want: Christus hou self sy Kerk in stand. Belangstellendes kan gerus Mossie se bydrae hier lees. 
GEMEENTENUUS
1. Richmond: Kulture en Denominasies Saam onder Een Dak
Richmond het een NG Kerk, die VGK kerk en talle (sowat 40) onafhanklike kerkies in die bruin en swart gemeenskap. Die vreugde is dat mense van ander demoninasies wat nie  kerke of gemeentes op die dorp het nie,  hulle tuis voel in die NG Kerk en dienste van die gemeente getrou bywoon.  Hieronder tel drie Malawiërs, 'n VGK-meisie, 'n Engelsprekende Anglikaanse dame, twee Rooms-Katolieke dames, 'n Metodis en verskeie AGS-lidmate. Die dienste word gedeeltelik in Engels aangebied om vir almal voorsiening te maak.
Hierdie Vrydag en Saterdag hou die gemeente Dankofferfees, wat saamval met die boekefees op die dorp. Almal welkom in die mooie Richmond! 
Richmond-kerkgangers
Richmond se kerkgangers saam met die leraarspaar en ouderlinge.
Nadia Marais
Robert Vosloo
2. NG Stellenbosch-Welgelegen: Bybelnagte
By Welgelegen se Bybelnagte (Wo 28 Okt vanaf 18:00) is die tema vanjaar: “Kairoi deur die eeue – historiese oomblikke van beslissing”.
Vier sprekers bied elk ‘n inleiding oor ‘n kairos op ‘n sekere gebied waarna ‘n paneelbespreking plaasvind. Louis Jonker (Ou Testament) praat oor ‘n kairos in Bybeltye (die ballingskap en daarna); Julie Claassens (Ou Testament) praat oor ‘n kairos vir menswaardigheid; Robert Vosloo (Sistematiese Teologie en Ekklesiologie) praat oor ‘n kairos vir die kerk; en Nadia Marais (Sistematiese Teologie en Ekklesiologie) praat oor ‘n kairos vir die omgewing. Hier is meer inligting.
Elna Mouton
3. Stellenbosch Studiegroep
Elna Mouton - Heidelbergse Kategismus oor Gebed

Op Dinsdag 27 Oktober is prof Elna Mouton (US Nuwe Testament) die spreker by die Stellenbosch Studie- en Besprekingsgroep. Sy gesels oor "Die Heidelbergse Kategismus oor gebed: Relevansie van 'n 16de eeuse belydenis vir 21ste eeuse gesinne?
Die byeenkoms begin om 17:00 in die Kerksentrum, NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal. Lees hier. 
NG Moedergemeente Bellville
4. Vir Bellville Moedergemeente oudlidmate
Herman Burger skryf: "Graag nooi ons alle oudlidmate van Bellville Moedergemeente uit na 'n spesiale erediens op So 8 November om 09:00. Bellville Moedergemeente het afgestig van Durbanville gemeente en so is baie van Bellville se lidmate gedoop, gekatkiseer en getroud in die Moedergemeente.
Wil u nie dalk weer 'n slag saam met ons kom aanbid nie en die Here loof in die ruimte waar u geloofsreis begin het? Kontak ons met u adres by 021 948 3550 of ngbelmdr@absamail.co.za. Almal welkom!
NUUSBRIEWE
1. Bybel-Media Nuusbrief
Ná al die opwinding van die Algemene Sinode, fokus ons by BM op die nuutste Jeugfokus-publikasies, die jongste Kerkbode en die November-uitgawe van LiG, laat weet Hans Steyn. Lees hier verder ... en klik op die grafika hieronder vir meer!
1.1 In die November-uitgawe van LiG ...
In die November-LiG vertel Jo da Silva hoe die afgelope jaar se swaarkry haar laat besef het wat haar waarde is. Ons kuier by Orkney snork nie se mense, en vind uit wat hulle deesdae doen. 
LiG vertel ook die inspirerende verhaal van ‘n boervrou wat ander bemagtig. Ons ontdek hoe om God te aanbid in jou alledaagse lewe. En hieroor moet julle praat voordat julle trou. 
Lees ook:
• Daardie tantrum in die winkel – oorleef die spektakel só
• As jou kind nie meer wil kerk toe gaan nie ...
• Jou kind se internet-vriende – is hulle dalk vyande?

1.2 Lees in die Kerkbode van 23 Oktober ...

 ... uitvoerige dekking oor die Algemene Sinode.
Lees onder meer:
die volledige besluite oor selfdegeslagverhoudinge, die pastorale brief van die moderator en assessor, en van die reaksies uit die kerk gedurende die eerste week na die sinode. 
Daar is ‘n onderhoud met ds Nelis Janse van Rensburg, die nuwe moderator, wat sy diep verbintenis tot die evangelie illustreer. 
Lees ook twee menslike verhale uit die sinode, 'n sleutelpreek wat tydens die sinode gelewer is en kyk na die fotobeeld van die sinode se bedrywighede.


Konferensie
2. L'Chaim Nuusbrief
Simcha Bediening aan Jode

Die tiende internasionale konferensie van die Lausanne Consultation on Jewish Evangelism (LCJE), met die tema "From Jerusalem and Back, An Unchanging Gospel", het van 16-21 Augustus in Jerusalem plaasgevind.
Cecilia Burger het  by die konferensie 'n lesing gegee oor die uitreiking na Jode in Suid-Afrika. In die L'Chaim nuusbrief van Oktober gee Cecilia onder meer haar indrukke van die konferensie. Lees hier.
PUBLIKASIES
1. Bybel-Media: Nuwe vrystelling - Woord en Fees
Woord en Fees (voorheen Preekstudies met liturgiese voorstelle) – Advent 2015 tot Koninkrykstyd 2016 – is 'n hulpmiddel vir die voorbereiding van eredienste en die ontwikkeling van preke.
Dit volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die teksrooster "Revised Common Lectionary, Jaar C".
Woord en Fees kan saam met Leesrooster vir lidmate (voorheen Woord en lewe), gebruik word en is geskryf deur VGKSA en NGK-lede van 'n navorsingsgroep van Communitas.
'n Omvattende hulpmiddel met 56 liturgieë en preekstudies - klik hier.

2. Bybel-Media Jeugfokus-publikasies
Leef soos Jesus
Leef soos Jesus
Leef soos Jesus Aanbiedersgids CD
Aanbiedersgids
Op reis met God
Op reis met God
Op reis met God Leiersgids CD
Leiersgids
3. NG Vrouebediening: Interaksie
Die kwartaallikste skakelbrief van die Vrouebediening in die Wes-en-Suid-Kaapland is nou beskikbaar.
Ankia du Plooÿ (voorsitter) skryf onder meer oor die verskillende gestaltes van begeleiding en ondersteuning van vrouebedieninge in gemeentes. Besoek gerus hulle Facebook vir meer inligting en teken in om Interaksie vier maal per jaar te ontvang - stuur 'n e-pos aan vroue@sun.ac.za.

KUIER-KANS
Klik gerus op die advertensie pamflette om 'n groter weergawe oop te maak. 
Grootseun2
1. NG Bellville-Riebeeck verwelkom Grootseun 2!
Die NG Gemeente Bellville-Riebeeck (Noordstr 2, Chrismar) bied op Vrydag 13 November die baie gewilde "Grootseun 2-produksie" aan, gevolg deur kaas en wyn met agtergrondmusiek deur “The humble B on keys”.
Kaartjes is teen R100 beskikbaar by die kerkkantoor of 021 919 1501.
Al die fondse gaan vir hulle uitreikprojekte.
Alta du Toit Nasorg Skaapkop en Afval
Alta du Toit Nasorg
Skaapkop en Afval
Alta du Toit Klassieke Kerskonsert
Alta du Toit Nasorg
Klassieke Kerskonsert
Rouchelle Liedemann
4. Parow-Panorama ontvang Rouchelle Liedemann
'n Heerlike funksie saam met Rouchelle Liedemann word op Vrydag 30 Oktober om 19:00 by NG Parow-Panorama, Rembrandtsingel 14, Panorama aangebied. Die kaartjies is R150 pp en sluit ‘n tradisionele ete en poeding in. Kaartjies van diegene wat nie kan bly vir die ete na die vertoning, kos R80 pp. Kaartjies weeksdae 09:00-12:00 by die kerkkantoor, tel 021 930 3100.
NG Karatara Basaar
NG Gemeente Karatara
Basaar
NG La Rochelle Gemeentefees
NG Gemeente La Rochelle, Bellville Gemeentefees
Kontreimark George
7. George hou weer Kontrei Kermis!
Moedergemeente George hou op Saterdag 31 Oktober weer hul Kontrei Kermis (KKMG= Kontrei Kermis Moeder Gemeente) en nooi almal hartlik uit na dié fees! Heerlike sosaties van Calitzdorp, plaasvars vleis teen billike pryse, speletjies vir die kinders, vars groente, blomme, aarbeie … te veel om op te noem. Gaan kyk self en kuier saam. Vrydagaand “vang hulle gees” met ‘n steakbraai en kaartjies teen R90 pp is by die kerkkantoor te koop. Tel 044 874 2036.
NG Bellville Basaar
NG Moedergemeente Bellville
Basaar
NG La Belle Lof en Dankfees
NG Gemeente La Belle
Lof en Dankfees
10. Helderberg se Klassieke Klanke
Gaan luister gerus saam na Klassieke Klanke op So 25 Oktober om 15:00 by die NG Gemeente Helderberg (Firmountweg 82, Somerset-Wes). Daarna kuier hulle heerlik rondom verversings wat te koop aangebied word. Die konsert word aangebied deur talentvolle lidmate van die gemeente en die program sluit werke in deur ‘n ensemble bestaande uit verskeie violiste, tjelliste, kitaarspelers, sololiste en natuurlik die kantory. Donasies ten bate van hulle orrelfonds. Navrae: kerkkantoor 021 851 5582.
11. Houtbaai Gemeente: Amazing Race en Spitbraai
Houtbaai (ons sinode se jongste gemeente) se Amazing Race op 31 Oktober begin om 13:00 (registrasie vanaf 11:00) by Oxfordstr 30, Houtbaai. Skryf 'n span van 4 persone teen R1000 per span in. Julle ontvang 18 raaisels wat die span na 18 opwindende plekke in Houtbaai sal neem en dié reis moet binne drie ure voltooi word. 'n Gesellige spitbraai en grootskerm rugby is deel van die pret! Klik hier om meer te lees.
Houtbaai Amazing Race Houtbaai Spitbraai
NG Parow-Panorama
VAKATURES
1. NG Parow-Panorama: Jeugwerker

Die NG Gemeente Parow-Panorama nooi enige paslik gekwalifiseerde, Geesvervulde persoon met 'n passie vir jeugwerk om aansoek te doen vir die pos van Jeugwerker.
Meer oor die take en vaardighede is hier beskikbaar. Reageer voor 6 November 2015.
Badisa-logo
2. Badisa Bellville: Maatskaplike Werker (VKO)
Badisa, 'n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en VGKSA (Kaapland), beskik tans oor 'n vakature as maatskaplike werker (VKO) in Bellville vir entoesiastiese persone met 'n deeglike kennis van voorskoolse versorging (0-5 jaar).  Lees hier verder. Reageer voor 5 Nov.
Fanie Snyman
TEN LAASTE ...

Uit die Pen van
... Fanie Snyman

TWEE STELLINGS OOR DIE BYBEL VIR HERVORMINGSONDAG

Hierdie naweek dink ons na oor die Hervorming 498 jaar gelede. 'n Deel van die erfenis van die Hervorming is dat die Bybel die oriëntasiepunt van die kerk geword het. So is dit ook met die NG Kerk. Die gesprek oor homoseksualiteit word eintlik gevoer oor ons verstaan van die Bybel en tekste in die Bybel.

Twee stellings help ons om met die Bybel as punt van oriëntasie te werk: 
1. Die Bybel is 'n ou boek (wat lank terug geskryf is) in 'n nuwe wêreld (met vraagstukke eie aan ons tyd). 
2. Die Bybel is 'n nuwe boek (die evangelie van God se genade!) in 'n ou wêreld (wat telkens misluk om probleme regtig op te los). 

Prof Fanie Snyman is sedert 1984 verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat se Fakulteit Teologie. Hy is sedert 1 Julie 2013 dekaan van die Fakulteit Teologie, eers waarnemend en toe permanent vanaf 1 Julie 2014. Hy is ook departementshoof Ou Testament - én is 'n gewaardeerde leser van VrydagNuus!
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.