Lees deur internet, klik hier >>
1 Desember 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Jesus with us
En waar is God? Hier.

Hier tussen ons. 
Deur sy Seun het Hy Immanuel geword, God by ons. 
En deur sy Gees het Hy niks minder nie as God-in-ons geword.

Sy koninkryk is dus oral waar sy kinders leef en beweeg
. Meer.
Rust-egpaar
SINODENUUS
1. 
Aangename rus, Averell Rust!
Averell Rust, die hoof- uitvoerende beampte van Badisa, tree aan die einde van Desember 2017 af na 30 jaar in die bediening.
Ons gee graag erkenning aan hom vir ’n uitsonderlike reis met God se belofte (“Ek sal jou seën”) en opdrag (“jy moet vir ander tot seën wees") waaraan hy as riglyn vasgehou het.
In die gedenkbundel waarin hy in Junie vanjaar oor die 30 jaar teruggekyk het, skryf hy o.a.: “Tot vandag toe sal ek altyd die gemeente groet met die woorde, ‘Ontvang die seën van die Here en wees ’n seën vir elkeen wat julle langs die pad kry.’" Lees Averell se afskeidsboodskap hier.
Ons groet hierdie gewaardeerde kollega met ons opregte seënbede. Mag die nuwe seisoen vir jou en Ciska, julle kinders en kleinkinders, goeie gesondheid en baie vervulling inhou.
Logo
2. Badisa
Project Raven – sorg in die Kerstyd

Soos verlede jaar, beoog Badisa om vanjaar kospakkies aan behoeftige gesinne langs die N7, van Nuwerus tot Steinkopf, te voorsien. Hierdie inisiatief, wat saam met interkerklike vennote onderneem word, verdien ons almal se  voorbidding. Lees hier meer en doen gerus moeite om hulle van 18 tot 21 Desember langs die N7 te ondersteun - let op vir die logo (soos langsaan te sien).
3. Kerkargief
3.1 Andrew Kok, welkom as bestuurder!

Ons verwelkom saam met die argief op Stellenbosch graag vir Andrew Kok hartlik! Andrew vul vanaf Vrydag 1 Desember 2017 die vakature as Bestuurder: Argief.
Hy bring besondere ervaring en kundigheid saam met hom na hierdie posisie. Hieronder tel die voorsitterskap van die beheerraad van die Genealogiese Instituut van Suid-Afrika (GISA). Dit is boonop lekker om te weet dat Andrew 'n meelewende NG-lidmaat is - wat beteken dat hy sy bydrae by ons argief met 'n bepaalde ingesteldheid en aanvoeling vir die werksaamhede en strukture van die kerk sal aanpak. 
Ons wens jou (en Carin en julle gesin) 'n besondere nuwe hoofstuk met jou inskakeling as deel van die effektiewe argiefspan toe! Kontak vir Andrew by argief@kaapkerk.co.za of 021 882 9923. Besoek die kerkargief se webwerf vir meer.
Carin en Andrew Kok
Carin en Andrew Kok
Argief
3.2 Dominee, help argief met jou inligting
Dalk is die naderende Desember-vakansie net die tyd om agterstallige administrasie af te handel. As deel daarvan, kan ons predikante gerus oorweeg om hulle biografiese inligting aanlyn op http://kerkargief.co.za/vorms/biografiese-gegewens-predikante/ te voltooi.
'n Lekker gerieflike manier om te verseker dat die argief se predikantelêers netjies met die jongste (en juiste!) inligting bygewerk is.
Groepfoto
3.3 Argiefkroniek
Kersboodskap van Andrew Murray

Dr. Andrew Murray is net mooi 100 jaar gelede oorlede, en hierdie boodskap is kort daarna in die Koningsbode (Des. 1917) gepubliseer. Dis ’n boodskap van oorvloedige genade – en is dit nie presies wat die Kersboodskap is nie ... 
“God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” (2 Kor 9:8, 1953-hersiening). Lees gerus hier verder, met dank aan Isabel Murray van die kerkargief op Stellenbosch.
Gielie en Bossie
4. Communitas
Opleiding van Brugpredikante 2018

Die doel van ʼn brugpredikant is om ʼn vakante gemeente te help om weer sy  roeping en rol duidelik te verstaan. Die eerste toerustingskursus vir brug-predikante wat deur Communitas in 2018 aangebied word, is van 6 tot 8 Februarie. Die aanbieders is Gielie Loubser en Bossie Muller. Lees hier meer. Kontak Mathilda du Pisanie by mdup@sun.ac.za of 021 808 3265 vir meer inligting. Onder is 'n foto wat tydens die brugkursus in September geneem is.
Bywoners van brugkursus
V.l.n.r.: Hennie van Loggerenberg, Jannie Groenewald, Olivier Muller, Bossie Muller (aanbieder), André Oosthuizen, Martin Steyn, Banus Botha, Gielie Loubser (aanbieder), Michiel Lemboe, Kotie Kritzinger en Francois Wessels
5. Oor droogtehulp nagedink
Die diensgroepe Publieke Getuienis en Diaconia het die 24ste November nege VGK/NGK gemeenteleiers (foto onder) uit die Namakwaland, Hantam en Karoo-omgewing genooi om te gesels oor  droogtehulpondersteuning in gemeenskaps-verband.
Kilk hier vir 'n paar gedagtes wat tydens die gesprek geopper is.
Gespreksgenote
V.l.n.r. is Anton Verwey, Christoff Koch, Nico van der Westhuizen, William Ficks, Sean Esterhuizen, Pieter Roeloffse, Mias Nortier, Yolandi Nortier, Billy Rayners
6. Sentrum vir Publieke Getuienis
6.1 Gebedsbyeenkoms in die parlement

Op Vrydag 24 November het daar 'n gebedsbyeenkoms in die parlement plaasgevind wat deur ongeveer 250 Christen-leiers bygewoon is. Ons is veral beïndruk deur die aangrypende getuienisse en belydenisse van wit teenoor swart en swart teenoor wit oor die pyn wat ons vir mekaar veroorsaak het en steeds veroorsaak.
Die byeenkoms (foto onder) is onder andere deur Llewellyn MacMaster en Mary-Anne Plaatjies van Huffel (VGKSA) en Braam Hanekom (NG Kerk) bygewoon.
Gebedsbyeenkoms in die parlement
Braam e.a.
6.2 Waar lê uitdagings tans in SA?
Perspektiewe uit die Oos-Kaap

Verlede week is berig oor die Sentrum vir Publieke Getuienis (SPG) se besoek aan die Oos-Kaap. "Waagmoedige Gesprekke"  is in PE, Oos-London en Mthatha gevoer. Van die belangrikste insigte wat uit die gesprekke na vore gekom het, word hier deur Braam Hanekom van die SPG saamgevat. Kontak die sentrum by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202 met navrae. Op die foto is Braam Hanekom (links) in gesprek met Wiehann van Zyl, leier van Call42 en Sam Dandala, geestelike leier in die Oos-Kaap. 
Ringe
7. Getuienisaksie 
Leierskap- en huwelikseminaar vir susterskerk in Mosambiek
Dr. Davidson Chifungo van Veritas Malawi en sy vrou, dr. Phoeboe Chifungo, deeltydse dosent by ABC (African Bible College) in Lilongwe, het vanaf 20 tot 23 November met die steun van Getuienisaksie ’n leierskap- en huwelikseminaar vir ons susterskerk in Mosambiek, die IRM (Igreja Reformada em Moçambique, Mphatso Sinode) aangebied. Hier is hulle verslag oor hierdie suksesvolle seminaar en onder 'n foto van die kursusgangers.
Kursusgangers
Kursusgangers tydens die leierskap- en huwelikseminaar in Mosambiek
Lourens Bosman
8. NG Algemene Sinode
Lourens Bosman: algemene bestuurder

Lourens Bosman (predikant van die NG Gemeente Lux Mundi in Pretoria) is die pos van algemene bestuurder by die kantoor van die Algemene Sinode van die NG Kerk in Pretoria aangebied.
In dié pos sal hy Gustav Claassen, algemene sekretaris van die NG Kerk, op verskeie terreine ondersteun.
Lees gerus e-Kerkbode se berig hier. Ons beste wense aan Lourens en Gustav vir ’n geseënde en gelukkige samewerking tot diens van die kerk en ons breër kerklike betrokkenheid.
Kersvakansie
9. Kersvakansie 2017
Ons herinner lesers daaraan dat die meeste van die Sinode van Wes-Kaapland se afdelings op Vrydag 15 Desember om 12:00 sluit. Spesifieke datums vir die verskillende kantore is hier beskikbaar. Onthou gerus dat Ma. 25 sowel as Di. 26 Desember (Welwillendheidsdag) openbare vakansiedae is. 
Senior personeel se kontakbesonderhede is op die verskillende webwerwe beskikbaar. Besoek www.kaapkerk.co.za vir meer inligting.
Ons waardeer al die gebede, waardevolle raad en vriendelike hulp teenoor die sinode die afgelope jaar. Geseënde en vredevolle Kerstyd toegewens.
ALGEMEEN
1. 
Archbishop Emeritus Desmond Tutu: Bind us together, Lord ...
Archbishop Emeritus Desmond Tutu's prayer for South Africa, screened by the South African Council of Churches (SACC) at the National Day of Prayer event at FNB Stadium in Johannesburg on Sunday November 26:

“ ... wake us up to remember that we are all members of one family, the human family, God’s family, that we are sisters and brothers, bound together by bonds that will never be broken.”   Watch the video below.
Archbiship Emeritus Desmond Tutu
Suriname
2. Wêreldbiddag vir Vroue 2018
Die tema vir volgende jaar se Wêreldbiddag vir Vroue is "Hoe wonderbaar is u skepping!" Die skrywer-land is Suriname.
Kry die bestelvorm hier om programme (tweetalig/Afrikaans/Engels; /
Kinder en Jeug Afrikaans/Kinder en Jeug Engels), sowel as plakkate, CD's, 'n PP-aan-bieding en allerlei aandenkings met die biddag embleem, vroegtydig te bestel. 
Sondag-joernaal
3. Raakgehoor
Sondagjoernaal: Advent en fokus op gestremdheid
Maak gerus ’n knoop in jou oor om Sondagoggend om 07:15 te luister hoe Lizelle de Bruin op RSG se Sondag-joernaal gesels met Jannie le Roux (NG Gordonsbaai) oor die kleure van Advent.
Die program bevat ook ’n insetsel waarin Nelis Janse van Rensburg (voorsitter van die moderamen van die NG Kerk) praat oor hoe die kerk vir gestremdheid plek maak, terwyl Jan Oberholzer (Dowe Familiekerk, Worcester) hulle nuwe fokus verduidelik.
Annalise Wiid
4. Raakgelees
4.1 
Kersfees-stilte in die Boland

"Op 'n dag, toe dit warmer was as kraaie-gaap, het God die engel Gybriejil na 'n maagd op ’n dorp in die Bolandse berge gestuur. Gybriejil het haar nuutste jean aangehad en 'n spierwitte T-shirt. Oor daar nie geld was vir costumes en vlerke nie. Ook nie ’n laken om te 'spare' nie.
Gybriejil was een van die groter dogters. 'n Engel is after all groter as ’n mens."
Dié Kersverhaal deur woordkunstenaar Annalise Wiid sal jou tot binne-in die eeue oue verhaal neem. LiG se Desember/ Januarie uitgawe deel hierdie pragtige outentieke Bolandse verhaal met sy lesers. Dit raak aan jou hart.
(Teken in op LiG vir gereelde inspirasie!) Dankie aan LiG vir die vergunning om die verhaal in VrydagNuus te deel.
Put en water
4.2 Kyk uit vir hulle wat op die hitte van die dag rondloop ...
“Moenie dat hierdie Kersfees verbygaan en jy nie die tog na die put aanpak nie. 2018 gaan net soveel makliker wees as jy daardie gesprek met Hom aanknoop voor jy sommer besluite neem. Dalk moet jy ook ‘n put vir ander wees wat van 2017 se ellendes moeg en oorlaai is. Kyk uit vir hulle wat op die hitte van die dag rondloop op soek na Lewende Water.” 
Klik hier vir ’n Kersboodskap, met vriendelike vergunning van Jannie de Villiers, UHB, Graan SA.
Kalender
4.3 Advent: Betekenisvolle kalender
Gesinne, ouers of andere wat by kinders betrokke is en op soek is na 'n meer betekenisvolle Advent-kalender om die dieper betekenis van die Kerstyd prakties by kinders tuis te bring, kan oorweeg om na hierdie opsie te kyk vir inspirasie.
Dis 'n "Gifts of Kindness" Advent-kalender wat gratis aflaaibaar aangebied word - met 'n oordenking, vrae en idees.
5. Gemeentes, 2018-kalenders asb!
Ons herhaal graag ons versoek aan gemeentes: stuur asb. julle gemeentekalender se voorblad aan ons as deel van die sinode se versameling.
Vir 2018 hoop ons dat ten minste 80 gemeentes hul voorblaaie sal stuur sodat ons ’n meer verteenwoordigende prentjie van ons 228 gemeentes kan gee.
Hier kan jy sien watter gemeentes het reeds reageer en hieronder is 'n collage van 'n paar van ons gemeentes op die platteland se kalenders.
Kalenders
UIT ONS RINGE
Ring van Kuilsrivier groet Willie Cilliers
Op Woensdag 29 November het die Ring van Kuilsrivier die geleentheid gebruik om gesellig saam te kuier ter afsluiting van die jaar én om kollega Willie Cilliers se verjaardag te vier. Willie emeriteer op 30 November, soos VrydagNuus verlede week berig het. Ons seënwense aan hierdie groep kollegas!
Op die foto onder is v.l.n.r. John le Roux, Johan Morkel, Hannes Burger, Hennie du Pisanie, Chris Barnardo, Emile Blommaert, Willie Cilliers en Jannie du Plessis.
Ring van Kuilsrivier afsluiting
GEMEENTENUUS
Durbanville-Bergsig Kerssangdiens
NG Durbanville-Bergsig Kerssangdiens 3 Des.
Bill Drake
NG Durbanville-Bergsig - Bill Drake 8 Des.
NG Wynberg koor
3. NG Gemeente Wynberg
Gewyde musiekprogram

Wynberg bied op So. 3 Desember om 09:30 ’n program van gewyde musiek aan. Koorwerke van John Rutter, Karl Jenkins, Max Reger en Handel word onder leiding van Danie Smit uitgevoer.
Die program sluit ook solosang van Georges Bizet (Agnus Dei) en ’n fluitsolo van Massenet (La meditation de Thaïs) in. Die volgende soliste tree op: Minette du Toit-Pearce  (mezzo), Anna du Plessis (sopraan), Liesl Stoltz (fluit), Jana van der Walt (harp) en Nico Holtzhausen (trompet). Diederick Basson sal as orrelis optree. Die program word as ‘n geestelike ervaring aangebied. Klik hier.

Twitter Facebook
Bennie en Alta du Plessis
PREDIKANTENUUS
1. NG Bellville-Oos groet Bennie en Alta du Plessis na 33 jaar

Saam met die kerkraad van die NG Gemeente Bellville-Oos in De La Haye, Bellville, wil ons graag vir Bennie du Plessis wense vir goeie gesondheid en 'n rustige nuwe fase toewens. Bennie en Alta sluit op 31 Desember 33 jaar van betrokkenheid by dié gemeente af wanneer hy emeriteer. 
(VrydagNuus het reeds voorheen berig oor Bennie se gesondheid en die effek van die uitmergelende mediese behandeling wat hom genoodsaak het om reeds vanaf 1 November met verlof te gaan.) Sy afskeidspreek vind op So. 14 Januarie 2018 plaas en hy ontvang dan ook die Akte van Emeritaat. Almal is welkom by hierdie geleentheid waar van hulle afskeid geneem word.
Die kerkraad en die gemeente van Bellville-Oos wil hulle graag bedank vir hul meelewendheid oor die jare heen. 

Bid asb. spesifiek vir Bennie se gesondheid en sy behandeling in hierdie tyd.  
Langeveldt-egpaar
2. Paul en Elise Langeveldt verruil Nuwerus vir Koekenaap
Die NG Gemeente Nuwerus het Paul en Elise Langeveldt onlangs alte lekker verras deur hul familie en kinders spesiaal na Paul se afskeidsdiens uit te nooi!
Paul, wat na 33 jaar in die gemeente aan die einde van Desember 2017 emeriteer, het sy afskeidspreek op 19 November gelewer, met 'n gesellige gemeente-ete daarna.
Oor die besondere mense van Namakwaland het Paul en Elise baie staaltjies te vertel. Wat hulle sal bybly, is die samewerking en offervaardigheid van die gemeenskap. Selfs in een van die droogste jare van Paul se bediening vanjaar, het die verskillende wyke se dankfeeste 'n beter opbrengs as vorige jare gehad! Elise se herinneringe van mense se ondersteuning tydens haar motorongeluk in Junie 1990 is 'n ervaring wat hulle steeds bybly. Nou wink Koekenaap-omgewing, nader aan die kinders. Mag julle die Here se sorg en trou ook daar op 'n spesiale manier ervaar.
Van Heerden-egpaar
3. Dirkie en Makkie van Heerden groet NG Buffeljagsrivier
Na 25 jaar in Buffeljagsrivier gemeente is dit vir Dirkie en Makkie van Heerden tyd om te groet. Dirkie emeriteer ek. So. 3 Desember.
Hy het as kapelaan in die vloot in Gordonsbaai gedien en was daarna vir twee jaar by die destydse Handel-en Nywerheidsbediening in Paarl/Wellington betrokke.
In 1992 word hy Buffeljagsrivier toe beroep en so begin ‘n wonderlike reis van 25 jaar in God se wingerd. Hierdie reis is gekenmerk deur goedheid, guns en genade Hulle is dankbaar en gaan in Swellendam aanbly, waar Dirkie steeds by die maatskaplike werk-program van Badisa betrokke wil wees. Ons gun julle ’n mooi nuwe seisoen!
Lambrechts gesin
4. Sommer twee nuwe kollegas vir Vredelust!
Francois en Enel Lambrechts vir
die FamilieKerk Bottelary

Francois en Enel Lambrechts, beide leraars in verskillende gemeentes in Brakpan, kry vanaf Januarie 2018 die geleentheid om saam in ’n gemeente te bedien.
Hulle is voluit deel van die Vredelust-span, met die opdrag FamilieKerk Bottelary, ’n kerkplanting van Vredelust langs die Bottelary-pad wat die grens tussen Brackenfell en Kuilsrivier vorm.
Hierdie uitnemende en nuwe bedieningsmoontlikhede word in samewerking met verskillende ringe, sowel as Communitas se Gemeentebegeleiding onderneem – ’n unieke verwikkeling in ons kerkstrukture. Lees hier verder hoe Leon Oosthuizen skryf. Julle is hartlik welkom, Francois en Enel (met die kleine Lea daarby)!
5. Eugene en Louise Malan onderweg na NG Sonstraal
Ons sien saam met die NG Gemeente Sonstraal in Durbanville uit na die koms van Eugene en Louise Malan.
Eugene, wat sedert 1998 in die NG Gemeente Port Elizabeth Hoogland predikant was, begin op 1 Januarie 2018 amptelik daar, maar sy bevestiging vind eers na die aanvang van die skooljaar plaas op So. 28 Januarie. Ons wens die Malans (foto onder) ’n geseënde nuwe Kaapse hoofstuk in hulle lewens toe! 
5.1 Plaaslike gemeente - liggaam van Christus, vertel Eugene
"Kerk-wees gaan vir my oor deel-wees van ’n geloofsgemeenskap waar mense geroep, toegerus en gestuur word om goed te wees vir mekaar, om by te dra tot ’n gelukkige en gesonde samelewing en die bewaring van die ganse skepping.
Gasvryheid, diensbaarheid en geregtigheid staan sentraal tot die bediening waar elke lewensfase gevier word en elkeen ’n waardevolle en welkome plek in die gemeente as liggaam van Christus ervaar. DIe plaaslike gemeente is die teken en draer van hoop, vrede, vreugde en geregtigheid in die gemeenskap. Ek is dankbaar om daarvan deel te wees." - Eugene Malan.
Malan-gesin
Die Malans: Miguette, Louise, Eugene, Jean-Marié en Simon voor
Strauss-egpaar
6. NG Kuilsrivier verwelkom Michiel en Bettie Strauss
Dr. Michiel Strauss (voorheen van NG Parow-Welgelegen) is met ingang 4 Desember 2017 as leraar in ’n deeltydse termynpos van een jaar by die NG Moedergemeente Kuilsrivier aangestel. Hy word op So. 10 Desember bevestig en lewer terselfdertyd sy intreepreek.
“Ek word al hoe meer en meer bewus daarvan dat God veel groter en ruimer en heerliker is, as wat ek van Hom kan verstaan. Dus dink ek nie dat ek al die antwoorde oor Hom het nie en nog minder dat ek Hom kan uitpluis en volledig kan verklaar nie.” So skryf Michiel aan Kuilsrivier in ’n brief waarin hy homself aan die gemeente voorstel. Lees gerus hier verder ... Seënwense, Michiel!
Van der Walts
7. NG Gemeente Buffeljagsrivier
Welkom, Nico, Lizaan en MJ van der Walt!

In Buffeljagsrivier is daar ook die wonderlike vooruitsig rondom die Van der Walts (Nico en Lizaan, met klein MJ) se koms na die gemeente. Nico begin amptelik op 1 Januarie 2018 in die gemeente, met sy bevestiging en intreepreek kort voor die begin van die nuwe skooljaar in 2018. 
Nico skryf: “Ek, Lizaan en MJ is al drie gebore Bloemfonteiners wat mal is oor lag! Ek het ’n groot passie vir jongmense, gesinne, die natuur en probeer my bes om ’n dissipel te wees, nie net in woord nie, maar ook in daad - by en in die gemeenskap en wêreld!
Alhoewel ons Bloem gaan mis, sien ons drie baie uit na die nuwe seisoen wat die Here vir ons gesin beplan in die Kaap by die ongelooflike mense van Buffeljagsrivier en Swellendam!” Mag julle baie seën daar beleef. 
8. Beroepenuus
VrydagNuus berig nie in die reël oor beroepe uitgebring nie. Ons maak egter 'n uitsondering in die lig van die lang Desember-vakansie wat voorlê en deel graag die volgende gemeentes en kollegas se nuus. Bid asb. vir elkeen hierby betrokke vir helderheid oor groot besluite wat geneem moet word.
Rossouws
8.1 Fourie Rossouw beroep na NG Moedergemeente Somerset-Wes
Somerset-Wes Moedergemeente het Fourie Rossouw onlangs beroep in ’n tydelike vastetermyn kontrakpos.
“Hy sal help met prediking, maar sy hooffokus is jong volwasse lidmate, jong gesinne en kategese, met aanlyn kommunikasie en bemarking deel van die waarde wat hy tot die gemeente sal toevoeg. 
Sou hy die kontrak so aanvaar, sal dit so gou moontlik (begin Desember 2017) in werking tree, maar die bevestiging eers aan die begin van die nuwe jaar. Die datum is nog nie onderhandel nie. Ons sien uit om Fourie, Mareli en Jozua by ons te ontvang,” skryf Johan van Niekerk, leraar by NG Moedergemeente Somerset-Wes. Baie mooi wense!
Elzanne van der Westhuizen en Marcia van Niekerk
8.2 Stellenbosch-Welgelegen beroep Elzanne van der Westhuizen
Prop. Elzanne Mostert van der Westhuizen is op 14 November beroep as derde leraar na NG Stellenbosch-Welgelegen.
Op die foto oorhandig Marcia van Niekerk vroeër hierdie week haar beroepsbrief aan Elzanne (links).
Ons seënbede is in hierdie tyd by Elzanne en haar man, Freddie. Meer oor die gemeente is hier beskikbaar.
Van Eeden-egpaar
8.3 Stellenberg beroep Fay v. Eeden
Dit is aangenaam om bekend te maak dat Fay van Eeden, predikant in die NG Gemeente Lynnwood in Pretoria, as leraar na die NG Gemeente Stellenberg in Durbanville beroep is.
Fay se beroepsbrief is die afgelope week aan haar gestuur. Ons vra graag voorbidding vir haar en Peet, haar man, rakende hierdie belangrike besluit wat hulle moet neem.

Geskenk
EKOLOGIE
1. Kersgeskenke vir die aarde 

Volgens Joh. 3:16 het Kersfees ALLES met die kosmos te doen. Wat van ‘n Kersfees vol geskenke vir die skepping?  Hier is ’n paar praktiese riglyne vir kreatiewe planne vir Kersgeskenke hierdie jaar. Ons dink konsentries in uitkringende sirkels: in en om die huis, ons woonbuurt/dorp/stad en verder.

2. Groen vakansieplanne!
Ontspan gerus, maar onthou om steeds ekologies sensitief te leef. Hier is ’n paar wenke vir die vakansie wat wag:
  • Moenie motor ry waar jy kan stap of fietsry nie.
  • Sorg dat jy nie bydra tot jou vakansiedorp se verkeersprobleme nie – beplan jou ritte oordeelkundig.
  • Koop oordeelkundig sodat jy nie elke dag winkel toe hoef te gaan nie.
  • Herwin en sorteer jou rommel – jy het nou meer tyd!
  • Stel die selfoon se stophorlosie vir twee minute as jy stort.
  • Vermy skadelike plastiekbottels water: gebruik liefs veilige glasbottels.
  • Maak Kersversierings uit herwonne materiaal klik hier vir idees.

Kurkpropkersboom Eierboksiekersboom Boomstompkerskrans CD-Kersboom
 BEHOU DIE HUMOR
Advent
Mariëtte
PUBLIKASIES
1. Bybel-Media nuusbrief
God se liefde en genade vir almal!

In die laaste nuusbrief van 2017 deel Bybel-Media inligting oor die 29 "entoesiastiese en bekwame voornemende predikante uit Pretoria, Bloemfontein en Stellenbosch". Gemeentes word ook uitgenooi om hulle te beroep!
Lees ook hier meer oor die konkrete gestalte wat die belydenisaflegging van ’n multigestremde jong vrou in die Pretoria-Dowes gemeente aan hulle tema “God se liefde vir almal” gee.
Ons Diensgroep Getuienisaksie se kommunikasiekonsultant, Mariëtte Odendaal, vertel ook hoe Afrika haar lewe verryk het. Stories van hoop. Getuienisse van God wat deur sy kerk gemeenskappe aanraak en help floreer. 
2. Veels geluk, liewe LiG-maatjie
LiG was hierdie week - op 28 November - presies 80 jaar oud!
Hulle redaksie en al die medewerkers (foto onder) het in dankbaarheid die afgelope maand feesgevier. Ons vier die genade graag saam met julle, liewe LiG! Mag julle aanhou inspireer en Lig bring.
LiG vier 80 jaar
Agter v.l.n.r. Mario Small, Viona Ross, Francine van Niekerk, Lida Viljoen, Hanno Coetzee
Voor v.l.n.r. Amanda van der Westhuizen, Jeanne Human en Conette le Roux
 
 KUIERKANS
Proteahoogte Kersmark
 NG Brackenfell-Proteahoogte Kersmark 5 tot 9 Des. - klik bo
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures.
Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 1 Desember 2017.
Logo
Badisa: Hoof- Uitvoerende Beampte
Badisa is ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaapland) en die VGKSA (Kaapland) wat daarop fokus om mense en gemeenskappe se maatskaplike nood in opdrag van Christus te verlig. Dié geregistreerde organisasie sonder winsoogmerk bestaan uit ongeveer 153 programme, insluitend ’n vakkundige maatskaplike diens en spesialis- residensiële programme. Badisa verwelkom aansoeke vir die betrekking as Hoof- Uitvoerende Beampte (HUB). Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Januarie 2018.
Stefaans Burden
TEN LAASTE
'n Spesiale "Ten Laaste" ...
... in die gees van Kersfees
Klik onder vir Stefaans Burden se spesiale Kerslied - Die Christuskind.
                                     * * *
Stefaans Burden is vanjaar presies 20 jaar in die bediening in die NG Gemeente Worcester-Vallei. Hy is Hennie (van NG Laaiplek) se broer.
Kontak hom per e-pos  by sburden@telkomsa.net. Dankie vir hierdie spesiale lied, Stefaans! Die lirieke is hier beskikbaar
Video
Sterre
Die Here het op onse korreltjie sand
tissen dysende sterre hie gekom land,
en nou loop ons narie liefde toe
anie Jimmelkjind se sagte hand.

Die Jirre het gekom
- Hans du Plessis
Vroeë Kersgroete - tot die uitgawe van 19 Januarie 2018

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.