Lees deur internet, klik hier >>
24 Mei 2019
kommunikasie@kaapkerk.co.za
Amptelike nuusbrief NG Wes-Kaapland
Beste Leser
SINODENUUS
Logo
.1 Sinode 2019 terugvoer
Sinodegangers was dit eens dat Sinode 2019 ’n atmosfeer en gees met ’n verskil gehad het. Deurlopende treffende simboliek en spiritualiteitsessies met aangrypende lofprysing het bygedra tot ’n stemming van gewydheid en geestelike verryking. 
Die tema van vanjaar se sinode was Volg Jesus met Waagmoed en die spiritualiteitsessies het die daaglikse temas soos verwondering, verootmoeding, vertroue, verbeelding en verbintenis onderskryf. 
Klik hier vir 'n oorsig oor die verloop en besluite geneem tydens die sitting by Goudini.  
2. Die Wes-Kaap Sinode laat wiel vir lees
Daar wag letterlik duisende stories op die kinders van Koringberg! Hierdie klein Swartlandse gemeenskap het 100 kinders onder ses jaar oud en geen biblioteek nie. Diaconia/Nal'ibali het 'n boekinsamelingsprojek geloods en sinode-afgevaardigdes gevra om tweedehandse kinderboeke uit hul gemeentes saam te bring. Nioma Venter van Diaconia bedank gemeentes vir hulle ruimhartige skenkings - daar het twee sleepwaentjies en 'n bakkievrag vol boeke teruggekom van Goudini af! Daar is onder andere 721 Afrikaanse en 654 Engelse boeke vir kinders onder vyf jaar, asook 350 splinter-nuwe boeke en 260 naslaanboeke. Tot op hede is 3 602 boeke ontvang en daar kom steeds boeke in - sien hier

3. Kom ons bid vir Suid-Soedan  
Kobus van Zyl, verbonde aan NG Reebok met Opdrag: Missionale Gebedsbediening in Afrika, is ook betrokke by teologiese toerustingskursusse in Suid-Soedan. Hy verleen bystand met die ontwikkeling van die nodige infrastruktuur in afgeleë gebiede om daar mense te bedien wat nog niks of baie min van Jesus Christus weet. Lees meer in sy jongste nuusbrief oor sy en Hannes van Wijk van Dubai se onlangse besoek. 
Studente in 'n lesingsaal in Suid-Soedan
4.  Van die Algemene Sinode
4.1 Gesprekke met Binnelandse Sake
Gustav Claassen, algemene sekretaris van die Algemene Sinode, was in gesprek met die Departement van Binnelandse Sake oor die registrasie van huwelike. Volgens Gustav was hierdie ontmoetings hopelik die begin van ’n beter verhouding tussen die NG Kerk en die Departement van Binnelandse Sake. Lees sy volledige brief hier.  
4.2 Geïntegreerde databasis
Die ontwikkeling van 'n geïntegreerde databasis vir predikante van die NG Kerk is voltooi en nou beskikbaar op 'n nuwe platform.  VBO-punte is na die nuwe stelsel oorgedra en administrateurs is in elke sinodale gebied aangewys om die databasis te administreer.  Klik hier vir meer besonderhede.
4.3 Video's vir Algemene Sinode
Die Algemene Sinode doen 'n beroep op gemeentes om kort video's (maksimum 90 sekondes) te maak oor die positiewe werk wat in die sinodale gebiede landswyd gedoen word. Hulle wil graag ‘n waterval van positiewe nuus skep om sinodegangers te inspireer.  Stuur asseblief video's van jou gemeente se aktiwiteite in die gemeenskap na kommunikasie@kaapkerk.co.za en deel julle goeie nuus. 

GEMEENTENUUS
1. Symphony of Prayers
Helderberg DRC in conjunction with Classical Sounds will host AGL Opera's Symphony of Prayers on Sunday 2 June at 18:00.  The programme includes well-loved classics such as The Holy City, Halleluja from Handel, Panis Angelicus and many more. Tickets are available from Computicket at R100 per person. For more information, email Yolanda Botha or visit AGL Opera.

Funds raised through this concert will go towards the Paarl Community Development Project and four play schools in the Macassar area. The project hopes to empower adults and children to develop their full potential and discover their creative purpose.
2. Pinksterdienste - NG Helderberg
Jan van der Watt lei van 2-6 Junie die Pinksterdienste by NG Helderberg in Firmountweg 82, Briza, Somerset-Wes. Die dienste is elke aand om 19:00 en word die volgende oggend om 10:00 in die kapel herhaal.
Die tema "Ek is Jesus se dissipel want…" word deur verskillende Bybeltekste uitgelig, onder andere Johannes 14: "En as Ek gegaan het en vir julle plek gereed gemaak het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is."  
Vir meer inligting, besoek die webwerf.

3. Versoek aan gemeentes -vertel van julle uitreike!
Gemeentes wat tydens die komende Junie-/Julie-vakansie op uitreike vertrek, word vriendelik gevra om VrydagNuus kortliks (in sowat 60 woorde) daarvan te vertel en 'n foto aan te stuur. Kom ons getuig van God se werk deur gemeentes om gemeenskappe hier en elders te laat floreer. Kom ons inspireer mekaar – en kom ons bid vir elke uitreik. 
Inligting moet teen 7 Junie gestuur word na kommunikasie@kaapkerk.co.za; ons deel dit graag as deel van ons getuienis! 

Uitreik
'n Foto geneem tydens NG Stellenberg se uitreik in 2018
4. Comrades diens by Parowvallei-Oos
Parowvallei-Oos gemeente bied op Sondag 2 Junie om 09:30 vir die negende keer 'n spesiale tweetalige erediens aan vir Comrades-atlete. Alle atlete en hulle families is welkom. Atlete daag gewoonlik in hulle spesiale Comrades T-hemde op by hierdie geleentheid met heerlike koffie en Parowvallei-Oos se dames se beroemde koeksisters.  Die diens word waargeneem deur Theo Swart, wat ook self die Comrades 27 keer voltooi het en steeds gereeld aan wedlope deelneem. Daar is veilige parkering en motors word opgepas. Die tema vir hierdie jaar is “Cross training” en daar is ’n spesiale verrassing vir elke atleet om saam te dra tydens die Comrades. Die adres is Markstraat 168, Parowvallei. Klik hier vir ’n padkaart. Stuur e-pos of skakel 021 931 6410 tussen 09:00 -13:00. 

PREDIKANTENUUS
Fritz Kotze groet Wes-Kaap 
Fritz Kotze gaan na drie jaar in die bediening by NG Fraserburg die Wes-Kaap verlaat en lewer op Sondag 26 Mei om 09:30 sy afskeidspreek. Hy en en sy vrou Chante verhuis na Vaalpark in die Vrystaat, waar hy sy intreepreek op 2 Junie sal doen. Fritz skryf "Ek sê vir jou dankie Karoo mens, dankie dat ek in jou 'is' my 'wees' kon vind."

Lees Fritz se brief oor sy Karoo-ervaring hier. Ons beste wense vergesel die egpaar met hierdie nuwe deel van hulle lewensreis.
GEBEDSVERSOEKE
Gebedsversoek
ALGEMEEN
Ds. Haas Burger
1. Innige simpatie
Ds. GP (Haas) Burger  (26.09.1926 – 08.05.2019)
Ons innige simpatie aan die naasbestaandes van ds. GP (Haas) Burger. Ds. Burger is op 5 Maart 1977 in Decoligny bevestig waar hy tot 1 April 1992 werksaam was. Hy was ook betrokke by Mfesane in Mthatha. Lees hier  'n huldeblyk aan hom deur dr. Maans van Zyl, leraar in Mthatha van 1991 tot 1996 en tans by die NG Kerk Witbank-Suid.
2. Early bird registration for Winter School now open
The Winter School, annually presented by the Faculty of Theology, Stellenbosch University in collaboration with the Beyers Naudé Centre for Public Theology, Ekklesia and Communitas, will take place from Tuesday 16 July to Thursday 18 July 2019 on the theme Reflecting on 25 years of democracy - in dialogue with religion. The keynote speakers are  Melanie Verwoerd, Pali Lehohla and Allan Boesak. The Winter School will be held at the Faculty of Theology, 171 Dorp Street, Stellenbosch. The cost is R450 for the full course. The closing date for registration is 28 June (special discount for early bird registration before 31 May). Click here for the detailed programme and registration form. For enquiries, e-mail Helette or phone 021 808 9560.
3. Child Protection Week: 28 May - 4 June
National Child Protection Week is observed in South Africa annually to raise awareness of the rights of children as articulated in the Children's Act of 2005.  The legislation is based on the United Convention of the Rights of the Child, the African Charter on the Rights and Welfare of the Child and the Constitution.  The campaign started in 1997 and it aims to mobilise all sectors of society to ensure that children are cared for and protected.  This initiative is supported by Badisa Trio.  For more information, contact Sjean Smit on 021 987 2940 or via email at info@badisatrio.co.za.   
Huis Zonnekus
PUBLIKASIES
1. Spirale van Hoop
Diaconia het tydens Sinode 2019 die Spirale van Hoop-gids met praktiese riglyne vir hulpverlening binne gemeenskappe in nood bekendgestel. Die boekie fokus op die unieke rol wat die kerk in rampverligting kan speel en kyk na die verskillende fases tydens 'n ramp, naamlik ontwrigting, stabilisering, heropbou en florering waarby die kerk en onderskeie gemeentes betrokke kan raak. 
Met die bekendstelling van die boekie is 'n video oor Diaconia se Omgee-uitreike - waaraan 40 gemeentes in die streek deelgeneem het - vertoon en 'n lied deur Alwena van der Vyver gesing. Sy het die lied, "Waar is U?" spesiaal vir hierdie geleentheid geskryf en opgevoer. Die video en lied kan by hierdie skakel gesien word.
2. Spesiaal vir Vadersdag
Bybel-Media het talle spesiale geskenkidees vir Vadersdag van sleutelhouers tot joernale.  Angus Buchan se Pa's & Seuns moedig pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Dié boek moedig terselfdertyd seuns aan om hulle verhouding met hulle pa te koester en so een van die belangrikste gesinsbande te versterk.
Plaas bestellings teen 29 Mei om te verseker dat aflewerings betyds vir Vadersdag op 16 Junie 2019 gedoen word.  Vir meer inligting en bestellings, kontak Bybel-Media by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek die webblad vir aanlyn aankope.
EKOLOGIE
Skilpad
1. Wanneer “Halleluja!” in “Wees ons genadig!” verander
Projekspan Ekologie skryf soos volg: "Hulle was al hier voor die dinosourusse en het ook die krisis(se) wat die dinosourusse uitgeroei het, oorleef. Dit lyk egter of die suurpootjie dit nie gaan regkry om die menslike spesie te oorleef nie. Hoe uiters tragies! Die spesie wat hulself die 'kroon van die skepping' noem, en wat aangestel is as versorger en wat vir eeue al Ps. 148 bid en sing, roei dieselfde spesies uit wat hul oproep om saam "Halleluja!" te sê. Kan dit waar wees?" Lees hier verder - hier is o.m. drie webskakels waar meer oor die suurpootskilpad gelees kan word en wat ons kan doen om hulle te beskerm.
Kaapsatd
2. Kaapstad een van top tien klimaatstede
"Kaapstad is een van 43 stede in die wêreld en die enigste in Afrika wat die organisasie CDP se A-lys gehaal het vir leierskap en optrede om klimaatsverandering teen te werk. Net 7 % van die 625 stede wat in 2018 omgewingsdata aan dié internasionale nie-winsgewende organisasie verskaf het, het op die lys verskyn vir hul optrede om uitlaatgasse te verminder en strategieë oor klimaat op te stel. In die A-lys vind Kaapstad hom saam met Londen, Parys, Hongkong en San Francisco, onder meer, as wêreldstede wat met 'omgewingsaksies lei', volgens die CDP." Só berig Malherbe Nienaber van Netwerk24 op 18 Mei 2019 – intekenare van hierdie platform kan hier klik om verder te lees.
BEHOU DIE HUMOR
Humor
KUIERKANS
Kuierkans
VAKATURES
Logo
1. NG Bellville-Wes: Koster vir ses maande
NG Kerk Bellville-Wes is op soek na 'n administratiewe hulp vir 'n kontrakperiode van ses maande. Kernverpligtinge sluit o.m. in algemene hulp aan die administratiewe beampte, oop- en toesluit van die gebou en die voorbereiding vir en opruim na funksies en gemeente-aktiwiteite. Die geskikte kandidaat moet oor eie vervoer en 'n geldige rybewys beskik. Aansoeke sluit 27 Mei - klik hier om meer te lees. 
Logo
2. NG Heidekoppie: Deeltydse termynbepaalde leraarspos vir een jaar met senior burgers as fokus
Heidekoppie – Die Gemeente met Oop Deure is 'n voorstedelike gemeente in Proteahoogte, Brackenfell. Verskillende kleuterskole, skole en twee groot aftreeoorde val binne die gemeentegrense. Die sluitingsdatum vir aansoeke is 29 Mei - lees hier meer.
3. Groote Kerk: Gemeentebestuurder/saakgelastigde
Aansoeke word ingewag vir die pos van gemeentebestuurder/ saakgelastigde by die NG Kerk Kaapstad (Groote Kerk). Hierdie is 'n diverse gemeente wat vir meer as 350 jaar geleë is in die hart van Kaapstad. Die gemeente het verskeie bedieningspunte met twee voltydse predikante en een jeugwerker wat ongeveer 500 lidmate bedien. Doen aansoek teen 31 Mei - lees hier verder
Logo
4. Strooidakkerk Paarl: Vakature vir ‘n musiekleier
Hier is 'n vakature vir 'n musiekleier. Die musiekbediening in die Strooidak is van kardinale belang en vorm 'n groot deel van hierdie gemeente se identiteit tydens eredienste. Doen aansoek voor 5 Junie - hier is meer besonderhede oor die verlangde persoonlikheidseienskappe en pligte.
Logo
5.1 Matzi-Care, Vanrhynsdorp: Maatskaplike werker
Badisa Matzi-Care op Vanrhynsdorp beskik oor ’n vakature vir ’n maatskaplike werker. Rekenaarvaardigheid, 'n geldige rybewys en beskikbaarheid om na-ure op ’n skiktydbasis te werk, is 'n vereiste van hierdie pos. Doen aansoek teen 31 Mei – lees hier meer.

5.2 Huis JJ Watson, George beskik oor drie vakatures:
Faktotum/nutsman - 5/8-pos (termynkontrak). Aansoeke sluit 24 Mei - klik hier vir meer. 
'n Geregistreerde en 'n ingeskrewe verpleegkundige: beide sluit 24 Mei - lees hier verder.

TEN LAASTE
Soos ons Hemelvaart en Pinkstertyd nader, is dit dalk gepas om weer ons oë op Hom te rig.  Luister gerus na hierdie weergawe van Turn Your Eyes Upon Jesus deur Loyiso Bala, Neville D en Ivan Siegelaar. "O soul, are you weary and troubled? No light in the darkness you see? There’s light for a look at the Savior, And life more abundant and free."
VrydagNuus-groete 
Ronelda Visser en Salomi Steenkamp


kommunikasie@kaapkerk.co.za


Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
Teken In | Verander Inligting | Teken Uit | Vrywaring
NG Sinode Wes-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.