Lees deur internet, klik hier >>
9 Junie 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Natuurrampe: Hulp!
Ons gebede en gedagtes is by elkeen wat in die huidige natuurrampe (vloede, stormwinde, brande) erge krisisse beleef. Die trauma waaraan duisende mense – ontwortel en ontwrig – blootgestel is, vra ons ernstige voorbidding. Op praktiese vlak is verskeie aksies ook reeds aan die gang. Dit sluit finansiële ondersteuning vanuit die sinode se rampfonds,  sowel as ander praktiese hulp deur verskillende gemeentes, in. In die Tuinroete is Pieter van Santen, (Ring van George)die koördineerder vir navrae: 076 591 8390. Klik hier.
Mossie Mostert en FD Hugo
SINODENUUS
1. Predikante Pensioenfonds van NG Kerk in SA
FD Hugo gegroet!

Di 7 Junie het die trusteevergadering van die Predikante Pensioenfonds van die Ned Geref Kerk in Suid-Afrika (PPF), met verteenwoordigers uit die sinodes van KwaZulu-Natal, Noord-Kaapland, Oos-Kaapland, Wes-Kaapland, sowel as pensioentrekkerlede, in Bellville ver-gader. (Meer foto's hier.)
Dit was 'n besondere - en laaste - vergadering vir FD Hugo wat sedert 2005 die Ned Geref Kerk in Noord-Kaapland by die PPF verteenwoordig het.
FD tree op 31 Julie 2017 af en sy posisie as verkose trusteelid sal vanaf 1 Augustus deur sy sekundus, ds Theunis Smit, gevul word.  FD is goedig gespot oor die een goeie besluit wat hy oor die jare geneem het, naamlik om in die Wes-Kaap (McGregor) te kom aftree! Ons groet jou met waardering vir jou betrokkenheid in die groter kerkgemeenskap, FD. Span lekker uit! (Foto: Mossie Mostert en FD Hugo)
Kollega Mossie laat weet dat FD en sy vrou, Mareth, onlangs die voorblad van Glitter-tydskrif gehaal het. Geniet die pragtige artikel en foto's gerus hier.
Biddag
2. Biddag vir Jeug en Kategese -
Sondag 11 Junie
Anriëtte de Ridder (ons PSD: Jeug- en Familiebegeleiding) het 'n baie nuttige pakket met hulpmiddels vir die Biddag: Jeug en Kategese saamgestel. Anriëtte is ook lid van die Taakspan Geloofsvorming van die NG Algemene Sinode. Kry die preeksketse en gebedsmomente in beide Word en pdf-formaat hier.
3. Besinning oor Belydenis van Geloof
Die NG Kerk Algemene Sinode se Taakspan vir Belydenisaflegging het op Di 6 Junie met gespreksgenote by die Algemene Sinode se kantoor in Hatfield vergader. Die taakspan is in opdrag van die Algemene Sinode besig met 'n voortgesette gesprek: 'n herbesinning van die teologie en praktyk van die belydenis van geloof. Lees gerus hier verder.
Taakspan
Agter: Andries Kritzinger, Tienie Bosman, Anriëtte de Ridder, Anandi Greyling, Dieter de Bruin, Paul du Plessis, Johan Avenant
Voor: Malan Nel, De Wet Fourie, Fouché de Wet, Wikus van der Merwe
GKS logo
4. Nuwe Geloofsgemeenskappe!
 Kom leer van Missionaliteit

Die Taakspan vir Nuwe Geloofsgemeenskapontwikkeling (NGGO) nooi belangstellendes na 'n spesiale gratis werkswinkel oor die vreugdes en uitdagings van nuwe geloofsgemeenskapontwikkeling. Dit vind plaas op Do 22 Junie van 10:00-13:00 by NG Gemeente Durbanville-Bergsig. Kontak Sharon voor of op 20 Junie by snaude@sun.ac.za – hier die registrasievorm.
AMSS visie
5. Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit: Besoekers welkom!
Die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit (AMSS) is op 9 Mei by die Samuel-kampus op Wellington bekend gestel. By die geleentheid is voorstelle van die bestuursraad oor die herinrigting van die Samuel-kampus bekend gemaak. Dit is met groot entoesiasme deur verteenwoordigers van gemeentes en die gemeenskap van Wellington ontvang. (Sien brosjure [4 MB] hier.)
Indien daar gemeentes of belangstellende groepe is wat die terrein wil besoek, sal die bestuursraad sulke groepe graag ontvang. 
Kontak gerus vir Willie van der Merwe van Hugenote Kollege om 'n afspraak te maak. Willie kan gekontak word by 021 873 1181 of williev@hugenote.com.
Ekonomie?
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
6.1 SA Ekonomie binne Wêreldperspektief

Die Sentrum vir Publieke Getuienis (SPG) het, in samewerking met in Harmonie, 'n gesprek oor die ekonomiese toekoms van Suid-Afrika binne 'n globale perspektief aangebied. Die gassprekers was proff Piet Naudé (US), Rachel Jafta (US) en Jannie Rossouw (Wits). Klik hier vir 'n kort opsomming van sommige van die sprekers  - en van die ander wat bygewoon het - se stellings. 
6.2 'n Stukkie positiwiteit!
Is jy moedeloos en lus vir 'n stukkie positiwiteit? Ons weet Suid-Afrika is in die moeilikheid oor onderwys en gesondheid, maar het 'n paar statistieke van die Instituut van Rasseverhoudings verwerk en hoop dit beur jou op. Klik onder.
Kontak gerus die Sentrum by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202 (Danelle).
Goeie nuus
6.3 Gesprek oor Ekstremisme
Na aanleiding van die vlaag ekstremisme wat oor die wêreld spoel, was die Sentrum vir Publieke Getuienis onlangs in gesprekke met Moslem gelowiges oor die aard, omvang en moontlike oplossings vir die probleem van ekstremisme.
Braam Hanekom en Renier Koegelenberg het in die Ahmadiyya Moslem Jamaat in Athlone opgetree (sien foto) en daar was ook 'n gesprek tussen Turkse Moslems en Moslem akademici hier in die Kaap (waaroor voorheen in VrydagNuus berig is.)
Braam Hanekom ea
7. Arbeidsbediening: Nuusbrief hier!
Arbeidsbediening se jongste nuusbrief is nou elektronies beskikbaar. Lees die aangrypende getuienisstories van die afgelope 12 maande van Arbeidsbediening Kaapstreek. Lees onder andere:
hoe plaasarbeiders in Ceresvallei vir die Here leef,
♦ meer oor Mfuleni se Bright Star ontwikkelingsprogram,
wat alles aan die gebeur is in George, en
♦ van Mosselbaai se plaasbediening.
Harde kopieë sal deur hul geestelike werkers in die areas waar hulle werk, versprei word.
Kontak Carin by cbrink@kaapkerk.co.za.
Ivan Stevens
8. Getuienisaksie
Mosambiek: 
Hefsiba groet Ivan Stevens
Dis nie maklik om ’n raakvatter te groet wat met soveel entoesiasme by ’n nuwe pos kan instap en uitdagings kan aanvat en uitsorteer nie. Ivan Stevens, Sielkunde-dosent van Hefsiba op Vila Ulónguè in Noordwes-Mosambiek sedert Julie 2014, begin vanaf Julie in Johannesburg werk as deel van 'n gevestigde bemarking- en handelaarspan verantwoordelik vir die Kaapprovinsie, Malawi & Mosambiek. Lees meer hier.
Nasionale Vrouekonferensie
10. #Imagine Uitvoerende Komitee byeen
"Die Uitvoerende Komitee van die nasionale #Imagine-beweging en 'n paar gespreksgenote het die afgelope week by kerksondermure in Midstream bymekaar gekom. Die vergadering is gefasiliteer deur Jennie McGarvie, wat die groep gehelp het om oor die strategie en organisasie van #Imagine te gesels. André Pentz van Pentz Gillespie het die vergadering help dink oor 'brand management' en netwerke," laat weet Anriëtte de Ridder. 
Imagine UK
Agter: Anriëtte de Ridder, Rehet Lehasky, Barbara-Marie Swarts, Louis Brittz, Teodor van der Spuy, Johan Terblanche, Jennie McGarvie, André Pentz, Cois de Kock
Tweede ry: Khanyi Mthimunye, Fouché de Wet, Ivor Swartz, Vicus Kruger
11. #Imagine Kidz: Hier is gashere vir Julie!
JC de Jongh laat weet dat #Imagine Kidz gedurende die Julie-vakansie in Hermanus, Welkom, Attie van Wijk (Durbanville), Durbanville (middedorp), Ermelo, Mokopane, Knysna, Hillbrow en Paarl-Noord aangebied word. Besoek gerus hulle Facebook vir meer inligting en oorweeg om vir die Oktober-vakansie te registreer by www.imaginekidz.com.
12. NG Kerk Vrystaat hou Sinodesitting
Ons stuur graag seënwense aan ons kollegas en vriende van die Vrystaat, wat van 11-15 Junie sinodesitting by Nampo-park in Bothaville hou. Ons dink aan Helgard Janse van Rensburg (voorsitter van die moderamen) en elkeen wat voor moet stap en leiding bied. Aan Carin van Schalkwyk (skriba van die moderamen) en Thea Bosman (wat haar so bekwaam ondersteun), mag al julle harde werk en reëlings ’n geslaagde en vreugdevolle samekoms verseker. 
Vrystaat Sinode

Teologie-gebou
ALGEMEEN
1.1 
Dogmatologiese Werkgemeenskap (TSSA):
Jaarlikse konferensie in Stellenbosch

Die "Theological Society of South Africa" (of TSSA) hou vanjaar van Wo 21 tot Vr 23 Junie hul jaarlikse konferensie in Stellenbosch, by die Fakulteit Teologie. TSSA is ’n akademiese vereniging van sistematiese teoloë van regoor die land. Die tema van die konferensie sluit aan by die 500-jarige Reformasievieringe, naamlik "Between conflict and communion: The reception of 16th century reformations in South Africa". 
Enigeen is welkom om by te woon – en laat registrasies sou moontlik oorweeg kon word, laat weet Nadia Marais (konferensie-sekretaris). Sien die program met meer inligting hier.
Wentzel v Huyssteen
1.2 Viering van Wentzel van Huyssteen
As deel van die TSSA-konferensie (lees bo) word ook 'n vieringsgeleentheid vir prof J Wentzel van Huyssteen (buitengewone professor in sistematiese teologie aan die US se Fakulteit Teologie) beplan. Dit vind plaas op Vr 23 Junie om 13:15 in die kapel by die teologiese fakulteit (Dorpstr 171). Prof Danie Veldsman (UP) sal die spreker wees. Bevestig teenwoordigheid by Helette van der Westhuizen: hvdwest@sun.ac.za voor 21 Junie.
2. Hugenote Kollege bou nuwe geslag innoverende Leiers!
Op Dinsdag 30 Mei 2017 het Hugenote Kollege 'n nuwe veldtog genaamd "Building a next generation of innovative social leaders" by 'n spoggeleentheid in Franschhoek bekendgestel. Die gasspreker vir die aand, die inspirerende advokaat Thuli Madonsela (in eie reg 'n innoverende sosiale leier) het die gaste aan haar lippe laat hang.
Die nuwe veldtog is gefokus op ondersteuning vir spesifieke projekte binne Hugenote Kollege wat bydra tot toerusting van die volgende generasie van innoverende sosiale leiers. Vir meer inligting oor die veldtog skakel 021 873 1181 of kontak die kollege by bestuur@hugenote.com  - lees hier verder.
Nelis Janse van Rensburg, Thuli Madonsela en Willie van der Merwe
Nelis Janse van Rensburg, Thuli Madonsela en Willie van der Merwe
Magdaleen en Monique
Magdaleen Goosen en Monique Nsanzabaganwa
3. Internasionale Studentebediening
Impak op Studentelewens strek wyd

Die Universiteit van Stellenbosch het sowat 4, 200 internasionale studente uit meer as 110 lande.
Ds Jurie en Magdaleen Goosen van Helderberg Uitreik en medewerkers is verantwoordelik vir internasionale studentebediening op die kampus. Een van die bediening se doelstellings is om studente en lidmate beter toe te rus vir hul dienswerk en getuienis wanneer hulle na hul lande van herkoms terugkeer. Lees hier verder. Kontak Jurie Goosen by goosenas@isales.co.za om betrokke te raak of met navrae.
4. Missionale konferensie: Bydraes en Klankopnames
Klankopnames van die onlangse konferensie oor ’n missionale kerkbegrip in Stellenbosch is nou beskikbaar.

Die bedieningspraktyk van die vroeë kerk is onder meer daar bespreek en dr Michael Moynach (Fresh Expressions) het drie lesings gehou, en veral vertel hoe 'n nuwe geloofsgemeenskap gevorm word deur gawes met absolute vrygewigheid te deel. Lees hier meer. (Met dank uit Grens.Pos van 1 Junie 2017 oorgeneem.)
5. Raakgesien ... 
Kinderbeskermingsweek: Koester kreatiwiteit

In die gees van Kinderbeskermingsweek – en omdat ons nie slegs in ’n bepaalde week ons kinders moet koester en help om hul volle potensiaal te verwesenlik nie ... ’n kortfilm van 7 minute vir elke ouer, grootouer en onderwyser wat kinders se kreatiewe, kleurvolle siele begelei en geniet.
A long obedience
6.1 Raakgelees: Dissipelskap 
"Disciple says we are people who spend our lives apprenticed to our master, Jesus Christ. We are in a growing-learning relationship, always. A. Disciple is a learner, but not in the academic setting of a schoolroom, rather at the work site of a craftsman. We do not acquire information about God but skills in faith." - Eugene Peterson, A long obedience in the same direction, soos oordink by Communitas se kursus in dissipelvorming op Stellenbosch hierdie week. (Met dank aan Frederick Marais)
Sondagskoolseel
6.2 Raakgelees ... 
Onthou jy? Bid vir ons Kinders se Geestelike vorming
Wie onthou nog die ou Sondagskoolsertifikate waarop jy aan die einde van die jaar ’n seël vir getroue bywoning kon plak? Wie van VrydagNuus se lesers het dalk nog hul eie oorspronklike sertifikaat en wil ’n foto daarvan stuur
Iemand deel onlangs so ’n sertifikaat op Facebook ... en die oorweldigende reaksie (positief sowel as negatief) daarop vertel ’n eie verhaal. 
Dalk kan ons 'n punt daarvan maak om (opnuut en getrou) te bid vir elkeen wat iewers help met die geestelike vorming van ons kinders: in die skool, op die sportveld, op 'n kamp, by 'n vakansiewerk, tydens 'n toer. En ja - ook by die Sondagskool, by die kategese ... klik hier.

NGK en DRC
7. Ken jou Kerk: Kerklike “Sparkplugs”?
Ons sinode se amptelike naam is Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika en die Engels dan Dutch Reformed Church in South Africa. Hoekom kort ons nie NG Kerk af met "NGK" nie? Hoekom vermy ons "DRC" as afkorting vir die Engelse naam? Met goeie rede ...
Die vonkproppe ("sparkplugs") is NGK – en daarom het die sinode besluit dat ons afkorting altyd NG Kerk moet wees (vir die volledige Nederduitse Gereformeerde Kerk). Die Sinode van Wes-Kaapland se afkorting is NG Kerk in SA.
In Engels gebruik ons "DR Church", anders kan mense ons verwar met die Democratic Republic of the Congo (kyk gerus self wat gebeur as jy DRC intik by Google)!
WCC Water
EKOLOGIE
1. 
Eco-school on water, food and climate justice in Malawi!  
The first ever World Council of Churches (WCC) Eco-School on Water, Food and Climate Justice, will be held 24 July to 3 August in Lilongwe (Malawi), hosted by the Church of Central Africa Presbyterian Blantyre Synod.
Applications are still open with extended deadline of 11 June. The Eco-School, coordinated by the WCC Ecumenical Water Network and Ecumenical Advocacy Alliance, will bring together about 20 young African people ages 18-30. Click here.
2. Waternood: Dink Nuut!
SAFCEI (die Southern African Faith Communities’ Environment Institute) herinner in hulle jongste nuusbrief daaraan hoe belangrik bewustheid (en bewusmaking) is in ons hantering van ons waterkrisis.
UK het ’n toepassing ("app") ontwikkel waarmee huishoudings hulle watergebruik kan monitor en die Stad Kaapstad deel waterbesparingswenke
Die keuses wat ons as verbruikers uitoefen, moet ook aandag geniet. Een voorstel is die Green Monday community (sien video onder) of soortgelyke lewenstyl-aanpassings om minder diereprodukte te eet en so jou koolstofvoetspoor te verminder. Lees hier – en let gerus op die infografika wat plaasvervangers vir proteïen, kalsium, omega-olies, ens aandui.
Green Monday
Klimaatsveranderinggrafika
3.1 Parys-ooreenkoms: Waaroor die bohaai?
Die Parys-ooreenkoms (Frans: Accord de Paris), of die Parys-klimaatooreenkoms, is 'n ooreenkoms binne die Verenigde Nasies (VN) se Raamwerkkonvensie oor klimaatsverandering (UNFCCC) wat handel oor die aanpassing van kweekhuisgasse wat in die jaar 2020 begin.
Die ooreenkoms is onderhandel deur verteenwoordigers van 196 partye by die 21ste konferensie van die partye van die UNFCCC in Parys en goedgekeur deur konsensus op 12 Desember 2015. Vanaf Junie 2017 het 195 lede van die UNFCCC die ooreenkoms onderteken. Hier is meer. (Pres Donald Trump van die VSA het dié land op 1 Junie 2017 aan die ooreenkoms onttrek.)
3.2 SAFCEI Statement on US withdrawal from Climate Agreement
Lees hier hoe Anglikaanse en ander kerkleiers (waaronder die WRK) hulle misnoeë oor die besluit van pres Donald Trump uitgespreek het.
Intussen het SAFCEI ook ’n mediaverklaring in reaksie op die aankondiging van die VSA se onttrekking uit die ooreenkoms uitgereik. Klik hier.
Planeet B
4. Net een Aarde!
Wêreldwyd maan wetenskaplikes dat die mensdom besig is om die aarde te vernietig. Om daagliks oor baie jare waar te neem hoe die toestand van die aarde agteruitgaan, is uiters ontstellend. En om dan te hoor en te sien hoe hul bevindinge afgemaak en geïgnoreer word, is dubbeld so erg.  Lees hier.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
LiG voorblad
PUBLIKASIES
1. In LiG van Julie ...
vertel Therese Benade oor haar man-met-die-mooi-hart met wie sy binnekort gaan trou,  gesels N
ina Smit oor die donker én die lig, ná haar Johan se dood.
Lees oor interessante Bybelse simbole en kry Bybelstudiemateriaal vir jou selgroep.

Vir kinders is daar die beste besighouplanne vir die vakansie ooit. Kundiges waarsku ook dat seks op jou kind se selfoon die druk van 'n knoppie ver is.

Word geïnspireer deur gewone mense wat hul drome uitleef en 'n verskil in die wêreld maak.

Skakel 0860 26 33 42 óf 021 864 8210 of stuur jou bestelling per e-pos na bestel@bmedia.co.za.
Logo
2. Uitreike met CLF se publikasies!
Beplan julle gemeente, jeuggroep of selfs julle as gesin 'n evangelisasie-uitreik hierdie vakansie? Of is jy betrokke by 'n sopkombuis, nagskuiling of enige ander gemeenskapsprojek?
CLF se wye reeks gratis pamflette en bekostigbare boeke kan bydra tot die volhoubare impak van jou aksie. Lees
hier verder.
KUIERKANS
Klik onder vir meer inligting. 
Kuierkans
Kerkbode
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende gedrukte Kerkbode verskyn op 23 Junie 2017.

Logo
1. NG Gemeente Paarl-Vallei: Medeleraar
Die NG Gemeente Paarl-Vallei, ’n gemeente met 1314 belydende en 360 dooplidmate uit alle ouderdomsgroepe, het ’n vakature vir ’n medeleraar. Lees meer oor die gemeente se belydenis en verwagtinge van die suksesvolle kandidaat. Reageer voor 12:00 op Vrydag 14 Julie.
Badisa-logo
2. Badisa
2.1 Huis Mostertshoek: Bestuurder

Huis Mostertshoek in Wolseley is ’n program van Badisa, ’n gesamentlike bedienings-aksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en VGKSA (Kaapland).
Aansoeke van gemotiveerde persone met ’n positiewe lewensingesteldheid teenoor bejaardes, word vir hierdie betrekking ingewag. Aansoeke sluit op 16 Junie. Lees meer hier.
2.2 Gemeenskapsontwikkelingswerker by Villiersdorp
Die Beheerraad van Badisa Villiersdorp wag aansoeke in van entoesiastiese persone wat Badisa se waardes onderskryf. Aansoeke sluit 23 Junie en diensaanvaarding is so gou moontlik. Hier is meer inligting oor die vereistes en voordele van die pos.

2.3  Verpleegkundiges: Huis Lettie Theron

Huis Lettie Theron, Badisa se tehuis vir bejaardes in Hermanus, wag aansoeke van entoesiastiese en verantwoordelike persone in vir vakatures as senior geregistreerde verpleegkundige en geregistreerde verpleegkundige. Reageer voor 15 Junie. Meer inligting is hier.

Franziska Andrag-Meyer
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... Franziska Andrag-Meyer
"Alle oë wag op U, o Here, en U gee wat ons benodig, Heer, op die regte tyd. U open u milde hande en skenk soveel guns aan al wat lewe, uit groot genade." 
Ons het dit hierdie week beleef.  Die guns kom met ’n storm, nie met die sagte aanhoudende winterreën wat ons met ’n Kaapse winter assosieer nie. Dit kom vir baie mense met vrees, selfs doodsangs, want hoe moet jou “shack” nou bly staan in dié wind? Nietemin stuur die Here die reën wat ons almal so bitterlik nodig het.
Wanneer ek so oor die stormagtige see uitkyk, dink ek vandag weer aan Jona en ek wonder: Gun ons die Here se genade vir al wat lewe of soek ons dit eintlik net vir onsself asof ons dit verdien?
***
Franziska Andrag-Meyer is sedert 2004 predikant in die mooie Struisbaai se NG Gemeente Suidpunt. Kontak haar by andragmeyer@gmail.com. 
Gebed
"Ek wil my hoop op U gevestig hou, U, my Sterkte,
want U is my veilige vesting!" (Ps 59:10)
Vriendelike groete.

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.