Lees deur internet, klik hier >>
20 April 2018
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
Missionaal Diensleraars
SINODENUUS
1. Missionale kerkwees
Teologiese opleiding verbreed! 
Frederick Marais gesels oor die nuwe beleid vir Teologiese Opleiding, "'n Raamwerk vir Missionale Bedieningsontwikkeling" wat onlangs by die Algemene Sinode Moderamen goedgekeur is, en wat nou deur die kuratorium geïmplementeer gaan word.
Hy fokus in die onderstaande video op hierdie nuwe kategorie van diensleraars.
Lees gerus ook hier meer oor dié spesiale missionaal-gerigte ontwikkeling in die kerk.
Kontak Amanda van Niekerk by toerusting@sun.ac.za met navrae.

Frederick Marais gesels oor diensleraars
Tyd om te sing
2. Dis Tyd om te Sing!
Gemeentes met kore!
Hier is GROOT NUUS! Die eerste jaarlikse "Dis Tyd om te Sing" massakoor-geleentheid van Bybel-Media en die Sinode van Wes-Kaapland vind op 8 September 2018 in die Kaapstadse Stadsaal plaas onder begeleiding van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, ’n kontemporêre orkes en ’n pyporrel; saam met ’n 500-plus massakoor, en meer as 1000 gehoorlede wat sal saamsing. Kaartjies slegs vir deelnemende gemeentes – reageer dus voor 17 Mei met julle inskrywing! Klik hier.
3. Twee uitvoerende amptenare tesame
Op Donderdag 12 April het die twee Kaapse uitvoerende amptenare van die VGKSA Kaapland sinode en die Sinode van Wes-Kaapland van nader kennis gemaak in Bellville. Godfrey Baartman (links op die foto onder), wat sedert 1 April 2018 as uitvoerende beampte by die Belhar-kantoor oorgeneem het, het Bossie Minnaar (saakgelastigde) en ander kollegas by die NG Kerksentrum in Bellville besoek. Ons beste wense aan broer Baartman vir die verantwoordelikhede wat hy op sy skouers neem.
Saakgelastigdes
Logo
4.  Sentrum vir Publieke Getuienis
4.1 Goeie nuus vir Kleinmond
Braam Hanekom van die Sentrum vir Publieke Getuienis (SPG) skryf soos volg: "Na die protesopstande op Kleinmond is die Kleinmond Gemeenskapsforum gestig, wat verskillende gemeenskappe en sektore op die dorp verteenwoordig. Die afgelope week het die forum onder andere oor misdaad en veiligheid wat alle gemeenskappe raak, gepraat. Brig. Heilbron (streeksbevelvoerder) en kapt. Nqunani (stasiebevelvoerder) het die vergadering (foto onder) bygewoon. Die stand van polisiëring is bespreek en konkrete voorstelle is gemaak. Dit sluit in die herinstelling van reserviste en vrywilligers wat met administrasie in die plaaslike polisiekantoor kan help. Hier is beslis moontlikhede, veral as die gemeenskap hande vat." Vir meer inligting, skakel Danelle by die SPG: 021 957 7202.
Gespreksgenote byeen
V.l.n.r. kapt. Nqunani, brig. Heilbron, Andrit October, Ayanda Tyulu en Chris Harding 
4.2 Leraars praat saam oor toekoms van Swellendam
'n Hele paar predikante van Swellendam en omgewing het verlede week vergader om saam te besin oor 'n langtermyn visie vir die dorp. Dit word al hoe duideliker dat 'n ruimer inklusiewe gesprek veel groter vrug lewer. Soos op soveel ander dorpe was die lot van (werklose, hooplose) jongmense hoog op die agenda. Ook die feit dat ons sukkel om gemeenskappe te vorm waar mense werklik sosiale kohesie en eenheid beleef. Die gedagte is dat daar nou 'n opvolggesprek met die plaaslike owerheid sal plaasvind. Sien foto onder.
Swellendam leraars
Agter v.l.n.r.: Brian John, Rian Jonas, Hennie van Wyk, Chester Adams, Mario Hendricks
Voor v.l.n.r.: Braam Hanekom, Gawie Gouws, Eugene Vaas en Nico van der Walt
Gamkakalantjies grootmense
5. Hoop en Versoening Trust
Gamkakalantjies: nuwe klasse
Op Sa. 14 April is die nuwe klaskamers van Gamkakalantjies speelgroep van die NG Gemeente Gamkavallei op Beaufort-Wes ingewy. Danksy 'n ruim skenking van die Hoop en Versoening Trust kon die gemeente broodnodige klaskamers aanbou. Die kleuter-skool gee daagliks onderrig aan omtrent 40 kinders wat andersins bedags op straat sou wees.
Op die foto regs is v.l.n.r. Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuienis), Kirlina Magali (skoolhoof), René Potgieter (leraar, NG Gamkavallei) en Christo Wright (bouer van die klaskamers). Klik hier vir meer foto's.
6.1 Diaconia en Badisa ... when the going gets tough
Diaconia het op 5 en 6 April ’n wegbreeksessie met 23 maatskaplike werkers van Badisa gereël. 
“As ons praat van kerklike maatskaplike werkers en as ons sê dat ons ’n gedeelde visie as kerk en professionele maatskaplike diensorganisasie het, behoort ons as gemeentes ook meer te belê in verhoudings en die versorging van mekaar,” sê Nioma Venter (PSD van Diaconia). Lees verder oor hierdie spesiale geleentheid, waar Louis Hough, John Fredericks (“Noem my skollie”) en Frederick Marais betrokke was.

Diaconia en gaste
Die groep by Diaconia en Badisa se wegbreeksessie
Diaconia Nal'ibali-handleiding
6.2 Diaconia en Nal’ibali
Dit begin met 'n storie ...
Saam met Nal’ibali vestig Diaconia leesgroepe in gemeentes en gemeenskappe. Righardt le Roux vertel:
“Die NG Gemeente Sonstraal het op 18 April afgeskop om die eerste 15 van 60 volwassenes met die gemeente as vertrekpunt op te lei as leesrolmodelle wat interaktief met kinders sal lees.
Sonstraal, in samewerking met ander organisasies soos MathMoms, Nal’ibali en Elsiesrivier Biblioteek, besef duidelik die waarde en belangrikheid daarvan dat lees saam met kinders ’n maklike en genotvolle manier is waarop elke volwassene kan bydra tot kritiese geletterdheidsontwikkeling onder kinders en die daarstel van ’n beter gemeenskap vir alle landsburgers. Sien foto onder en hier op Facebook.
Kontak Righardt gerus by Righardt@nalibali.org om deel van hierdie inisiatief te word.

Elsiesrivier leesgroep saam met Nal'ibali en NG Sonstraal
7. Gemeentebegeleiding besoek Oudtshoorn
Die Communitas Diensgroep vir Gemeentebegeleiding se predikante in sinodale diens (PSD’s Theunis Botha, Anriëtte de Ridder en Gielie Loubser) het hierdie week vir Oudtshoorn besoek.
Hulle fasiliteer 'n gesprek met die agt gemeentes van die dorp en omgewing (Moedergemeente, Oudtshoorn-Suid, Oudtshoorn-Noord, Oudtshoorn-Wes, Oudtshoorn-Park, Oudtshoorn-Welgeluk, Volmoed en Kangovalleie) om oor die toekoms van die NG gemeentes na te dink en  saam oor die geleenthede en uitdagings van die toekoms te besin en te droom. Meer foto's van die besoek is hier.
Moedergemeente Oudtshoorn
Gielie Loubser (tweede van links) en Theunis Botha (tweede van regs) saam met
kollegas in die NG Moedergemeente Oudtshoorn
Argivalia
8. Kerkargief: Huweliksregisters
Andrew Kok deel gereeld op die virtuele tak van die Genealogiese Genootskap van SA (eGGSA) se Facebook inligting oor die verskillende dienste wat ons argief op Stellenbosch aanbied.
Hierdie maand se bydrae handel oor huweliksregisters. Sedert 1972 word huweliksbevestigers deur die Staat aangewys en dus moet kopieë van huweliksertifikate aan die Departement van Binnelandse Sake gestuur word.
Sommige predikante stuur hulle voltooide registers aan die Kerkargief vir veilige bewaring. Lees verder. Volgende maand se bydrae vertel meer van lidmaatskapregisters.

Navrae: 021 882 9923 of argief@kaapkerk.co.za.

Univ Fort Hare
9.  VGKSA Kaapland:
Sinodesitting 2018 
Ons het kennis ontvang dat die sewende gewone vergadering van die VGKSA Streeksinode Kaapland vanaf 24 Junie tot 1 Julie 2018 by die Universiteit van Fort Hare, Alice in die Oos-Kaap, plaasvind. Besondere seënwense aan al ons kollegas wat nou reeds by die voorbereidings vir hierdie belangrike vergadering betrokke is, sowel as op ander maniere tydens die sitting self.
10. Post #imagine strategie-werkswinkel
Tydens die #imagine naweek van 6-8 April 2018 was daar verskeie aktiwiteite op die program, soos uiteenlopende werkswinkels wat deur verskeie individue en organisasies aangebied word. Een hiervan was die post #imagine strategie werkswinkel wat slegs deur senior tieners (Gr. 11 en Gr. 12) en volwassenes bygewoon kon word. Klik hier vir meer foto's en om te lees wat Luané McLachlan skryf.
imagine-foto's
11.1 Kommunikasie: Praat met ons, asb.
Tweerigting kommunikasie is die ideaal. Hier is jou kans om aan te dui of jy meen VrydagNuus slaag in sy doel om die goeie nuus van God se werk deur die kerk wyer bekend te maak. Klik bloot op die prentjie van jou keuse hieronder. Dankie!  
VrydagNuus slaag beslis om die goeie nuus te deel! Nee, ek dink nie dit slaag heeltemal nie...
Geen VN
11.2 Geen 4 Mei-VrydagNuus 
Ons herinner vriendelik daaraan dat daar in die week van 4 Mei geen VrydagNuus sal verskyn nie. Die openbare (en skoolvakansiedae) in daardie en die voorafgaande week is deur die Taakspan vir Kommunikasie in ag geneem toe hieroor besluit is.
Diegene wat nuus en inligting deur VrydagNuus wil versprei, moet dit asb. in gedagte hou en nuus vroegtydig stuur vir plasing. Daar is wel 'n uitgawe op 27 April.
Ons help ook deur Facebook, Twitter en die webwerf waar toepaslik.
GEMEENTENUUS
1. Helderberg Uitreik
Steun aan internasionale studente kry erkenning!
Hier is wonderlike nuus! Jurie en Magdaleen Goosen (van Helderberg Uitreik), wat saam met medewerkers verantwoordelik is vir internasionale studentebediening op die kampus van Stellenbosch, het onlangs spesiale erkenning ontvang!
Sowat 400 gaste het op 13 April op Stellenbosch byeengekom om 'n kwarteeu van formele internasionale aktiwiteite aan die Universiteit Stellenbosch (US) te vier as deel van die universiteit se eeufeesviering. Die internasionale studentebediening het ook erkenning ontvang as 'n plaaslike instansie met 'n besondere impak op die Stellenbosch-kampus. Lees gerus hier. Jurie en Magdaleen, ons is saam met julle dankbaar vir die besondere seën op julle werk!
Kontak Jurie by goosens@isales.co.za.

Hester Klopper, Magdaleen en Jurie Goosen, Wim de Villiers
Prof. Hester Klopper, Magdaleen en Jurie Goosen, prof. Wim de Villiers
Kosbankmannetjie
2. Parow-Noord dink missionaal:
'n Gemeenskaps-kosbank!
Die NG Gemeente Parow-Noord het ’n lokaal beskikbaar gestel waar nie-bederfbare kruideniersware gestoor en aan behoeftiges uitgedeel kan word. Hulle nooi alle gemeentes in die ring om betrokke te raak by hierdie projek. Laat weet asb. ook indien daar nood is wat vanuit hierdie projek aangespreek kan word. Kontak Erika Smit in die kerkkantoor by 021 939 2395 of ngkparownoord@telkomsa.net vir meer inligting. Klik hier. 
Gebedsversoeke
Gebedsversoeke is welkom - klik hier
Bianca en Anton Duvenage
PREDIKANTENUUS
NG Gemeente Onrusrivier stel Anton Duvenage aan
Nadat die gemeente in Onrusrivier besef het dat gefokusde bediening aan jonger mense 'n groot behoefte is, is Anton Duvenhage vroeg in 2016 vir twee jaar beroep as deel van die internskapprogram. Vroeg in 2018 moes die kerkraad besluit oor die toekoms van hierdie pos.
Lees gerus hier 'n besondere stukkie getuienis oor 'n internskappos waarvoor die Here die deure oopgemaak het om 'n gemeenskap se jongmense te bedien!
Anton en Bianca, ons vier julle verdere reis saam met Onrusrivier en bid julle baie seën toe. Meer oor Onrusrivier is hier.

Logo
ALGEMEEN
1. Word Riders se motorfietse brul vir Bybels!
Spesiale nuus van die Bybelgenootskap van SA: die Word Riders, hulle motorfiets Bybelverspreidingsprojek, is hierdie week tot Saterdag in die Wes-Kaap, Boland en Weskus aan die gang! Daar word sowat 4 500 Bybels tydens die toer versprei – belangstellendes kan hulle blog volg en hier klik om meer te lees. Hou gerus jou oë oop en verwelkom hulle asb. hartlik in jou omgewing.
Word Riders aan die gesels met kinders
Barth Konferensie-aankondiging
Call for abstracts and more – click above.
FAMSA Couples workshop
FAMSA-werkswinkel vir egpare - klik bo
Stephan
4. Raakgelees
'n Kerk van radikale hoop en liefde

Stephan Naudé (tot onlangs van NG Gemeente Riviersonderend en binnekort in Newtonpark, Port Elizabeth) skryf in e-Kerkbode se "Jong Stemme"-rubriek: "Indien ons as NG Kerk werklik daarna wil strewe om missionaal-gerigte gemeentes te wees, is dit nodig dat ons verder en anders kyk na ons gemeenskappe. Dit is nodig dat ons na mense luister, sodat ons ruimtes kan skep waarin mense ’n alternatiewe verstaan en ervaring van liefde en hoop ontdek." Klik hier om meer te lees.
NUUSBRIEWE
Bybel-Media nuusbrief
Strydom Bruwer (Bybel-Media) skryf – klik bo.
PUBLIKASIES
LiG – soveel meer vir jou en jou mense!
In die Mei-uitgawe dink LiG oor Hemelvaart en waarom ons hierdie fees vol beloftes kan vier. As ekstra bonus bied LiG gereeld gratis gespreksvrae vir omgeegroepe, Bybelstudiegroepe of selgroepe. Hierdie keer is Danie O’Kennedy (NG Gemeente Helderberg) die samesteller van die vrae, wat aan die hand van ’n paar LiG-artikels aktuele onderwerpe deurtrap. Kry die vrae hier.
LiG is nou ook een van ons vennote vir vroeëkindontwikkeling en bied raad, artikels en hulpmiddele – klik hier.
Kry jou gratis LiG-kerkjaarkalender om ’n visuele voorstelling van die kerkjaar byderhand te hê – klik hier.
Grafika
Aardedag
EKOLOGIE
1. Aardedag 22 April: verminder plastiek!
Op Sondag 22 April is dit Aardedag en vanjaar is die fokus op die vermindering van plastiekbesoedeling. Elkeen kan 'n verskil maak deur eenvoudige aanpassings in ons lewenstyl: sê nee vir strooitjies as jy koeldrank drink, gebruik herwinbare sakke, kies glashouers bo plastiek, gebruik vuurhoutjies eerder as plastiek aanstekers ... hier is meer wenke, met dank aan "Mother Nature Network". 
Wil jy selfs meer oor projekte rakende Aardedag weet? Lees dan hier.
Ou olyfboom
2. Omgee vir armes vra omgee vir die omgewing
Elke jaar word twee derdes van een van Palestina se oudste olyfbome (ouer as 5 000 jaar!) se besondere groot oes aan die armes in Palestina uitgedeel as 'n teken van solidariteit en welwillendheid met die gemeenskap, en om 'n goeie oes vir die volgende jaar te verseker. Hierdie boom is 'n simbool van hoop en krag vir die mense van die omgewing. Steve de Gruchy gebruik die olyf as simbool vir 'n teologie wat seker maak dat omgee vir die armes (ekonomie) en omgee vir die omgewing (ekologie) as een omgee verstaan en beoefen word. Lees hier meer.
Aarde
3. Ekologie-kalender 2018 beskikbaar
The Southern African Faith Communities’ Environment Institute (SAFCEI) invites those with a focus on caring for our environment to download a free calendar to help organise eco-activities in our congregations. The list of the significant upcoming dates throughout the year may be used in congregations and the community to plan your year. Click here.  
4. Herwinning vir almal
Ons kan almal baat daarby om nuut te dink oor herwinning. Die Stad Kaapstad bied as een van hulle dienste 'n "Think Twice" program aan, want deur te herwin en hergebruik, kan ons ons koolstofvoetspoor verminder en die druk op ons stortingsterreine help verlig. Klik hier om meer te wete te kom. 
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Magdalenahuis uitnodiging
Magdalenahuis "High Tea" - klik bo
VAKATURES
Vakatures in Kerkbode
e-Kerkbode dui nou ook aan op watter datums die volgende gedrukte uitgawes van Kerkbode verskyn. Kry dit by Vakatures (links in keuselys op e-Kerkbode); klik op 'n bepaalde vakature om dit oop te maak en let dan op die inligting regs bo.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 20 April.

Gedrukte Kerkbode
Logo
1. NG Gemeente Kenridge
Lofkabouters Kleuterskool: hoof
Lofkabouters Kleuterskool, wat deel uitmaak van die jeugbediening van die NG Gemeente Kenridge, het 'n vakature vir 'n skoolhoof. 'n Formele onderwyskwalifikasie is ‘n aanbeveling, maar word nie vereis nie. Belangstellendes kan aansoeke of navrae rig aan Liezl Byliefeldt by bestuurder@ngkenridge.co.za of 021 913 4206 teen 20 April 2018. Lees hier meer oor die pos.
Logo
2. Badisa Strand 
Administratiewe beampte
Aansoeke vir die pos van administratiewe beampte word ingewag.
Die aangewese kandidaat sal regstreeks aan die beheerraad verslag doen en vir onder meer ontvangs, adminstratiewe take en boekhouding verantwoordelik wees. Die salaris word aangevul deur 'n mediese en aftreeskema, asook ruim verlof. Reageer voor 12 Mei - klik hier.
Barry Tolmay
TEN LAASTE
Uit die pen van ... Barry Tolmay
Tree 'n predikant ooit af?
Die ouderdom van 65 jaar en dan 70 jaar word voorgehou as die finale ouderdom om te emeriteer. 'n Predikant word tot die bediening toegelaat nadat  hy/sy ‘n inwendige roeping ontvang het en oor die akademiese hekkies gekom het. Dan volg die uitwendige roeping (meestal na ‘n gemeente). As die gemeente/kerk dan sê ‘n persoon is te oud, neem dit nie die inwendige roeping weg nie. Dit bly staan tot ons die laaste teug uitblaas. Daardie inwendige roeping vat ons na nuwe ekumeniese geloofsgemeenskappe toe, ons word advokate van verdere sosiale geregtigheid, ons bly profete wat eties getuig.

Pastoraat en mentorskap ontspring soos lentebloeisels waar ons beweeg. Ons bly die draers van ons inwendige roeping wat geen struktuur of orde kan wegneem nie. En selfs as ‘n verswakte bejaarde, laat ons inwendige roeping ons vir stukkende mense bid en leef ons self in God se genadeseisoen. 
“No one may terminate the heavenly music deep from our souls …”
                                                                   - - - - -
Barry Tolmay is predikant in Kloof, Durban en moderator van die NG Kerk in KZN. Hy is ook voorsitter van die Taakspan Kerkverband van die Algemene Sinode. Kontak hom hier

Sal ek U ooit kan ken?
Sal ek U ooit kan dínk-ken?
ráák-ken?
vóél-ken?
Of U oor en oor kan vergelyk
met iets wat anders is,
wat min of meer soos U is,
wat ek kan verstaan?
Niks is soos U nie.

- Izak de Villiers

Vriendelike groete 
Marieta Visagie en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.