navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste Sondag 24 Augustus 2025

Hoop bo vrees | 2 Samuel 9:1-13

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (1)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | M. Strümpher

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk in die grootsaal om 09:00

Aanddiens 18:00 in die kerk en aanlyn (belydenisaflegging) | Ds. Schoombie



Deuroffer: Noot-vir-Noodfonds
Die gemeente ondersteun gesinne of individue wat tydelike finansiële nood beleef, uit dié fonds.

Kontreikuier: Heerlike kos en samesyn 


Sluit op Vrydag 29 Augustus om 16:00 by ons aan vir die jaarlikse Kontreikuier saam met Sutherland-gemeente. 
Kom koop:
- Kontreiprodukte
- Roosterkoek
- Pannekoek
- Poeding
- Braaiborde
- Worsbroodjies
- Rou vleis  
Om Sutherland-gemeente met die fondsinsameling te ondersteun, benodig ons asseblief die volgende bydraes: 
- Gebakte en koue poedings asook vla.  Kontak Susan 072 942 1530 indien jy hiermee kan help.  
- Skenkings van meel, suiker en olie sal ook waardeer word.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.


Belydenisaflegging

Hartlik geluk aan die volgende jongmense wat vanaand tydens die jeugdiens hulle geloof gaan bely:

- Jean Bester
- Anja Petra de Jager
- Zandré du Plessis  
- Christoper Du Toit Joubert
- Jana Kotzé
- Le Roux Kotzé
- Tiaan Joubert Krige 
- Kristin Lochner
- Mikyle Maritz van Jaarsveldt
- Suné van Jaarsveld 
- Charl van Niekerk

Ouerleiding | Vrydag 5 September 17:30 - 18:30

Die familiebestuurspan nooi alle ouers uit om na dr. Serahni Symington, bekende spreker en spelterapeut, te kom luister.  Sy gaan praktiese raad gee oor hoe ouers hulle kinders kan toerus om hulself teen negatiewe invloede van buite (maats, internet, media, ens.) te beskerm.
Vrydag 5 September om 17:30 tot 18:30 in die salekompleks
Toegang is gratis maar, bespreek asseblief jou plek aanlyn deur die skakel te volg.
Koffie en tee word bedien.  Sluit gerus direk na afloop van die byeenkoms by die gemeentebraai in die markplein aan. Nooi gerus ook vriende om saam te kom luister.

Ontmoet vir Deon Maree, nuwe kerkraadslid


Deon Maree en sy gesin het eintlik min bekendstelling nodig, want die trio bestaande uit Deon, Rhoanne en Dean is bekende gesigte by gemeentefunksies, eredienste en sommer daagliks op die gemeente se terrein.

Deon is voltyds werksaam as die terreinbestuurder van die gemeente en sy seun, Dean, ’n B ComHons-student is een van die gemeente se klankmanne.  Ma, Rhoanne, werk voltyds by JP Morgan, maar is ook ’n raakvatter by die basaar, feesmark en op Sondae in die kafeteria. Lees meer . . .

Gemeentekamp | 10 tot 12 Oktober

Stuur ’n e-pos aan Madeleine om jou plek te bespreek by maddyleine@gmail.com.

Augustus is barmhartigheidsmaand


Raak betrokke by die spesiale fokus wat ons as gemeente dié maand op barmhartigheid plaas:

- Dra niebederfbare kosprodukte tot die kosprojek by.  Klik hier die vir vollgedige produktelys.

- Skep ’n maaltyd in ’n herwinbare houer, vries dit en skenk dit aan seniors in Klipheuwel. 

 - Skenk komberse en bruikbare klere aan die Omgeestoor.

 - Maak ’n geldelike bydrae.  Verwysing: Kosprojek of Noot-vir-Nood.

Gee bydraes asb. weeksdae tussen 08:00 en 14:00 by die kerkkantoor af, of laat dit Sondae in die voorportaal van die kerk.


Waar is dit lekker?

Die jolige VatVyf-groep het Woensdagoggend na die Suid-Afrikaanse Lipizzaner- perdevertoning in die Paarl gaan kyk.  Die groeplede is altyd opgewonde om ’n uitstappie mee te maak en hulle jaarprogram is propvol interessante plekke wat hulle besoek en geleenthede wat hul bywoon.  Indien jy oorweeg om ook in te skakel, kontak asseblief vir ds. René Potgieter of die kerkkantoor. Ons verwelkom graag nuwe lede.

Sluit gerus vir vier Dinsdae vanaf 9 September om 18:30 by ons nuwe Bybelskoolkursus in die kerk aan.  Ds. Schalk van Wyk is die aanbieder.  Ons gaan nadink oor ons roeping in die wêreld, asook oor kultuur.  Bespreek jou plek by Charlotte, ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.

Tema: Die Skepper en sy skeppende skepsels

Week 1: Van Eden tot Babel (Genesis)

Week 2: Van Babel via Ur na ʼn stad van God (Jesaja 60)

Week 3: Die mensgeboude Godstad Jerusalem word soos sy tempel, ʼn rowerspelonk

Week 4: Die Nuwe Jerusalem  (Handelinge)

Bevryding uit slawerny


Deur: Ds. Schalk van Wyk

Woorde uit die wêreld om ons:
23 Augustus onthou die wêreld slawerny en die bitter stryd om onsself van die euwel te bevry. Ek was nou onlangs in ʼn eeue oue huis op Wellington met ʼn voordeur wat uit die vroeë jare in die Kaap kom. Opvallend van die voordeur was dat sy deurknop baie laag sit. So ongeveer tussen my knie en my enkel, in lyn met die middel van my maermerrie. Lees meer . . . 


Dagkamp vir graad 1's tot 3's

n Opwindende byeenkoms vir alle graad 1’s tot 3’s.  Ons gaan kinders praktiese maniere leer oor hoe hulle hulself kan beskerm teen negatiewe invloede wat hulle op die internet teëkom, of by ander mense hoor of sien.

Wanneer: Vrydag 5 September 2025 vanaf 17:00 tot 20:30 by Stellenberg se salekompleks.

Jy kan jou kind Vrydagaand 20:30 weer by die kerk kom oplaai, maar daar is ook die aand ’n gemeentebraai waarby jy kan inskakel terwyl jy vir jou kind wag. 

Koste: R150 per kind

Inskrywings sluit: Donderdag 4 September 2025. 

Klik HIER om aanlyn in te skryf.
Die omgeetrust se wynveiling is beslis een van die jaarlikse hoogtepunte op ons gemeentekalender.  Gebruik die geleentheid om saam met vriende te kuier, lekker wyn te geniet en boonop die geleentheid te kry om die goeie werk wat die omgeetrust in minderbevoorregte gemeenskappe doen, te ondersteun. 
Fairview-landgoed sal die aand meze-styl-disse saam met verskillende wyn bedien.  Charles Back van Fairview sal ons aan hulle heerlike wyne bekendstel.
Skenkings van produkte wat tydens die veiling opgeveil kan word, sal baie waardeer word.  Kontak asseblief vir Karin by feesmark@stellenberg.co.za in die verband.
Bespreek jou plek, of ’n tafel vir jou en jou vriende by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.  Koste: R300 per persoon.

Seisoen van skepping | Plastic People

As deel van Seisoen van Skepping, nooi ons jou na ’n vertoning van Plastic People: The Hidden Crisis of Microplastics

Donderdag 4 September 18:30, toegang is gratis. Koffie en springmielies sal beskikbaar wees, maar jy is welkom om jou eie eet- en drinkgoed saam te bring.
Stellenberg-gemeente neem deel aan die globale seisoen-van-skepping-inisiatief.  Tydens Septembermaand word die film Plastic People by verskillende gemeentes regoor die land vertoon.  
Kom neem deel en word meer bewus van die impak van plastiek op ons omgewing en gesondheid.  Gesels saam oor watter rol ons elkeen kan speel om ’n verskil te maak.
Die film is 82 minute lank en sal teen 20:00 klaar wees, waarna ons ’n kort gespreksgeleentheid tot 21:00 sal aanbied.
Besprekings: 021 976 4519, of ontvangs@stellenberg.co.za, of aanlyn by quicket.co.za.

Graad 11-kamp | 12 tot 14 September

Die graad 11-kamp bied belangrike voorbereiding die pad na jou belydenisaflegging, waartydens jy jou aan jou geloof sal verbind. In graad 12, net voor die eerste belydenisafleggingsgeleentheid, is daar nog 'n belydeniskamp waarnatoe jy ook genooi word. Hierdie twee kampe verskil egter van mekaar en daarom moedig ons almal aan wat  aan die roetemerker van verbintenis (belydenisaflegging) wil deelneem, om beide kampe by te woon. Jy loop baie mis indien jy enige een van die twee geleenthede laat verbygaan! 

Meer inligting en inskrywings HIER of kontak Sunet by sunet@stellenberg.co.za.

Inskrywings sluit: Sondag 7 September

Annibrand Hike: 4-5 Oktober


Ons stap die Highlands-tweedag-staproete in Kleinmond. Dit is 'n geleentheid om ons ’n paar dae af te sonder, sodat ons nader aan mekaar en nader aan die Here kan kom. Tieners, families, studente en jong volwassenes of enige iemand wat wil saamstap, is welkom!


Meer inligting en inskrywings HIER

Ons nooi besigheidseienaars en plaaslike diensverskaffers om hul besighede tydens die feesmark op ons feesmarkperseel te adverteer.  A1-borde met jou besigheid se besonderhede en logo sal op die mark se omheining geplaas word en duidelik sigbaar wees vir alle markbesoekers asook straatverkeer.  Stuur ’n e-pos aan feesmarkadmin@stellenberg.co.za met verdere navrae vir besprekings. 

Gebedsversoeke

Gee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 1 September  2025 om 09:30 in die markplein. 

Hoe werk SnapScan?

Indien jy oorweeg om jou maandelikse bydrae, of op Sondae jou bankkollekte, of aankope by die kafeteria met SnapScan te betaal, volg gerus die volgende riglyne.  Dit is ’n gerieflike en veilige wyse van betaling.  Jy moet eers die SnapScan-toep op jou slimfoon aflaai en dan daarop registreer.  Sodra jy geregistreer het en jou bankkaart aan die toep gekoppel het, kan jy by verskeie besighede, of instansies deur middel van SnapScan betaal.  Jy maak ’n betaling deur die toep oop te maak en die betrokke QR-kode (soos links bo) met die kameralens in die toep, te skandeer.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

Jan Kriel Instituut se jaarlikse Tekkie Challenge is om die draai! Hierdie fondsinsamelingsgeleentheid vind Saterdag 6 September 2025 by Jan Krielskool in Kuilsrivier plaas ten bate van leerders met leerhindernisse. Skryf in vir die familie-vriendelike 5 km pretdraf/-stap of een van die langer afstande. Besonderhede aanlyn by www.tekkiechallenge.co.za.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Gemeubileerde woonstel te huur vir jong professionele, enkelpersoon. R6 800 p.m. wat water, elektrisiteit, DSTV, binnebraai en veilige parkering insluit. Die woonstel is onmiddellik beskikbaar. Kontak 084 442 0608.

Betroubare huishulp Elless Dzanjalimodzi soek werk vir Dinsdae en Donderdae vanaf 26 Augustus 2025.  Verwysing: Hanna Theart  076 149 1684.

- Betroubare huishulp Unice is dringend op soek na werk vir vier dae 'n week. Skakel gerus vir Marietjie de Graad 084 250 8016.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Eversdal Orthodontics
Ons huislike, familie-vriendelike praktyk bied al meer as 30 jaar lank ortodontiese sorg van uitnemendheid. Skakel ons gerus by 021 975 2610 om 'n afspraak te maak by Dr Seugnet Berndt – die eerste stap na jou mooiste glimlag!

📍 51 Amandelweg, Eversdal  manager@eversdalortho.co.za

Subscribe to our email list.