Lees deur internet, klik hier >>
25 Oktober 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
1. Droogtehulpprojek:14 gemeentes al gehelp! 
"Ons is so te sê halfpad! Die sinodale poging om R3 miljoen vir 30 gemeenskappe in te samel, het goeie momentum," sê Nioma Venter van die diensgroep Diaconia. Bydraes van gemeentes en die publiek kom steeds in. Tot op hede kon 14 gemeenskappe al elk die R100 000 omgeegeld ontvang. Soos wat die hulpfonds gesterk word met bydraes van die publiek, kan nog gemeenskappe gehelp word. "Ons kan nie genoeg beklemtoon dat R100 000 steeds maar net 'n simbool is van dit waaroor dit ten diepste gaan nie: om hoop en bemoediging te bring". Kerkrade wat riglyne wil hê t.o.v. die aanwending van die R100 000, kan hier lees. Gemeentes word steeds aangemoedig om 'n spesiale dank- of deuroffer op te neem en daarmee by te dra tot die R1.6 miljoen wat nog kort om die ander 16 gemeenskappe by te staan. Rig hier navrae oor die fonds.

In die video doen Nelis Janse van Rensburg en Nioma Venter 'n beroep op gemeentes om saam te span en bydraes te lewer tot hierdie projek wat beoog om 30 gemeenskappe in ons droogtegeteisterde streke te ondersteun. 

2. Koffie is Omgee-projek geloods
Badisa, in samewerking met Diaconia en Innovation for the Blind, gaan in November saamspan en 'n projek loods om geld in te samel vir die Noord-Kaap Omgeefonds. Die Koffie is Omgee-projek beoog om hulp te verskaf aan verskeie Badisa programme wat dienste lewer aan bejaardes en persone met gestremdhede in hierdie provinsie. Christine Quickfall, hoof-uitvoerende beampte van Badisa, noem dat hulle programme in die Noord-Kaap onder toenemende druk is a.g.v. die droogte, gedeeltelike staatsubsidies en arbeidswetgewing. Die projek behels die bemarking en verspreiding van spesiaal-geroosterde koffie, wat verskaf word deur die Innovation for the Blind.
Kontak Louise du Toit by Badisa by 021 957 7145 vir bestellings of stuur 'n e-pos.
3. Getuienisaksie
3.1 VGK se finalejaarstudente lê besoek af
Op Woensdag 16 Oktober het vier van die Fakulteit Teologie van die Universiteit Stellenbosch se finalejaarstudente (VGK) Getuienisaksie besoek. Die bestuurders van die vier taakspanne, Braam Hanekom (Publieke Getuienis), Carin Brink (Arbeidsbediening), Stephen Pedro (Gemeentegetuienis) en Kobus Odendaal (Afrika Ekumene) het kortliks aan hulle verduidelik hoe hierdie vier taakspanne die studente in hul toekomstige gemeentes kan help ondersteun en toerus vir hul taak. Lees hier meer.

Groep
V.l.n.r.: Stephen Pedro, Vivian Jansen, Carin Brink, Wilden Hector, Eugene Beukes, Motlatsi Maeka, Braam Hanekom, Zolani None, Kobus Odendaal en Louise Bruiners  
3.2 We need each other to serve
On 22 October yet another historical meeting took place. Stephen Pedro and Gielie Loubser, Ministers in Synodical Services for Congregational Witness and Accompaniment, and some of their admin personnel met to share their different contexts and way of working, as well as how we as Communitas can strengthen and consolidate our working together as a unity ministry of URCSA and the DRC. Once again it became clear that we need each other to serve our congregations and enable them to make an impact, and that our strongest witness is being ONE as church family in Christ. Contact Stephen Pedro and Gielie Loubser for more information.
Back: Stephen Pedro (Congregational Witness), Mathilda du Pisanie (Gemeentebegeleiding), Gielie Loubser
(Communitas) and Sharne Parker (Gemeentebediening)
Front: Louise Bruiners (Congregational Witness)
and Maryke Fourie (Youth Office)
3.3 Contextual Bible Reading within URCSA congregations
During the past week, Stephen Pedro, Minister in Synodical Service for Congregational Witness, and task team members Danny Bock and Quentin Minnaar, had a follow-up meeting with Sietske Renting and Rineke Van Ginkel, colleagues from Kerk in Actie, the relief organisation of the Protestant Church in the Netherlands.

They continued the discussion around a possible partnership between Kerk in Actie, Witness Ministry and Congregational Ministry to introduce and implement CBR (Contextual Bible Reading) within our URCSA congregations. CBR is a method of slowly reading the Bible as a group, within a context, to hear God's will clearly for our context and to act upon it to enact change and transformation. Contact Stephen Pedro at stephen@kaapkerk.co.za for more.
From left to right: Rineke Van Ginkel, Sietske Renting, Quentin Minnaar, Stephen Pedro and Danny Bock
3.4 Arbeidsbediening se impak op gemeenskappe
Verlede Sondag het Arbeidsbediening tydens die erediens van NG George-Suid die geleentheid gekry om met die gemeente te deel watter impak hulle op die gemeenskap maak. Die Arbeidsbedieningsdienswerkers van George en Oudtshoorn (foto links) wat onlangs die akkreditasiewerkswinkel bygewoon het, het tydens die diens hul sertifikate ontvang. Tydens hierdie geleentheid is die BrightStar-sertifikate ook aan 'n groep middelvlak-plaasbestuurders (foto regs) wat die kursus voltooi het, oorhandig. "Dit was 'n pragtige geleentheid waartydens die gemeentelede hierdie groep mense met soveel entoesiasme en opgewondenheid ontvang het," vertel Floors Meyer, dienswerker van George. Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir meer inligting.
4. Sentrum vir Publieke Getuienis 
4.1 Beurtkrag: Maak dit ons bitter of beter?

Beurtkrag hang letterlik soos ’n donker skaduwee oor ons en ontlok, om verstaanbare redes, ’n verskeidenheid van reaksies en emosies by mense. Mike Burnard van inContext Ministries gee egter ’n baie insiggewende perspektief op die Christen se reaksie op beurtkrag. "Loadshedding: Making us bitter or making us better – a Biblical perspective". Lees meer hier. 
4.2 Samesprekings tussen mynhuise, vakbonde en geloofsgemeenskappe 
Van die grootste mynhuise in Suid-Afrika, vakbonde (insluitende NUM en AMCO) en geloofsleiers het verlede week aan huis van Aartsbiskop Thabo Makgoba in Bishopscourt vergader om saam oor ’n regverdigbare en volhoubare mynbouindustrie te praat. Gwede Mantashe, minister van Mynbou en Energie, het die groep toegespreek. Die vergadering is verder bygewoon deur onder andere Mark Cutifani (HUB van Anglo American in Londen), Biskop David Urquhart (Biskop van Birmingham) en Nelis Janse van Rensburg, Gustav Claassen en Braam Hanekom van die NG Kerk. Vir meer inligting kontak die Sentrum vir Publieke Getuienis by spg@kaapkerk.co.za of Braam Hanekom by braam@kaapkerk.co.za.
5. Afrondingsretraite vir bedienaars en diensleraars
Daar is vanaf 15 tot 18 Oktober 'n spesiale afrondingsretraite by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit op Wellington aangebied vir diegene wat kwalifiseer as bedienaars en diensleraars in die verbredingsbediening van die NG Kerk. Hierdie bediening is onlangs by die Algemene Sinode goedgekeur. Hierdie is mense wat reeds in bedieninge in hul gemeentes is en deur hul gemeentes en ringe aanbeveel is as kredietwaardig vir bevestiging as bedienaars of om gelegitimeer te word as diensleraars. Die afrondingsretraite op Wellington vorm deel van hul kerklike vormingsjaar wat streef om hulle voor te berei en in 'n kerklike sisteem in te voeg met die oog op verdere bediening. Onder is twee video's
Frederick Marais, (PSD Teologiese Opleiding), Eddie Orsmond, (PSD Seminarium, NG Kerk) en Theunis Botha (PSD Predikantebegeleiding) gesels oor wat die opleiding behels en watter rol die retraite daarin speel. 
Van die kursusgangers getuig oor die betekenis wat die opleiding vir hulle het en wat hulle passies en drome vir die kerk is.
EKOLOGIE
“Permaculture”- lewenswyse wat herstel en hoop bring
David Botha van Projekspan Ekologie was baie opgewonde oor lesers wat na 'n vorige week se Eko-bydrae sy aandag gevestig het op "permaculture" as 'n lewenswyse wat radikale positiewe en hoopvolle resultate lewer. "Permaculture" het dit reggekry om grond wat totaal uitgeput en oënskynlik leweloos verniel is, deur die mens weer herstel te word deur die ekologiese sisteme te ondersteun. Lees meer hier.
GEMEENTENUUS
1. Gemeentes: jul 2020-kalenders, asb.!
Ons vra gemeentes graag weer om hul kalendervoorblaaie vir 2020 aan ons te stuur. Elkeen weerspieël iets van die karakter en fokus van die gemeente - dis 'n spesiale manier om in mekaar se wel en wee te deel en ons gemeenskaplike kerkwees te vier. Stuur asb. die voorblaaie na media@kaapkerk.co.za wanneer beskikbaar. Onder is enkele 2019-voorblaaie.
Gemeentekalenders
2. Nuwerus uitreik
Chris Barnardo van Kuilsrivier-De Eike skryf oor hulle onlangse uitreik na die gemeenskap van Nuwerus. "Ons het twee jaar gelede daarvan begin droom om ’n verskil te maak in die lewens van Nuwerus se mense. De Eike se lidmate is toe uitgedaag om saam aan hierdie droom vlerke te gee. De Eike is dankbaar om saam met Nuwerus se mense in die voetspore van Jesus te leef. Mag hierdie band van Jesusliefde tussen die twee gemeentes ’n getuienis wees vir die wêreld."  Lees meer hier.
Barrydale opvoering
NG Barrydale opvoering 24 Nov. 19:00
De Eike diens
NG Kuilsrivier-De Eike Kerssangdiens - klik bo
PREDIKANTENUUS
Claassens
1. Claassen gesin groet Swartland
Friedrich, Lindi, Anke en Carli Claassen neem op 27 Oktober afskeid tydens die 09:30-erediens van NG Swartland. Na 20 jaar by hierdie gemeente in Malmesbury, gaan Friedrich sy bediening uitbrei deur 'n koffie-winkel in Sonstraalhoogte oop te maak. Hy sê dat dit nie vir hom 'n maklike besluit was nie, maar het ervaar dat die Here vir hom 'n nuwe seisoen en reis voorberei het. Hy skryf: "Ons gaan die mense van die Swartland mis, maar ek dra herinneringe saam wat ek vir die res van my lewe gaan koester. Die nuwe uitdaging is vreemd, maar baie aanloklik en ek weet dat dit ons gesin se lewens gaan verryk". Friedrich is steeds beroepbaar binne die NG Kerk en gaan inskakel by NG Gemeente Darling/Yzerfontein waar Lindi tans predikant is. Beste wense vir die nuwe fase, Friedrich!
Liena
2. Liena Hoffman neem afskeid van NG Stellenbosch-Noord
Stellenbosch-Noord gemeente neem op Sondag 27 Oktober tydens die oggenddiens om 09:00 afskeid van Liena Hoffman. Sy het 'n beroep aanvaar na die Blackall Range Uniting Church in Maleny in Queensland, Australië. Na haar afskeidspreek sal Lambert Jacobs die Akte van Demissie aan Liena oorhandig. Sy skryf: "Afskeid is nie maklik nie. 'n Mens is oorweldig deur klomp emosies: dankbaarheid, hartseer, opgewondenheid, spyt. Dankbaar oor die afgelope klompie jare en die tyd saam met die gemeente sonder grense, wat elke  persoon aanvaar en welkom laat voel, tuis laat voel, ongeag hul herkoms, afkoms of voorkoms. Tog, opgewonde oor 'n nuwe toekoms, nuwe hoofstukke, nuwe velde van bediening. Dankbaar dat ek met Noord se grenslose omgee-erfenis gaan". Lees hier verder. Seënwense, Liena!
Rossouw gesin
Fourie en Mareli met Jozua en Elizabeth
3. Strand-Noord gemeente verwelkom Rossouw gesin
Op Sondag 27 Oktober om 09:00 groet Somerset-Wes gemeente vir Fourie en Mareli Rossouw. Om 10:00 op Sondag 3 November word Fourie deur Leon Marais as leraar by Strand-Noord bevestig. Hy lewer tydens hierdie geleentheid ook sy intreepreek. "Dit is met groot dankbaarheid dat ons gesin terugkyk op ons hoofstuk by NG Kerk Somerset-Wes. Ons het die omgeehart van die gemeente beleef en sal die mooi herinneringe koester. Ek is opgewonde oor die nuwe avontuur wat vir my wag by Strand-Noord. Sedert 2016 het ek as tentmaker in Wellington en later Somerset-Wes gewerk. Gedurende hierdie tyd het ek 'n nuwe waardering en verbintenis tot my roeping gevind en sien uit om dit met nuwe energie aan te pak", skryf Fourie. Seën op die bediening!
GEBEDSVERSOEK
ALGEMEEN
Kalender
1. Kerkjaarkalender
Van die NG Gemeente Durbanville-Bergsig ontvang ons weer hulle visuele voorstelling en interpretasie van die kerkjaarkalender vir 2020. Hierdie kalender is gegrond op die bronne soos op die dokument aangedui en gee die kleure wat tradisioneel met die verskillende tye verbind word. Die kerkjaar begin met die eerste Sondag van Advent. Klik hier om dit in PDF-formaat af te laai.
(Met dank aan Alida Vorster, Durbanville-Bergsig)

2. Vyfde Russel Botman Gedenklesing 
Setri Nyomi, voormalige sekretaris-generaal van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke, was onlangs die spreker by die vyfde Russel Botman Gedenklesing. Die lesing ter herinnering aan die lewe van prof. Botman, word jaarliks aangebied deur die Fakulteit Teologie, US in samewerking met die Kantoor vir Ontwikkeling en Alumni-betrekkinge, die kuratoria van die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika, die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie.  Vanjaar het die klem geval op prof. Botman se visie vir ekonomiese geregtigheid. Die titel van Setri Nyomi se lesing is Geregtigheid vir almal? Die Tyd vir verandering is Nou! Prof. Ingrid Woolard, dekaan van Fakulteit Ekonomiese Bestuurswetenskappe en professor in Ekonomie, het die respons gelewer. Die program en beide lesings is aangeheg.
Sprekers
V.l.n.r.: Natie Philander, Setri Nyomi, Madré Arendse, Eugene Beukes, Ronel Retief, Reggie Nel, Beryl Botman , Xolile Simon, Ingrid Woolard, Dion Forster, Nico Koopman, Maasutha Tshehla en Marvin Koopman
3. Canticum Novum word 60
Canticum Novum, een van die oudste kore in Suid-Afrika, het hulle 60ste bestaansjaar die afgelope naweek in Stellenbosch met 'n reünie en etlike uitstaande vertonings gevier. Dis die enigste koor in die land wat slegs gewyde musiek sing en terselfdertyd net uit studente bestaan. 
4. Stellenbosse besprekingsgroep
Op 29 Oktober ontvang die Stellenbosse besprekingsgroep vir Jurie van den Heever (paleontoloog) en die onderwerp vir die byeenkoms is Die evolusie van moraliteit. Die groep ontmoet Dinsdae vanaf 17:00 in die sentrum van Stellenbosch-Sentraal gemeente. Kontak Piet Walters by pew@sun.ac.za met enige navrae.
NUUSBRIEWE
e-Saaier
PUBLIKASIES
Bybel-Media hulpbronne vir voorskoolse kategese
Bybel-Media bied 'n kleurvolle reeks doenboeke vir gemeentes wat kleuterkerkbyeenkomste aanbied en selfs vir ouers wat huiskerk hou. Die eenvoudige aktiwiteite help om die boodskap van elke aanbieding by die kinders vas te lê. Bestel aanlyn, telefonies by 0860 263 342 of stuur 'n e-pos na bestel@bmedia.co.za.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
Klik bo om meer te lees van hierdie kuiergeleenthede
VAKATURES
1. NG Kerk in SA: Kommunikasiebeampte (halfdagpos)
Die NG Kerk in Suid-Afrika (Sinode van Wes-Kaapland) beskik tans oor 'n vakature vir 'n kommunikasiebeampte by die sinodale kantoor in Bellville. Rig ’n volledige Afrikaanse CV voor 13 November om 12:00 aan: Die Bestuurder: Menslike Hulpbronne (Kenny Raats), NG Kerk in SA, Privaat sak X8, Bellville 7535 of stuur 'n e-pos. Lees hier verder.  
Logo
2. NG Bellville-Wes: Musiekleier
Die NG Gemeente Bellville-Wes in Boston is op soek na 'n orrelis/ musiekleier vanaf 1 Januarie 2020. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir die kreatiewe uitbou en ontwikkeling van musiek tydens die eredienste en ander spesiale geleenthede. Die volledige posbeskrywing is hier. CV's kan gestuur word na Suranelle via e-pos voor 8 November. Skakel 021 948 2402 met enige navrae.
Logo
3. Kuilsrivier-De Eike: Skriba (5/8-pos)
Die NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike beskik eersdaags oor 'n vakature vir 'n skriba. Die datum van diensaanvaarding sal 1 Februarie 2020 of so spoedig moontlik daarna wees. Daar word van die suksesvolle kandidaat verwag om die pligte soos in die posomskrywing na te kom. Belangstellendes moet aansoek doen teen 8 November.
Kerkgebou
4. NG Kerk De La Bat en La Belle:
Voltydse leraar
Die kerkraad van NG Kerk De La Bat en La Belle maak in biddende afhanklikheid die vakature van voltydse leraar bekend. Aan-soeke word ingewag van gelegitimeerde leraars, proponente en finalejaarstudente van die NG Kerk. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 27 November. Klik hier om meer te lees.
Logo
5. Huis Klippe Drift: Geregistreerde verpleegkundige
Huis Klippe Drift, 'n tehuis vir bejaardes op Napier, wag aansoeke in vir die betrekking as geregistreerde verpleegkundige. Lees hier meer; aansoeke sluit 15 November. 

TEN LAASTE
In Life of the Beloved  skryf Henry Nouwen: "The movement of God’s Spirit is very gentle, very soft – and hidden. It does not seek attention. But that movement is also very persistent, strong and deep. It changes our hearts radically".
Mag ons harte en siele ook hierdie week sagkens, maar kragtig deur die Gees van God beweeg word.
VrydagNuus-groete
Ronelda Visser & Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.