Subscribe to our email list
Lees deur internet, klik hier >>
 3 Februarie 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Anriëtte de Ridder
SINODENUUS
1. #imagine - 'n Beweging!
Hiervan kan almal gerus kennis neem: die #imagine movement (beweging) begin uitbrei soos die familie vergroot. Dit beweeg van bloot 'n fees na 'n deurlopende beweging onder jongmense. Die #imagine Facebook het meer as 17 000 volgelinge!
In 'n artikel in e-Kerkbode vertel Anri
ëtte de Ridder (PSD: Jeug en Familiebegeleiding en feeskoördineerder van die Suide se fees) onder meer van twee lekker nuwe inisiatiewe, nl #imagine young adults en die #imagine partners, wat op die "crowdfunding"-beginsel werk. Lees asb en kyk hoe jy, jou gemeente of selfs jou organisasie, deel van hierdie "movement" kan wees! Hier is meer inligting.
Sinode Wes-Kaapland logo
2. Moderatuur versoek Verootmoediging - 5 Februarie
Ons vestig weer gemeentes se aandag hierop: die moderatuur van die Sinode van Wes-Kaapland versoek alle gemeentes in die sinodale gebied om eerskomende Sondag 5 Februarie as 'n dag van verootmoediging in te rig - met spesifieke verwysing na die buitengewone toestande in die natuur.
Die versoek is om in al die gemeentes te bid vir reën in die droogtegeteisterde dele van ons land, maar terselfdertyd ook die Here te dank vir die wyd verspreide reëns wat onlangs op verskeie plekke geval en selfs droogtes gebreek het. Verder word ook gevra dat gebid word vir die brandgeteisterde dele van ons streek, asook dele waar die brandrisiko hoog is.

3. Sentrum vir Publieke Getuienis
3.1 Ekumeniese Geleentheid vir Verootmoediging - 5 Februarie

Weens die belangrike aard hiervan, versoek die sinode se Sentrum vir Publieke Getuienis dat gemeentes se aandag weer gevestig word op die oproep om op Sondag 5 Februarie betrokke te wees by die ekumeniese byeenkoms wat vanaf 15:00 by His People in Goodwood plaasvind.
Die byeenkoms word deur die Western Cape Ecumenical Forum aangebied as geleentheid om ons voor God te verootmoedig - en sluit gepas aan by die bostaande versoek vanuit die moderatuur. Daar sal vir sake soos die droogte, brandskade, bendegeweld, misdaad, dwelms en veel meer gebid word. Navrae: 021 957 7202.
.
Ekumeniese verootmoediging - So 5 Februarie
3.2 Hoe gemaak met Geloofsverdraagsaamheid?
Op uitnodiging van die Cape SA Jewish Board of Deputies het Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis) Donderdagoggend 2 Februarie in Kaapstad saam met Albie Sachs (aktivis en oud-regter in die Konstitusionele Hof) en Ebrahim Rasool (voormalige SA-ambassadeur in die VSA) aan 'n gesprek met die aktuele tema "The importance of religious tolerance" deelgeneem.
Braam, Albie en Ebrahim - Religious Tolerance
Optimaliseer Denke
3.3 Optimale Denke
"Optimaliseer jou denke in 'n wêreld vol chroniese spanning en negatiwiteit."
Almal is welkom om op Wo 22 Februarie om 19:00 in die kerkgebou van die NG Gemeente 
Stellenberg na drr Braam Hanekom en Etienne van der Walt (internasionaal erkende neuroloog), oor hierdie fassinerende onderwerp te gaan luister.
Onthou: "Stres maak jou nie siek nie, dit maak jou dood."
Bespreek by Karin Barter: 021 976 4519 of karin@stellenberg.co.za. R20 vrywillige donasie by die deure.  
Prof Sarojini Nadar
4. VGKSA SKLAS Wes-Kaap Konferensie: 15 Februarie
Die jaarlikse konferensie van die Sinodale Kommissie van Leer en Aktuele Sake (SKLAS) van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider Afrika (Kaapse Sinode) vind op 15 Februarie by Goedgedacht buite Malmesbury plaas. Vanjaar is die tema "Reformation and Transformation". Sprekers sluit in prof Leepo Modise (moderator van die VGKSA se Algemene Sinode en verbonde aan UNISA), prof Sarojini Nadar, Desmond Tutu Navorsingsgenoot, Universiteit van die Wes-Kaap.

Hulle begin om 08:30 en sluit die dag met 'n braai af. Gaan sluit gerus by hulle aan - meer besonderhede en inskrywingsvorm is hier. Reageer voor 7 Februarie.
Groepfoto van 2017 se byeenkoms
Die SKLAS-groep wat in 2016 byeen was
Coenie Burger
5. Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing
Communitas se Gevorderde Sertifikaat in Bedieningsvernuwing is ʼn kursus bestaande uit nege modules (elkeen drie dae) wat oor ʼn tydperk van drie jaar gedoen word. Hierdie is die vierde jaargroep wat daarmee gaan begin.
Aan die einde van die kursus (aangebied deur Coenie Burger, Frederick Marais, Cas Wepener en ander) sal jy hopelik ook, soos een van die vorige deelnemers, kan getuig: "Hierdie sistematiese bedieningsrelevante reis [is] inderdaad 'n pelgrimstog soos Eugene Peterson se 'A long obedience in the same direction.' "
Skryf asb in voor of op 14 Februarie. Klik hier vir meer inligting, sowel as die inskrywingsvorm.
6.1 Argiefkronieke” Nuwe Wyn in ou Sakke?
By die Kerkargief op Stellenbosch het ’n splinternuwe fase met hulle “Meintjies-digiteringswerkstasie" aangebreek!
Met behulp van hierdie nuwe tegnologie (kamera, beligting en meer) sal die Argief voortaan ’n baie meer doeltreffende en gehalte diens aan gemeentes en navorsers kan lewer.
Hulle is baie dank verskuldig aan die weldoener wat ruimhartig bygedra het vir die befondsing hiervan, sowel as aan André Agenbag (NG Gemeente Sonstraal) wat homself as Argief-vrywilliger beskikbaar gestel het om met die proses rondom die werkstasie te help.
Lees
aangeheg meer en kontak die Argief by liesl@kaapkerk.co.za of 021 882 9923.
Ou skandeermetode
Collette de Wet met die ou metode van skandeer
Die nuwe metode
André Agenbag by die nuwe digiteringswerkstasie
6.2 Bekendstelling van Kerkargief aan Eerstejaars
Isabel Murray (foto onder) het die Kerkargief onlangs aan eerstejaar teologiese studente as deel van hulle oriëntasie bekendgestel. Ander instansies, soos Communitas en die biblioteek, het ook 'n beurt gekry om hulle werk bekend te stel.
Isabel het uit ’n ou kis vorendag gekom met ’n dominee se wit das, swart jas en pluiskuil, dit aangetrek en as dominee die studente toegespreek: "You are seeing things merely from a human point of view, and not from God’s. This is why you have to return again and again to the altars, memorial stones and archives of the past: to hear God’s story." Welgedaan, Isabel! 
Kerkargiefbekendstelling
7. VGKSA Kaapland Nuusbrief sien die Lig
Ons is saam met ons broers en susters van die VGKSA Kaapland opgewonde oor hulle URCSA Cape Synod Newsletter, wat in Januarie 2017 die lig gesien het. 
Lysander Prins vertel dat die e-nuusbrief, met ds Willa Mackay (betrokke by die VGKSA Uitsig) wat die leisels hou, reeds aan 250 e-posadresse gestuur word. Hulle gee die nuusbrief tans maandeliks uit, maar beoog om dit verder uit te brei tot 'n tweeweeklikse publikasie. Seën op julle werk toegewens, kollegas!
VGKSA Kaapland nuusbrief
Lanie October
8. Lanie, jy is Welkom!
Ons verwelkom graag vir Leylanie October hartlik as deel van die Bellville-personeel van die Sinode van Wes-Kaapland.
Lanie het op Woensdag 1 Februarie as algemene kantoorassistent begin. Sy is gelukkig nie heeltemal onbekend aan die kerklike omgewing nie, aangesien sy die afgelope jaar as tuisversorger by die Bellville Senior Sentrum gewerk het. Lanie sal voortaan regstaan met heerlike koffie en tee vir diegene wat die NG Kerksentrum vir vergaderings besoek.
Mag hierdie ’n pragtige nuwe hoofstuk in jou lewe wees en jy gou tuis voel as deel van die personeel, Lanie!
Groente vir Getuienisaksie
9. Dankie vir Bederf
Elke jaar - al vir hoe lank - word 'n vrag van die heerlikste groente by die NG Kerksentrum in Bellville vir die Getuienisaksie-personeel afgelaai.
"Dis my manier om my dankbaarheid te toon vir die Here se seën op my boerdery," vertel oom Pierre Burger van Citrusdal. Hy praat met groot lof van die Getuienisaksie-personeel en noem hulle "sout van die aarde".
So 'n spesiale gebaar laat 'n blywende indruk op elkeen wat vandeesweek die vrag groente in die voorportaal gesien en die mooi getuienis gehoor het. Baie dankie, oom Pierre. Mag u baie vrug op u arbeid sien - en genoeg tyd kry om in die Kaap langs die see te kom ontspan!
Sosiale media
ALGEMEEN
1. Gemeentes: Hulp met Sosiale Media
Hier is ’n spesiale geleentheid vir gemeentes se kommunikasie-beamptes – en diegene gemoeid met die gemeente se sosiale media (Facebook, Twitter en meer): Christian Vision Africa, ’n internasionale nie-winsgewende organisasie wat fokus op evangelisasie, bied op Sa 11 Feb van 10:00 tot 12:00 ’n gratis opleidingsgeleentheid oor sosiale media by hulle kantoor (Pasitastraat 7, Rosenpark, Durbanville) aan. Beperkte sitplek – bevestig jou teenwoordigheid so gou moontlik deur jou naam, e-pos en selnommer voor 14:00 op Do 2 Februarie te stuur na kommunikasie@kaapkerk.co.za.
2. Ring van Tygerberg: Ontbyt met Stephan Joubert
Op 26 Januarie het Stephan Joubert die Ring van Tygerberg se predikante bedien en bemoedig toe 17 van hulle 'n gesellige ontbytpraatjie by die NG Gemeente Parow-Welgelegen bygewoon het. Na afloop van die praatjie, het hy gesellig om die tafels met die leraars gesels.
Dankie vir die reëlings rondom hierdie geseënde oggend! Dit is altyd 'n voorreg om Stephan in ons sinode te verwelkom en na hom te luister.
Stephan Joubert by Parow-Welgelegen
Jampie Nel (Oostersee) en George Rauch (Parow-Noord) gesels met Stephan Joubert
Donald Trump
3. WCRC reageer op VSA en Vlugtelinge
Die reaksie op die president van die VSA, Donald Trump, se "executive order on immigration" wat vlugtelinge vir 120 dae verbied om die land binne te kom, kring steeds uit. Ook lidkerke van die World Communion of Reformed Churches (WCRC) het met verskillende mediaverklarings reageer.
Reeds in 2015, toe die WCRC se uitvoerende komitee in Lebanon vergader het, is 'n verklaring uitgereik waarin lidkerke opgeroep is tot die volgende:
◾"Join us in a fresh sense of solidarity with Christians in the Middle East and a lasting commitment to the wellbeing of all people of this region.
◾Welcome the refugees as neighbours rather than treat them as 'others.'
◾Not ignore or allow our governments to ignore the places of massive suffering or their contribution to it.
◾Live and to pray in the spirit of Isaiah 58:6-12."
Belangstellendes kan hier lees watter bykomende pleidooi die WCRC (waarvan die NG Kerk lidmaatskap het) op 31 Januarie 2017 tot lede gerig het.
Tumi
4. Bybel-Media: Goeie Nuus Media
Tumi bied Troos!

Tydens 'n besoek aan Bybel-Media stel Hennie van Deventer die besoekers bekend aan Goeie Nuus Media (GNM).
Een van die wonderlike produkte waarby hulle betrokke is, is Tumi Tier. Tumi is 'n wasbare sagte speelding, ontwerp en vervaardig deur “Wildlife Storytellers”. In sy magie is daar 'n MP3 oudio-speler, gelaai met 'n wye reeks stories waarin Tumi een van die karakters is. Hierdie sagte speelding kan as beradingshulpmiddel vir kinders gebruik word, maar die berading word eintlik deur Tumi se avonture en die foute wat hy met belangrike besluite maak, gedoen. Lees hier meer.
Kontak Hennie gerus by hennie@bmedia.co.za vir meer inligting.
Douw and Christo
5. Comrades vir Bybels
This year Douw Prinsloo will again be running the iconic and gruelling 87 km Comrades race whilst also raising funds for Bibles. However, there will be an added challenge.
"I have committed to run Comrades 2017 with a friend to ensure that his Comrades dream becomes a reality. Christo Lourens will be by my side on race day. Our special challenge is that Christo has a hearing impairment and has a cochlear implant. For fear of damaging the sensitive and expensive transmitter unit, Christo chooses to compete in runs without it. When he runs, he is thus literally deaf and totally cut off from the outside world," Douw explains. Click here for more.
6. Wêreldbiddag vir Vroue: 3 Maart 2017
My genade is vir almal
Hiermee 'n herinnering aan die datum en tema vir vanjaar se Wêreldbiddag vir vroue. Dit word altyd op die eerste Vrydag in Maart gedenk en vanjaar is die skrywersland die Fillipyne. Hulle het "My genade is vir almal" ("Am I being unfair to you?" in Engels) as tema gekies, met Matt 20: 1-16 as teks. Kry inligting hier en bestel vroegtydig die brosjure.  
Wereldbiddag vir Vroue
Harvard Report
7. Raakgelees
7.1 Totale gebrek aan Vertroue gemeet!
In 'n Harvard Business Review van 16 Januarie 2017 word berig oor die Edelman Trust Barometer, wat die afgelope 17 jaar reeds 10 000'e mense oor verskeie lande heen se vertroue in die sakesektor, media, regering en nie-regeringsorganisasies (NGO's) bepaal. Vanjaar is daar vir die eerste maal 'n duidelike afname in vertroue vir al vier hierdie sektore, sowel as 'n skrikwekkende gebrek aan vertroue in die leierskap.
Volgens die artikel pas vooraanstaande besighede reeds hulle strategie hiervolgens aan, oa deur aandagtig te luister na hulle kliënte en aandeelhouers. Want, sê hy:
"The recent collapse of trust in government and media should serve as a powerful lesson to business of what can happen when institutions become disconnected from the interests and opinions of the people they serve." Dalk ook iets vir die kerk om van kennis te neem? Jy kan hier lees.
Grace
7.2 Grace/Genade
"Grace is more than being lucky to be on God's side.
Grace is God's goodness showered on people who have failed.
Grace is God's love on those who think they are unlovable.
Grace is God knowing what we are designed to be.
Grace is God believing in us when we have given up."
Lees gerus hier meer, met dank en erkenning aan Scot McKnight, A Fellowship of Differents: Showing the World God's Design for Life Together.
Tinyiko Maluleke
GEMEENTENUUS
1. URCSA Bellville 
Allan Boesak Legacy Centre for Leadership

The Uniting Reformed Church (URCSA) Bellville, through its Allan Boesak Legacy Centre for Leadership, will host the second Allan Boesak Public Lecture on Thursday 23 February 2017 at 19:00.
The lecture will be delivered by Prof Tinyiko Maluleke of the University of Pretoria. Prof Maluleke is a theologian and well-known public commentator. All welcome.
#Passietotaksie
2. Uitreikfees by Helderberg Gemeente
Op Sondag 5 Februarie vier Helderberg Uitreik hulle jaarlikse Uitreikfees by die 08:00, 09:30 en 19:00 dienste van Helderberg Gemeente, Firmountweg 82, Somerset-Wes. 
Etienne Piek is die prediker.
Rig navrae aan
Louise Theron by louise@nghelder.co.za of 076 208 1565. Almal is welkom!
Ouerskapkursus
3. Positiewe Ouerskapkursus
NG Gemeente Parow-Panorama bied die Positiewe Ouerskapkursus olv Jan van Zyl (Moederkerk Stellenbosch) aan. Die toerustingsprogram is gebaseer op waardes wat ouers vaardighede leer. Dit fokus op jou verhouding met jou kind en om hom/haar selfstandigheid te leer en te help om verantwoordelikheid te aan-vaar. Lees meer hier oor die datums, tye en koste. Vir meer inligting en registrasie, kontak Ian Engelbrecht by 082 896 9006 of ian@travel.co.za voor 1 Maart 2017.    
4. Bouwer Bosch by Durbanville-Bergsig!
Die bekende Bouwer Bosch en sy "band" het op So 29 Januarie by NG Durbanville-Bergsig se Regeneration Jeugbediening opgetree. In 'n gesprek met hom het hy iets gedeel oor Christenskap en die uitdagings rondom etiese optrede in die vermaaklikheidsbedryf.
Op die foto (onder) saam met hom is Wynand Breytenbach, pas bevestig as predikant in die gemeente, en Arno Mattheus, jeugwerker, tydens die gesprek.

Wynand Breytenbach, Bouwer Bosch en Arno Mattheus
Dewald Hoffman
PREDIKANTENUUS
1. Dewald Hoffman na NG Richmond
Dit is baie lekker om oor nog 'n suksesvolle internskap te berig, hierdie keer op Richmond. Dewald Hoffman, wat in November 2016 aan die US afstudeer het, word vir twee jaar daar in 'n vastetermynpos bevestig. Op So 5 Februarie om 09:30 lewer hy sy intreepreek. Manus Duminy van Victoria-Wes sal die verrigtinge as konsulent waarneem en terselfdertyd as Dewald se mentor vir die volgende twee jaar optree.
Oor homself vertel Dewald dat hy na sy studies sy praktiese jaar in Laaiplek voltooi het. Hy het 'n passie vir mense en hul stories.
"Geregtigheid en menswaardigheid is hoekstene van my teologie, terwyl gemeenskapsontwik-keling en ekumene my opgewonde maak. Ek is lief vir musiek, en is mal oor die natuur en aktief wees."
Dewald, mag jy vele redes in Richmond ontdek om elke dag met musiek in jou hart te bedien! Ons wens jou en die gemeente 'n besondere nuwe hoofstuk toe. 
2. Ds Wiekie du Preez terug in sy Spore ...
Vir Chris Barnardo (NG Kuilsrivier-De Eike) en sy skoonpa, ds Wiekie (LP) du Preez, was Dinsdag 31 Januarie 'n baie besonderse dag. Dit was ds Du Preez se 88ste verjaardag en hulle twee het by die Kweekskool gaan kuier waar hy 65 jaar gelede graad gevang het. Chris vertel: "Skoonpa het destyds as 17-jarige jongman met sy studies by Maties begin. Sy klasmaats was oorwegend manne wat voorheen in ander beroepe was, asook manne wat aan Wêreldoorlog II deelgeneem het. 
Skoonpa het in verskeie gemeentes (Delportshoop, Volmoed, Namakwaland, NGSK Prins Albert, Bothasrus-Despatch en Marquard) gedien en het afgetree as die direkteur van die Abraham Kriel Kinderhuis in Nylstroom. Vandag was 'n natoogdag vir hom terwyl ons deur die Kweekskool gestap het. Sy ervaring van God se genade en die geleentheid om vir soveel jare in sy diens te staan, het hom weereens laat klein voel. Aan God Al Die Eer." Dankie, Chris. Seën vir julle albei!
Ds Wiekie du Preez en Chris Barnardo
Ds Wiekie du Preez en Chris Barnardo
Vleiland
EKOLOGIE
1. Internasionale Vleilanddag
Vleilande speel 'n uiters belangrike rol in die bewaring van die ekologiese balans van die natuur en die mens se voortbestaan.
Die WWF sê: "Wetlands contribute in no small way to our quality of life - indeed, to our very survival." Lees hier meer. A Rocha help ons om op 2 Februarie Vleilanddag te vier. Lees hier verder.
Watergebruik 30 Jan
2. Waterbeperkings van 1 Feb
Die Stad Kaapstad het op 26 Januarie strenger waterbeperkings aangekondig. Die beperkings geld vanaf 1 Februarie. Diegene wat meer oor Vlak 3B-beperkings wil weet, kan hier klik. Antwoorde op verskeie van die mees algemene vrae, word ook verskaf.
Dankie aan gemeentes wat kreatiewe planne beraam om ook wat ons skaars waterbronne (en die ekologie in die algemeen) betref, 'n getuienis te lewer.
NUUSBRIEWE
1.1 Bybel-Media Nuusbrief

Hierdie week is Bybel-Media se fokus op die jongste Kerkbode, twee Bybelkor- en twee Jeugfokus-publikasies. 

Kerkbode
van 3 Februarie vertel ...

... 'n verhaal van hoe die gemeenskap in Worcester op 'n omvattende wyse betrokke is by die ondersteuning van vroeëkindontwikkeling;

... hoe die NG Gemeente Lynnwood omgee vir die omgewing, hoe Wellington se moeder-gemeente help dat kinders op pad skool toe veiliger is op die paaie, en hoe jong dominees in die Wes-Kaap met 'n internskap in die bediening ingelei word;
...
 'n getuienis van 'n boer wat gebid het vir reën en
 hoe Jan Lubbe wonder oor Andrew Murray by die honderdste herdenking van sy sterfdag.
Jesaja Kinderpret God se kinders in God se wêreld
1.2 e-Kerkbode oor Reformasie
"Die Reformasie is 'n geleentheid om terug te kyk, maar ook 'n geleentheid om vorentoe te kyk na hoe ons die beginsels van ons gemeenskaplike geloof in ons tyd verstaan en uitleef. - Neels Jackson in e-Kerkbode. Die volledige berig is hier.
Martin Luther - Hier staan ek
2. Missie Japan Nuusflits
Hier aan die begin van die jaar kyk Stéphan van der Watt terug na hulle roepingsverhaal die afgelope jare, want op 10 April is dit presies agt jaar wat hulle in Japan bedien!
Ons vra graag voorbidding saam met Kobe Reformed Theological Seminary tydens hulle jaarlikse dag van verootmoediging en gebed op Vrydag 3 Februarie.
Saam met Stéphan vra ons dat gemeentes en groepe werk maak daarvan om ’n afspraak met Stéphan te finaliseer tydens hulle voorgenome SA-besoek tussen Julie en Oktober. Kontak hom by jsvdwatt@gmail.com. Lees gerus hier verder.
Kobe Kersfees 2016
Kobe Kweekskool se 2016 Kersfees-afsluiting
PUBLIKASIES
1.1 CLF: Seisoene van Genade

Ter viering van CLF se sestigste bestaansjaar, is 'n opdragwerk deur Barend Vos, Seisoene van genade, gepubliseer. Gelowiges pak elke jaar 'n geloofsreis aan, en dit is dikwels 'n pad vol duwweltjies. Goddank dus vir stilhouplekke - vir die moontlikheid van besinning, nuwe asem, padkos.
In Seisoene van Genade word geloofsreisigers gehelp om hulle belewenis by 60 sulke oorstanings onder woorde te bring. Van Adventstyd tot by Koninkrykstyd – en daarna. So word hierdie boek 'n handige, troostende gids in elke reisiger se bagasie. Klik hier om die boek te bestel.
Seisoene van Genade Barend Vos
1.2 Polisiedag: Publikasies vir plaaslike SAPD
As teken van hulle dank vir die diens wat die Wellington SAPD bied, het CLF hulle op 27 Januarie, Polisiedag, met heerlike koek en die publikasie Hope between the barbwire fence bederf. Hulle moedig alle gemeentes aan om die polisie in ons land te ondersteun met hierdie publikasie of van hulle gratis pamflette. Lees hier.
Polisiedag Wellington
BEHOU DIE HUMOR
Hierdie een is twee vlieë met een klap - 'n gesonde skoot humor aan die een kant, saam met die erns van ons huidige waternood aan die ander kant.
Só stort jy (sien video langsaan) as jy erns maak met waterbesparing!
Watter wenke het jy of jou gemeente om water te bespaar? Laat weet ons gerus daarvan.

KUIERKANS
Ondersteun gerus jou plaaslike gemeente met hulle projekte en fondsinsamelings. Klik asb op die advertensies vir meer inligting. 
NG Bloubergstrand Pretstap 25 Feb 2017
Echo Pretstap
NG Bloubergstrand: 021 554 1290
 
Magdalenahuis Valentynsdans
Valentynsdans
Magdalenahuis: 021 948 3637 
Kerkbode
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare.
Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

1. Oostersee: Gemeentemusikant
'n Herinnering: die NG Gemeente Oostersee (tussen Bellville en Parow) het ’n vakature vir ’n gemeentemusikant wat hulle musiek- en sangbediening kan bestuur en koördineer. 
Meer oor die gemeente en die bepaalde vereistes vir hierdie pos, is hier beskikbaar.
Reageer voor 13 Februarie 2017. 

Logo
2. Badisa Vakatures
2.1 
Huis van Heerde, Moorreesburg: drie vakatures
Huis van Heerde Kinder- en Jeugsorgsentrum is 'n program van Badisa. Aansoeke van gemotiveerde en dinamiese persone met 'n positiewe lewensingesteldheid teenoor kinders en jeugdiges, word vir die volgende betrekkings ingewag:
♦ 'n inwonende professionele kinder- en jeugsorgwerker;
 ♦ 'n inwonende kinder- en jeugsorghulpwerker en
 ♦ 'n nutsman / tuinwerker. Lees meer hier en let op die sluitingsdatum van 6 Feb.
Ramot logo
2.2 Ramot Behandelingsentrum: Bestuurder
Ramot, Badisa se Behandelingsentrum vir middelafhanklikheid in Parow, het 'n vakature vir 'n bestuurder. Lees meer oor die vereistes, ens hier. Aansoeke sluit op 10 Februarie.
Elmo Evert
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Elmo Evert

Die ander dag toe het ek dit die Sondagmôre oor die droogte. Voergee-droogte. Nog-'n-gat-boor-en-hoop-droogte.  Kopskud-droogte.  Die bedoeling was om ook 'n draai te maak by sielsdroogte met 'n herinnering aan Johannes 7 se strome Lewende Water. 
Maar vooraf het ek eers die kleintjies beet-gehad.  Ek lok hulle toe uit om saam met my baie jammer te wees vir die droë plante, bome en diere. En ons begin planne te maak om die reën hier by ons ook te kry. Na 'n ruk was dit 'n uitgemaakte saak: die engiste manier is ons moet die wolke hier kry. Ek roep toe 'n dogtertjie vorentoe en maak die voorstel:  sy leen 'n groot lorrie by 'n boer en gaan laai die wolke en bring hulle vir ons. Sy't lank gedink en gebloos en haar kop geskud. Ek vra haar toe hoekom sy ons nie wil help nie. Nee, sê sy, sy het ongelukkig nie 'n lisensie om 'n groot lorrie te ry nie. 
Toe dink ek as 'n mens net kan glo soos 'n kind, is die strome (Lewende) water eintlik 'n gegewe.
                                                              ***
Elmo Evert het na sy legitimasie in 1999 eers ’n draai by Kamanjab (Namibië) en Grootvlei (Hoëveld Sinode) gemaak, voordat hy in 2012 na die NG Gemeente Nieuwoudtville beroep is. Nieuwoudtville, geleë net binne die Noord-Kaap provinsiale grens en deel van die Groot Karoo, is veral gewild onder blommekykers en bekend vir sy pragtige sandsteen kerkgebou.
Kontak Elmo by elmoevert@gmail.com.
Berge - met erkenning aan Neil Buchner
"It started when God said, 'Light up the darkness!'
and our lives filled up with light as we saw and understood God in the face of Christ, all bright and beautiful."
(2 Cor 4:6, The Message; foto met dank aan Neil Büchner)

VrydagNuus-groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za