navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste | Sondag 16 Maart 2025
Lukas 4:1-3 | Jesus ons Verlosser
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (4)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Breytenbach

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn  |  Ds. Dietmann

Blokdiens om 09:00 in die grootsaal | Ds.  Visser

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal

Aanddiens (belydenisaflegging) om 18:00 in die kerk en aanlyn  | Ds. Schoombie


 Deuroffer: BADISA

Kategese-afnaweek

Sondag 23 Maart is kategese-afnaweek.  Woon gerus ons oggenddiens om 09:00 in die kerk by.  Weens die langnaweek en skoolvakansie sal die familie-, aand- en meditatiewe dienste weer op 13 April hervat.

Belydenisaflegging – ’n Roetemerker vir jongvolwassenes 

Deur: ds. Marius Schoombie

’n Mens se hele lewe is ’n reis saam met God. Langs hierdie pad is daar oomblikke waar ons tot stilstand geroep word en op ’n spesiale manier bewus word van ons lewens. In Genesis 28 het Jakob ’n belewenis wat hom laat uitroep: “Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie besef nie.” In reaksie hierop, merk Jakob hierdie plek en oomblik, deur ’n klip op te rig, olie daaroor uit te giet en die plek Bet-El (huis van God) te noem. Lees meer . . .


TWEEDE LYDENSWEEK
Neem deel aan Lydenstyd deur by die volgende in te skakel:

GEBED 
 - Woon elke Sondag een van ons eredienste by.
 - Skakel by die Midweek-ontmoetings met God in op Woensdagaande om 18:30 in die kerk.

VAS

Besluit om van iets te vas in die sewe-weke-periode om jouself op die wyse aan Jesus se lyding te herinner.

GEE
Fokus gedurende die Lydenstyd op vrygewigheid en bring gerus bydraes van niebederfbare produkte vir die kosprojek saam kerk toe.

ROOI KRUISE
Onthou asseblief om ’n foto van jou rooi kruis by jou huis te neem en te WhatsApp na 081 045 2428.  Baie dankie aan André Olivier wat die hout vir die kruise geskenk het, almal wat gehelp het om die kruise te maak en die graad 12’s wat die kruise geverf het. 

Kafeteria 16 Maart 


Op Sondag 16 Maart verkoop die Namibië-uitreikspan boereworsrolle en lekker basaarpoeding by die kafeteria.  Onthou om ’n ekstra geldjie saam te bring om die fondsinsameling te ondersteun.
In Lydenstyd vind ons hoop in lyding
Ons dink na oor verlede Sondag se preek met Psalm 22 as skrifgedeelte.  Ds. Marius Schoombie was die prediker.
Wanneer ons die seisoen van Lydenstyd binnegaan, word ons genooi om op ’n diep geestelike reis te vertrek. Hierdie 40-dae tydperk voor Paasfees is nie bedoel om ’n tyd van somberheid of onderdrukking te wees nie, maar eerder ’n geleentheid om die transformerende krag van God se liefde en genade in ons lewens te ervaar. Lees meer . . .

Kia orana

Kia orana – is ’n groet in Maori – een van die tale wat op die Cook-eiland gepraat word en wat beteken: mag jy lank lewe, mag jy soos die son skyn en mag jy op die golwe dans.  Ons het vanjaar die Wêreldbiddag vir vroue saam met die vroue van dié kleurryke eiland beleef.  Die Wêreldbiddag vir vroue is altyd in die eerste week van Maartmaand en fokus op vroue in verskillende dele van die wêreld.

’n Gebed | Ons gesels met Jesus oor sy lyding


Deur: Ds. Schalk van Wyk
In hierdie Lydenstyd tot Goeie Vrydag toe, gesels ons telkens met Jesus oor een van sy kruiswoorde.
Woorde uit die wêreld om ons:

The answer is not easy
For souls are not reborn
To wear the crown of peace
You must wear the crown of thorns

Lees meer . . . 
Luister gerus na die gesprek wat ds. Johan Visser onlangs oor die radio aangebied het.  In die gesprek deel hy meer inligting oor die In-Christus Leierskapskonferensie wat op 19 en 20 Maart by Stellenberg-gemeente aangebied word.
Koste: R500 per persoon. 
Bespreek jou plek aanlyn deur op die SKAKEL te klik.

Helpers by die teetuin


Ons het dringend helpers nodig wat bereid sal wees om op Sondagoggende vir ongeveer een uur na die oggenddienste by die teetuin behulpsaam te wees.  Helpers moet slegs tee skink, geen skottelgoed was nie. Kontak asb. vir Charlotte by 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za om hulp aan te bied.

Klankmanne en rekenaaroperateurs benodig


Ons benodig dringend klankmanne en rekenaaroperateurs wat behulpsaam kan wees met die aanbieding van eredienste.  Opleiding en vergoeding word aangebied.  Kontak asb. vir Deon Maree by 082 869 0364 indien jy belangstel.


Oorweeg asseblief om by die volgende betrokke te raak:
- Borg ’n tiener, of leen vir ons ’n tent asseblief. Kontak die jeugkantoor vir meer inligting by sunet@stellenberg.co.za.
- Leen vir ons ’n tent. Kontak gerus vir ds. Marius Schoombie (083 635 1523) of die jeugkantoor indien jy ons met ’n tent kan help.  
M I D W E E K  | ONTMOETINGS MET GOD                                              
Skakel Woensdagaande vanaf 18:30 tot 19:30 by die Midweek-byeenkomste in die kerk in.   
Aanbieder: Dr. Carel van Wyk 
Koste:  Gratis. ’n Donasie vir fotostate sal verwelkom word.

VatVyf-uitstappie 


Uitstappie:  Woensdag 19 Maart om 09:00

Ons besoek die pragtige Bosjesplaas naby Goudini.  Ons gaan op die pragtige plaas kuier en ook iets eet of drink.  Elkeen betaal vir hom-/haarself.  REEDS VOL BESPREEK.

Woensdag 23 April: Saalbyeenkoms
Stellenberg Hoërskool gaan vir ons ’n konsert om 10:00 in die kleinsaal aanbied.  Toegang is gratis.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 7 April 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Deuroffer Sondag


BADISA
Badisa is die NG Kerk se barmhartigheidsbediening en lewer ’n breë verskeidenheid maatskaplike dienste in die Wes-Kaap.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Oppasser vir kinders: ‘n Tweedejaarstudent by Eduvos, Tygervallei-kampus, is op  weeksaande en naweke beskikbaar om kinders op te pas.  Sy het ’n passie en liefde vir kinders; is baie betroubaar, verantwoordelik en georganiseerd en het vorige ervaring as ’n au pair.  Kontak: Carla Roux by 066 219 1279/carlaroux606@gmail.com.
- Vakature vir stafverpleegster by Chrismar Villas.  Sluitingsdatum vir aansoeke is 19 Maart 2025.  Kontak die verpleegdiensbestuurder met navrae by 021 910 1250.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.

- Deeltydse pos vir ’n boekhouer en administratiewe assistent: ’n Betroubare, noukeurige, onafhanklike kontrakteur om te help met take soos benodig. Die geskikte kandidaat moet rekeningkundige ervaring met kennis van Xero hê, moet onafhanklik en selfstandig kan werk, in besit wees van ’n skootrekenaar.  Dit is ’n deeltydse pos met buigsame werksure.   Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na nicole@nittygrittyams.co.za.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.

Subscribe to our email list.