Subscribe to our email list
 22 April 2016

Beste Leser
"Here, my God, U het baie wonderlike dinge gedoen; U dink altyd aan ons;
daar is niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat,
maar dit is te veel om op te noem." (Ps 40:6)

SINODENUUS
1. Getuienisaksie: Getuie/Witness

Die jongste Getuie/Witness, nuusbrief van Getuienisaksie, is nou elektronies beskikbaar: klik hier. Daarin word getuienisstories, nie net van die Getuienisaksie Diensgroep nie, maar ook van die ander diensgroepe van ons NG Kerk-familie, vertel. Die harde kopie sal binnekort by jul kerkkantoor beskikbaar wees. 
Hierdie publikasie maak 'n mens terselfdertyd trots en dankbaar om deel van die NG Kerk-familie se volgehoue getuienis van 'n genadige God te wees. As jy één berig uit hierdie nuusbrief kies om te lees, laat dit hierdie nuusbrief wees. Dit sal jou inspireer. Vertel ander hiervan, vra by jou kerkkantoor vir die jongste uitgawe: GETUIG saam.
Getuie Witness
2. Kommunikasie: Getuienis! Goeie Nuus!
Diegene verantwoordelik vir die verskillende sinodes se kommunikasie het op Dinsdag 19 April in Kempton Park vir hulle jaarlikse vergadering ontmoet. Daar is onder andere gefokus op 'n geïntegreerde kommunikasie-strategie vir die NG Kerk.
Waar korporatiewe identiteit ook ter sprake was, is beide die belangrikheid van ons gesamentlike identiteit, sowel as die viering van ons diversiteit beklemtoon.
"Die Kommunikasie Taakspan word gebruik om die Goeie Nuus bekend te maak. Dít bly die kerk se kernbesigheid," het Rinel Hugo (Algemene Sinode sameroeper) tydens die vergadering herinner.
 
E-Kom groep
E-Kom Vergadering
Vlnr: Nico van Rensburg (Wes-Transvaal), Paul Grobler (Noordelike Sinode), Marinda Meyer (KZN), Sophia de Kock (Alg Sinode), Gustav Claassen (Alg Sekretaris, Alg Sinode), Rinel Hugo (Alg Sinode), Clem Marais (Namibië), Marieta Visagie (Wes-Kaapland), Nico Simpson (Bybel-Media), Carin van Schalkwyk (Vrystaat), Neels Jackson (Kerkbode), Cobus van Wyngaard (Facebook), Noël Schreuder (Wes-Transvaal), Hermien Swart (Noordelike Sinode) en Natassja Marais (Hoëveld).
Verskonings: Bertus Koorts (Ho
ëveld), Mossie Mostert (Noord-Kaapland), Danie Mouton (Oos-Kaapland) en Henry van der Schyff (Oostelike Sinode)
Natassja Marais, Gustav Claassen, Hermien Swart
Natassja Marais (Hoëveld), Gustav Claassen en Hermien Swart (Noordelike Sinode)
Sophia de Kock en Rinel Hugo
Sophia de Kock en Rinel Hugo (Alg Sinode)
neels Jackson en Carin van Schalkwyk
Neels Jackson (Kerkbode) en Carin v Schalkwyk (Vrystaat)
Gustav Claassen en Marinda Meyer
Gustav en Marinda Meyer (KZN)
3. NG Algemene Sinode Jeugindaba
Gielie Loubser, Melanie Thirion, Anriëtte de Ridder en Nelis Janse van Rensburg het die Sinode van Wes-Kaapland Woensdag en Donderdag by 'n jeugindaba in Hatfield, Pretoria verteenwoordig. Van die belangrike onderwerpe wat deurtrap is, was geloofsvorming, kategese, navorsing, belydenisaflegging en jeuginisiatiewe. Die doel met die indaba was om netwerke uit te brei en op die hoogte van die onderskeie taakspanne se werk te kom. Dankie vir voorbidding vir hierdie gesprekke.
Gielie, Melanie, Anriette en Nelis
Die Wes-Kaap verteenwoordigers se vrolike selfie!
4. #imagine Credo
Vir al die #imagineers: What are you #seeing when you are #building bridges?

We are the #imagine generation.
We believe in tomorrow, because Jesus renews.
We dream of peace, because God is love.
We commit to change, because the Spirit moves.
We are the church of today, the leaders of tomorrow. 
We ARE the
#imagine generation. 

Het jy al in jou gemeente 'n geleentheid geskep vir die #imagineers om van hul ervarings te deel? Oorweeg gerus waar jy by jou jeugbediening die onderstaande video kan deel ...
#imagine Credo
5. Hoop en Versoening Trust: NUWE webwerf!
Die Hoop en Versoening Trust is 'n geleentheid om uit dankbaarheid vir finansiële - en ander - welvaart, iets ten bate van ons land se opbou terug te gee. Die trust se klem is op Vroeë Kindontwikkeling en Landelike Ontwikkeling. Uiters noukeurige boekstawing en allokering van fondse in die trust is ook van groot belang vir almal hierby betrokke.
Nou spog die trust met 'n splinternuwe webwerf: www.hopetrust.co.za - gaan maak daar 'n draai vir inligting oor dié hoopgewende projek. Verfris jou geheue verder deur die volgende video-insetsel waarin Braam Hanekom oor die trust gesels.

Water is Lewe Fotokompetisie
Rodney Thabane
ALGEMEEN
1. Tot siens, ds Rodney Thabane
Ds Rodney Thabane is op Woensdag 13 April op 59-jarige ouderdom in Port Elizabeth oorlede. Ons innige simpatie gaan aan sy vrou, me Jennifer Thabane, en hul kinders.
Hy was van die VGK Motherwell-gemeente in Port Elizabeth en het die Streeksinode Kaapland in Maluti in die ou Transkei, Overberg, Langkloof en Motherwell gedien.  Van 1999 - 2005 was hy weermagkapelaan op Vredenburg en Oudtshoorn. Hy was ook vir ’n ruk in die Kongo saam met die magte ontplooi. Ds Thabane was Sothosprekend, maar ook vlot in Xhosa, Engels en Afrikaans. Sy heengaan is ’n groot verlies vir die VGK, die kerk wat hy met liefde en nederigheid gedien het.
Die begrafnis sal om 09:00 op Saterdag 23 April in die VGK SA Gestig (hoek van Watsonia en Orgideestraat, Belhar) plaasvind.
Kontak Kobus Odendaal by missio@kaapkerk.co.za vir meer inligting.
CABSA-logo
2. CABSA: 15 Jaar van Genade
CABSA (die Christen Vigsburo) se jaarvergadering is vanjaar op 14 April by die NG Gemeente Wellington-Noord gehou. Dit was egter meer as net 'n jaarvergadering, maar ook 'n geleentheid om 15 jaar van genade te vier. CABSA se direkteur, Lyn van Rooyen, vertel ... 
Besoek gerus CABSA se splinternuwe webwerf: www.cabsa.org.za en ondersteun hulle op Facebook - klik hier.
Lyn van Rooyen, Aneleh Fourie le Roux, Meloney Goliath en Logy Murray
Lyn van Rooyen, Aneleh Fourie le Roux, Meloney Goliath en Logy Murray
3. Storie van Hoop! Beurse vir Gr 7-leerders!
Hier is 'n wonderlike geleentheid vir belowende kinders om 'n goeie skoolopleiding te geniet. 'n Kans om die lewe van 'n minderbevoorregte kind in die Kaapstad-omgewing te verander. Deel hierdie inligting asb met jou kollega, huishulp of andere wat dalk nie toegang tot e-pos of die internet het nie - en help waar nodig asb met die aansoekproses. Ouers moet aansoek doen wanneer hul kinders in Gr 6 is. 30 leerders ontvang 'n beurs, waarna 15 gekeur word vir 'n verdere beurs vir hoërskool opleiding.
Die Kay Mason Foundation, 'n nie-winsgewende organisasie, bied hierdie beurse aan - 'n baken van hoop! Lees meer oor hulle by www.kmf.org.za en luister gerus onder.
Biskop Tutu oor die Kay Mason Foundation
Circle Concerned African Women Theologians logo
4. Konferensie: Gender and Resistance
'n Herinnering: Die chapters van die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van die Wes-Kaap van die Circle of Concerned African Women Theologians bied op 5 en 6 Mei 'n konferensie aan met die tema Gender and Resistance in die Hofmeyr lesingsaal (kamer 2003), Fakulteit Teologie, Dorpstraat 171, Stellenbosch. Kontak Marita Snyman by maritasnyman@sun.ac.za voor Vrydag 29 April om bywoning te bevestig; registrasiefooi van R200 (R100 per dag) by registrasie betaalbaar - geen kaartfasiliteite beskikbaar nie. Kry die program hier.
5. Maree Jantjies, ons Salueer jou!
Die personeel van die NG Kerksentrum in Bellville is sommer baie trots op Maree Jantjies (26), wat op Donderdag 14 April haar onderwys-graad aan die CPUT verwerf het en nou onderwyseres by die Forest Village Leadership Academy in Eersterivier is.
Maree is die jongste dogter van Dawid en Audrey Jantjies. Audrey is ons raakvat kantoorassistent wat al ongeveer 10 jaar die kantoorgebou netjies onder haar hand hou. Dit was 'n uitdagende vier jaar om hierdie kwalifikasie te verkry, maar nou kyk hulle gesin dankbaar vorentoe! Maree skryf: "My ouers is my grootste inspirasie, want hulle het my gemotiveer om my beste te doen."
Maree, ons vier jou sukses met oorgawe saam met jou en jou familie! Seënwense.
Maree en Audrey Jantjies
Maree en Audrey Jantjies
Videokassette
6. Gratis aangebied
Enigeen wat nog nut het vir videokassette (kinderstories en flieks) - dalk skole, ouetehuise of kerke in afgeleë areas waar nog nie platskerms beskikbaar is nie - is welkom om met die NG Gemeente Kuilsrivier-Suid kontak te maak. Hulle sal sulke materiaal liefs skenk eerder as om summier daarvan ontslae te raak. Stuur 'n e-pos aan Hilda by finans@suidkerk.org.za vir inligting. 
Jan Lubbe
7.1 Raakgelees: 'n Wyse en Weerlose man ...
"'Spiritual fatherhood has nothing to do with power or control. It is a fatherhood of compassion.'
Mans – pa’s en seuns, oupas en ooms en laaities – is in die moeilikheid. ’n Diep moeilikheid, wat hulself, hul families en hul gemeenskappe die donker dieptes insleep. Op die Kaapse vlaktes waar 'bullets nie name op het nie', in die Vrystaat, wêreldwyd." So skryf Jan Lubbe - lees hier verder. (Met erkenning aan Netwerk24).
7.2. Raakgelees: Interpretasie en Teksuitleg
Een van die mees gelese artikels oor leierskap die afgelope jaar of wat, was 'n interaktiewe een oor hermeneutiek deur Scot McKnight. (Hermeneutiek kan omskryf word as die interpretasie en uitleg van Bybelse tekste.)
McKnight meen dit is veral vir leiers nodig om hulleself te toets en te sien waar hulle subjektief in hulle hantering en interpretasie van die Bybel optree. Dalk wil jy jouself toets? Klik dan hier
8. The South(ern) Africa we Pray For! Hier is Wenke ...
Wees 'n vennoot van jou stad of gemeenskap, wees deel van die verskil, werk saam vir die gemeenskap waarvoor ons bid. Die Stad Kaapstad het allerlei wenke hoe inwoners betrokke kan raak om prakties 'n verskil te maak. In enige dorp of omgewing. Skenk 'n boom, borg 'n kind in 'n Echo-huis, meld aan as vrywilliger by een van die Badisa-programme in jou omgewing ... Elke bietjie help.
Soos hierdie buurtwaglede in Oak Glen (Bellville) wat op 'n goeie Saterdag in Maart die klimapparaat in die buurt se parkie gaan verf het ... Dalk inspireer dit jou om ook jou deel te doen. Vir The SA We Pray For.
Oak Glen Buurtwag
Twitter Facebook YouTube
GEMEENTENUUS
1. Helderberg Bely 
'n Groep van 40 jongmense het op Sondag 17 April hulle geloofsbelydenis voor die Here en Helderberg Gemeente (Somerset-Wes) afgelê. Dit is die grootste enkele groep sedert 1996. 
Elkeen het die geleentheid gekry om dié aand te getuig voor die gemeente. Daar was baie emosies tussen die kinders, hulle ouers en grootouers wat teenwoordig was. Dit was 'n kragtige getuienis, sommige in trane, maar almal het met blydskap getuig; “Ek is ‘n kind van die lewende Here!” Klik hier vir meer foto's. 
Helderberg-belydenisklas
Heidekoppie Pinkster 2016
Kweek vir die Here
3. VGK Kraaifontein Vier 85 jaar met KvdH
Dit was 'n besondere geleentheid toe Kweek vir die Here (KvdH) van Stellenberg 'n besending spekbome aan die VGK Kraaifontein kon oorhandig vir gebruik tydens die 85ste herdenking van die gemeente.
Afgesien van versterking van die kerkband tussen die twee gemeentes, kon KvdH hulle gaste, Mike en Lewelyn  Maatjan (pa en seun) van VGK Kraaifontein inlig oor KvdH-aktiwiteite, veral die veskaffing van plantjies aan uitreikers in verafgeleё woongebiede waar die woord van die Here gedeel word met die gemeenskappe. Die plantjies word in sulke uitreike aangewend as ysbreker vir gesprekke oor Jesus en as tasbare simbool van die Here se liefde, versoening en verlossing.
Kweek vir die Here wens die VGK Kraaifontein baie seën op hul koninkrykswerk toe.
Johan Jooste, Mike Maatjan, Koos Lamont
Mike Maatjan ontvang 85 spekboompies van Johan Jooste en Koos Lamont
Hilandi du Toit
4. NG Parke se Musiekleier, Hilandi
Genade is Genoeg

Hilandi du Toit, die afgelope vier jaar die musiekleier van Parke-gemeente, se lied "Genade is genoeg" is sedert die begin van die jaar nommer een van Radio Tygerberg se Gospel Top10! Sy vertel die ware verhaal agter die liedjie - lees hier.
Belangstellendes kan gratis na "Genade is genoeg" luister by hierdie skakel.
NG Gemeente Karatara
5. Karatara: Nuwe kantoortye
Karatara se kantoortye verander vanaf 1 Mei 2016. Dit skuif terug na Maandae, Woensdae, Donderdae en Vrydae van 09:00 tot 12:00, laat weet Christa Basson uit die kerkkantoor.
Gemeentes wat met hulle skakel, kan gerus 'n aantekening hiervan maak.
Hanno Ackerman
PREDIKANTENUUS
1. Hanno Ackerman, welkom in Sonstraal!

Die NG Gemeente Sonstraal in Durbanville verwelkom Hanno Ackerman as predikant in hul span. Hy sal veral op die jeug fokus.
Sy bevestiging en intreepreek is op So 24 April om 08:45 in die Kerksentrum.
Hanno is van Elarduspark Gemeente, Pretoria en het in Desember 2015 as jeugwerker by die Sonstraal-span nadat hy aan die Universiteit van Pretoria afstudeer het.
Ons seënwense gaan aan Hanno in sy nuwe posisie en met bykomende verantwoordelikhede. Jy is hartlik welkom!
2. NG Gemeente Knysna ontvang Eugene en Stephanie Barnard
Uit Knysna ontvang ons die nuus dat Eugene Barnard (voorheen by die NG Gemeente Pellisier in Bloemfontein) die beroep na hulle gemeente aanvaar het en op Sondag 24 April in die gemeente bevestig word deur Anton Louw van George-Bergsig. 
Almal word hartlik uitgenooi om die spesiale nuwe hoofstuk vir die gemeente saam met Eugene, Stephanie en hulle kinders, Erik en Andri, te vier. Hy tree amptelik op 1 Mei 2016 in die gemeente se diens.
Eugene en Stephanie Barnard
3. Adriaan en Sanelle van Tonder in Oudtshoorn-Welgeluk verwelkom
Van die NG Gemeente Oudtshoorn-Welgeluk ontvang ons die nuus van Adriaan van Tonder se bevestiging as predikant in die gemeente op Sondag 17 April.
Adriaan en Sanelle van Tonder het einde Maart in die huwelik getree en op 11 en 12 April verjaar en het beide hul onderskeie gradeplegtighede by Tuks gehad, Adriaan vir die verwerwing van sy M-graad. 
Adriaan is bevestig deur ds Andries Potgieter, bygestaan deur ds Gerrit van Schalkwyk van Oudtshoorn Moedergemeente. Mag dit 'n geseënde verbintenis vir een en elkeen wees en julle die Klein-Karoo se hartlikheid in oormaat ervaar!
Adriaan en Sanelle van Tonder
Adriaan en Sanelle van Tonder
Gerrit van Schalkwyk, Adriaan van Tonder en Andries Potgieter
Gerrit van Schalkwyk, Adriaan van Tonder en Andries Potgieter
Gerdrie van der Merwe
4. Kerkhistorikus, Africana-man, Kroniekskrywer!
Dr Gerdrie van der Merwe, 2016-wenner van 'n spesiale Andrew Murray-prys, word tereg die kroniekskrywer van NG gemeentes (met meer as 50 boeke waarin hy die geskiedenis van gemeentes en predikante noukeurig opgeteken het) genoem.
Hy is verantwoordelik vir die "In Memoriam"-inskrywings vir die Jaarboek van die NG Kerke en het ook 'n versameling van kerkhistoriese en teologiese boeke en ander Africana opgebou wat enig in sy soort is, waarskynlik die grootste van dié aard in private besit. Diegene wat in die kerkgeskiedenis belangstel, kan meer lees oor dié onskatbare navorsingsbron in 'n interessante artikel wat in Januarie 2015 in Kerkbode oor hom en sy boekery verskyn het - klik hier.
Vorige en huidige leraars van die Moedergemeente Kuruman in Maart 2016 by hul 100ste bestaansjaar waar dr Gerdrie van der Merwe die verjaardagdiens gelei het.
Vlnr: ds Ghappie de Bruyn, ds André Lötter, ds Otto Lessing, ds Hansie Roelofse, ds Neeltjé van Staden, dr Gerdrie van der Merwe, ds Piet van Zyl, ds George Mabilo en ds Mossie Mostert.
Foto: Lynn-Mari Olivier (met dank aan Netwerk24)
EKOLOGIE
1. "Green Bishop" van SAFCEI vereer vir Ekologiese Ywer
Our friends at SAFCEI (Southern African Faith Communities' Environment Institute) have wonderful news to share: "The Archbishop of Canterbury has given an award to a South African Bishop for encouraging the Church to embrace ecological issues. For more than forty years Bishop Geoff Davies, known to many as ‘The Green Bishop’, has been urging his Anglican Church, and now all religions, to recognise their calling to care for God’s creation." Get the press release here. Congratulations and blesssings to all at SAFCEI!
Green Bishop receives award in London
Bishop Davies receives his award from the Archbishop of Canterbury
Justin Welby
2. Omgewing in Anglikane se visier
Die omgewing, en klimaatsverandering in die besonder, het baie aandag geniet tydens die Anglican Consultive Council (ACC) se vergadering in Lusaka verlede week.
"The Anglican Communion’s network of environment champions has received a boost with the news that the Archbishop of Canterbury, Justin Welby, has agreed to be its honorary chairman and patron. The Archbishop of Cape Town, Thabo Makgoba, heads the network, and revealed the news during a discussion about the environment in Lusaka, Zambia. " Belangstellendes kan hier meer lees wat die Anglikane se nuusdiens hieroor berig. (Met dank aan ACNS).
3. Twee Akteurs oorheers Wêreldverhoog ...
Die aartsbiskop van Canterbury, Justin Welby, het Vrydag na klimaatsverandering as een van die oorheersende akteurs op die wêreldverhoog verwys. Die ander een: geloofsgemotiveerde geweld.
"I was recently reading Shakespeare’s Macbeth. And Macbeth and Lady Macbeth dominate the play – even when they are not on the stage. Two actors dominate our world stage at present, I would argue. One is religiously motivated violence, and the other is climate change." Sy volledige toespraak is hier beskikbaar, met die video-opname hier.
NUUSBRIEWE
1. Bybel-Media Nuusbrief
BM dien met verskeie Gratis dienste!

Hierdie week fokus Bybel-Media op goeie nuus. Al die produkte is gratis! Lees meer oor "apps" vir Liedboek; Boodskap vir Vandag én e-Kerkbode. Klik hier.
Skribas, kommunikasiebeamptes en enigeen met kommunikasie gemoeid word vriendelik gevra om dié belangrike inligting deur die gemeente se bulletin, sosiale media en webwerf aan lidmate bekend te maak. By voorbaat dankie!
BM-app Boodskap vir Vandag e-Kerkbode BM-app Liedboek
e-Kerkbode
Japan aardbewing
2. Missie Japan Rampflits
Almal is waarskynlik reeds bewus van die baie sterk aardbewings wat die Suid-Weste van Japan 'n paar dae gelede geruk het. Intussen het meer skuddings die inwoners van Kumamoto-omgewing (op Kyushu eiland) in angs en onsekerheid gedompel. Die nood en verwoesting verdiep. (Foto: erkenning aan www.cnn.com.)
Hieroor skryf Stéphan van der Watt: "
Die RCJ (Gereformeerde Kerk in Japan), saam met wie ons in diens van Missie Japan hier werk, is besig met indringende gesprekke en ‘n ondersoek om die nood en behoeftes van die gemeente en omgewing te bepaal. Die Kobe kweekskool waar ek klasgee, oorweeg om vir ‘n week te sluit sodat ‘n groep studente DV as vrywilligers kan ondersteun waar nodig." Volg die nuus hier en kry gebedsversoeke hieronder.
Missie Japan-logo
2.1 Gebedsversoeke vir die Japan-ramp
Missie Japan vra jou om asb in te tree vir:
- Japannese broers en susters wat deur hierdie ramp getref is 
- Bid vir die uitreik van die RCJ (wat ons insluit) wat beplan word
- Vir wysheid en beskerming van vele ander kerke wat ook nou aan die uitreik is
- Dat die Here in hierdie krisis tóg sy hoop en genade sal laat duidelik word
- Bid asb ook vir die leiers van Missie Japan, saam met die RCJ en die kweekskool, wat hieroor biddend besin.
Libertas-koor
KUIERKANS
Hier is nuus oor 'n spesiale gratis vertoning van die Libertas-koor in die Climate Justice Now! paneel as deel van die Reformasie "One World" Fees in Duitsland op Saterdag 7 Mei. Belangstellendes moet vooraf registreer vir hierdie "live streaming" konsert. Lees hier verder.
Wider Outlook Works Festival
Huis Zonnekus Wine and Hat Zonnekus Basaar
Bellville-Wes-logo
VAKATURES
1. NG Gemeente Bellville-Wes: Kerkmusiek Konsultant
Bellville-Wes het 'n vakature vir 'n dinamiese kerkmusiek konsultant. Belangstellendes kan onderaan meer inligting hieroor kry. Reageer asb voor die sluitingsdatum van 4 Mei 2016. 
Groote Kerk
2. Groote Kerk: Jeugwerker
Ons herinner aan hierdie geleentheid vir 'n energieke jongmens wat 'n sterk roeping ervaar vir kinder- en jeugbediening om in die hartjie van Kaapstad en Kampsbaai te woon en werk. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 25 April. Klik hier om meer te lees. 
Bellville-Uitsig-logo
3. NG Gemeente Bellville-Uitsig
3.1 Fasiliteitbestuurder

Die NG Gemeente Bellville-Uitsig in Ridgeworth, Bellville, het 'n vakature vir 'n bestuurder van die gemeente se fasiliteite. Lees gerus hier meer oor die vereistes en uitsette.
Die sluitingsdatum vir aansoeke is 30 April 2016.
3.2 Kassier
Uitsig wag ook aansoeke in vir die pos van kassier in hulle gemeente. Die pos is 'n 5/8 pos van 25 werksure per week. Onderaan is meer hieroor. Reageer voor 30 April.
Johan van Rooyen
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Johan van Rooyen

Sta-dig-er
Here, leer my stadig loop dat
ek alles voor en om my sien - 
maak my bewus van wat U wys:
van elke kleur en klank van 
elke reuk en voetval op die pad.
Laat ek alles beter, mooier, slimmer 
liefhê en waardeer  en 
roep my tog terug – 
van roetes na die 
onbenullige ekkigheid.  
Laat my loop en ook my dink 
oorwegend wees deurdrenk, bewus 
van dat U by my is 
en laat my mooi maak waar ek gaan -
laat ek elke plek of klein vertrek
beter, skoner los –  
vol  medemenslikheid wat 
wyser en toepaslik is -
wat niks nie kos.

* * *
Johan van Rooyen is sedert 2011 predikant in die NG Gemeente Kaapstad. Voorheen was hy in Knysna, Aliwal-Noord en Cradock in die bediening. Kontak hom by jtvr@telkomsa.net.

'n Vriendelike herinnering ter wille van kerkkantore se beplanning: Woensdag 27 April is 'n vakansiedag - ons vier dan Vryheidsdag. Hou dit asb in gedagte met die voorbereiding en instuur van nuus vir VrydagNuus.

Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za