Subscribe to our email list
6 Oktober 2015

Beste Leser

Dagwyding: Annemie Bosch
Elke dagwyding word deur 'n nuwe liturg hanteer. 
Vir die tweede dagwyding was Annemie Bosch aan die woord met: "Die gewoon menslike - DIS waar God werk." 
Annemie is die weduwee van die invloedryke missioloog en teoloog, prof David Bosch.
Sy is veral bekend in ekumeniese kringe en word wêreldwyd gereken as 'n belangrike profetiese stem vir versoening, geregtigheid en menswaardigheid. 
Die kunstenaar, Christiaan Harris, se kunswerk van die dag sluit gepas by haar boodskap aan. Lees gerus in Sinodebode meer hieroor - klik hier.
Annemie Bosch Kunswerk Dag 2
NGK-logo
VGKSA-logo
Op Dag1 Teruggekyk  ...
Artikel 1-proses

Die pastorale brief wat die Algemene Sinode rakende die artikel 1 proses aan die kerkverband gerig het, is hier beskikbaar om in gemeentes te gebruik waar toepaslik. 
VGKSA Groeteboodskap
Dr Dawid Kuyler se treffende groeteboodskap aan die NG Algemene Sinode is hier beskikbaar vir belangstellendes.
Bossie Minnaar
Fondse en Bates
Johan Brink hanteer Taakspan Fondse en Bates se verslag. Hy daag die vergadering oa uit om die vermindering van lidmate nie net te "bestuur" nie, maar iets prakties daaraan te gaan doen! Hy doen 'n gebed vir elke gemeente wat finansieel en andersins swaarkry.
Diegene wat wil lees hoe Bossie Minnaar uit 'n Wes-en-Suid-Kaapse perspektief op hierdie verslag - en Johan se opmerkings daaroor - reageer, kan hier verder lees
Pieter Visser
Algemene Sinode het 'n eie "App"
Ds Pieter Visser het ’n toep (app) ontwikkel om nuus oor die Algemene Sinode maklik en gebruikersvriendelik beskikbaar te stel.
Klik hier op Sinodebode om te lees wat is deurentyd op die toep beskikbaar.
Die toep is vir Apple, Android, Windows en Blackberry beskikbaar en kan ook gratis van die Google Play Store afgelaai word.

Oor Gemeentes 
Vandag is aandag gegee aan sake soos navorsing (Kerkspieël), erediens en liturgie, gemeentebegeleiding, lidmaatbemagtiging en missionale ekklesiologie.
Die Gemeentebegeleiding-verslag onderstreep die noodsaak van intensionele leierskap, Lidmaatbemagtiging, dat die nood van die gemeenskap in ag geneem moet word; dat eredienste gasvrye ruimtes moet wees, en ekumeniese netwerke.
Prof Nelus Niemandt maak die opmerking dat die kerk besig is (en moet bly!) om 'n nuwe taal, belyn met die ekumeniese beweging, te skep. Dit is 'n geskenk van die Here, dié nuwe missionale taal - en dit het implikasies vir die kerk se teologiese opleiding ook.
Taal skep drome, hoop en werklikhede ...
Tweets oor Gemeentes
Jeugsake
Jeugnavorsing, jeugnetwerk, belydenis van geloof, kategese, onderwys - alles sake rakende die jeug wat vandag bespreek is. Die Algemene Sinode het oa vandag besluit om 'n Projekspan vir Jeugbediening te vestig met die taak om jeugbediening te koördineer.  
Jeugnavorsing: Skokkend Positief!
Skokkend Positief is gegrond op die data van 'n multikerklike navorsingsprojek oor hoe jongmense (16-35) oor die kerk voel. Dié boek, wat aan kerkleiers riglyne gee vir die kerk se toekomstige jeugbediening, is vandag tydens die vergadering vrygestel en bespreek.
Dr Zander van der Westhuizen beklemtoon 'n groot waarheid in sy voorlegging na aanleiding van die omvangryke navorsingsprojek: Die jeug het baie energie! Ons moet miskien minder fokus plaas op bediening aan die jeug, en meer fokus op bediening deur die jeug. Gebruik hulle energie!
Kategese binne raam van Geloofsvorming
Hierdie boek, Geloofsvorming herontwerp, bied ʼn raamwerk waarsonder daar nie oor kategese en enige ander jeugbediening gedink kan word nie.
Johan Avenant, voorsitter van die Kategese-taakspan van die Algemene Sinode, het vandag die nuttige hulpmiddel vir die opleiding van kategete en almal wat by jeugbediening betrokke is, aan die sinode bekendgestel.
#imagine
So wat presies is #imagine? Waar het dit ontstaan? Wat is die doel van #imagine? Hier is 'n splinternuwe video om in jou gemeente te gebruik!
#imagine movement
Kunswerk
Oop Gesprek oor Selfdegeslagverhoudinge
Daar is vanmiddag onder die baie bekwame leiding van Carin van Schalkwyk en Frederick Marais ruimte geskep vir 'n oop gesprek oor selfdegeslagverhoudings.
Dat daar met soveel meer empatie as tydens vorige soortgelyke gesprekke na mekaar geluister kon word, dui op die lang pad wat ons in die kerk al hiermee gestap het. Sagter, veiliger ruimtes is gaandeweg geskep. Dit is deel van 'n proses waarin ons met mekaar geduld moet hê volgens die waardes van respek, deernis en vertroue.
Samevattend het Frederick verwys na wyd uiteenlopende standpunte oor die interpretasie van die Bybel oor hierdie saak. Dit gaan oor ons ekklesiologie: waarvoor is die kerk daar? Dan is dit ook 'n teologiese saak, want dit gaan oor God en hoe God kyk na ons. Vierdens is dit 'n skeppingsaak. Hy het enigeen teenwoordig wat seergemaak is of ervaar het dat daar teen hulle gedisrimineer is, om verskoning gevra vir die onbeholpenheid waarmee ons almal probeer soek na God se wil in hierdie saak.
Woensdag word die saak verder bespreek met die oog op moontlike besluite.
Lees gerus hoe Sinodebode hieroor berig - klik hier.
Tinus van Zyl
Oom Hannes se Storie
Na die Sinode se respekvolle, dog emosionele en intense oop gesprek oor selfdegeslagverhoudings, vra oom Hannes vir my: “So wat sê jy van al dié dinge?” 
“Nee, ek weet nie, Oom. Wat sê Oom?” gooi ek die vraag terug.
“Dis baie moeilik,” skud oom Hannes* sy kop. En toe begin hy 'n storie vertel … Lees gerus hoe Tinus van Zyl hieroor skryf.
* Nie sy regte naam nie.
Raakgehoor
"Ons is hier om gehoor te gee aan sy groot opdrag - want: hoe sal hulle hoor as ons hulle nie vertel nie?" (Dirkie van der Spuy)
"Die NG Kerk is nie verniet in die meeste dorpe op die hoek van Hoof- en Kerkstraat nie. Ons moet ons plek volstaan. Ons moet ons plek as GASVROU inneem." (Gielie Loubser)
"Onthou, genesing vat soms 'n leeftyd." (Frederick Marais)

Besluite van die Algemene Sinode  
Die Algemene Sinode se besluite word op die NG Kerk se Facebook geplaas soos dit goedgekeur word. Klik gerus daar vir meer inligting.
Fotobeelde van die Sinode
Foto's help om 'n prentjie te vorm van die sitting van die NG Kerk se Algemene Sinode. Dalk herken jy jou kerkraadslid of predikant hier!
Charl, Leon, Frederick, Alro
Charl Stander, Leon Venter, Frederick Marais, Alro vd Spuy
Nadia Marais
Nadia Marais
Tinus en Gielie
Tinus van Zyl en Gielie Loubser
Melanie, Bossie en Stephan
Melanie Thirion, Bossie Minaar en Stephan Pretorius
Richard, Ben, Tiana, Strydom
Richard Holloway, Ben du Toit, Tiana Bosman, Strydom Bruwer
Berte, Heerden, Braam
Berte le Roux, Heerden van Niekerk, Braam Hanekom
Woensdag op die Agenda
Kerklike Media, Kerkhereniging, die Verenigde Diensgroep Diens en Getuienis (VDDG), Kerkverband en Selfdegeslagverhoudings is môre deel van die sakelys.
Die kollig val ook op Bybelvertaling, -verklaring en verspreiding. Verskeie "Oop Gesprekke" vind ook plaas.
Die Ooskerk was so vriendelik om belangstellende sinodegangers selfs uit te nooi vir braaivleis en rugby môre as die Springbokke teen VSA speel ...
Nuus uit die Sinode
Mense wat gebeure by die komende Algemene Sinode wil volg, het ʼn verskeidenheid kanale waardeur hulle die nuus kan kry. Dit sluit Twitter, Facebook, die Sinodebode-webwerf en hulle daaglikse nuusbrief in.
Onthou: Teken HIER in om Sinodebode direk te ontvang.
Wes-en-Suid-Kaap se Twitter en Facebook het ook nuus en inligting.
Sinode-groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za