Die jaarlikse gala-aand en kongres van AHi Wes-Kaap vind vanjaar op Donderdag, 5 en Vrydag, 6 September by die Riviera Hotel, op Velddrif, plaas. Die tema, “Weskus is lekker”, is baie gepas by dié prentjiemooi omgewing.
Tydens die gala-aand sal ’n prysuitdeling, waartydens entrepeneurs vereer sal word vir hul werk, plaasvind.
Kongresgangers kan uitsien na gerespekteerde kenners as gassprekers op die program. Dié sprekers is Prof. Frederick Fourie, Professor in Ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat met sy tema “Skep van Inklusiewe Sakekamer.” Monika de Jager, Bestuurder van Namaqua Weskus Toerisme, sal gesels oor toerisme as ekonomiese katalisator terwyl landbou as ekonomiese katalisator deur Cornie Swart, President van Agri Wes-Kaap bespreek sal word. André Diederichs, stigter en hoof van FABASA, sal gesels oor aspekte van familiebesighede.
Bespreek jou kaartjies nou en geniet die gala-aand en prysuitdeling saam met ons op Donderdag, 5 September en wees deel van ons kongres op Vrydag, 6 September.