Lees deur internet, klik hier >>
11 Junie 2021
kommunikasie@kaapkerk.co.za
AMPTELIKE NUUSBRIEF: NG KERK WES-KAAPLAND
Beste Leser
SINODENUUS
Biddag vir Jeug en Kategese
Die Biddag vir Jeug en Kategese is hierdie jaar op Sondag 13 Junie 2021. Gebruik gerus DinkJeug se gebedswenke en laai ‘n aktiwiteit vir die erediens “Staan in die skoene van ‘n kind… en bid vir hom/haar” hier af. 
Sien ook die spesiale gebedsversoek later in die nuusbrief.
Hugenote Kollege is vanjaar 70 jaar oud (of selfs 148 jr)!
Hoeveel weet jy van (die nuwe) Hugenote Kollege? (foto onder)
As deel van hulle bestaansjaarvieringe plaas ons 'n reeks interessante brokkies oor die luisterryke geskiedenis van hierdie kollege in Wellington. 
Fanie Heroldt daag ons kennis uit met 'n paar vrae:
  • Hoekom is “Hugenote” in die naam van die kollege? 
  • Wat is nou so “nuut” aan die 70-jarige Hugenote Kollege? 
  • Wat bied die Hugenote Kollege tans?
Klik gerus hier vir die antwoorde.

Stel jy belang in navorsing oor versoening, rasseverhoudings en identiteit?
Die Algemene Sinode Taakspan vir Identiteit en Versoening se Navorsing Leergemeenskap nooi jou uit om saam te kom luister na mense se navorsing oor hierdié tema en deel te neem aan die gesprek. Die Zoom-gesprek vind op Donderdag 24 Junie van 14:00 - 16:00 plaas.

Die gespreksleiers en aanbieders is Cobus van Wyngaard, Louis van der Riet, Anandie Greyling, Wilhelm Verwoerd, Marius Louw en Henco van der Westhuizen.

Registreer asseblief hier teen 22 Junie. 
Ons Argief
Isabel Murray wat tot in Mei 2021 aan die Argief van die NG Kerk verbonde was, vertel meer oor die samestellings van bundels en praat spesifiek oor die samestelling van die Argief se eerste boek wat deur hulself uitgegee is, naamlik Randfigure, met verwysing na die Gonins en Pniël. Kyk gerus na die video onder.
GEMEENTENUUS
Gemeenteverjaarsdae
Baie geluk aan die volgende gemeentes wat in Junie hulle verjaarsdae vier. As enige van die onderstaande datums nie korrek is nie, stel asb. die Kerkargief in kennis by argief@kaapkerk.co.za.
Bellville-Wes hou kuierontbyt
NG Kerk Bellville-Wes in die pragtige boomryke Boston bied ‘n geleentheid vir alle manne (en vroue!) met gasspreker Frank Rautenbach. Hy is ‘n bekende en geliefde akteur en regisseur wie sy lewensverhaal tot nou kom deel.  Een van val en opstaan, van rooitapyt geleenthede tot onsuksesvolle oudisies – tot waar hy besef hy sal ‘n regte werk moet kry om kos op die tafel te plaas en so sy ware vreugde in die lewende God gevind het.
Sanet Gunter laat weet dat Frank reeds by ‘n vorige geleentheid as spreker by ‘n vroue-oggend opgetree het en dat hulle net daar besef en besluit het om hulle manne ook met sy getuienisse te bederf en te voed.  ‘n Geleentheid om beslis nie mis te loop nie. 
Besprekings by Sanet Gunter 083 564 0566.
Stellenbosch-Noord vier Omgewingsondag
Lambert Jacobs vertel dat die gemeente van Stellenbosch-Noord verlede week iets besonders van Omgewingsondag gemaak het. "Die liturgie het deurentyd getuig van die versorging van die skepping. Van die votum uit Psalm 8 tot die lofsang van Op berge en in dale en die speel van Dewald Hoffman se video met gebedsriglyne oor die ekologie. Die prediking uit Romeine 8 het verwys na die sugtende skepping, All things bright and beautiful is deur orrelis Estelle Reynolds gesing en selfs die slotsang van Loof heel die skepping het by die tema ingepas. Toe het die bestuurspan van die gemeente boonop spekboompies uitgedeel met 'n kaartjie wat oor die waarde van hierdie slim plantjie getuig."

Op die foto van links na regs: Elzet Brenkman, Charl Smit jr., Charl Smit sr., Miriam Terblanche, Elise Prins, Lambert Jacobs en Christolene Welman met hulle spekboompies.
Kosbare handewerk by Stellenberg
"Oorvloed!" Dit is die enigste manier waarop Stellenberg-gemeente die 862 serpe, 858 mussies en 100 truitjies wat vandeesweek deur die breigroep aan ds. Why Duvenhage oorhandig is, kan beskryf. "Die breiers se kosbare handewerk het op dié Maandagoggend 'n kleurvolle en pragtige prentjie in die markplein geskets. Ons eer ook in besonder die nagedagtenis van Sonja Lamprecht. Sy is onlangs oorlede, maar haar man Johan het haar pragtige gebreide musse ook kom afgee. Groot dank aan elke breier. Julle is werklik 'n inspirasie."
Mosselbaai basaar 'n suksus
Mossel Bay Advertiser doen verslag oor Mosselbaai Moedergemeente se basaar wat verlede week gehou is. "Desondanks die maskers op gesigte, het 'n vrolike groetery en geselsery opgeklink soos algaar maar te bly was om net weer iets 'normaals' soos 'n tradisionele basaaratmosfeer te beleef. 
Ds. Henri Meyer en 'n gemeentelid Dawie Zwiegelaar het in 'n poging om die basaarfonds aan te vul, die pad Kalahari toe aangedurf. Altesaam het Henri 950km in 'n tyd van 30 uur met sy fiets gery. Zwiegelaar het 'n gedeelte saamgedraf."
Henri het aan die Mossel Bay Advertiser tydens die basaar genoem dat die wind plek-plek gelol en die rit uitdagend gemaak het. Dawie, wat tydens die basaar by die sosatiebraaiery betrokke was, het op sy kenmerkende besadigde manier berig dat hy uitstekend na die drawwery voel.
Klik hier vir meer foto's van hierdie feesgeleentheid. 
Ysterplaat food drive
Please contact Scherlize on 072 844 4771 if you would like to make food donations towards the Ysterplaat community. They will gladly collect in the areas surrounding Camps Bay, Sea Point, Atlantic Seaboard, Green Point, CBD, Tableview and Blouberg.
PREDIKANTENUUS
Albertinia groet die Le Roux-egpaar
Na 37 jaar in die bediening by Albertinia-gemeente lewer Marius le Roux volgende naweek sy afskeidspreek.
Daarna word formeel van hom en sy eggenote Aletta afskeid geneem. In die lig van die huidige Covid-19- regulasies wat slegs ’n honderd persone in ’n erediens toelaat, word bywoning beperk en is daar ook geen tradisionele “koek-en-tee” na die diens nie.
Die diens word DV op die gemeente se YouTube-kanaal gestroom om dit vir meer mense moontlik te maak om die diens te volg.
Ons seënwense vergesel die Le Rouxs.
EKOLOGIE
Hoe gaan dit met jou verhouding met grond?
Die mens se versamelnaam is Adam. Adam beteken “die een wat van grond gemaak is”. Ons kom van die grond, dit onderhou ons en as ons sterf, word ons self weer grond. Die afgelope 250 jaar het die mens vervreemd geraak van die grond. Die herstel van hierdie verhouding is noodsaaklik deel van ons eie voortgaande wedergeboorte.
Lees meer oor hoe ons eko-korrespondent David Botha hieroor dink.
Help ons planeet sò
Mense is afhanklik van ‘n gesonde ekosisteem. Daarom is die opknapping van verswakte ekosisteme - byvoorbeeld deur bome te plant, rivieroewers op te ruim of bloot die natuur ruimte te gee om te herstel – van kardinale belang. Ekostelsels is ook ingewikkeld en baie uiteenlopend en die herstel daarvan moet deeglik beplan en met geduld geïmplementeer word.
Om die herlewing van ekosisteme wêreldwyd aan te moedig, het die United Nations Environment Programme (UNEP) 'n praktiese gids gepubliseer wat verduidelik hoe individue kan help om ekosisteme te herstel. Die Ecosystem Restoration Playbook bied 'n inleiding tot die reeks aksies wat die agteruitgang van ekosisteme kan vertraag en stop en uiteindelik hul herstel kan bevorder.
TOERUSTINGGELEENTHEDE
Rethinking resilience conference
Hugenote Kollege is presenting the Rethinking resilience: Reflections on teaching, learning and health in a time of COVID-19 from 23 - 25 June at the Andrew Murray Centre for Spirituality in Wellington. Only 50 places are available. Conference costs are R350 (R100 for online attendance) for all three days or R200 per day (R50 for online).
Professor Adrian van Breda (University of Johannesburg) and professor Yolanda Dreyer (University of Pretoria) will be the keynote speakers.
Strict COVID protocols will be adhered to. Click here to register. VBO points will be awarded. 
Have you registered for the Winter School?
The annual Winter School of the Faculty of Theology of the Univesity of Stellenbosch will be taking place online from 22 - 23 June. The theme is: Hope? The church as alternative community in a context of disruption. 
Ronelle Burger, Elizabeth Hoorn Petersen and Trevor Herbert will deliver keynote addresses. Four parallel sessions will take place on day one - please indicate which one you'd like to attend when registering.
Click here to register and send proof of payment with reference R3201WS followed by your initials and surname to bleibbrandt@sun.ac.za by 15 June. Find the full programme here.
#integritas conference invitation
The Centre for Good Governance at Hugenote Kollege's School of Innovation invites you to participate in the Real Power to the People! conference on Tuesday 22 June from 08:30 to 14:15. The conference will look at electoral reform for community-based governance and the implications for and impact on South African local governance.
Click here to register. The full conference programme is available here. Book your ticket for physical attendance at the Andrew Murray Centre for Spirituality here. You can also attend the conference virtually through live streaming by purchasing a ticket here.
Evangelisasie in die bediening
Die Taakspan Missionale Roeping en die VBO-forum bied twee Zoom-gesprekke aan rondom die afwesigheid van evangelisasie in ons huidige bediening. Op 28 Julie fokus die interaktiewe gesprek op 'n teologie van evangelisasie en op 4 Augustus word daar gesels oor die praktyk van evangelisasie. Klik hier om voor 21 Julie te registreer.
Na registrasie sal jy teen 23 Julie toegang tot die eerste aanbiedingsvideo ontvang. Neem kennis dat die tweede video eers na afloop van die eerste Zoom-bespreking beskikbaar sal wees.
ONS FAMILIE IN AFRIKA
Ons geloofsfamilie in Kenia
Baie van ons was in vervoering oor die film, “Out of Africa” waarin Meryl Streep die hoofrol gespeel het as die beroemde Deense skrywer Karen Blixton, wat in Kenia ’n koffieplantasie besit het. Selfs een van Naorobi se voorstede, Karen, is na haar vernoem. Selfs daar in Kenia sal jy ’n susterskerk van die NG Kerkfamilie raakloop!
Die Reformed Church in East Africa (RCEA) is in die vroeë jare van die twintigste eeu deur trekboere, hoofsaaklik afkomstig van die voormalige Boererepublieke van die Transvaal en Oranje-Vrystaat, gestig. Sedert 1960 werk die RCEA saam met die Gereformeerde Zendingbond (die Gereformeerde Sendingbond) van Nederland, maar die bande met die NG Kerk is intussen weer opgeneem en word steeds deur Getuienisaksie in stand gehou. Lees meer van dié besondere geloofsfamilie hier
Foto: 'n Lidmaat getuig van hoe die Here hulle geseën het met ’n kerkgebou in die noordelike deel van Kenia.
GEBEDSVERSOEK
VAKATURES
Bestuurder, Springbok
Huis EJ Appies en Immanuel Sentrum vir Gestremdes adverteer dié bestuurspos. Die ideale kandidaat beskik oor ’n professionele maatskaplike werk of verpleegkundige kwalifikasie met bewys van registrasie by die SACSSP of SARV, leierseienskappe, asook kennis en ervaring van personeel- en finansiële bestuur, arbeidswetgewing, fondswerwing en bemarking. Vorige ervaring van die bestuur van residensiële versorgingsprogramme sal as sterk aanbeveling dien. Aansoeke sluit 18 Junie. Klik hier vir meer inligting. 
Geregistreerde verpleegkundige, Hermanus
Huis Lettie Theron vra verantwoordelike en gemotiveerde persone om aansoek te doen vir hierdie pos. Registrasie by SARV, goeie kennis van bejaardes, ’n spanspeler, uitmuntende kommunikasievermoë en persoonlike indemniteitsversekering is verdere vereistes. Aansoeke sluit 25 Junie. Lees meer hier
Stafverpleegster (dag- en nagskof), Hermanus
Verpleegkundiges geregistreer by die SARV is welkom om aansoek te doen vir hierdie twee betrekkinge by Huis Lettie Theron. Die ideale kandidaat het toepaslike opleiding, kennis van versorging van bejaardes en toon bereidwilligheid om skofte te werk (sluit in dag, naweke en publieke vakansiedae). Aansoeke sluit 24 Junie. Klik hier vir meer inligting oor die dagskofpos en hier vir die nagskofpos.  

Klik bo vir meer inligting.
BEHOU DIE HUMOR
PUBLIKASIES
Nuut op die rak
Die publikasie Andrew Murray: From Spark to flame - A Biographical Novel  is nou by CLF beskikbaar.
Olea Nel volg Murray se aangrypende reis na transformasie tussen 1860 en 1882. Die binneblad lees: "In 1860/61, thirty-two-year-old Andrew Murray unexpectedly becomes the key leader in the Cape revival, only to realize two years later that he has lost his closeness to God and has begun to strive again in his own strength. Although he consecrates his life anew, the desired filling with the Holy Spirit does not eventuate - that is until God stops him in his tracks, thus forcing him to confront the barriers that are blocking the blessing."
Die boek is beskikbaar by die CLF aanlynwinkel of bestel dit hier.
Betyds vir Vadersdag
Bybel-Media het 'n lys van sakpas geskenkidees vir Vadersdag beskikbaar gestel. Die verskillende boeke en Bybels is die ideale geskenk om dankie te sê aan elke pa wat in hierdie uitdagende tye sy gesin koester en kinders met liefde versorg, opvoed, beskerm en 'n rolmodel vir hulle is. Die boeke is aanlyn beskikbaar by https://eshop.bybelmedia.org.za/.
ALGEMEEN
Raakgelees: Rooibos kry erkenning in Europa
Die term Rooibos is pas deur die Europese Unie ingesluit op hulle register van ikoniese geografiese aanwysers. Ander ikoniese handelsname wat deur die register beskerm word, sluit in wyne van oorsprong soos Champagne, kase soos Gorgonzola, vleis, brood en selfs Kalamata olywe. Hierdie registrasie beteken dat Rooibos-produkte uit Suid-Afrika die EU handelsmerk mag gebruik as bevestiging van kwaliteit. Die woord Rooibos kan ook net gebruik word om te verwys na die gedroogde blare van die Aspalathus linearis  wat in spesifieke munisipaliteite van die Wes- en Noord-Kaap wild groei of gekweek word. 
Fin24 berig dat Dawie de Villiers van die SA Rooibosraad reken dat dit net die eerste stap is om globale erkenning vir hierdie unieke Suid-Afrikaanse produk te verkry. Hulle is ook in die proses om Rooibos by die Wêreldhandelsorganisasie as 'n produk van oorsprong te sertifiseer. Lees die volledige berig hier.
Nasionale Jeugdag - 16 Junie
Jeugdag word jaarliks op 16 Junie gevier. Deel gerus hierdie gedig For the Ones van Ivor Swartz met die jeug – of enigiemand anders wat dit moet hoor!
Hou DinkJeug op die web of Facebook dop vir ‘n spesiale podcast vir Jeugdag en luister hier na verlede jaar se Jeugdag podcast.
Innovation for the Blind hou fondsinsamelingsgeleentheid 
Innovation for the Blind, in samewerking met Efficient Wealth, bied op Dinsdag 27 Julie hulle gewilde Boss Breakfast en Boss Brunch aan. Dawie Roodt en Tim du Plessis is die gassprekers en die sessie word deur Willem Basson gefasiliteer. Hierdie gesogte gassprekers deel graag hul kennis en insigte met die gehoor oor die nuutste ekonomiese tendense en gebeure. 
Vir besprekings, kontak Chimoné Maartens by 023 347 2745 of stuur ‘n epos na info@innovationfortheblind.org - dui asseblief aan watter sessie jy wil bywoon.
Raakgeluister: Xilofoon in woud speel Bach
Persone wat deur 'n Japannese woud op die suidelike eiland Kyushu loop, hoor nie net voëltjies wat sing of blare wat ritstel nie. 'n Bekende melodie van Bach is ook hoorbaar in die agtergrond.  
Hierdie magiese ervaring is moontlik gemaak deur die kreatiewe Morihiro Harano en sy span by Mori Inc. In samewerking met die timmerman Mitsuo Tsuda en klankingenieur Kenjiro Matsuo, het hulle 'n enorme xilofoon geskep wat ontwerp is om enkele klassieke liedjies te speel. 
Die xilofoon is gemaak uit honderde stukke hout van verskillende groottes; elke paneel maak 'n ander geluid wanneer dit getref word deur 'n houtballetjie wat bo-aan die instrument geplaas word. Klik op die video onder om daarna te luister. 
KUIERKANSE
Calitzdorp kuiers
Loer gerus Saterdag 19 Junie in by die kerkmarkie tydens die Calitzdorp Uncorked geleentheid op NG Kerk Calitzdorp se stoep tussen 08:00 en 15:00. Ontbyt, pannekoek, konfyt, tweedehandse hekelwerk, kraptafel, koffie, tee, koeldrank, warm sjokolade, water en olywe is beskikbaar.
Bespreek gerus ook jou kaartjie vir die gemeente se piekniekstyl Langtafel Brunch op Sondag 20 Junie vanaf 12:00 by die Calitzdorp Kelder. Bespreek voor 15 Junie by Cara (066 288 0048) gedurende kantoorure.
TEN LAASTE
Baie van ons leerders staan op die drumpel van 'n uitdagende tyd met die Junie-eksamens en toetsreekse op hande en steeds stygende COVID-syfers in talle skole. Ons wens ons kinders en hulle families sowel as die onderwyspersoneel sterkte toe en bid vir ondersteuning, insig en gesondheid.
Beskerm die mense om jou deur jou masker te dra, jou hande gereeld te saniteer en veilige afstande te behou. En as jy weet van seniors in jou familie, gemeente en gemeenskap wat nog nie vir die inenting geregistreer is nie, maak gerus moeite om hulle met die proses te help. 
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser en Wilmi Wheeler


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.