Lees deur internet, klik hier >>
1 November 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Sentrum vir Publieke Getuienis: 100 dorpe dialoog
Nagenoeg 50 verteenwoordigers van tien NG Kerk en VGK gemeentes in en om George het Woensdagaand 30 Oktober vergader om saam te dink oor sosiale uitdagings en krisisse in die omgewing. Daar is besin oor die rol van die kerk in 'n tyd soos hierdie en die noodsaak om uitdagings saam aan te pak. Daar is geluister na die behoeftes en vrese in verskillende gemeenskappe, maar ook besin oor die pad saam vorentoe. Die mildelike reën wat tydens die vergadering uitgesak het, het baie laat glimlag. Groot dank aan Bonga Mbenenge van Thembalethu en Steve van der Walt wat groot inisiatief met die aand geneem het.
Johann Winterbach, Christopher Maarman, Bonga Mbenenge en Pieter van Santen
 Die groter groep tydens tafelgesprekke
Logo
2. Getuienisaksie
Arbeidsbediening George ondersteun SAPD geestelik
Suid-Afrika se polisiediens lewer van die gevaarlikste dienste in ons land, veral in sommige areas. In George het Arbeidsbediening se plaaslike aksiekomitee onlangs toegang verkry om twee maal per week beide die administratiewe en operasionele personeel van die dorp se SAPD met die Woord te bedien en sodoende geestelike ondersteuning aan een van die belangrikste sekuriteitspilare in ons samelewing te verleen. Lees hier verder.

3.Kommunikasie-indaba
Op Dinsdag 29 Oktober het die sinode se kommunikasiekantoor 'n indaba by Vredelust gemeente gehou. Gassprekers het ingesluit Esmé Brink van EchoVine Communications en Le Roux Schoeman van Kerkbode. Daar is besin oor die beeld van die kerk, die kerk as handelsmerk, ons teikengehore sowel as watter boodskap ons as missionale kerk moet uitdra. Die algemene terugvoer was positief en het dit duidelik gemaak dat meer soortgelyke sessies in die toekoms gehou moet word. Hou dus VrydagNuus dop vir aankondings oor slypskole en werkswinkels in 2020.
 4. Kategeet: hoe lyk jou gereedskapskissie?
Anriëtte de Ridder (PSD Jeug- en Familiebegeleiding) skryf op  DinkJeug se webwerf dat 'n veilige ruimte vir omgee deel vorm die basiese behoefte van enige kleingroep. Klik hier om tien wenke te lees wat kategete kan toerus en voorberei. DinkJeug is 'n hulpbron vir enigiemand wat besig is met die droom, dink en doen van familiebediening. Kontak die span hier.
EKOLOGIE
Ly jy aan affluenza (verbruikersgriep)?
Handhaaf jy 'n lewenstandaard wat anderkant en verby genoeg is? Skaf jy goed aan of bêre nuttelose items net om dit te kan hê en nie omdat jy dit nodig het nie? Die Nederlanders praat van "spulle-verslawing". Hierdie lewenswyse kan met 'n siekte soos griep vergelyk word en dra ook daartoe by dat die aarde se verhoogde temperatuur geen brieke het nie – behalwe as ons iets daaraan begin doen en eenvoudiger begin leef. Selfs Johannes die Doper se woorde in Lukas 3 kry 'n splinternuwe betekenis in die lig hiervan. Lees hier meer. Met dank ontvang van Projekspan Ekologie.
GEMEENTENUUS
Onthou: as daar enige veranderinge aan hierdie inligting gemaak moet word, kontak asb. die Kerkargief by argief@kaapkerk.co.za of 021 882 9923. 
2. 'n Positiewe blik op beurtkrag 
Na aanleiding van verlede week se artikel oor beurtkrag, daag Worcester- Brandwag gemeentes uit om te kyk hoe ons beurtkrag op 'n positiewe manier kan benader. Ina van Staden, skriba van die gemeente, skryf: "As gesin kan ons nie wag vir beurtkrag nie, want dan is dit 'n wonderlike stil familie-aand by kerslig. As dit deur die dag in die kerkkantoor is, bied dit weer die geleentheid om die liassering te doen en lêers uit te sorteer". Deel gerus hoe julle beurtkrag op 'n positiewe manier hanteer.
Nagmaal en gebedsgeleentheid by NG Welgemoed 10 November
Nagmaal en gebedsgeleentheid by NG Welgemoed 10 November - klik bo
Leonie
4. Groote Kerk se skriba groet na 43 jaar
By Groote Kerk Kaapstad word op 3 November tydens die 10:00-erediens afskeid geneem van Leonie Fraser, wat vanaf 1976 in diens van die gemeente was. Leonie tree op 31 Oktober af en die personeel en gemeentelede van Groote Kerk wens vir haar, haar man Pierre en hulle gesin net die beste toe vir die toekoms. Dankie Leonie vir soveel jare se getroue en lojale diens en dat jy altyd net jou beste vir die kerk gegee het. Die kantoor en gemeente sal jou mis! Almal word uitgenooi om die diens by te woon. Vir navrae kontak gerus vir Elizna by die kerkkantoor: 021 4220569.  
NG Swellendam: Kerssangdiens met Zorada Temmingh 10 Nov.
NG Swellendam: Kerssangdiens met Zorada Temmingh 10 Nov. 
PREDIKANTENUUS
Tallie en Gertrud
Tallie en Gertrud groet Boesmanland
Op 3 November om 09:00 neem Tallie en Gertrud van den Heever afskeid van Boesmanland gemeente. Gertrud is die gemeente se orrelis en tree aan die einde van November af. Nadine Maletzki sal op 1 November tydens 'n afskeidsgeleentheid die Akte van Emeritaat aan Tallie, wat op 31 Oktober aftree, oorhandig. Tallie skryf: "Die toonaard en woorde van die Psalm wat praat van meetsnoere wat in lieflike plekke geval het, is van pas. Dit was 'n voorreg om predikant te wees in die NG Kerk, dit was 'n besondere voorreg om dit te wees by Boesmanland gemeente en op Ariamsvlei. Ek en Gertrud groet dankbaar". Seën op die nuwe fase!
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
Indaba
Christian Youth and Inequality Indaba 23 November - click above
2. International Bonhoeffer Congress 2020
You are cordially invited to the XIII International Bonhoeffer Congress that will be held from 19–23 January 2020 in Stellenbosch on the theme: How the coming generation is to go on living? Bonhoeffer and the response to our present crisis and hope. 
The congress is hosted by the Faculty of Theology and the Beyers Naudé Centre for Public Theology at Stellenbosch University, in partnership with the Department of Religion and Theology at the University of the Western Cape. Click here for the pre-final programme, information about the speakers, a registration form and suggestions for accommodation. 

3. National Children’s Day
Saturday 2 November is National Children’s Day and aims to highlight the progress being made towards the realisation and promotion of the rights of children. Children’s rights are an important part of our constitution and have been included in Section 28 of the Bill of Rights.
According to the charter, every child has the right to nutrition, shelter, basic health care and social services as well as to be protected from maltreatment, neglect, abuse or degradation.
4. How to deal with exam stress
The South African Depression and Anxiety Group highlights the effects of exam stress on pupils and their parents. With thousands of matric learners currently sitting their final exams and other pupils starting their end-of-year exams soon, SADAG shares daily tips (see below) on what to do on the day of the exam, coping with stress, anxiety and self-help tips at #SADAGExams101. 

5. National Disability Awareness Month
South Africa commemorates National Disability Rights Awareness Month annually between 3 November and 3 December. Disability is the consequence of an impairment that may be physical, cognitive, mental, sensory, emotional, developmental or some combination of these. A disability may be present from birth or occur during a person's lifetime.

NUUSBRIEWE
URCSA newsletter
Missie Japan nuusflits Okt 19
MES newsletter
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
Klik bo om meer te lees van die kuiergeleenthede
VAKATURES
Logo
1. Huis Lettie Theron, Hermanus:
Administratiewe beampte / boekhouer
 

Aansoeke van entoesiastiese en gemotiveerde persone word vir hierdie betrekking ingewag. Stuur 'n volledige CV voor 12:00 op 5 November via e-pos na mhb@badisa.org.za. Klik hier om meer te lees.
2. House Andrew Murray: Financial management internship
House Andrew Murray has been approved for the implementation of the HWSeta Internships Grant for the financial year 2019-2020 and is currently awaiting applications from learners. The employer will enter into a 12-month contract of employment with the learner and a stipend is payable for the duration of the internship. The commencement date of the internship is 1 January 2020 and the closing date for applications is 5 November. Read more here.

TEN LAASTE
Vandeesweek merk ons gedenkdae vir van die mees weerlose lede in ons gemeen-skappe soos kinders en mense met gestremdhede. Laat ons spesiaal dink aan watter bydrae ons kan maak om hulle lewens te verbeter.  Die ikoniese We are the World deur USA4Africa som dit steeds raak op: "We are the world, we are the children, we are the ones to make a better day, so let's start giving."
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.