navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 17 Maart 2024
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Johannes 19:17-18 en 1 Petrus 2:22-24| Jesus ruik na stof en hout

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Blokdiens in die grootsaal | Ds. Breytenbach (Psalm 37: Vry van kommer)

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie



KATEGESEGROEPE VERDEEL SOOS VOLG:
Annibrand Junior
Graad 1 tot 3 om 10:00 in die kleinsaal.
Graad 4 tot 6 om 10:00 in die grootsaal.
Graad 7 om 10:00 in die jeuglokaal.

Annibrand Senior
 Graad 8 tot 11 verdeel na die aanddiens in kleingroepe.

Hulp aan senior lidmate


Deur: Ds. Marius Breytenbach
Ons is dankbaar vir mense wat reeds op ’n vorige versoek aangaande hulp aan bejaarde lidmate in ons gemeente, gereageer het.  Ons wil graag tydens ’n gesamentlike byeenkoms die spesifieke behoeftes  voorlê aan diegene wat aangedui het dat hulle betrokke wil raak, en hulle dan aktief by dié bediening betrek. Ons nooi dus almal uit wat reeds aangemeld het, of nog wil aanmeld, om by die byeenkoms op Donderdag 11 April om 18:30 in die saalkompleks van die kerk in te skakel.  Kontak asseblief vir ds. Marius Breytenbach (082 376 6053) indien jy betrokke wil raak, maar nie die geleentheid kan bywoon nie. Ons is opgewonde om deur hierdie nuwe bediening nader aan mekaar te kom en deur omgee ’n verskil in mense se lewens te maak.

Paasdienste


Donderdag 28 Maart: 
Avondmaal om 19:00 in die kerk
Jesus ruik na parfuum | Ds. Potgieter 

 Vrydag 29 Maart:
Erediens om 09:00 in die kerk
Jesus ruik na bloed en die dood | Ds. Potgieter

Paassondag 31 Maart:
Opstandingseredienste om 06:15 (Ds. Dietmann) en 09:00 (Ds. Potgieter) in die kerk |
Jesus ruik na nat grond 

Lydenstydprogram

Week 6: Jesus ruik na stof en hout


  • Groepbyeenkoms: Dinsdagaand 19 Maart om 19:00 in die kerk saam met ds. René Potgieter.
  • Materiaal: Jy kan die materiaal wat vir dié week se Lydenstydprogram gebruik word HIER aflaai.
  • Lydenstydprogram:  Lees asseblief meer oor die Lydenstydreeks wat vanaf 11 Februarie tot 31 Maart aan die hand van Pierre du Plessis se boek "Jesus ruik na mirrre en stof", aangebied word.  Lees meer . . .

Die gemeentebasaar bly ’n hoogtepunt

Of dit braaivleis was waaraan jy kon weglê ’n pannekoek, of ’n lekker bakkie tradisionele basaarpoeding, almal is dit eens dat die basaar iets te ete vir almal se smaak aangebied het.  Saam met die etery is lekker saamkuier en pret vir die jongklomp natuurlik ook ’n vereiste en dit was ook in oormaat beskikbaar.  Baie dankie aan elke lidmaat wat die basaar ondersteun het deur dit by te woon, ’n bydrae te maak of hulp aan te bied.

"Ons kan nie op ons eie ’n sukses van so ’n groot geleentheid maak nie en daarom is ons baie dankbaar vir die hulp wat ons ontvang het," sê Karen Visagie, organiseerder.  "Baie dankie ook aan al ons konvenors wat hulle onderskeie tafels puik georganiseer het. Ons hoop ons kan weer in 2025 op julle nommers druk."  

Jeugkamp | 26 tot 28 April

Die jeugkamp word een keer per jaar saam met die jongmense van Klipheuwel aangebied.
Dit is 'n geleentheid om nuwe vriende te maak, by mekaar te leer, saam te lag en saam in geloof te groei. Alle graad 8's tot 12's word uitgenooi om in te skryf.
Klik HIER vir die aanlyn inskrywingsvorm. 

Gebedsversoeke

Doen asseblief voorbidding vir die volgende lidmate wat siek is:

- Salenta Coertze se dogter, Marisa.
- Org Ferreira.
- Sharon Smith, werknemer by die kerk. 

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.           
   

Verkies tot die kerkraad

Die volgende lidmate is tot die kerkraad verkies:

Lood Conradie (ouderling),  Anneke Fourie (ouderling),  Conrad Koorts (ouderling),  Jonathan Mitchell (diaken) en Louise Rheeder (ouderling).  Doen asseblief vir hulle voorbidding in hulle besluit of hulle die nominasie sal aanvaar, al dan nie.


Met leedwese

Ons neem afskeid van:

- Johannes Doris (Pottie) Potgieter (23/04/1948 - 09/03/2024). Hy was sedert 2013 ’n lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy drie dogters en kleinkinders wat hy agterlaat.  Gedenkdiens: 16 Maart om 11:00 in die kerk.

-  Adriaan Izak Theron (07/08/1971 - 09/03/2024). Ons opregte meegevoel met sy vrou, Madelein, en drie dogters wat hy agterlaat. Gedenkdiens: 20 Maart om 10:00 in die kerk.


Jars of hope

Die winter kruip nader en ons wil behoeftige gesinne graag ondersteun om voedsame sop vir koue aande te kook.  Neem asb. ’n glasbottel in die voorportaal van die kerk en vul dit met die bestanddele wat op die bottel aangedui word.  Gevulde bottels kan op weeksdae tussen 08:00 en 14:00 by die kerkkantoor afgegee word.

VatVyf-program

3 April om 10:00: ’n Gratis praatjie oor die Camino-pelgrimstog in Spanje. Laat weet asb. voor 1 April vir Charlotte by die kerkkantoor-ontvangs indien jy dit graag wil bywoon.

17 April om 10:00: 
Optrede deur Piet Smit, bekende sanger.  Kaartjies teen R100 te koop voor 15 April by Charlotte (kerkkantoor-ontvangs).  

Vakature kerkkantoor

Die kerkkantoor het ’n vakature vir ’n algemene nutsman wat kan sweis, houtwerk doen en ervaring in bouwerk het.  Stuur asb. ’n aansoekbrief en kort CV na ontvangs@stellenberg.co.za voor Maandag       25 Maart 2024.  Rig navrae aan Charlotte by 021 976 4519.

Uitnodiging aan oud-Evers


Me. Louise Rheeder tree na 43 jaar diens af by Laerskool Eversdal.  Alle oudleerders word uitgenooi na ’n saalbyeenkoms waar daar amptelik van haar afskeid geneem sal word.
Dinsdag 19 Maart om 08:00.
Voltooi asseblief die onderstaande skakel indien jy die saalbyeenkoms graag wil bywoon.

https://forms.office.com/Pages/ResponsePage.aspx?id=TQcyuwTTRkaKKqhH9_kcLf-ASQaLeQ1Dv7zpMllBEWFUNEdSWEJITkE2QUxRTDhCRkpRMU5TMkpURS4u

Breigroep

Die breigroep ontmoet op Maandag 8 April om 09:30 in die markplein.  Nuwe lede is baie welkom.  Bring gerus jou breiwerk saam.  Rig navrae aan Ria McMicken by 083 519 0602.

Verhuring van lokale


Die kerk se sale, markplein en kafeteria-area is te huur vir privaat funksies.  Kontak gerus vir Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za vir meer inligting rakende beskikbaarheid en tariewe.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Twee studente wat aan die Universiteit van Stellenbosch studeer is op soek na nog twee Stellenbosch-studente wat ’n saamryklub vanaf Stellenberg na Stellenbosch wil vorm.  Skakel Jaden 068 587 9377 of Kyla 079 503 1734 na 17:00 indien jy belangstel.

- Gemeubileerde dubbelkamer beskikbaar in Durbanville vir jong enkellopende man.  ’n Groot badkamer en kombuis word met drie ander studente gedeel.  Huur van R3 300 per maand sluit elektrisiteit, water en wifi in.  Kontak Susan by 082 339 0272.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  

Maria-restaurant

Maria se ure tydens Paasnaweek is:

  • Vrydag 29 Maart: gesluit
  • Saterdag 30 Maart: gesluit
  • Sondag 31 Maart : gesluit
  • Maandag 1 April: oop soos gewoonlik vanaf 07:00 tot 17:00.

In die omgewing . . .

Subscribe to our email list.