Subscribe to our email list
 11 November 2016

Beste Leser
"Op die walle langs altwee kante van die rivier sal al die verskillende soorte vrugtebome groei. Hulle blare sal nie droog word en verlep nie
en daar sal altyd vrugte aan die bome wees.
Die bome sal elke maand nuwe vrugte dra,
want hulle staan by water wat van die tempel kom.
Die mense sal die vrugte eet en hulle sal die blare gebruik,
dit sal medisyne wees vir hulle."
(Es 47:12, Die Bybel vir Almal)
SINODENUUS
1. NG Buitengewone Algemene Sinode (7-10 November)
In die aanloop tot die vertrek van ons sinode se afvaardiging na Gauteng, was elkeen diep onder die indruk van die belangrikheid van hierdie buitengewone sitting. Die groep se opregte voorneme was om biddende, luisterend met onderskei-dingsvermoë die wil van die Here te soek tov dit wat op die agenda is. 
"Die sinode spandeer baie tyd om die diverse spektrum van standpunte aan te hoor. Daar word opreg na mekaar geluister en ons glo dat die Here op hierdie wyse vir die sinode sal lei om te onderskei wat sy wil is." Só berig Charl Stander, skriba van ons sinode, Woensdagaand 9 November uit die Noorde.
Die Kapenaars wat Maandag op OR Tambo arriveer het voor die aanvang van die buitengewone NG Alg Sinodesitting. Onder hulle is ook verteenwoordigers van  ander instansies, terwyl sommige afgevaardigdes reeds vroeër vertrek het.
Nagmaal Alg Sinode
1.2 Waar die Stroom kom, is daar Lewe
Nelis Janse van Rensburg, moderator, het die afgelope week se buitengewone sinodesitting met 'n boodskap uit Esegiël 47:1-12 geopen.
"Kan jy sien hoe die syferwater van God loop en bymekaarkom? Kom stap saam met my stroomop, dan wys ek jou. Hoë bome, volop vis. Het jy oë vir God se transformerende krag? Wat sien jy, mens?" het Nelis gevra. Klik hier vir meer
Die tema vir die week: Waar die stroom kom, is daar lewe.
1.3 Sinodelied: U nooi ons in ...
Wes-Kaapland se eie Siegfried Louw (NG Gemeente Brackenfell-Proteahoogte) en Nico Simpson (Bybel-Media) span in die video (langsaan) rondom die tema van Esegiël 47:1-12 kragte saam. Dit is die teks wat by die buitengewone sinodesitting die afgelope week as fokusteks gedien het, en wat Nico as basis vir die sinode se eie lied gebruik het. Belangstellendes wat hierdie teksgedeelte vir verdere nadenke en stilword wil gebruik, kan oorweeg om ook die volgende videosnitte (onder) in te span as visuele stimulus.
Dankie aan die Bybel-Media (Mema Media) span hiervoor.
Fokus op God
Fokus op God
Fokus op Roeping
Fokus op Roeping
Fokus op Vrug
Fokus op Vrug
1.4 Die Sinodesitting in Beelde
Die eMseni Christen Konferensiesentrum in Benoni, waar die meerderheid van ons sinode se afvaardiging oornag, het 'n pragtuin met stasies vir stilword nav bepaalde momente uit Jesus se lewe.
Ons deel graag enkele foto's daarvan, sowel as ander foto's wat tydens die week geneem is. e-Kerkbode se foto's van die sitting is hier beskikbaar.
Biddende hande
Gebed
He is risen
He is risen/Hy het opgestaan
Galilea boot
Galilea-boot
Sang by Alg Sinode
Samesang voor Dinsdag se sitting begin
Dageinde refleksie
Die Kapenaars reflekteer Dinsdagaand
Afgevaardigdes op pad na sitting
Sinode van Wes-Kaapland se groep Donderdagoggend op pad na die vergadering
1.5 Uitkoms deur diepe Onderskeiding
Nelis Janse van Rensburg, moderator van die Algemene Sinode van die NG Kerk, sê die sinode het op die tweede dag van die buitengewone Algemene Sinode 'n diepgaande gesprek van hoë kwaliteit oor Skrifgesag en Skrifuitleg gehad. Daar was goeie voorstelle op die tafel wat die sinode verskeie opsies gee.
Die gesprek is Woensdag voortgesit. Uiteindelik is die dag afgesluit sonder dat die besluitnemingsproses afgehandel is. Die proses is op Donderdag (10 November) voortgesit voordat besluite geneem sou word.
Klik op elk van die grafiese voorstellings onder vir video-opnames as oorsig van die dag se gebeure. (Met dank aan e-Kerkbode)
Belangstellendes kan gerus oorweeg om ook 'n onderhoud wat joernalis Pieter Steyn met Nelis gevoer het, te lees. (Met erkenning aan Netwerk24)

"Ons moet verstaan prosesse werk nie so dat jy reguit van punt A na punt B beweeg nie.
’n Proses is soos om ’n rivier oor te steek. Jy trap op die klip, dan trap jy op daai klip, partykeer moet jy weer op die klip agter jou trap, om uiteindelik weer vorentoe te gaan.
Jy kom waarskynlik ook nie reguit, regoor waar jy begin het, uit die rivier nie,
jy kom dalk so 100 m laer af uit die rivier. 
Ons is met God op reis. Die reis met God is ’n ingewikkelde reis
wat jou soms op klippe laat trap waarvan jy nie weet nie, of waarvoor jy nie kans sien nie.
Die kerk is op ’n reis en ons steek op die oomblik ’n rivier oor. "
- Nelis Janse van Rensburg

Dag 1
Dag 1
Dag 2 - video
Dag 2
Dag 3
Dag 3
2. Publieke Getuienis
Restitusie Konferensie in Kasteel

Die Restitution Foundation het op 9 en 10 November 'n omvangryke restitusie-konferensie in die Kasteel in Kaapstad aangebied. Van die sprekers wat optree, is Thuli Madonsela, Leon Wessels en Nomonde Calata, weduwee van Fort Calata, een van die sg Cradock Vier.
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis het die konferensie bygewoon  – lees hier sy indrukke op Twitter sowel as wat van die sprekers gesê het.
Nomonde Calata
Nomonde Calata
Thuli Madonsela
Thuli Madonsela
Leon Wessels
Leon Wessels
Judy-Marie Smith
4. Diaconia en DG Murray Trust
Transformasie vir Genesende Gemeenskappe

Judy-Marié Smith, kommunikasiebestuurder van die DG Murray Trust  het op Vrydag 4 November die fokus van DG Murray Trust met die sinode se koördineringspan (SKS) gedeel.
Die werk van die DG Murray Trust is gerig daarop om seker te maak dat alle Suid- Afrikaners die geleentheid het om hul lewenspotensiaal uit te leef, beide vir hulle persoonlike voordeel én tot voordeel van die groter samelewing.
Haar voorlegging het gefokus op die groot geleentheid wat die kerk het om transformasie in Suid-Afrika te bewerk deur 'n kultuur van empatie  te bevorder en platforms te skep vir ontwikkeling van persoonlike verhoudinge en netwerke oor grense. Groter netwerke, meer goedgesindheid, vertroue en wederkerigheid in gemeenskappe vermeerder sosiale kapitaal, wat dan versterkend is vir individue en alle aspekte van gemeenskap-wees – insluitende die plaaslike ekonomie. 
Die SKS se visie sluit nou hierby aan: Die SKS ondersteun gemeentes as navolgers van Jesus om regverdige en genesende gemeenskappe te word. Missio Dei  is op weg met ons! Kry haar PP-aanbieding en meer inligting hier.
DG Murray Trust en Diaconia
Gert Duursema
5. Willie Jonker Digitale Argief
Die nuwe Willie Jonker Digitale Argief is amptelik op Hervomingsondag (So 30 Oktober 2016) tydens die Willie Jonker Gedenklesing bekendgestel.
Ds Gert Duursema was die spreker by hierdie tiende gedenklesing in die kapel by die Kweekskool in Stellenbosch. Ds Duursema se lesing het 'n baie interessante titel gehad: “Kranksinnige waagstuk. Willie Jonker, kerkregtelike en bedienaar van die Woord.” Die lesing het gehandel oor prof Jonker se sterk kerkregtelike siening dat Christus die Hoof van die kerk is en daar dus gewaak moet word teen ’n aardse hoof (moderator of moderatuur) wat tussen sinodesittings uitsprake maak.
Mev Bettie Jonker het die sleutel op die rekenaar gedruk om die Willie Jonker Digitale Argief amptelik op die skerm te laat verskyn. Dit is 'n baie unieke digitale versameling met baie besondere funksies en beslis die moeite werd om te besoek. Klik by www.williejonker.co.za en lees gerus hier verder.
Kers
ALGEMEEN
1. Innige Simpatie
Ds JJV (Kowie) Smith (05.04.1946 - 10.11.2016)

Ons het vanoggend die hartseer nuus ontvang dat ds Kowie Smith vroeër vanoggend in Wynberg Militêre Hospitaal oorlede is na 'n kort siekbed. Hy en sy vrou, Patricia, is lidmate van die NG Gemeente Kuilsrivier-Suid.
Ds Smith se bediening het in 1971 in die Kaokoland-sending begin, waarna hy in 1975 na Gobabis-sending verskuif. Hy sit sy bediening in NGSK Stellenbosch-Noord (Kpln SANW), Okahandja, Suiderhof, Wynberg-Militêr, en Van Riebeeck (nou Plumstead) (as tentmaker) voort. In 2003 ontvang hy demissie. Daarna bedien hy in Gravelotte en St Stephen's. Ds Smith emeriteer in 2010.
Ons dink met medelye aan die gesin (sy vrou Patricia, die kinders: Liezel en Neil, Amelia en Retief, sowel as Jannie) en uitgebreide familie in hierdie tyd van verlies en hartseer. Geen verdere inligting is nog beskikbaar nie.
2. NG Wes-Kaapland Ringsittings
2.1 Spesiale Ringsitting in Oudtshoorn

Die Ring van Oudtshoorn het Sondag 6 November ’n spesiale ringsitting gehou om verder na te dink oor “Die Ring van Oudtshoorn: die pad vorentoe”. Hierdie gesprek is tydens hulle jaarlikse ringsitting in Augustus geopen, waarna daar by elke gemeente visitasie gedoen is rondom drie vrae: mooi stories in gemeentes, uitdagings in gemeentes en die vraag waar die gemeente homself oor vyf jaar sien.  Dankie aan Smuts Janse van Rensburg vir die terugvoer - lees meer hier.
Op die foto onder is van die leraars en kerkraadslede wat die spesiale ringsitting bygewoon het.
Oudtshoorn Ringsitting
Voor: Brs DJ Fourie; CJ Nel; Di G van Tonder; MS Janse van Rensburg;
JM Fourie; Brs SJ Rabe; IR Jonker en AF Van Staden
Agter: Ds GD Van Schalkwyk; Brs HJ Keller; LH Jordaan; Di W Matthee; AJJ Van Tonder; Br GD Haasbroek ; Ds AJ Potgieter; Brs J Delport; IC Cloete; Di JL Uys; JH Van Loggerenberg;
Brs DS Lategan; GJ Briel; B Du Toit; Sr M Murris; Ds SW Kotze;
  Sr LJ De Wet en Ds JG Marais
2.2 Ring van Tygerberg vier Gemeenskaplikheid
Cobus Swanepoel van NG Goodwoodpark berig soos volg van die Ring van Tygerberg: Die ring het op Dinsdag 1 November hul eerste amptelike rings-vergadering gehad by NG Parow-Welgelegen. Die nuutgestigde ringseenheid is gevier deur 'n gemeenskaplike ete en die deel van gemeente- en gemeenskap-stories. Die gemeentes het saamgebid vir wysheid en onderlinge ondersteuning te midde van onseker tye. Die buitengewone algemene sinodesitting wat tans aan die gang is, is ook in gebed opgedra. Op die foto is van die ringsverteenwoordigers.
Ring van Tygerberg
3. Fokus op Persone met Gestremdhede 3 Nov tot 3 Des
South Africa commemorates National Disability Rights Awareness Month annually between 3 November and 3 December. 3 December is the International Day of Persons with Disabilities, and is also commemorated as National Disability Rights Awareness Day. This year's theme is: "Persons with disabilities – Equal participants in shaping a sustainable future."
Rocco Hough
3.1 Engelse Bybel vir Dowes!
Om die Bybelse boodskap van hoop en vergifnis te begryp, is vir baie van ons moeilik. Dit is selfs moeiliker vir diegene wat nie kan hoor nie. Om die evangelie aan Dowes te verduidelik is inderdaad 'n enorme uitdaging. Iemand wat goed hiermee vertroud is, is Rocco Hough, wat reeds vir die afgelope 30 jaar in hierdie gemeenskap werksaam is. Hy is ook nóú betrokke by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika se vertaling van die heel eerste Engelse Bybel vir Dowes. Lees gerus hier meer en besoek sommer ook die webwerf van die Engelse Bybel vir Dowes. (Met dank aan die Bybelgenootskap van SA.)
English Bible for the Deaf webwerf
3.2 Stigma van Down-sindroom op sy kop gedraai
In Tirana, Albanië het pastoor Altin Kita en sy vrou Ada 'n paar jaar gelede gesoek na maniere om Jesus se medelye sigbaar te maak. In 2004 word 'n Downs-sindroom seuntjie vir Altin se suster gebore - en sedertdien is hulle saam besig om die manier hoe mense na kinders met Down-sindroom kyk, te verander. 
Hulle beskou sake rondom sosiale geregtigheid as deel van hulle Christelike plig. "We need to tell the world that these people are created in God’s image,” sê Altin. “If we don’t do it, who will do it?” Want dis die liefde van Christus wat ons een en almal menswaardigheid verleen.
Belangstellendes kan Christianity Today se artikel hier lees.
Reformasie 500 jaar
4. Raakgehoor: 
Wat is Reformasie vir JOU? Waar is dit nodig in kerk vandag?

Volgende jaar word Reformasie 500 wêreldwyd gevier. Wat beteken die Reformasie vandag vir ons as gelowiges? Die Wêreldraad van Kerke (WCC) het hierdie vraag in ’n video-opname of twee aan verskillende gelowiges gevra - klik hier.
Dalk help dit jou en jou gemeente in julle nadenke en voorbereiding vir 2017 se herdenking van hierdie belangrike gebeurtenis - en moontlik wil jy en jou kerkraad hieroor gedagtes ruil. (Let gerus daarop dat enkele van die deelnemers se bydraes in meer detail in opeenvolgende opnames net na hierdie een op You Tube beskikbaar is.) Met dank en erkenning aan die WCC oorgeneem.
Karl Vaters
5. Raakgelees:
Big cities need Great Small Churches, too
"Some people love being in a really big room for really big church services. The size of the crowd inspires and encourages them. When they worship Jesus, they see that they are a part of something far bigger than themselves. The crowd helps draw them into a deeper place of faith. And that’s great.
But a lot of people worship and minister best in smaller settings. They’re drawn into a place of deeper faith through a worship experience that is more intimate and relational." So skryf Karl Vaters in 'n artikel in Christianity Today. Diegene wat saamdink oor die rol en plek van verskillende groottes gemeentes, kan oorweeg om hier verder te lees.
GEMEENTENUUS
1. NG Moedergemeente George
Besondere Bybelkonferensie bemoedig en daag uit

Ongeveer 70 mense vanoor die hele land het op 3 en 4 November in die historiese kerkgebou van die Moedergemeente in George (gestig in 1813) byeengekom om in die woorde van Fanie Cronjé "te ervaar hoe die Skrif met jou besig raak" in plaas van andersom.
'n Meer volledige artikel volg binnekort in Kerkbode, laat weet Francois Mulder (NG Gemeente Blanco). Die sprekers en organiseerders is op die foto onder, met die groep konferensiegangers daarna.
Bybelkonferensie George - sprekers en organiseerders
Drew de Kock (Gemeentebestuurder, Moedergemeente George), Francois Mulder (Leraar, Blancogemeente, George), André Pieterse (Leraar, Moedergemeente George), 
Fanie Cronjé (Leraar, NG Gemeente Riviera-Jakaranda), Chris van Wyk (Leraar, NG Gemeente Somerstrand), Roedolf Botha (Dialoog & E-kerk), Stephan Joubert (E-kerk), Steve van der Walt (Leraar, Moedergemeente George) en Dawie Badenhorst (Lidmaat, Moedergemeente George.)
Voor: Ferdi Boll (praktiese teologie jaar in Blancogemeente)
Konferensiegangers
2. NG Wellington bederf Oumas en Oupas
NG Wellington se kinderkerk het op Sondag 6 November 'n gesellige tee vir die oumas en oupas van die plaaslike ouetehuis en aftreeoorde aangebied. Daar is heerlik gekuier onder die ou akkerbome van die oudste huis in Wellington. Die kinderkerkdogters was die gasvrouens en almal is bederf met tee en skons. Hulle het self vir die program gesorg met sang en gediggies. Onder is 'n paar foto's van die geleentheid.
Dankie aan elke gemeente wat ons kosbare oupas en oumas op die hande dra!
NG Wellington Ouma en Oupa Tee
3. Durbanville-gemeenskap Bid oor Reën
Van NG Gemeente Durbanville kry ons inligting oor hierdie gebedsinisiatief van Durbanville for Jesus (D4J). Dit vind op Dinsdag 15 November tussen 13:00 en 14:00 plaas. Deel die inligting gerus met ander belangstellendes.
D4J Bid vir reen
4. NG Durbanville ontvang Wêreldberoemde Orrelis
Ons herinner graag hieraan: Op Sondag 13 November om 18:00 tree die welbekende Nederlandse orrelis, Dub de Vries, by die NG Gemeente Durbanville op. Toegang is gratis. Gaan geniet die "ambassadeur van die geestelike lied"!
Dub de Vries orrelis
PREDIKANTENUUS
1. Vergifnis soos 'n Bergfiets

VrydagNuus en e-Kerkbode het voorheen berig oor Chris Barnardo se verhaal van vergifnis nadat hy in 1983 een van die Kerkstraat-bom se slagoffers was. Nou is sy verhaal ook in ’n video-opname beskikbaar (klik op die foto onder). 
“Mens onthou,” sê Chris, “maar hóé ’n mens onthou, is belangrik. Ek onthou nou anders. Ek onthou Jesus, in alles. Jesus, wat my seer voel; wat saam met my huil. Jesus, wat hierdie moeë kind veilig terug na God toe help.”
Chris, predikant in die NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike, lewer graag sy getuienis in gemeentes. Kontak hom by arauna@mweb.co.za .
Chris Barnardo video
2. "Klomp dominees" maak Musiek!
Ses uit die sewe talentvolle lede van die NG buitengewone Algemene Sinode se "band" is predikante.
Faani Engelbecht, leier (en bestuurder van Bybel-Media Musiek) vertel meer oor die groep, wat die afgelope week so lekker begeleiding verskaf het vir die heerlike sang tydens die sinodesitting - lees hier. (Met dank oorgeneem uit e-Kerkbode.)
Jy sal name van die Wes-Kaapland Sinode herken; dis mense soos Faani, Christo Botha (NG Brackenfell-Proteahoogte), Johan Engelbrecht (NG Hartenbos)en Pierrié Kies van die NG Moedergemeente Mosselbaai.
Klik hier om te sien wat die sinode alles gesing het - vanuit die hele skatkis van kerkmusiek, vertel Faani! 
Sinodemusiekmakers
Vlnr is Johan Engelbrecht, Pierrié Kies, Faani Engelbrecht en Christo Botha
Groot Koraalrif Australie
Die Groot Koraalrif in Australië
EKOLOGIE
1. Groot Koraalrif DOOD verklaar!
Die Groot Koraalrif langs die kus van Queensland, Australië, is na 25 miljoen jaar dood verklaar! Gaan ons as navolgers van Jesus Christus oor hierdie dood treur en ons lewenswyse verander?  Lees oor die rif (klik hier) en word 'n ooggetuie saam met Naomi Klein en haar seuntjie (klik hier).
Dankie aan David Botha, Taakspan Ekologie.
2. Alles het deur Hom tot stand gekom ...
In 'n aangrypende video van RhinoAfrica.com word drie jaar se beelde van regoor die mooiste uithoeke van Arika, soos deur 'n robotvliegtuig ("drone") verfilm, vertoon. Dit bied 'n waardige toonvenster van ons spesiale kontinent. Dramaties, verstommend en manjefiek. Lees hier meer oor die spesifieke plekke in die video. 
Afrika-natuurtonele op sy mooiste
Ekologie Afrika
Missie Japan logo
NUUSBRIEWE
1. Missie Japan Nuusflits
In Missie Japan se jongste nuusflits skryf Stéphan van der Watt dat hy, Carina en hulle gesin DV vanaf 30 Junie tot 10 Oktober 2017 op pad na Suid-Afrika is vir hul 3-jaarlikse besoektyd (deputasie).
Soos in die verlede sal dit ‘n geleentheid wees om soveel as moontlik ondersteuners, familie en vriende te sien, en ook om te rus en hul tuisland te geniet. Hul programbeplanning het reeds begin en gemeentes en individue is welkom om met Stéphan kontak te maak hieroor by jsvdwatt@gmail.com.
Selfs in Japan is hulle intens bewus van die groot uitdagings in SA: droogte, kampus-onluste, korrupsie in die regering en kwessies in die NG Kerk. Stéphan verseker ons van hulle gebede te midde hiervan. Klik
hier om meer te lees. 

Van der Watt-gesin
Stéphan, Carina en hulle kroos
TEO logo
2. TEO-nuusbrief: November 2016
In hierdie uitgawe fokus twee artikels op die herinterpretasie van die Ou Testament se wette en die gedagte dat elke herinterpretasie as’t ware iets byvoeg. In aansluiting hierby volg ‘n oorsig van die verskillende sieninge van die huwelik oor die eeue, asook ’n artikel oor die herbelewenis van die geskiedenis.
TEO se redaksie wys weer op die vertaalfunksie op hulle webwerf. Die outomatiese vertaalfunksie verskyn aan die regterkant van die webwerf. Kies die taal van jou voorkeur en klik daarop. Lees meer
hier.
LiG voorblad
PUBLIKASIES
1. LiG Desember/Januarie
In die volgende uitgawe van LiG kan onder meer gelees word oor:
♦ Gesinswaardes bo nuwejaarsvoornemens
♦ Raad met die leë nes
♦ Wat sê "Gebore in 'n krip" oor Jesus?

♦ Is julle gesin reg vir 'n troeteldier?
♦ Hoe vier Binnelanders-akteurs Kersfees?
♦Oulike idees vir almal wat tuis gaan vakansie hou

LiG is ’n lekker opsie as Kersgeskenk: teken hier in. 
LiG, vir jou en jou mense.
2. Kry die Kerkbode-app
Nou is die kerknuus meer toeganklik as ooit tevore met 'n Kerkbode-app (toepassing) wat vir Android en vir Apple-fone en tablette beskikbaar is.
- Lees nuusberigte, artikels, rubrieke en lesersbriewe
- Ontvang kennisgewings van belangrike nuus
- Deel die nuus deur middel van sosiale media
- Effektiewe soekfunksionaliteit
- Vakatures
Klik hier om die toepassing af te laai.
Kerkbode toepassing
3. Bybel-Media: Leesrooster vir Lidmate
Van Bybel-Media ontvang ons nuus van die jongste Bybelkor-publikasie, naamlik die Leesrooster – Advent 2016 tot Koninkrykstyd 2017.
• Die fokus val nou meer op bruikbaarheid.
• Die bydraes is daarom baie meer kernagtig.
• Elke week se bydraes strek oor slegs twee bladsye.

Leesrooster vir lidmate – Advent 2016 tot Konin-krykstyd 2017 – volg die seisoene van die kerkjaar en maak gebruik van die erkende teksrooster Revised Common Lectionary, Jaar A. Dit moedig lesers aan om die feeste, gebruike en gewoontes van die kerkjaar te vier en te ervaar. Lees meer
hier.

4. Christelike Lektuurfonds (CLF)
4.1 Regte van Persone met Gestremdhede: 3 Nov - 3 Des
Volgens kommunikasie van CLF word slegs 5% van die vier tot vyf miljoen Suid-Afrikaners wat met gestremdhede leef, deur die kerk bereik. Die vraag is hoe tuis mense met gestremdhede in gemeente is.
Hoe toeganklik is die kerkgebou vir rolstoelgebruikers en is die badkamers ingerig om hulle behoeftes te akkommodeer? CLF deel praktiese wenke uit die pamflette “Are people with disabilities at home in the church? en “Gestremd maar nie nutteloos” om ’n gestremd-vriendelike gemeente te wees en hoop te bied. Lees hier verder.
Gestremd maar nie nutteloos nie Are people with disabilities at home in the church?
StopAids
4.2 Wêreldvigsdag 1 Desember - Wees voorbereid
Daar word vandag baie makliker oor MIV/Vigs gepraat, maar tog bly die stigma kleef.  God verwag van ons om die mens agter die siekte raak te sien en nie uit ons eie perspektief te oordeel nie.
Met die oog op Vigsdag op 1 Desember herinner CLF aan gratis pamflette wat bestel kan word om veral jongmense met gesonde lewensbesluite te help. Hier is meer.
'n Lewe vry van Vigs Kry weer hoop Ntombi
KUIERKANS
Geniet elke basaar, konsert en fees! Klik op die verskillende pamflette vir meer inligting. Ons Facebook het ook inligting hieroor. 
Gholf
1. Gesamentlike Gholfdag
NG Laaiplek en Velddrif en VG St Helenabaai

4 BALL AMERICAN SCRAMBLE
Saterdag 12 November 2016 - Bergrivier Gholfklub
Mulligans kan teen R10 elk gekoop word; maksimum 5 per speler. Soos die instelling vir hierdie prestige dag is, is daar ook 'n wisseltrofee wat gewen kan word!  Ons hoop die beste span wen! 'n Heerlike ete is by inskrywings ingesluit. Kontak Bergrivier Gholfklub met navrae by 022 783 0535.
NG De Tyger Basaar
NG De Tyger Basaar
12 November 2016
Gydosig Aftreeoord: Liggiefees
Gydosig Liggiefees
25 en 26 November 2016
Alta du Toit Nasorg basaar
Alta du Toit Nasorg Basaar
26 November 2016
Groote Kerk Kerssangdiens
Groote Kerk Kerssangdiens
20 November 2016 
NG Wellington Murray-mark
Wellington Murraymark
29 Nov - 3 Des
Kerkbode
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

'n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via die nuwe e-Kerkbode elektronies versprei na predikante en gemeentes, sowel as ander intekenare.
Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

Tinus van Zyl
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Tinus van Zyl

Ek skryf na ’n lang dag by die Algemene Sinode. Toe die sinode begin, was die atmosfeer gespanne, want die sinode handel oor ’n saak wat gelowiges diep verdeel, naamlik hoe ons moet dink oor verhoudings tussen mense van dieselfde geslag. Gou-gou was dit duidelik: ons verskil skerp van mekaar en daardie verskille gaan nie in een vergadering opgelos word nie.
Maar toe gebeur daar ’n snaakse ding. Ons begin gesels oor die gesag van die Bybel en ons lees die standpunt van die NG Kerk wat al dekades aankom en op verskeie sinodesittings weer en weer bevestig is. 

Dit sê onder andere: Die Bybel is die Woord van God, met gesag oor ons hele lewe, wat betroubaar God in sy genade aan ons openbaar, wat duidelik die evangelie van God se liefde en genade verkondig en wat voldoende is om ons deur die Gees te lei na geloof en gehoorsaamheid. 

Verder glo ons dat die Heilige Gees die kerk deur die eeue in die waarheid van hierdie Woord lei, dat dit ’n lewende Woord is wat ons hoor in gemeenskap met die Heilige Gees en met mekaar, dat Gereformeerde kerke daarom altyd sáám die Bybel lees en in afhanklikheid van die Gees sáám soek na die waarheid, geregtigheid en barmhartigheid wat God deur sy Woord in ons tot stand bring.

En toe daal daar ’n rustigheid oor die sinodesaal met die ontdekking dat, maak nie saak aan watter kant van die debat oor selfdegeslagverhoudings jy staan nie, ons ALMAL hierdie belydenis met alles in ons glo en bely: Die opgestane, lewende Here, Jesus Christus, regeer oor die kerk deur sy Woord en Gees.

                                                                   ***
Tinus van Zyl is sedert 2005 'n predikant by Durbanville Gemeente. Hy het sy doktorsgraad oor die Switserse teoloog Karl Barth gedoen en aangevoer in Barth se teologie staan gebed in die hart van geloof en gehoorsaamheid, want in gebed vra ons vir God om te glo wat ons nie self kan glo nie en om te doen wat ons nie self kan doen nie.  Kontak hom by tinusvz@durbanvillegemeente.co.za.
"God writes the gospel not in the Bible alone,
but on trees and flowers and clouds and stars." 
- Martin Luther
Boom
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za