Lees deur internet, klik hier >>
25 September 2015
Beste Leser
"Steek jou hande uit na Hom, Hy wat nooit misvat of laat los nie,
wat gewandel het op die golwe, wat op die wolke kom ..."
- Lina Spies: uit Eerste Treë, Oorstaanson (1982)

SINODENUUS
1. Ons groet Ben du Toit
Ben du Toit (PSD: Teologiese Navorsing) emeriteer aan die einde van September 2015. Ben was onder meer sedert 2000 Direkteur Kommunikasie van Wes-en-Suid-Kaap Sinode, verantwoordelik vir die Algemene Sinode se Leerstellige Sake en Parlementêre Lessenaar, en was ook die Algemene Sinode se Redakteur Elektroniese Kommunikasie. Belangstellendes kan hier lees hoe kollegas oor hom skryf:
* Deon Bruwer (PSD: Armoede en Sorg)
* Kobus Gerber (NGK Algemene Sekretaris)
* Daniël Veldsman (Hoof: Dogmatiek en Etiek, UP Fakulteit Teologie)
Ben, ons wens jou en Elna vreugdevolle nuwe paaie - en opsies - toe ...
Ben en Elna du Toit
Ben en Elna du Toit
1.1 Oor Ben gepraat ....
Mariëtte Odendaal het 'n paar van Ben se kollegas en vriende gevra wat hulle van hom waardeer en wat hulle hom vir sy aftrede toewens ...
Klik op die video onder om te luister na Heerden van Niekerk, voorsitter van NG Alg Sinode Leerstellige en Aktuele Sake en predikant in Welgemoed, se waarnemings oor Ben.
As ekstra bonus kan diegene wat belangstel, op die foto's van Tiana, Nadia en Kobus klik om te hoor wat hulle oor Ben sê.
Heerden van Niekerk gesels oor Ben ...
Tiana Bosman
Tiana Bosman
NG Pinelands
Nadia Marais
Nadia Marais
Teologie US
Kobus Odendaal
Kobus Odendaal
PSD: Getuienis
2. Getuienisaksie
Jongste Getuie/Witness het selfs Meer!
Die jongste Getuie/Witness, nuusbrief van Getuienisaksie, kan hier gelees word.
Wat hierdie uitgawe so spesiaal maak, is dat dit ook getuienisstories van die ander diensgroepe en kernbedieninge van ons NG Kerkfamilie insluit en dus nou vier bladsye meer leesstof bied.
3. Kerke teen Korrupsie
Dr Kobus Gerber (Alg Sekretaris, NGK) skryf: "Die NG Kerk het die afgelope paar jaar telkens haar stem in talle forums en gesprekke teen korrupsie laat hoor. Ons was ook betrokke by daadwerklike aksies en veldtogte. Dit is teen hierdie agtergrond dat die beplande optogte van 30 September 2015 in Kaapstad en Pretoria gesteun word en leraars en gemeentes opgeroep word om betrokke te wees en deel te neem – veral die wat in en naby Kaapstad en Pretoria is.
Sien gerus die inligtingstuk oor die optogte, asook ‘n verklaring van kerkleiers wat die saak steun. Dit sal wonderlik wees indien gemeentes die inligtingspamflet kan dupliseer. Baie dankie by voorbaat vir aandag hieraan: ‘n wonderlike geleentheid wat ons het om saam met ander kerke en die burgerlike gemeenskap ons stemme te laat hoor."
4. Algemene Sinode 
4.1 Aanvullende Agenda

Die Aanvullende Agenda van die komende Algemene Sinode is nou ook op die webwerf van die NG Kerk Algemene Sinode beskikbaar vir belangstellendes. Kry dit hier. Afgevaardigdes het reeds per e-pos hiervan kennis ontvang - hulle gedrukte kopieë word tans versend.
Sosiale Media
4.2 Volg die Algemene Sinode só
Mense wat gebeure by die komende Algemene Sinode wil volg, sal ʼn verskeidenheid kanale hê waardeur hulle die nuus kan kry. Dit sluit Twitter, Facebook, die Sinodebode-webwerf en daaglikse nuusbrief in. Lees hier meer ...
Onthou: Teken HIER in om Sinodebode direk te ontvang. Jy wil dit nie mis nie!
Hou gerus ook Wes-en-Suid-Kaap se Twitter en Facebook vir nuus en inligting dop.
5. Badisa fokus op Ouer Persone: 60 Plus Tel!
Op 1 Oktober 2015 word die 25ste herdenking van Internasionale Dag vir Ouer Persone wêreldwyd gevier. Die tema hierdie jaar is 60 Plus Tel.
Badisa, ’n nasionale maatskaplike diensorganisasie, lewer met behulp van maatskaplike werkers omvattende dienste aan ouer persone. Dit geskied binne die konteks van 'n verouderende gemeenskap. Sien onder en lees gerus hier meer
Badisa en Ouer Persone
Kakamas Gedenkboek
6. NG Kerk Argief: Gedenkboeke
Die Argief beskik oor 1 507 gedenkboeke van gemeentes en ander kerklike instansies, baie populêre bronne vir navorsers.
Die Argief nooi weer gemeentes en alle ander kerklike instansies wat gedenkboeke uitgee, om asb ’n kopie hiervan aan hulle te skenk. As u dalk in die verlede een uitgegee het en nie seker is of die Argief dit het nie, kontak hulle  asb, sodat hulle hulle versameling so volledig as moontlik kan maak. 'n Kopie van die NG Gemeente Kakamas se gedenkboek (foto) vir hulle 100-jarige viering (1911 tot 2011), is wel vir die Argief geskenk – baie dankie daarvoor. Kontak Marlene by 021 882 9923 of marlene@kaapkerk.co.za en besoek ook www.kerkargief.co.za.
ALGEMEEN
1. KiX Kleuterskool vier Drie Jaar!

Die KIX-kleuterskool op Malingunde in Malawi is op 17 September 2012 amptelik geopen en het onlangs hulle derde sertifikaatseremonie gevier. Dit was 'n spoggerige geleentheid waar die "seniors", pragtig in hulle blou togatjies en hooftooisels, hulle sertifikate ontvang het. 
Die 75 kleuters ontvang 'n Christelik-gefundeerde opleiding - iets waarin hulle gerus ondersteun kan word. Belangstellendes kan hier klik om te lees wat Mariëtte Odendaal, wat onlangs saam met Getuienisaksie daar op besoek was, skryf. Kontak AnnaMarie de Klerk by annamdeklerk@gmail.com vir meer.
2. VBO: Opleiding in Traumaberading
Van Louis Hough ontvang ons inligting oor die volgende VBO-geakkrediteerde opleidingsgeleentheid waarby hy betrokke is. Dit is 'n vierdag werkswinkel, wat van 5-8 Oktober in die Strand aangebied word. Leraars, jeugwerkers, maatskaplike werkers en beraders is almal welkom. Klik hier vir meer. 
Braam Hanekom
3. Raakgelees ... Oor Leierskap
"In ’n tyd waarin mense al hoe meer skepties raak oor posisionele mag, gaan al hoe meer stemme op wat sê dat leierskap eintlik maar net oor drie woorde gaan, naamlik: verhoudinge, diens en beïnvloeding. Die Bybel praat ook dikwels oor leierskap en vertel verhale van leierskap wat fassineer. Daar was bv Jesus Christus, Dawid, Salomo, Nehemia en natuurlik Moses. In Num 13:3 lees ons 'n merkwaardige teks. Daar staan: 'Moses was 'n uiters sagmoedige man, meer as enigiemand anders op die aarde.' Hoe verklaar 'n mens dit?" As jy meer wil lees wat Braam Hanekom hieroor skryf, kry Die Burger van 23 September se artikel hier.
Theunis en Elize de Bruin
PREDIKANTENUUS
1. NG Gemeente Kamieskroon
Welkom, Theunis en Elize de Bruin!

Op 27 September om 09:30 word ds Theunis de Bruin in die NG Gemeente Kamieskroon bevestig.
Theunis en sy vrou, Elize, is albei boorlinge van die ou Wes-Transvaal. Theunis was vir 28 jaar predikant in die NG Gemeente Meiringspark in Klerksdorp. Seënwense: mag die nuwe verbintenis vir almal betrokke baie positief en sinvol wees!
Jan de Bruin
2. Jan de Bruin bring hoop aan noodlydendes
Ons berig graag oor Jan de Bruin, wat sedert 2010 deel is van Medair, 'n internasionale noodlenings-organisasie wat in agt oorloggeteisterde lande werk. Hy is betrokke by die ondersteuningsarm, waar hy sy rol as operasionele en logistieke bestuurder saam met 50 ander internasionale en plaaslike werkers vervul.  Belangstellendes kan hier verder lees. (Dankie, Johann Theron, NG Gemeente Kraaifontein-Noord).
Twitter Facebook
GEMEENTENUUS
1. Groote Kerk: Feesgeleenthede
Van die Groote Kerk (Kaapstad) ontvang ons inligting oor feesgeleenthede wat vir die res van vanjaar beplan word. Enkeles hiervan:
18 Oktober om 15:00  in die Groote Kerk:  Widor Mis vir dubbelkoor. Die Filharmoniese koor van Kaapstad saam met die Kaapstadse Mannekoor. Dirigent: Richard Haigh. Kaartjies by die deure sowel as Computicket.
24 Oktober om 09:00 Kermis by Kloofstraat 55. Kom smul aan pannekoek, brekfisrolle, potjiekos en vele meer! Alle fondse ingesamel sal aangewend word vir die uitreik na Ysterplaat.
25 Oktober om 10:00 in die Groote Kerk:  Prof Nico Koopman.  Nagmaalsdiens.
Wentzel van Huyssteen
2. Studiegroep luister na Wentzel van Huyssteen
Op Dinsdag 29 September ontvang die Stellenbosch Studie- en Besprekingsgroep om 17:00 vir prof Wentzel van Huyssteen, emeritus professor aan die Princeton Theological Seminary. Hy gesels oor Nuwe perspektiewe op Charles Darwin: 'n Holistiese Teologiese blik. 
Die geleentheid vind plaas in die Kerksentrum, NG Gemeente Stellenbosch-Sentraal, op die hoek van Unielaan en Martinsonstraat, Uniepark. Klik hier.

EKOLOGIE
Kerke op Kleinmond ruim Rommel op
Saterdag 19 September was Internasionale Kusskoonmaakdag. Die VGKSA, NGK en Anglikaanse Kerk op Kleinmond het saamgespan hierin. Vrydagaand is die jeug ingelig oor biodiversiteit en Sondag se erediens het 'n eko-fokus gehad. Daarna het die jeug en 'n aantal volwassenes gaan rommel opruim langs die kus. Lees gerus hier wat Carl Swart (voorheen PSD: Armoede en Sorg) skryf.
Kleinmond se kerke ruim rommel op
Enkele lede van die ywerige Kleinmond-span wat rommel opgeruim het.
PUBLIKASIES
Feesboek: Groote Kerk
André Olivier, oud-leraar van die Groote Kerk, is tans hard aan die werk om die geskiedenis van die Groote Kerk vir die afgelope 50 jaar op te teken as Feesboek ter viering van Groote Kerk 350.
Almal word hartlik uitgenooi om enige inligting (beeldmateriaal, staaltjies, eie ervarings) wat nie algemeen bekend is nie oor die gemeente, enige belangrike inligting van watter aard ookal wat ‘n boek oor die verhaal van die Groote Kerk kan verryk, asb voor 15 Oktober aan Riaan de Villiers by riaandev@gmail.com te stuur. Jy kan ook direk met André skakel by arolivier@iway.na of tel 0026463272439.
KUIER-KANS
Klik gerus op die volgende advertensies om 'n groter weergawe oop te maak. 
NG Graafwater Damesoggend NG Caledon-Wes Overberg Outing
NG Sonstraal Piet Smit Alta du Toit Nasorg Kerskonsert
NG Kraaifontein Gesinsfees NG Vasco Basaar
Getuienisaksie-logo
VAKATURES
1. Getuienisaksie: PSD Getuienis deur Gemeentes en Verbandsbedieninge
Die Kommissie vir Getuienisaksie van die NG Kerk-familie in die Kaapstreek is ’n verenigde diensgroep van die NGK Wes-en-Suid-Kaap, die VGKSA Kaapland en die Reformed Church in Africa (RCA). Getuienisaksie maak hiermee die vakature vir ’n PSD: Taakspan: Getuienis deur Gemeentes bekend en nooi predikante wat aan bepaalde vereistes voldoen en daartoe geroepe voel om hulle vir hierdie pos beskikbaar te stel, om aansoek te doen. Reageer voor 30 Oktober - die volledige advertensie is hier. 
2. NG Moorreesburg: Voltydse Medeleraar
Moorreesburg, 100km noord van Kaapstad en met 1446 belydende en 336 dooplidmate, maak die vakature van 'n voltydse medeleraar bekend. Meer oor die leraarsprofiel en fokusareas is aangeheg beskikbaar. Aansoeke sluit om middernag op 26 Oktober en diensaanvaarding is op 1 April 2016.
3. NG Gemeente Durbanville-Bergsig: Leraar Seniorbediening
Durbanville-Bergsig is ’n makrogemeente in die noordelike voorstede van Kaapstad. Daar is 400 senior lidmaatbesoekpunte binne die gemeente, wat versprei is tussen vyf aftree-oorde en 80 privaatwonings.
Belangstellendes in hierdie deeltydse vastetermynaanstelling kan aangeheg meer lees. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Oktober.
4. NG Op-die-Berg: Medeleraar - Spesiale Opdrag
NG Op-die-Berg is in die Koue Bokkeveld, tussen Ceres en Citrusdal, geleë. Die gemeente het 'n voltydse leraar in diens. In die area is daar baie Xhosa- en/of Sotho-sprekendes wat op die plase werksaam is.
Die Nyukintaba Bybelskool is 'n interkerklike bediening wat deur middel van toerustingsgeleenthede die werkers beter probeer toerus in die verstaan en uitleef van hulle Godservaringe. Hier is 'n vakature vir 'n voltydse leraar. Sluitingsdatum: 12 Oktober. Lees hier verder ...
Ruyterwacht Senoir Sentrum-logo
5. Ruyterwacht Senior Sentrum
Vervoerkoördineerders

Ruyterwacht Senior Sentrum, 'n program van Badisa, benodig tans twee vervoerkoördineerders om by hulle span aan te sluit.  Die vereistes en verantwoordelikhede word in die advertensie uiteengesit - lees hier meer.
Ben du Toit
TEN LAASTE ...

Uit die Pen van
... Ben du Toit
There is no limit to what you can achieve, if you don’t mind who gets the credit for it! Ek salueer graag elke dominee wat met groot toewyding – jaar na jaar, week na week, dag na dag – mense begelei om die spore van God in hulle lewens te ontdek. Dikwels gebeur dit te midde van die ontbering daarvan in hulle eie lewens. Hulle wat teen Vrydagmiddag, as feitlik almal om hulle afskakel en ontspan, altyd iets van hulleself moet terughou, met die wete van Sondagoggend wat kom.
En dan, vir almal, op 'n meer persoonlike vlak, onthou: Men are only as great as they are kind.  En Leonard Cohen: Love is not a victory march, it’s (sometimes) a cold and broken Hallelujah.

Kontak Ben  by bendutoit@kaapkerk.co.za.
Zikomo kwambiri, Ben.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.