Lees deur internet, klik hier >>
20 Julie 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
"... lei en leer die heersers van ons land,
met besluitneming deur u volkome wysheid.
Skenk aan hul u onderskeidingsvermoë,
tot die vooruitgang van u koninkryk,
totdat ons hele land gevul word
met die kennis van u oneindige liefde."
- Uittreksel uit
'n gebed vir vrede
Gustav e.a.
SINODENUUS
1. Menswaardigheid en respek onder loep by AACC in Rwanda
By die elfde algemene vergadering van die All Africa Conference of Churches (AACC) in Kigali, Rwanda (1- 7 Julie 2018) is die NG Kerk verteenwoordig deur Rion Britz (NG Gemeente Kakamas), Gustav Claassen (NG Algemene Sinode se algemene sekretaris), Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die moderamen) en Fay van Eeden (NG Gemeente Lynnwood).
Die AACC is 'n ekumeniese netwerk wat meer as 120 miljoen Christene in 39 Afrikalande verenig in hul werk om 'n verskil in die lewens van Afrika se mense te maak. Hierdie elfde vergadering se tema was "Respecting the dignity and God's image in every human being". Hier is meer oor die AACC, terwyl Fay enkele foto’s van die konferensie hier gedeel het.
In die voorafgaande week (27 tot 30 Junie) het Nelis en Gustav ook die algemene vergadering van die "Africa Communion of Reformed Churches" (ACRC) in Rwanda, Karongi distrik op uitnodiging van die Presbyterian Church in Rwanda (EPR) bygewoon.

2.1 VGKSA Kaapland: nuwe moderatuur verkies
Ons wens graag die nuutverkose moderatuur van die VGKSA Kaapland (foto onder) van harte geluk - mag elkeen die nodige wysheid en insig ontvang om die kerk en koninkryk ten beste te dien. (Onderaan is meer oor die nuwe moderator, Llewellyn MacMaster.)
Klik gerus ook hier om Indaba, die afgelope sinode se daaglikse nuusbrief, te lees en so 'n kykie na gebeure daar te kry.

VGKSA Kaapstreek moderatuur
Agter v.l.n.r.: Ds. Janine Williams, Sarepta (Addisionele lid), prof. Mary-Anne Plaatjies
van Huffel, Fakulteit Teologie, US (Addisionele lid),
suster Mplatjie, Mthatha (Addisionele lid), broer Sam Dandala, Decoligny (Addisionele lid).
Voor v.l.n.r.: Ds. Lucas Plaatjie, Mfuleni (Aktuarius), dr. Llewellyn MacMaster, SA Gestig (Moderator), ds. Elbie Vinqi, Lwandle (Assessor) en ds. Hendry Tromp, Gelvendale (Scriba Synodi)
Llewellyn MacMaster
2.2 Llewellyn MacMaster:
moderator van VGKSA Kaapland 

Lees gerus meer oor die VGKSA Kaapland se nuwe moderator, dr. Llewellyn MacMaster, wat tydens die onlangse sinodesitting by Fort Hare in die Oos-Kaap verkies is, in 'n artikel soos ontvang van ons Diensgroep Getuienisaksie.
Ons bid hom Gods rykste seën toe vir hierdie uitdagende pos. Getuienisaksie se wens is dat hy wye ondersteuning in die uitvoering van sy taak sal ervaar. Klik hier om verder te lees. 
Llewellyn MacMaster is predikant van die VGK SA Gestig gemeente in Belhar.

Desiree e.a.
2.3 Algemene Sekretaris vir VGKSA Alg Sinode!
Desiree Brown van Kimberley is onlangs aangestel as die eerste algemene sekretaris van die VGKSA Algemene Sinode.
Ons beste wense aan haar met hierdie nuwe verantwoordelikheid.
Op die foto is mev. Brown saam met Brian Handel (VGK Bishop Lavis) en DP Carelse (VGK De Doorns). 

2.4 VGKSA Kaapland
nuwe webwerf

Ons susterskerk, die VGKSA Streeksinode Kaapland, het onlangs hulle nuwe webwerf bekend gestel. Klik by http://cape.urcsa.net
Dankdag vir reen 2 September 2018
Dankdag vir reën en gebede oor droogte - Sondag 2 September. Klik bo.
4. Sentrum vir Publieke Getuienis
Die land steier tans onder gewelddadige protes. Lees Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis) se analise en voorgestelde oplossing, wat op 19 Julie 2018 in koerante van Media24 verskyn het - klik hier. Kontak die Sentrum vir Publieke Getuienis by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202 met navrae.
As anargie alledaags is - Braam Hanekom
Getuienisaksie Jaarvergadering
Getuienisaksie Jaarvergadering 1 Augustus - klik bo.
6. NG Leer en Aktuele Sake help met verstaan van die Bybel
Hoe verstaan ons die Bybel? Wat is die gemeenskaplike standpunte waaroor daar reeds ooreengekom is in besluite van die Algemene Sinodes sedert 1986? Pieter van der Walt (PSD: Publieke Navorsing), saam met die Algemene Taakspan vir Leer en Aktuele Sake, help hiermee in 'n nuwe reeks artikels vir Kerkbode. Die reeks wil 'n oorsig bied oor die Skrifbeskouing van die NG Kerk onder verskillende temas en help om sekere woorde en terme te verduidelik.
"In al hierdie temas is die uitgangspunt dat die lewende God self met die mense sy liefde kommunikeer. Ons lees die woorde van die Bybel luisterend; ons ontvang en ondersoek dit; ons neem dit in met noulettende beskeidenheid. Ons lees en luister met die verwagting dat God se Woord tot ons kom." Lees hier verder.
Skrifgebruik
7. Diaconia: vir menswaardigheid
7.1 Ek kan! VKO sluit nie kinders met gestremdhede uit
Hoe verseker ons dat kinders met gestremdhede nie in VKO (vroeëkindontwikkeling) of ander leergeleenthede uitgesluit word nie? Hoe oorbrug ons die hindernisse?
Hierdie aktuele saak is tydens 'n onlangse werkswinkelgesprek “Let’s Talk Disability” aangespreek. Die aanloop tot die gesprek, wat deur die Ndinogona ("Ek kan")-span gefasiliteer is, spruit uit Diaconia se netwerk van samewerking met die NID en die Dowe Familie Kerk in Worcester, die VGK Suid in Worcester, Nuwe Hoop Sentrum en die organisasie Unlockd in die Paarl. Diaconia het die vennote byeen gebring, omdat die raakpunt in al hierdie netwerke ’n behoefte is om die menswaardigheid en potensiaal van elke kind in Suid-Afrika te bevorder,  veral ook dié met unieke uitdagings. Klik hier.
Ek Kan-werkswinkel 19 Junie
Agter: Jan Oberholzer en Andri Eloff (Dowe Familie Kerk), Sean Esterhuizen, Nioma Venter en Isabella de Kock (Diaconia), Erna en Franciska (fasiliteerders),
Tobey en Tony (Shonaquip), Danika (fasiliteerder)
Voor: Lisle Lourens (Dowe Familie Kerk), Betty Wanza (VGK Suid en Nuwe Hoop Sentrum),
Nicola Vermeulen en Eureka Smit (SmartStart), Erika Knobel (Unlockd) en Ilse Bloem (NID)
Luanne Mei en De Wet Hugo
7.2 Diaconia en Nal'ibali se 67 minute vir Madibadag
"Wat Mandela as 'n leier en mens van ander onderskei het, kan in een woord vasgevang word - respek." Aan die woord is Righardt le Roux (Diaconia se Nal'ibali-koördineerder).
As deel van die vennootskap tussen Diaconia, MathMoms, Elsiesrivier-biblioteek, Funza en IBBY, het die skrywer De Wet Hugo op 18 Julie, Mandeladag, uit sy eie boeke vir kinders gepraat oor die versorging van ander en om respek vir almal te betoon en op hierdie manier Madiba se nalatenskap lewend te hou. 
Die sowat 400 kinders van Elsbury en Elnor skole (in Bishop Lavis en Elsiesrivier onderskeidelik) het die besoek aan hulle skole geniet en was dankbaar om 'n kopie van Die kinders se Madiba (deur Funza geskenk) tydens die verrigtinge te ontvang.
Kontak Righardt le Roux gerus by nalibali@kaapkerk.co.za om betrokke te raak by die spesiale lees-vir-genot-projekte wat as deel van Diaconia se fokus op vroeëkindontwikkeling aangebied word. (Foto: Luanne Mei en De Wet Hugo). 
8. Hoe werk die millennials se koppe? Kom leer ken hulle saam met Jaco Hamman van Nashville, VSA!
Ons herinner aan hierdie spesiale geleentheid. Om gemeentes te help om die kreatiewe en energieke millennials in hul midde beter te verstaan en betrek, bied Predikantebegeleiding op 6 Augustus 'n dagkonferensie by Communitas op Stellenbosch aan saam met prof. Jaco Hamman, professor in Teologie, Sielkunde en Kultuur van die Vanderblit Teologiese Skool in Nashville, VSA.
Klik hier om jou plek te verseker. 
Weltevrede-logo
9. Weltevrede Akkommodasie
Gerief en fasiliteite soos min!
Op soek na akkommodasie in die hartjie van die noordelike voorstede van Kaapstad, selfsorg-fasiliteite in enkel-, dubbel- sowel as familiekamers en 'n huislike atmosfeer? Die netjiese Weltevrede Akkommodasie, gerieflik geleë in Lincolnlaan 80, Bellville, verdien beslis 'n pluimpie vir die diens en gerief wat hulle bied.
Hierdie Badisa-program (voorheen bekend as die NG Kerk Oornaghuis) bied spesiale tariewe vir verlengde mediese verblyf en pensioenarisse, wat vir privaatdoeleindes by hulle oornag, put voortaan voordeel uit die gerief van 15% afslag.
Besoek www.weltevrede.org.za vir meer besonderhede. Kontak gerus vir Nelia Botes by nelia@weltevrede.org.za vir besprekings of navrae.
Weltevrede Akkommodasie
Amptenare van die Ned Geref Kerk in SA
10. Leer ken ons Kerkargief 
Ons deel graag weer 'n brokkie inligting oor die werk van ons Kerkargief, soos verskaf deur Andrew Kok (ons argiefbestuurder).
Hy deel hierdie beriggies maandeliks op die virtuele tak van die eGGSA, Genealogiese Genootskap van SA, se Facebook. 
Om uit te vind oor die naamsveranderinge wat die hedendaagse Jaarboek van die Nederduitse Gereformeerde Kerke oor jare ondergaan het, lees die Julie-bydrae.
Kontak die Kerkargief gerus vir meer inligting by argief@kaapkerk.co.za of 021 882 9923.

11. Gedragskode vir godsdienstige groepe
VrydagNuus van 22 Junie het berig oor die voorgestelde gedragskode vir godsdienstige groepe wat in samewerking met die South African Council for Religious Rights and Freedoms (CRRF) saamgestel is. Pieter Coertzen het intussen die bygewerkte gedragskode, gedateer 25 Junie 2018, in beide Afrikaans en Engels verskaf. Kry dit hier.
Geen VN
GEMEENTENUUS
NG Sonstraal - Divorce Care begin 16 Augustus
Aanbieder: Eugene Malan - begin 16 Augustus. Klik bo.
Konferensie vir ma's - Vredelust
Vredelust: Konferensie vir ma's - 24 en 25 Augustus. Klik bo.
NG Gemeente Zeerust 150-jarige vieringe
NG Gemeente Zeerust vier 150 jaar: 18-19 Augustus. Klik bo.
NG Parow-Noord Vrouedagfunksie
NG Parow-Noord Vrouedagfunksie 9 Augustus. Klik bo.
Johan Janse van Rensburg
PREDIKANTENUUS
1. NG Nieuwoudtville verwelkom Johan Janse van Rensburg
Saam met Nieuwoudtville se mense is ons dankbaar oor Johan Janse van Rensburg, wat Maclear in die Oos-Kaapland vanaf die begin van hierdie maand verruil het om sy bediening in die NG Gemeente Nieuwoudtville voort te sit. Johan geniet fotografie en in die bediening is sy passies o.a. pastoraat en missionale kerkwees.
Sy bevestiging is op Sondag 29 Julie en sy intreepreek op 5 Augustus. 
Mag dit ’n geseënde nuwe fase vir jou en die gemeente – en breër gemeenskap – wees! 

Naidoo egpaar
2. The Cape Peninsula Reformed Congregation (CPRC) welcomes Arion and Carmelita Naidoo
We share in the joy of the CPRC in Cape Town, where Rev. Arion Naidoo and his wife Carmelita started on July 1st.
Arion previously served in the URCSA Fraserburg from April 2009 until January 2013. While studying at the Stellenbosch Seminary (Kweekskool) he was also serving as elder and lay preacher in the Reformed Church in Africa. Blessings to you in the role as tent maker in this special congregation in Cape Town!
Contact the congregation at 021 423 3529 or visit them at 55A Kloof Street, Gardens.

GEBEDSVERSOEKE
Gebedsversoeke
ALGEMEEN
1.1 'n Getuienis: Plant evangelie een-vir-een, seremonieel, geduldig, passievol ...
“Om die evangelie hiér te deel, vat tyd. En dis haas onmoontlik sonder ’n een-tot-een verhouding van wedersydse vertroue en leerbaarheid. Behalwe natuurlik as die Heilige Gees – soos dikwels die geval is – onverwags ons afgemete verwagtinge en pasklaar skemas verreweg oorstyg. Só het ek dit weer gister (1 Julie) beleef in Okayama, waar ek ’n boodskap uit die Woord kon deel.” Om Stéphan van der Watt (Missie Japan) se getuienis hieroor, sowel as die bevestiging van sy roeping as bedienaar van die Woord te lees, klik hier. Ons seënwense aan almal van Missie Japan!
Rysplantasie
Vloedskade
1.2 Vloedskade in Japan: hoe getuig die kerk?
Gedurende Julie het Stéphan van der Watt ook inligting gedeel oor die reuse-verliese en ontwrigting weens oorstromings en modder-stortings in veral Okayama, Hiroshima en die Ehime provinsies in Japan. Duisende huise is o.a. verwoes - sien foto. Die rampflits van 9 Julie is hier beskikbaar, en hulle jongste nuusbrief met o.a. gebedsversoeke hier.
Kom ons dank asb. die Here vir sy bewaring oor Missie Japan se sendelinge en vra dat Hy vir hulle duidelik sal lei in die rol en getuienis van die kerk in hierdie tyd.   (Foto: CNN)

Logo
2. Brightstar Lifeskills in Durbanville aangebied
Op 16, 23 en 30 Augustus fasiliteer Hennie en Amanda Swanepoel hierdie VBO-geakkrediteerde program by die NG Gemeente Durbanville-Bergsig. 
Die kursus fokus daarop om jou doelgerig en uitnemend te laat leef en 'n groter impak te hê. Jy kan ook self opgelei word as fasiliteerder. Klik hier om meer te lees. 'n Video vertel ook meer van die program se waarde.
2019
3. Beplanning vir 2019
Ter wille van al die flukse skribas en kommunikasiebeamptes in gemeentes wat reeds besig is met die saamstel van 2019 se kalender, herinner ons daaraan dat die lys van belangrike kerklike fees- en biddae vir 2019 reeds op die sinode se webwerf beskikbaar is. Hartlike dank aan Bybel-Media wat vir die saamstel van hierdie lys verantwoordelik is. 
Terloops, gemeentes in die Wes-Kaapland moet asb. seker maak dat die datum van ons 48ste sinodesitting  (13 tot 17 Mei 2019) ook op die kalender aangedui word. Gemeentes se predikante en kerkrade kan gerus ook onthou van die versoek om voor 1 Augustus vir Charl Stander te laat weet wat die vyf belangrikste vraagstukke of temas is wat julle graag op die sinode se agenda wil sien. Sy brief is hier
4. Jeug en kerk: Ekerk se jongste navorsing
Ekerk se jongste navorsing handel oor hoërskooljeug se houding en verhouding met hulle plaaslike kerk. Hulle het hierdie vraag van ‘n ander kant af benader deur hoërskole direk te vra om 'n aantal vraelyste uit te deel ten einde jongmense se houding en verhouding met hulle plaaslike kerk op meer neutrale maniere te meet vir 'n meer deursigtige en ware weerspieëling van hoe die jeug van vandag oor hulle plaaslike kerk voel.
Almal wat op die een of ander manier by #imagine betrokke is, kan gerus ook kennis neem van die kommentaar van hierdie ekumeniese beweging om die jeug toe te rus en betrokke te kry. Die volledige verslag is hier, met dank en erkenning aan Ekerk.

Ekerk navorsing - enkele opmerkings
5. NG Vrystaat nooi jou na VBO-week 2018
Ons herinner: 'n uitnodiging word aan alle leraars (van al die verskillende sinodes), asook enige ander belangstellendes, gerig om hierdie VBO-week (2-5 September 2018) by Woodland Hills Gemeenskapskerk in Bloemfontein by te woon (dit vervang die Winterweek). Sprekers sluit in Fanie Cronjé, Marius Nel, Johan van der Merwe, Nadia Marais, Nelis Janse van Rensburg en Pieter van Jaarsveld.
Klik hier vir die volledige program sowel as die inskrywingsvorm. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 17 Augustus. Navrae: Barnard Steyn by bicsteyn@ngkvs.co.za of 082 842 7028.
6. Annalise Wiid: 'n huldeblyk
Die sangeres, skrywer en kunstenaar Annalise Wiid (57) is op Woensdag 27 Junie oorlede.
Van 2008 tot 2011 was sy 'n direksielid van Bybel-Media, sowel as lid van die taakspan vir kerklike media van die NG Kerk Algemene Sinode. Sy het ook gedien op die Algemene Sinode se Taakspan vir Kommunikasie.
In 2017 ontvang Annalise die Andrew Murray-FAK-toekenning vir die bevordering van Christelike musiek. Sy het die harte van so baie mense aangeraak met haar inspirerende optredes dwarsoor die wêreld en laat 'n groot leemte op vele terreine.
'n Besonderse dankseggingsdiens om Annalise se lewe te vier is op Sa. 7 Julie by die NG Gemeente Helderberg, waar Annalise lidmaat was, gehou. Die diens is gelei deur Breda Ludik.
Onder die vele huldeblyke vir Annalise tel die een wat Marié Britz namens ons moderatuur gelewer het. Klik hier om meer te lees. Ons innige simpatie aan Annalise se ouers, Bertie en Pauline, sowel as haar suster en ander familie en vriende.
Annalise Wiid huldeblyk
Nelis by Kigali se massagrafte
7. Raakgelees
7.1. Om anders te kyk ... met respek, omarming, vir menswaardigheid

Nadat Nelis Janse van Rensburg onlangs in Kigali die massagrafte waar meer as 250 000 mense begrawe is, besoek het (sien ook berig bo), het dit hom getref hoe nodig ons tans in Suid-Afrika die evangelie - wat alles te doen het met die heling van wonde en die herstel van mense se eer - het.
Hy skryf: "Na 2018 jaar weet ons die oproep tot bekering en geloof in Jesus Christus het ook alles te doen met hiérdie lewe, met anders kyk na mense, met diensbaarheid aan ander, met respek, omarming, waardetoevoeging tot mekaar se lewe, omgee, luister, brûe bou, met praat met die mees onwaarskynlike mense in die gemeenskap, met die afbreek van mure, ... met die salwing van ander se wonde ..." Die volledige artikel op e-Kerkbode is hier

E-nuusbrief
7.2 Vir gemeentes/bedieninge se kommunikasie
Gemeentes wat soek na maniere en platforms om hulle nuusbriewe en ander kommunikasie makliker en meer gebruikers-vriendelik te maak, kan dalk baat by 'n artikel waarin vyf maniere waarop 'n gevestigde massa-e-posstelsel die kerk se bemarking en kommunikasie kan vergemaklik, bespreek word. Hoewel daar verskeie soortgelyke produkte op die mark is, bied nie baie daarvan die moontlikheid om (met sekere voorwaardes, natuurlik) gratis van hulle diens gebruik te maak nie! Klik hier.
Kerkdeur
7.3 Future church meetings: anywhere, anytime, sometimes ... 
While sharing his thoughts on the decline in church attendance, Carey Nieuwhof notes: "In the future, the church will meet anywhere, any time, sometimes. You’ll have set gatherings and people will gather together in person, but the digital will supplement, enhance, expand and sometimes replace your local gatherings.
For example, when people are out of town, they’ll join you online. But through email (yes despised email … people read them every day), online church, social and more things we’ll invent, we can engage people daily in the mission. And we can reach people who haven’t been reached every single day, not just Sunday."
If you are interested in fresh expressions of a missional church, click here to read more. 
WCC Childrens - credit Albin Hillert WCC
7.4 WCC committed to children
The World Council of Churches (WCC) advocates for children's well-being through a variety of projects at local, national and global levels. Being present – and often the gathering point – in rural and urban communities, churches have a unique position to influence society at all levels, from parents and school teachers to decision makers in public and private sectors.
For resources on how churches can use their influence to improve children’s lives, funding options and information on how to join the platform, read here.
The ”Churches’ Commitments to Children” supports engagement of churches in three areas: Child Protection, Child Participation and Climate Justice initiatives with Children.
UNAIDS-logo
7.5 Die Vigsprentjie in ons wêreld ... 
Op die vooraand van die Internasionale Vigskonferensie (23 - 27 Julie in Amsterdam) het UNAIDS 'n mediaverklaring vrygestel na aanleiding van 'n verslag waarin die groter prentjie van MIV en vigs wêreldwyd geskets word.
UNAIDS speel 'n leidende rol in die globale poging om vigs as openbare gesondheidsrisiko teen 2030 te beëindig as deel van die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte. Aneleh Fourie-le Roux, direkteur van CABSA (een van Diaconia se vennote), skryf hieroor: "Skokkend bly die feit dat daar weekliks 6600 nuwe infeksies onder jong meisies en vroue (15-24 jaar) is - en verder is infeksies besig om in 50 lande in die wêreld te styg."
Met menswaardigheid as een van ons fokusareas, kan ons as geloofsgemeenskappe nie anderkant verbystap of doof wees hiervoor nie.
Mandela aanhaling oor vigs
7.6 Bybels vir die wêreld
Daar is ongeveer 7,6 miljard mense op die planeet. Die volledige Bybel is nou beskikbaar in 674 tale (5,4 miljard sprekers), soos in onderstaande grafika uitgebeeld. Sowat 1 515 tale het 'n Nuwe Testament (631 miljoen sprekers) en 1 135 tale het 'n Bybelboek of 'n uittreksel daarvan (406 miljoen sprekers) beskikbaar.
Besoek die webwerf van die Bybelgenootskap van SA vir meer en oorweeg gerus om hulle werk te ondersteun. Kontak Quintus Heine, streekhoof Wes-Kaap, by 021 910 8780 of heine@biblesociety.co.za om betrokke te raak of met navrae.

Eerstetaal sprekers en Bybels in wêreld
PUBLIKASIES
Donkiemaan
1. CLF: nuwe publikasie
“Jeanne Els glo dat ons lewe in stories vervat is. Die lewe is 'n dagboek waarin ons meen om een storie te skryf, maar uiteindelik staan daar 'n totaal ander een. In Ons kyk na die donkiemaan versprei Jeanne haar stories oor nege breë kategorieë.
Sy vertel van oomblikke in die lewe wat nesmaak in mense se lewe, van gedagtes aan gister, oor weë van weelde en mense om ons.” Klik hier.
brief aan doopouers
BM: Brief aan doopouers - Willie Jonker
Die doop
BM: Die doop - DVD
LiG Augustus 2018
LiG-voorblad Augustus 2018
Kerkbode
Kerkbode 20 Julie 2018
Maastricht Stadshuis deur Hannes Burger
PADPREDIKANT
Onderweg as geloofsmense: om te onthou
In hierdie maandelikse rubriek dink ons saam met vier skrywers na oor ons pad as geloofsmense onderweg om God beter te ken en volg.
Padpredikant is 'n sinoniem vir 'n padteken. Soms wys dit die pad, soms dui dit 'n heel nuwe perspektief aan. Mag hierdie bydraes 'n klein kolletjie lig op jou pad skyn, nooit prekerig of beterweterig klink nie, maar liefs lafenis soos padkos onder 'n skaduboom bied.
Hierdie keer dink Hannes na oor die herinneringe wat ons elke oomblik besig is om te versamel, daardie "prentjies" wat in ons geheue vassteek. Hier is meer.
Skets: Stadshuis, Maastricht - Hannes Burger
Hannes Burger
Oor die skrywer
Ter wille van nuwe intekenare stel ons Hannes Burger, hierdie maand se skrywer, weer kortliks bekend.
Hannes Burger is sedert 1992 predikant in die NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike. Voorheen was hy in Mosselbaai-Suid in die bediening. Hy is 'n gesoute skrywer, van wie daar reeds etlike geestelike boeke die lig gesien het. Hannes is ook 'n talentvolle kunstenaar, wat skilder en teken na kinderspeletjies laat lyk. 'n Trotser oupa kry jy nie maklik nie!
Logo
EKOLOGIE
1. Church of England stands for climate change
The Church of England has voted to pull investments in its $8 billion fund from firms not on track to meet the provisions of the Paris Agreement on climate change by 2023. Members of the General Synod rejected a proposal to bring forward the deadline from 2023 to 2020. Click here.
Nairobi verkeer
2. Nairobi: Motorvrye dae op pad!
Kenia se hoofstad, Nairobi, is een van die mees oorlaaide stede in die wêreld. Om die opeenhoping te verminder, beoog Nairobi om in twee van die besigste dele van die stad motorvrye Woensdae en Saterdae in te stel.
Met private motors van die paaie, word beplan om meer busse, 'n ligte spoorlyn en 'n vinnige busvervoerstelsel in te stel. Lees hier om te sien watter voordele so ’n stap alles inhou ... dalk iets waaroor ons owerhede vroegtydig moet besin en navors?
3. Water vir lewe - gerieflik in GLAS!
Die verantwoordelike en spaarsamige gebruik van plastiek is wêreldwyd in die kollig. Tydens die onlangse vergadering van die World Council of Churches in Geneve, is herbruikbare glasbottels (foto onder regs met erkenning aan Valter Hugo Muniz) as alternatief vir plastiekbottels verskaf. Lees gerus ook hier.
Hier in ons eie land het glasbottels reeds tydens 2015 se NG Algemene Sinode ook aan afgevaardigdes welkome verligting in die Hoëveldse hitte gebied! Beslis iets om te oorweeg wanneer sinodesittings beplan word.
Glaswaterbottel Algemene Sinode 2015
NG Alg. Sinode 2015
Water for life
Water for Life
Water for life - glass
WCC Junie 2018
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Kerkbode - gedrukte uitgawes
NG Gemeente La Rochelle
1. NG Gemeente La Rochelle: Jeugleraar 
In biddende afhanklikheid van die Here nooi die NG Gemeente La Rochelle gelegitimeerdes met volle ampsbevoegdheid om aansoek te doen vir die pos as jeugleraar. La Rochelle is ’n voorstedelike makrogemeente van ongeveer 973 doop- en 3468 belydende lidmate wat tans deur twee leraars bedien word. Lees verder en reageer voor 17 Augustus 2018.
PAH
2. NG Gemeente Prince Alfred's Hamlet: Leraar
Die NG Gemeente Prince Alfred's Hamlet, deel van die Herenigde Ring van Tulbagh, het 'n vakature vir 'n leraar. Hierdie pragtige dorp in die Ceresvallei is 'n dinamiese landbougemeenskap. Die gemeente streef "om meer intiem met God, mekaar en die wêreld te leef, om die liefde van die genadige God, wat in ons harte leef, na almal uit te dra; om God se beweging te herken en daarby aan te sluit." Klik hier en reageer voor 30 Julie 2018.

Kerk
3. NG Bellville: Skriba/administratiewe beampte
Hierdie halfdagpos as skriba sluit in kantoorbestuur, die koördinering van gemeente-aksies sowel as finansiële pligte. As jy graag deel wil word van God se plan met hierdie gemeente in die middestad van Bellville, stuur jou aansoek en CV na ngbelmdr@absamail.co.za teen 3 Augustus.
Lees hier meer oor die verantwoordelikhede en vereistes vir die pos.
Logo
4.1 Badisa: Koördineerder Bejaardesorg
Badisa benodig die dienste van ‘n geregistreerde maatskaplike werker met die opdrag om bejaardesorgdienste te koördineer (standplaas Bellville). Let op die sluitingsdatum van 27 Julie 2018 en klik hier vir inligting oor die verantwoordelikhede en vereistes vir die pos.
4.2 Vakatures in Boland/ Overberg
Uit die Boland/Overberg ontvang ons inligting oor drie vakatures wat tans vir maatskaplike werkers en hulpwerkers beskikbaar is by Badisa Villiersdorp, Breedevallei (Rawsonville) en Wolseley onderskeidelik. Let asb. op die sluitingsdatum van 25 Julie en klik op die onderskeie skakels vir meer. 
Danie Mouton
TEN LAASTE
Uit die pen van ... Danie Mouton
In Thank you for being late wys Tomas Friedman hoe tegnologie, globalisasie en klimaatsverandering holderstebolder verandering dryf. Beide verandering asook die tempo van verandering versnel onbeheerbaar.

Dink aan die groei van tegnologie (kunsmatige intelligensie), globalisasie en klimaatsverandering. Onbeheerbare verandering het 'n ontsettende impak op denkprosesse, houdings, etiek, gesindhede, prioriteite, migrasie en werksplekke.

Dit weer raak kerk en godsdiens direk. Kerkmense voel soos vreemdelinge in 'n wêreld wat hulle nie meer ken of verstaan nie.

Moet ons oorgee en toemaak?

Friedman vertel die onstuimige verhaal van St Louis Park in Minnesota, sy grootwordplek. Leierskap, saamstaan, omgee, gasvryheid, mekaar vashou ongeag diversiteit, het die verskil gemaak. Dis wat ons moet bly doen.

Gemeentes is uitstekend geplaas om gemeenskappe in versnellende verandering te help. Wie gaan weerlose nuwelinge verwelkom en insluit? Wie gaan mense in nood se hande vashou en vir hulle omgee? Wie help jou in jou swaarkry?

Dominee en gemeente, jul taak is belangriker as ooit.

                                                                  -0-0-0-
                                                                                                                                   
Danie Mouton is die direkteur van die Sinode van Oos-Kaapland en ook redakteur van hulle sinodale nuusbrief, Grens.Pos. Kontak Danie hier.

“Before every human being goes a procession of ten thousand angels who sing
and declare, ‘make way, make way for the image of God.'”
– from a Chasidian Jewish myth
May we succeed more and more in seeing and treating
évery human being as the image of God.

'n Geseënde kwartaal - vol tekens van menswaardigheid - toegewens. 
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.