GEMEENTEBULLETIN

 5 tot 12  Januarie 2024
navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Sondag 7 Januarie 2023
Eredienste ook aanlyn op www.stellenberg.co.za of op  YouTube.

Oggenddiens om 09:00 | Ds. Marius Schoombie (1)
         

Doop vandag


- Corné en Jacoline Jongkind laat doop vir Alana René Jongkind.

- Nicol en Michelle Mostert, laat doop vir Elri Mostert.


Maria, dogter van Evert

Ons is opgewonde oor die nuwe koffiewinkel wat op 15 Januarie 2024 op die terrein open.  Ons verwelkom graag vir  Willi en Ronèl Botha en hulle personeel op die terrein.  Gaan loer gerus in en drink van hulle heerlike koffie en geniet die varsgebak en heerlike maaltye.  Die koffiewinkel sal weeksdae vanaf 07:00 tot 17:00 oop wees en vanaf 08:00 tot 13:00 op Saterdae.  Gesluit op Sondae.

Kategese-registrasie 2024

Jy kan nou aanlyn vir kategese in 2024 registreer.  Almal moet asseblief registreer, al was jy voorheen by Stellenberg se kategese ingeskakel, sodat ons weet vir hoeveel kinders om in 2024 voorsiening te maak.  Besoek asseblief www.stellenberg.co.za.

Graad 8-kamp

Doen asb. voorbidding vir die graad 8-kamp wat vanaf 12 tot 14 Januarie by Apostelbattery-kampterrein aangebied word.  Ons bid dat die kamp vir leiers en graad 8’s ’n verdiepende geestelike ervaring sal wees.

Gebedsversoeke

Gebedsversoeke kan aan ds. René Potgieter by 079 893 8104 gestuur word.
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan die bulletin en Stellenberger per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die bulletin, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en           lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Die sentrum is gesluit vanaf 18 Desember tot 3 Januarie 2024.  Vir noodgevalle of afsprake skakel               Rudolph van Schoor 066 54 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.