4. Spirale van Hoop
Nioma Venter van Diaconia werp lig op die werksaamhede van die Diensgroep van Barmhartigheid veral tydens rampgebeure soos brande, droogte en Dag Zero. Sy lees uit Klaagliedere 3:18-124: "maar in hierdie maalkolk van ellende, ontdek ek weer die liefde en trou van die Here."
Kyk na hierdie dokumentêr (klik regs) oor Diaconia se Omgee-uitreike waaraan 40 gemeentes in die streek deelgeneem het om rampverligting aan gemeenskappe te bring. Die Spirale van Hoop gids met praktiese riglyne vir hulpverlening binne gemeenskappe in nood sal binnekort elektronies beskikbaar wees.
Volgens Nioma is barmhartigheid wat tussen mense gebeur, ’n intervensie van God. "Ons is God se hande en voete in hierdie wêreld. Barmhartigheid is sy Wese wat Hy oor die wêreld uitstort." Alwena van der Vyver het spesiaal die lied Waar is U? geskryf en opgevoer - sien video hier.