|
|
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe: 081 045 2428
| |
Hierdie is die laaste uitgawe van die Stellenberg-weekliks vir 2025.
Die kerkkantoor is gesluit vanaf 22 Desember 2025 tot 2 Januarie 2026.
Die volgende leraars is gedurende die feesgety aan diens:
10 tot 25 Desember: Ds. Marius Schoombie
26 Desember tot 11 Januarie 2026: Ds. René Potgieter
| |
Sondag 7 Desember
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Philipp Dietmann (4)
Sondag 14 Desember
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Marius Schoobmie (1)
Sondag 21 Desember
Oggenddiens (Doop) 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Hanno Ackerman (2)
Oukersdag 24 Desember
Samesang van Kersliedere 19:00 tot 19:30 in die kerk | Ds. Marius Schoombie
Kersdag 25 Desember
Kersdienste 07:30, 08:30 en 09:30 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie
Sondag 28 Desember
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. René Potgieter (4)
Oujaarsdag 31 Desember
Oujaarsdiens 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. René Potgieter
Sondag 4 Januarie 2025
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Dr. Theo Swart (1)
Sondag 11 Januarie 2025
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. René Potgieter (2)
Deuroffer 7 Desember
Ruyterwacht Senior Sentrum - die sentrum bied etes en ander ondersteuningsdienste aan minderbevoorregte seniors in Ruyterwacht.
Deuroffers tydens die skoolvakansie
Daar sal slegs op Kersdag deuroffers opgeneem word ten bate van al die gemeente se projekte in die Klipheuwel informele nedersetting.
| |
Ons vier ’n Suid-Afrikaanse KersfeesDeur: Ds. Marius Schoombie
| |
Die evangelie van Johannes vertel niks oor die geboorte van Jesus nie, maar tog is dit moeilik om woorde te kies wat die tyd van Advent en Kersfees beter verwoord as Johannes 1:9: “Die ware lig wat elke mens verlig, was aan die kom na die wêreld toe.” Lees meer . . .
| |
| Oudleraars: Sal ons ou vriende ooit vergeet?
| |
Op die foto agter van links: Anriëtte en Koos de Ridder, Carel en Philna van Wyk, Why en Zandra Duvenhage, Mariette en Braam Hanekom, Marieta en Callie Visagie. Middelste ry: Willem en Hildegarde Malherbe, Gesie en Christo Alheit, Koosie Delport en Bremer Gericke. Voor: Riette en Marius Breytenbach.
Deur: Ds. Callie Visagie
Aan die einde van November was tien oud-kollegas van Stellenberg en hul gades, bevoorreg om saam te kuier. Heerlike stories kon gedeel word van die tydperk van bediening in die gemeente wat gestrek het vanaf die aankoms van Bremer (1981) met Carel (1984), Christo en Koosie (1985), Willem (1990), Braam (1993), Callie (1997), Anriëtte (2003), Why (wat mettertyd ingefasseer het) en Marius(2004).
| |
Glo - STREEF - leef oor grense heen in 2026 Deur: Ds. Johan Visser
| |
Die tema vir 2026 is nie drie aparte dele nie, maar ’n eenheid:
- Sonder Glo het ons geen fondament nie.
- Sonder Streef bly ons geloof passief.
- Sonder Leef bly ons strewe sonder vrug.
Hierdie drie woorde is ’n uitnodiging om ons geloof te herontdek, ons roeping te vervul en ons lewe ten volle in Christus te leef – én dit alles oor grense heen.
Mag 2026 vir ons almal ’n jaar wees waarin ons dieper glo, ywerig streef na, en vrymoediger leef – tot eer van Hom wat leef, Jesus Christus, ons Verlosser.
| |
Registreer jou kind aanlyn vir kategese deur die onderstaande skakel te gebruik. - Indien jou kind in 2025 geregistreer was vir kategese, sal jy 'n e-pos met 'n persoonlike skakel ontvang, wat jy kan gebruik om vir 2026 te registreer.
- Indien jy nie die e-pos ontvang nie, gebruik asseblief die onderstaande skakel om te registreer.
Almal moet asseblief registreer, al was kinders voorheen geregistreer. Dit is die enigste manier hoe ons kan bepaal vir hoeveel kinders ons voorsiening moet maak.
| |
Ons wil graag minderbevoorregte seniors wat in huise en woonstelle wat deur die Omgeetrust ontwikkel is, woon, tydens die Kersseisoen met ’n kospakkie ondersteun. Die Omgeetrust het ’n hele aantal huise en woonstelle opgeknap sodat minderbevoorregte seniors daarin gehuisves kan word. Klik asseblief HIER om te sien met watter niebederfbare produkte jy hulle kan ondersteun. Bring bydraes Sondae saam na eredienste toe, of gee by die kerkkantoor af.
| |
Doop op Sondag 21 DesemberDs. Hanno Ackerman, voorheen ’n leraar by Stellenberg-gemeente en sy vrou, Liaan, doop op Sondag 21 Desember tydens die oggenddiens hulle eersteling, Luna Isabel Ackerman. Die Ackermans woon tans in Nederland. Hartlik geluk aan Hanno en Liaan asook Luna se grootouers en familielede wat die mooi geleentheid bywoon.
| |
Ons neem afskeid van Charlotte Schoeman Charlotte Schoeman was die afgelope vier jaar die ontvangsdame in die kerkkantoor. Dit is moeilik om Charlotte in ’n paar woorde saam te vat. Met haar vriendelike persoonlikheid, uitsonderlike gawe van gasvryheid en die vermoë om elke besoeker hartlik te verwelkom, het sy vinnig in lidmate en kollegas se harte gekruip.
| |
Vier onbesorg fees
Deur: Ds. Schalk van Wyk
29 Wat ek bedoel, broers, is dat die tyd kort geword het. Wie ’n vrou het, moet van nou af so wees asof hulle nie ’n vrou het nie; 30 wie huil, asof hulle nie huil nie; wie bly is, asof hulle nie bly is nie; wie koop, asof hulle nie besit nie; 31 en wie betrokke is by die dinge van die wêreld, asof hulle nie betrokke is nie – want hierdie wêreld in sy huidige vorm is aan die verbygaan. 32 Trouens, ek wil hê julle moet onbesorg leef.1 Korintiërs 7:29–32a
| |
Ons dink na oor 2025Daar was ’n paar geleenthede wat die eerste keer in 2025 aangepak is. Ons deel graag iets meer oor die halftyd-mannegroep se staptog, die gemeente se eerste uitreik na die Degnosbediening in Namibië en die VatVyf-toer na die Karoo.
Halftyd-mannegroep pak die Outeniekwa- voetslaanpad aan
In die begin van die jaar het nog ’n mannegroep, vir manne tussen die ouderdom 35 en 55 jaar oud, die lig gesien. Die groep se naam, Halftydgroep, verklap die lede se ouderdom en ons doel is om die volgende helfte van ons onderskeie lewensreise saam af te lê. Lees meer . . .
| |
Ons groet ds. Nico LouwOns neem afskeid van ds. Nicol Louw wat vanaf 1980 tot 1981 ’n leraar van Stellenberg-gemeente was waarna hy by Kenridge-gemeente werksaam was. Ons deel graag die pragtige huldeblyk wat sy jongste seun, Jakkie Louw, vir hom geskryf het:
85 somers tot skemer donker word
Daar is dit nou in die skemer van Pappa se jare, Pappa is vyf-en-tagtig somers daar vir ons as gesin. Lees meer . . .
| |
Gedurende November- en Desembermaand plaas ons spesiale fokus op die gemeente se tiendemaandinsameling. Hierdie insameling word ten bate van die verskillende bedienings in die gemeente aangewend.
Ons mikpunt vir vanjaar se insameling is R18 00 000, en die bedrag van R944 262 is reeds ingesamel.
Ons nooi jou om steeds tot en met die einde van Februarie 2026 tot die gemeente se tiendemaandinsameling by te dra. Jou bydrae maak ’n betekenisvolle verskil in die bediening en die uitleef van die gemeente se roeping.
| |
| Vrouebybelstudiegroep – ’n reis saam met ander gelowiges
| |
Deur: Retha van den Berg
Reeds vir baie jare kom ’n groep van meer as 20 vroue elke Maandagoggend bymekaar vir die Vrouebybelstudie onder leiding van Marieke Streicher, Anita Smit en myself (voorheen ook Mariëtte Hanekom en Rita Robertson). Oor die jare heen het ons al saam die lewens van Bybelfigure verken, nagedink oor die karaktereienskappe van God, deur die spreekwoorde van die Bybel gewerk, en gesels oor ’n lewe onder die salwing van die Heilige Gees. Tans stap ons deur die Evangelie van Matteus, waar ons by die gelykenisse stilstaan waarmee Jesus sy dissipels – en ook vir ons – geleer het. Lees meer . . .
| |
| Stap die Camino de Santiago saam met Gerda Engelbrecht
| |
Gerda Engelbrecht is ’n jare lange lidmaat van die gemeente en boonop ’n ervare stapper van die Camino de Santiago. Sy het al sewe Camino's op haar kerfstok en deel in ’n reeks kort video's haar ervaringe met ons. Kyk gerus na die onderstaande video waar sy en ds. Marius Breytenbach inleidend gesels oor die video-reeks.
| |
Klik op die onderstaande knoppie om na die reeks video's te kyk.
| |
Volg gerus die Stellenberg Bybelskool aanlyn. Klik op die video bo om na sessie 5 te kyk.
| |
Luister na ons potgooie oor die Heidelbergse KategismusLuister op ons YouTube-kanaal of webwerf na die interessante bespreking oor die Heidelbergse Kategismus. Daar is reeds 39 sessies opgelaai.
| |
Daaglikse dagstukkeLuister gerus na die dagstukke wat deur ons leraarspan saamgestel word. Dit is daagliks (Maandag tot Saterdag) op ons YouTube-kanaal en webwerf beskikbaar. Indien jy graag deel wil raak van die WhatsApp-groep om die skakel elke oggend op jou slimfoon te ontvang, skandeer asseblief die onderstaande QR-kode en sluit by die groep aan.
| |
Vroue-retraiteDie vroue-retraite word in 2026 vanaf 13 tot 15 Maart by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum aangebied. Koste: R1 500 per persoon vir verblyf en etes. Bespreek jou plek by ontvangs@stellenberg.co.za.
Sluitingsdatum: 27 Februarie 2026.
| |
GebedsversoekeGee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.
| |
Finansiële bydraesBy Stellenberg-gemeente glo ons dat ons uit dankbaarheid tot die werksaamhede van die Here bydra. Jy is welkom om enige van die volgende betalingsmetodes te gebruik:
| |
- Bydraes kan elektronies oorbetaal word na ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. Klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak.
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur.
| |
|
Elektroniese kommunikasie- Op jou rekenaar:
Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang. Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za. - Op jou selfoon:
Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.
| |
|
In die omgewing . . .
Die NG Gemeente Bellville het ’n vakature vir ’n skriba. Sluitingsdatum vir aansoeke is 15 Januarie 2026 en diensaanvaarding is 1 Februarie 2026. Klik HIER om die volledige posomskrywing af te laai.
| |
Jy kan hier adverteerPlaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Stellenbeertjies-dagsorg: Vir babas tot tweejariges. Kontak Minette 069 179 5279.
- Tuisversorgingsdiens: Ek voorsien 'n inwonende diens aan eensame bejaardes wat ondersteuning benodig. Dienste sluit die voorbereiding van maaltye, aankope, ligte skoonmaakdiens en vervoer na afsprake (indien die persoon 'n voertuig het). Geen persone met demensie en Alzheimer se siekte nie. WhatsApp gerus vir Helma Zeelie by 082 326 6660.
- Tuinwoonstel dringend benodig: Ek benodig dringend ’n diervriendelike tuinwoonstel of kamer in ’n huis met ’n privaat badkamer. Ek is 62 jaar oud, sonder enige afhanklikes en werksaam by Solidariteit Helpende Hand. Ek kan R6 500 per maand huur betaal. Kontak my, Annelize van der Merwe, asseblief by 076 023 0522.
- Eenslaapkamerwoonstel benodig: Ek is op soek na ’n eenslaapkamerwoonstel of tuinwoonstel te huur in Stellenberg/Eversdal/Durbanville-omgewing. Ek kan vanaf 1 Des. 2025 of 1 Jan. 2026 die woonstel betrek. Kontak Marlene Lerm 084 588 5002.
- Eenslaapkamerwoonstel te huur in Eversdal. Die woonstel is vanaf 1 Januarie 2026 beskikbaar en geskik vir ’n jong werkende persoon of student. Geen troeteldiere. Veilige parkering. Kontak mev. Visser 076 4599 658.
- Luukse drieslaapkamer-vakansiehuis te huur in Eastford Country Estate Langs Simola, Knysna. Die huis bied ’n pragtige uitsig oor Knysna, kan ses persone akkommodeer en is vanaf 24 -28 November 2025 beskikbaar. Kontak Leana Nieuwoudt 082 88 77 347.
- Toesluitmotorhuis en afdak benodig: Kontak asseblief vir Pierre van Zyl 084 533 9976 of Elaine van Zyl 083 225 8880 indien jy ’n enkel- of dubbelmotorhuis het om te verhuur waarin antieke voertuie en ’n sleepwa gestoor kan word, of ’n afdak vir die stoor van ’n karavaan en boot.
- Woonhuis in Bettysbaai benodig: ’n Huisoppasser is op soek na ’n rolstoelvriendelike huis in Bettysbaai. Sy sal huur en elektrisiteit betaal en die huis is steeds beskikbaar indien die huiseienaar dit vir vakansies wil benut, mits dit vooraf met die huurder onderhandel word. Kontak Hanlie du Plessis by 072 766 9917.
- Au Pair-pos beskikbaar vir 2026: Ons gesin is op soek na ’n betroubare en verantwoordelike au pair om te help met ons drie kinders (ouderdomme 6, 8 en 11 jaar) gedurende die skoolkwartale van 2026.Werksure: Maandag tot Vrydag, 13:00 – 16:00 (ure kan effens buigbaar wees, indien nodig). Klik HIER vir ’n volledige posomskrywing.
- Huismaat gesoek: Marietjie Brink soek iemand wat ’n dorpshuis in Stellenberg met haar kan deel. Die huis het twee slaapkamers en twee badkamers, ’n tuin met ’n stoep en braaigeriewe. Alles is tot die mede-huurder se beskikking. Die huurder moet die kamer self meubeleer. Huur: R7 000 per maand en R7 000-deposito. Dadelik beskikbaar. Kontak Marietjie by 082 379 1229.
| |
Oorweeg u om u huis te verkoop? Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing. Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding. Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit.
| |
Eversdal Orthodontics
Ons huislike, familie-vriendelike praktyk bied al meer as 30 jaar lank ortodontiese sorg van uitnemendheid. Skakel ons gerus by 021 975 2610 om 'n afspraak te maak by Dr Seugnet Berndt – die eerste stap na jou mooiste glimlag!
📍 51 Amandelweg, Eversdal manager@eversdalortho.co.za
| |
|
|
|
|
|