Lees deur internet, klik hier >>
12 Oktober 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
“Judging others makes us blind,
whereas love is illuminating. By judging others
we blind ourselves to our own evil and to the grace
which others are just as entitled to as we are.”       
Dietrich Bonhoeffer
SINODENUUS
1. Aktuele mondvol vir Leer en Aktuele Sake!
By die Sinodale Taakspan vir Leer en Aktuele Sake (STLAS) se jaarvergadering op 26 en 27 September 2018 het Gustav Claassen (algemene sekretaris van die NG Algemene Sinode) inligting verskaf rondom die kwessie van grondhervorming.
Ander sake op die agenda was eenheid en diversiteit, hermeneutiek en etiese onderskeiding, versoening, restitusie, reproduktiewe gesondheid, aborsie, selfdegeslag-verbintenisse en genadedood - behoorlik 'n mondvol! Op die foto onder is die taakspanlede bymekaar by Communitas op Stellenbosch.
Taakspan
Agter v.l.n.r. staan Gustav Claassen, Pieter van der Walt, Heerden van Niekerk, Herman Burger, Nico Burger, Nicol Smith, Danie Goosen, Bennie Janse van Rensburg en Lambert Jacobs
Voor sit Louis van der Riet, Louis Jonker, Almatine Leene, Nadia Marais en Tinus van Zyl.
2. Getuienisaksie
2.1 Getuienisaksie hou bande stewig in Afrika
Kobus Odendaal, bestuurder van die Taakspan Afrika Ekumene, was verlede week op besoek aan ons susterskerke in Mosambiek en Malawi . Daar is nie net gesprekke met die kerkleiers gevoer nie, maar ook besoek gebring aan die bestuur van Hefsiba, teologiese skool in Mosambiek (sien hier), uittredende personeel van Nkhoma Hospitaal en die Departement Omgewingsorg.
Dit bly van groot belang om verhoudinge met ons susterskerke gesond te hou tot voordeel van die Christelike impak op Afrika. Dankie vir jul ywer, Kobus en kollegas!
Dominees
V.l.n.r.:  ds. Beswick Nkhoma (moderator), Kobus Odendaal (Getuienisaksie) en ds. Vasco Kachipapa (algemene sekretaris) 
Rev. Saka
2.2 Ontmoet Arnold Kalemba Saka van Malawi
As jy in die gange van die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch stap, sal jy dikwels nagraadse studente van ons susterskerke in Afrika raakloop. Dit is danksy die jarelange verhoudinge tussen ons kerk en hulle kerke wat steeds stewig in stand gehou word, asook die kosbare werk van NetACT. Een van hierdie studente is ds. Arnold Kalemba Saka van Lilongwe in Malawi. Lees meer van hom hier. 
3. Kuratoria besin oor tweedeloopbaanstudente
Verteenwoordigers van die NG Kerk en VGKSA se kuratoria het op 3 en 4 Oktober 'n voorstel uitgewerk vir die deeltydse MTh opleiding van tweedeloopbaanstudente wat hulle voorberei om predikante te word.
Op onderstaande foto is agter v.l.n.r.: Klippies Kritzinger, Janine Williams, Natie Philander, Kenalemang Nkombezekwa, Frederick Marais, Eddie Orsmond, Eugene Beukes, Jacques Beukes. Voor: Walter Philander, Pieter van der Walt
NG Kerk en VGKSA kuratoria byeen
4. BELANGRIK: Wes-Kaapse Sinodesitting 2019
Die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) vergader van Maandag 13 tot Vrydag 17 Mei 2019. Hier is belangrike keerdatums vanuit die eerste omsendbrief wat aan gemeentes gestuur is:
Inlewering van geloofsbriewe: Dinsdag 12 Februarie 2019. Sommige kerkrade sal dus nou (in die vierde kwartaal van 2018) die aanwysing moet doen.
Verslae en beskrywingspunte: Dinsdag 12 Februarie 2019
Hulp in die vorm van voorbidding, vrywilligers en insette vir die sakelys is welkom - kontak die saakgelastigde, Bossie Minnaar, en stel jou talente tot die beskikking van die sinode.
CPK-logo
5. Bou brûe met Calvyn Protestantse Kerk
'n Herinnering: tydens die Augustus-vergadering van die moderamen is besluit op groter samewerking op gemeente- en ringsvlak tussen die CPK en die NG Kerk. Die CPK het NG gemeentes uitgenooi om deel te neem aan hulle "Unity Sunday" op 28 Oktober 2018 - en die CPK neem nou die inisiatief om op Hervormingsondag, die 28ste, 'n diens in naburige NG gemeentes by te woon met die oog op die bou van verhoudings en om uitdrukking te gee aan die droom van een Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika.
Gemeentes kan gerus hierdie getuienisgeleentheid om prakties gestalte te gee aan ons strewe na groter eenheid, aangryp. 'n Skrywe aan spesifieke NG gemeentes in die omgewing van CPK gemeentes is reeds in hierdie verband uitgestuur.
Kontak die skriba, Francois Herselman, by skriba@kaapkerk.co.za met navrae.
Logo
6. HVT reik uit na Sutherland
Die Hoop en Versoening Trust (HVT) reik gedurende die komende naweek en vroeg in volgende week uit na Sutherland waar die gemeenskap voor heelparty uitdagings staan. Dit sluit die droogte in, sowel as die hoërskool wat onlangs afgebrand het (foto's onder). Bybels gaan aan hoërskoolleerders uitgedeel en nuwe skoene versprei word. Restourasie- en herstelwerk gaan ook gedoen word aan armoedige wonings. 
Kontak Braam Hanekom by braam@kaapkerk.co.za met navrae of om betrokke te raak.
Skool Bouval Afgebrande gebou
Oostelike Sinode tema Oktober 2018
7. NG sinodes byeen
Ons dink aan ons kollegas en vriende van die Oostelike Sinode, wat hard voorberei vir hulle sinodesitting, wat van 21 tot 23 Oktober by Pierre van Ryneveld plaasvind.
Met die lied "Laat u ryk, Heer, in ons, deur ons, oral kom!" roep hulle gemeentes op tot nuwe visie, ywer en energie, skryf Francois Retief, uitvoerende amptenaar. Dit kan terselfdertyd alle gemeentes in die NG Kerk help fokus op die eer van die Here in ons doen en late in hierdie dae. Baie sterkte aan die Sinodale Diensraad en elkeen betrokke.
Ook die Hoëveld Sinode vergader van 16 tot 19 Oktober. Ons seënwense aan hulle!
VGKSA logo
8. URCSA
General Synod Commission in Namibia
This week we keep our brothers and sisters of URCSA Cape Region in our prayers: all the Moderamen Executives of each regional synod are attending the URCSA General Synod Commission meeting (GSC) in Namibia from 10 tot 13 October. Blessings to all.
9. VGK Kaapstreek en Calvyn Protestantse Kerk ontmoet
Op 27 September 2018 het die moderamen van die VGKSA Kaapstreek en die Calvyn Protestantse Kerk (CPK) in Belhar ontmoet. Van die CPK was Jan Cloete (moderator), Darrell Mackriel (skriba) en William Williams (assessor) teenwoordig.
Mag daar baie seën uit hierdie gesprekke voortvloei as getuienis van ons NG/VG Kerkfamilie se strewe na groter eenheid in ons land.
Belangstellendes kan hier meer oor die CPK, wat op 15 Oktober 1950 gestig is, lees.
VGKSA Kaapstreek moderamen ontmoet CPK moderatuur
Agter v.l.n.r. Hendry Tromp (skriba), Miriam Mplatyi (add. lid), Janine Williams (add. lid), Darrell Mackriel (CPK skriba), Sam Dandala (add. lid), Mary-Anne Plaatjies van Huffel (add. lid)
Voor v.l.n.r. William Williams (CPK assessor), Llewellyn MacMaster (moderator),
Jan Cloete (CPK moderator), Lucas Plaatjie (aktuarius)
GEMEENTENUUS
1. 'n Getuienis: Tweeling-gemeentes reis saam
In die Verenigende Ring van Stellenbosch word samewerking tussen VG en NG gemeentes bevorder deur tweeling-gemeentes wat hande vat en mekaar ondersteun.
Die winste hiervan strek wyd, sodat die kos wat in die winter by hulle weeklikse sopkombuis bedien word, eintlik ’n bysaak word. Persoonlike kontak word die boustene van hulle gesamentlike reis om mekaar beter te leer ken; die bewusmaking van die gawe van diensbaarheid onder die jeug sluit netjies aan by hulle strewe om sáám ’n verskil in die koninkryk van God te maak. Lees hier hoe Dolf du Plooÿ van Stellenbosch-Sentraal skryf - 'n groepfoto is onder.
Gemeentelede
NG Franschhoek Koninkryksfees
NG Franschhoek Koninkryksfees (Okt. - Nov. 2018). Klik bo.
Logo
3. NG Sonstraal vier huishoudings met Joshua 24
Oor die naweek van 19 tot 21 Oktober vier Sonstraal in Durbanville huishoudings en word lidmate toegerus vir die uitdagings waarvoor elke lewensfase te staan kom. Hulle skop met ’n familiefees af en sluit die naweek met eredienste wat ons roep om familie van God in die wêreld te  wees. Meer oor hierdie Joshua 24-konferensie is hier.
Stephanie
4. Welkom by NG Durbanville-Bergsig, Stephanie!
Alida Vorster, kommunikasiebeampte by die NG Gemeente Durbanville-Bergsig laat weet dat Stephanie Steenkamp aangestel is as nuwe junior-jeugbedienaar vanaf 1 Oktober.
Stephanie was voorheen ’n baie betrokke lidmaat van die gemeente en het na tien jaar in Pretoria teruggekom Kaap toe. Sy is getroud en sy en haar man,  Murray, het drie kinders. Sy was vantevore ’n onderwyseres en hou van sing en musiek maak.
Baie welkom by Bergsig. Ons hoop jou nuwe rol as juniorjeugbedienaar sal geseënd wees. Meer oor die gemeente is by www.bergsigdv.co.za.
Kerkgebou
5. Aflos gesoek vir Victoria-Wes
Manus Duminy skryf: “Die NG Gemeente Victoria-Wes soek 'n aflos vir 1-31 Desember 2018. Gelegitimeerde predikante van die NG Kerk of finalejaarstudente kan aansoek doen deur 'n kort CV van nie meer as drie bladsye nie, te stuur na ngkerkvicwes@gmail.com (cc ook na manusduminy@gmail.com).
Vergoeding is R 18,000 vir genoemde tydperk, asook reiskoste volgens die sinodale skaal vanaf die persoon se tuisbasis en terug, asook per km soos vir pastorale werk in die gemeente.”
Verjaardagwense
6. Gemeenteverjaardae
Hierdie maand, tradisioneel die mooiste maand, vier ons verjaardag saam met die volgende gemeentes:
Hartenbos (1 Oktober 1962)
Cape Peninsula Reformed Congregation (7 Oktober 1970)
Heidekoppie (Brackenfell) (7 Oktober 1981)
Constantia (9 Oktober 1968)
La Rochelle (Bellville) (11 Oktober 1974)

Oudtshoorn 
(11 Oktober 1853)
Laaiplek (12 Oktober 1965)
Stellenbosch Moeder (13 Oktober 1686)
Onrusrivier (14 Oktober 2001)
Stanford (14 Oktober 1913)
Montagu (16 Oktober 1854)
Namakwaland (Springbok) (16 Oktober 1850)
Ottery (16 Oktober 1967)
Kleinmond (18 Oktober 1970)
Caledon-Wes (21 Oktober 1973)
Koringberg (23 Oktober 1923)
Langebaan (23 Oktober 1988)
St Helenabaai (23 Oktober 2005)
Bellville-Vallei (25 Oktober 1962)
Tafelberg (26 Oktober 1943)
Worcester-Noord (26 Oktober 1955)
Bellville-Wes (27 Oktober 1947)
Pinelands (27 Oktober 1943)

'n Herinnering: as julle gemeente se verjaardag ook deel van hierdie lys moes wees, laat weet die Kerkargief asb. daarvan sodat ons inligting bygewerk kan word. Stuur 'n e-pos na argief@kaapkerk.co.za.
UIT ONS RINGE
NG Gemeente Oostersee
Ons bid vir ringsittings
Hierdie keer dink ons graag aan die volgende ringsittings wat in die komende week plaasvind:
Die Ring van Beaufort vergader op 14 en 15 Oktober in Leeu-Gamka, laat weet die ringskriba, Herman Burger (predikant van die NG Gemeente Merweville).
Jan van Schoor, ringskriba van die Ring van Piketberg en predikant van die NG Gemeente Redelinghuys, berig dat hulle ring op 15 Oktober in Piketberg vergader.
Tygerberg se ring is op 16 en 17 Oktober by die NG Gemeente Oostersee (foto) byeen, skryf Jampie Nel, ringskriba en predikant in Oostersee. 
Baie seën; mag hierdie gestalte van gelowiges wat saamkom tot uitbreiding van die koninkryk julle inspireer en nuwe moed vir die bediening gee!

PREDIKANTENUUS
Koegelenberg egpaar
1. NG Gemeente Plumstead se Hannes Koegelenberg ontvang emeritaat 
Ons dink hierdie week aan Hannes Koegelenberg van die NG Gemeente Plumstead, wat op Sondag 14 Oktober tydens die 10:00-erediens emeritaat ontvang. Die gemeente is dankbaar om Hannes en Ina egter steeds in hulle midde te hou, aangesien hy vir ’n verdere tydperk van drie jaar steeds in Plumstead sal bedien. Oudkollegas uit Hannes se dae as kapelaan, sowel as ander klasmaats, oudlidmate en bekendes kan gerus Sondag se diens bywoon. (Dis sommer ook Hannes se verjaardag op 11 Oktober – dubbele rede vir dankbare vieringe!)
Helgard en Erin Pretorius
2. NG Pinelands verwelkom Helgard en Erin Pretorius!
Saam met die NG Gemeente Pinelands vier ons die bevestiging van Helgard Pretorius as predikant op Sondag 14 Oktober om 09:30. Die prediker is Robert Vosloo; Helgard lewer sy intreepreek op Sondag 21 Oktober om 09:30. Die uitnodiging na hierdie spesiale diens is hier.
Ons bid jou en Erin baie vreugde en vervulling in die nuwe omgewing en rol toe, Helgard. Mag dit 'n geseënde nuwe tydperk vir Pinelands inlui. Lees hier meer oor die Pretoriuse - en oorweeg gerus om hulle by een of albei eredienste te ondersteun!
Hanno en Liaan
Hanno en Liaan Ackerman (NG Gemeente Sonstraal, Durbanville)
Wilco
4. Wilco Roberts beskikbaar vir aflos
Wilco Roberts laat weet: "Ek is beskikbaar vir preekbeurte in die hele Wes-Kaap. (Vervoertariewe geld vir optredes buite Kaapstad of verder as 'n 20 km radius vanaf Durbanville.)" Gemeentes kan hom kontak by wilco.roberts@gmail.com of 079 743 2148.
Inligting oor aflospredikers is ook op ons webwerf.
KAMPE
Kruiskerk Stellenbosch 
Eerstejaarskamp 
20-23 Januarie 2019

Kerkkantore en jeugwerkers: versprei hierdie nuus asb. onder julle jongmense. Hierdie eerstejaarskamp is elke jaar ’n onvergeetlike ervaring en uiters gewild. Getalle word beperk tot 200 dames en 200 mans, aangesien dit die maksimum is wat die kampterrein (Bergkroon, Wellington) kan hanteer. Tema: #DNA.
Diegene wat eerste betaal, sal eerste plek kry. Om teleurstelling te voorkom, word belangstellendes aangemoedig om so gou moontlik te registreer, die instruksies per e-pos te volg en dan binne 48 uur te betaal. Kry hier meer. Hul Facebook-blad is hier.

re#imagine Matriekfees Heroldsbaai!
Vir spesiale aandag: Alle skoolverlaters in jou gemeente! Oorweeg die beste wegbreek van jou lewe van 29 November tot 6 Desember 2018 op Heroldsbaai! 
Een hele week se fees, "chill" op die mooiste strand saam met matrieks van regoor die land en báie bederf! Verblyf en etes en ál die pret vir slegs R1300. Kry jou inskrywingsvorm en meer inligting hier of besoek www.facebook.com/matriekfees. Die jongste promo video is onderaan.
"Oorweeg dit om ‘n matrikulant of twee uit jou gemeente (of gemeenskap) te subsideer of te borg vir hierdie avontuur. Dis dividende in die hemel!" skryf Johan Engelbrecht van Hartenbos.

Promosie-video: Heroldsbaai Matriekfees 2018
Universiteitsoord Eerstejaarskamp 2019
Universiteitsoord: Tukkies Eerstejaarskamp
21 tot 25 Januarie 2019 - klik bo
PUK Kandelaar Eerstejaarskamp 2019
NG PUK Kandelaar: Eerstejaarskamp
8 tot 11 Januarie 2019 - klik bo
GEBEDSVERSOEKE
Gebedsversoeke 12 Oktober 2018
ALGEMEEN
Bursaries
1. US Theology: Old and New Testament
Postgraduate bursary, fellowship available
From the Department of Old and New Testament, Faculty of Theology, Stellenbosch, we have received information about the following two opportunities:
→ PhD Bursary in Scriptures, Religions and Hermeneutics 2019
→ Postdoctoral Fellowship in Scriptures, Religions and Hermeneutics 2019. 
Applications should be submitted no later than 31 October at 12:00 noon. Click here for more information.
2.1 Raakgelees
Waardigheid sal debat laat blom
In 'n artikel wat op 6 Oktober 2018 in Die Burger gepubliseer is, skryf Leslie van Rooi (senior direkteur van maatskaplike impak en transformasie aan die US) oor die noodsaak van debatte, maar dan met die kwalifisering dat 'n noodsaaklike element skynbaar tans kortkom - "om mekaar met die nodige (mens-)waardigheid te hanteer."
Dis sy verwysing na die onlangse afskeidsdiens van Dirk van Dyk (NG Gansbaai) wat die oog tref - dalk wil jy hier lees ... en moet ons onsself en ons deelname aan debatte weer toets aan die mate van (mens-)waardigheid wat vertoon word.
Menswaardigheid - Leslie van Rooi
Follow the Star carol service
2.2 Raakgelees
Menswaardigheid as Kersgeskenk ...
In sommige gemeentes word reeds kreatiewe planne rondom Kers(sang)dienste gemaak. Terwyl dit een van die unieke geleenthede in die kerkjaar is om besoekers van oral in die kerk te ontvang, mag dit goed wees om "Disability and Jesus" se gedagtes oor hul beplande Kerssangdiens in die St. Nicholas Katedraal in die VK te bekyk. Hulle stel hulle daarop in om toeganklik en verwelkomend teenoor diegene met gestremdhede te wees - eienskappe wat die kerk deurgaans teenoor alle mense moet vertoon. Heelwat wenke word verskaf, van taal en liturgie tot musiek en stilte. Altyd met gasvryheid en menswaardigheid in die oog.
Afhangende van die omgewing, kan selfs oorweeg word om 'n gebaretaaltolk saam met Dowe gaste na die diens uit te nooi. As gemeentes vroegtydig liefdadigheidsorganisasies wat dienste aan gestremdes lewer, nader, kan vanjaar se Kerstyd beslis 'n unieke ervaring en getuienis wees. Kyk die video met wenke hier.
Grondoudit
2.3 Raakgelees
Anglikane vra vir grondoudit en teologiese nadenke 

Die Anglikaanse Kerk van Suidelike Afrika se provinsiale staande komitee het versoek dat ’n inventaris van alle grond in die kerk se besit opgestel word ten einde aanbevelings oor die gebruik van onbeboude grond te maak. In ’n resolusie wat tydens hulle onlangse vergadering aanvaar is, is ook gevra vir die ontwikkeling van ’n teologiese besinning oor grondonteiening sonder vergoeding.
Diegene wat meer oor hierdie aktuele onderwerp wil lees, kan hier klik vir die volledige verklaring, uitgereik op 5 Oktober. Aartsbiskop Thabo Makgoba se artikel in die Sunday Times van 23 September 2018, “Infuse land debate with Gospel values: sharing, reconciliation, healing and taking care of neighbour” is hier beskikbaar. Hy bepleit dit dat die behoefte van gemeenskappe – en nie politiek nie – dié debat moet rig.
Padpredikant
PADPREDIKANT
Maandelikse nadenke
Hopelik ken gereelde lesers teen hierdie tyd die gedagte met hierdie reeks genaamd "Padpredikant" - om perspektief te gee op ons pad as geloofsmense onderweg om God beter te ken en volg. Jacobie M. Helena is hierdie maand weer aan die woord ...
Ryk en arm man
Só leef jy liefde
"Jakobus gee vir ons in geloofsgemeenskappe die opdrag om onsself weerloos te maak. Om saam met die weerloses te eet en tyd te spandeer. Hy daag ons uit om in die komende week vir iemand wat weerloosheid ervaar te gaan kuier. Jakobus keer die hiërargie van mag en van status om en stel die weerloses en weerloosheid voorop. God kíés die weerloses." Lees hier verder hoe Jacobie M. Helena skryf.
Jacobie
Oor die skrywer
Jacobie M. Helena is 'n vryskut skrywer vir Kerkbode en tans besig met haar doktorale studies in Nuwe Testament by die Universiteit van Stellenbosch en Vrije Universiteit Amsterdam.
Sy is een van vier skrywers wat telkens vanjaar in die eerste uitgawe van elke maand 'n bydrae vir "Padpredikant" lewer. Hierdie reeks nader sy einde soos die jaar ook einde se kant toe staan.
NUUSBRIEWE
1. Nuwe Getuie is hier!
Lees gerus ons jongste Getuie via die internet. Ons neem afskeid van jarelange kollegas, verwelkom nuwes en  deel graag met jou inspirerende getuienisstories. Lees hoe die Here ons, as sy navolgers, hier  in Afrika gebruik om te help heelmaak, hoop gee en saam handevat. Klik hier.
Die harde kopie sal voor die Desember-vakansie in kerkkantore beskikbaar wees.
Kontak Mariëtte Odendaal by kgakommunikasie@kaapkerk.co.za met navrae.
Strydom Bruwer
2. Vir gemeentes – 'n uitnodiging!
Vat gerus hande met Bybel-Media
Strydom Bruwer, sedert 1 Maart 2018 die ontwikkelingsbestuurder van BM Fondse, herinner gemeentes daaraan dat hy beskikbaar is vir preekgeleenthede en om Bybel-Media (publikasiemaatskappy van die NG Kerk) se werk in gemeentes bekend te stel.
Die versoek is dat kerkrade asb. oorweeg om gedurende 2019 ’n spesiale deurkollekte of insameling vir BM se werk te hou. ’n Kort video oor Bybel-Media is hier beskikbaar om tydens die opneem van die kollekte in die erediens te wys. Lees Strydom se nuusbrief hier en kontak hom by strydom@bmedia.co.za.
Kix-kwartaalblad
Klik bo vir die vierde kwartaal se KiX.kom-blad. Individuele lesse is hier.
Christo Wooding by die nuwe naambord van die skool
4. Nuus uit VGK Kokstad:
Getuienis van omgee, opbou, geloofsbande oor grense!

In 'n nuusbrief van 7 Oktober skryf Christo en Delesté Wooding vanuit Kokstad oor die uitreik van die NG Gemeente Onrusrivier om die kerkie op Aloekop-buitepos te verf en ander verbeterings aan die kleuterskool aan te bring.
Dis maar een van vele getuienisse van gemeentes wat uitreik, opbou, omgee, waar mense mekaar van nader leer ken, die ander in die oë kyk. Want dis op plaaslike vlak waar bande gesmee word tussen kerke, tussen wit en swart gelowiges, waar ons mekaar as kinders van dieselfde God leer respekteer en waardeer.
Dankie vir die voorbeeld, Onrus, VGK Kokstad en Aloekop. En dié dankie is terselfdertyd vir elke ander gemeente en geloofsgemeenskap waar sulke brûe in liefde gebou word en verhale van hoop o.a. met verf en stene geskryf word. Die nuusbrief en meer foto's is hier
PUBLIKASIES
LiG voorblad
1. In November se LiG...
♦ vertel 'n gesin hoe hulle dit hanteer om in vyf lande te bly;
♦ is studiemetodes wat wérk;
♦ vertel 'n vrou hoe sy op God bly vertrou ten spyte van haar kind se kankerdood en haar man wat aan Parkinson se siekte ly;
♦ lees ons waarom visvang goed is vir mans;
♦ vertel 'n 15-jarige vlieërplankryer hoe hy "kite vir die Koning" en
♦ deel Tanya van Graan haar roeping.
Klik hier as jy wil inteken op LiG - dis 'n ideale Kersgeskenk vir iemand wat "reeds alles" het!
A Family of Reformed Churches in Africa
A Family of Reformed Churches in Africa - click above
Christianity in Eurafrica
Christianity in Eurafrica
click above
Kersaanbod
4. Vroeë Kersinkope met CLF
CLF bied jou die geleentheid om nou reeds jou Kersinkope te doen en die stormloop te vermy. Hulle bied allerlei aanbiedinge en produkte van R50 of minder – klik hier. Hul sg. “combo” aanbiedinge is geldig tot 30 November of tot voorraad hou.
Stuur 'n e-pos na order@clf.co.za om te bestel.
Beelddraer - Word wat jy reeds is Gespreksigds
BM Beelddraer Gespreksgids
Beelddraer - word wat jy reeds is Leiersgids
BM Beelddraer Leiersgids
EKOLOGIE
1. Dit is tyd vir dankie sê
Die meeste damme in die Wes-Kaap wat vir Stad Kaapstad en omliggende dorpe van water voorsien, is óf 100% vol óf sterk op pad soontoe. Christus seën ons met water. Dankbaar sê ons: “Halleluja!”. Lees hier verder. Regs is 'n foto van die Voëlvleidam.
Net soos ons juig saam met mense in gebiede wat goeie reën gehad het, bly ons bid vir die dele van ons land waar die droogte steeds kritiek is.
2. Betaal met plastiek vir jou vervoer!
Beslis iets om na te streef en van te droom vir ons eie mooi land: lande soos Finland bied blykbaar reeds sedert 1952 ’n deposito vir glasbottels, sedert die tagtigs vir plastiekbottels en sedert 1996 vir blikkies. Kyk gerus (video onder) hoe vier stede, Beijing, Surabaya, Istanbul en Sydney, jou nou selfs toelaat om met herwonne plastiek vir jou vervoer te betaal.

Plastiek as betaalamiddel
Plastiek verbode
3. Anglikaanse Kerk in Suidelike Afrika vra verbod op plastieksakke
During the recent “Season of Creation”, the Provincial Standing Committee of the Anglican Church of Southern Africa passed a resolution calling for a ban on single use plastic bags in the six countries of South Africa, Lesotho, Namibia, Angola, Mozambique and Swaziland. The Archbishop and Bishops were also asked to communicate this danger to the respective governments, urging them to prohibit the manufacture (or production), importation and sale of micro plastics as a matter of urgency. Read the full resolution here.

Strooitjies
4. Kalifornië eerste VSA staat om plastiekstrooitjies te verban
Na raming gebruik Amerikaners 500 miljoen plastiekstrooitjies per DAG - en hierdie strooitjies tel onder die top tien marine afvalprodukte wat tydens Internasionale Kusskoonmaakdag versamel is. 
Nou is wetgewing aanvaar wat restaurante verbied om outomaties strooitjies saam met drinkgoed te verskaf (hier is meer). Dit mag soos 'n baie klein stap klink, maar die gedagte om kliënte te laat vra vir die strooitjie eerder as om dit sonder nadenke te gebruik, het baie meriete. Dalk kan ons mekaar ook hieraan herinner as ons so goedsmoeds daardie koeldrank met 'n strooitjie drink ... (Met erkenning aan Sea Voice News, 23.09.2018)
Vyf plastiekitems wat ons nou moet ophou gebruik
Wat van 'n ekovriendelike en bekostigbare bamboestandeborsel!
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
SPESIAAL! KYK HIER!
A
dverteer vakatures nou só
Dit is nou vinniger en eenvoudiger as voorheen vir gemeentes om vakatures by e-Kerkbode te adverteer.
Die nuwe portaal waardeur vakatures ingedien kan word, bied verskeie voordele vir gemeentes. Dit sluit onder meer in:
• 'n Templaat om netjies te organiseer
• Telefoniese hulp om gemeentes te ondersteun
• Kwotasies tipies binne een werksdag
• Vakatures verskyn binne ’n dag of twee op e-Kerkbode
Klik hier om meer te lees oor hierdie waardevolle ontwikkeling by Kerkbode.
1. Kerkbode: redakteur
Tydskriftemaatskappy van die NG Kerk, ’n afdeling van Bybel-Media, wag aansoeke in vir die voltydse pos van redakteur vir Kerkbode, die amptelike digitale en gedrukte nuuskanaal van die NG Kerk. Die pos sal verkieslik in Pretoria setel. Aansoeke sluit 15 Oktober 2018. Klik hier.
Logo
2. Badisa
2.1 Operasionele bestuurder: VKO Bellville

Badsia en Diaconia kombineer hul projekte met betrekking tot die verskaffing van dienste ten opsigte van vroeëkindont-wikkeling. Belangstellendes is welkom om die webwerf te besoek ten einde meer te wete te kom van die pos. Aansoeke sluit op 19 Oktober. 
2.2 Bestuurder: Huis Klippe Drift, Napier
Aansoeke van gemotiveerde persone met ‘n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag. Vergoeding behels ‘n onderhandelbare salaris asook ruim verlofvoordele. Doen aansoek voor 19 Oktober. Lees hier meer.
Logo
3. NG Welgemoed: administratiewe bestuurder 
Die NG Gemeente Welgemoed, ʼn voorstedelike gemeente in Bellville met 1287 belydende en 382 dooplidmate, beskik oor 'n vakature vir 'n administratiewe bestuurder. Aansoeke sluit 19 Oktober en diens-aanvaarding is 1 Februarie 2019. Lees hier meer oor die vereistes en  verantwoordelikhede van die pos.
Logo
4. ACVV-Hoofbestuurder: persoonlike assistent
Aansoeke word ingewag vir ‘n voltydse pos as persoonlike assistent in die ACVV-hoofkantoor in Zonnebloem, Kaapstad. Diensaan-vaarding  is 1 November of so spoedig moontlik daarna. Salaris en byvoordele op aanvraag beskikbaar. Aansoeke sluit 19 Oktober. Hier is meer oor die vereistes van die pos.
GP Kellerman
TEN LAASTE

Uit die pen van GP Kellermann

Aan die begin van ’n langverwagte sabbatsverlof, lees ek Tutu as I know him, ’n versameling persoonlike gedagtes oor biskop Tutu wat my terugneem na ’n blootstellingstoer na die noorde (1985?). 

Een van die “gevaarlike” besoeke (daar was sprake dat ons deur die “owerhede “ dopgehou is) was aan biskop Tutu. As hoogs idealistiese student, wat gedink het ek is taamlik verlig, wou ek weet hoe hy ekonomiese sanksies kon regverdig; dit sou tog “sy mense”, wat reeds swaar kry, die seerste maak. Wat my altyd sal bybly, is nie sy antwoord nie, maar die saam bid en sy eindelose geduld, respek, nederigheid en styl, wat my weer en weer laat dink het.

Dankie Vader vir die gawe van die Tutu’s in my lewe ... Lees hier verder.

                                                                 -0-0-0

GP Kellermann is sedert 2012 in die NG Gemeente Worcester-Audenberg in die bediening. Hy het voorheen ook in De Hoop en Parow-Welgelegen bedien. Kontak GP hier.

Kompas en Bybel
"Dankie vir u genade wat vir ons genoeg is
om ons oog op die bestemming te kan hou.
En dankie ook, Here, vir die vreugde
wat ons aan die reis kan hê."

(Uit "U loop voor", Barend Vos)
Ons bring hulde aan onderwysers. 5 Oktober (Internasionale Onderwyserdag) was vakansie en daarom word 12 Oktober, die eerste Vrydag van die vierde kwartaal, hiervoor gebruik. Klik hier vir Michael le Cordeur se artikel.
Ons waardeer ons predikante en geestelike leiers op Sondag 14 Oktober.
Bid asb. vir hulle en gebruik die kans om jou dank en waardering te wys.

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.