Logo
7 Mei 2015

Beste Leser

SINODE 2015:
OMDAT ONS DIE EVANGELIE GLO, LEEF ONS MET HOOP

Dagtema vir Donderdag 7 Mei: Jeug en Menswaardigheid 
1. Nuutverkose moderatuur
Die moderatuur: Nelis Janse van Rensburg (moderator), Frederick Marais (assessor), Quintus Heine (aktuarius), Elsje Büchner (skriba), Charl Stander, Elize Morkel, Melanie Thirion en Frik Bosman. Seën toegebid!
Nelis Quintus Elsje
Charl Elize Melanie Frik
2. Artikel 1 
Die volgende vertrekpunte het as raamwerk gedien vir die hantering van die voorstelle rakende die wysiging van Artikel 1:
1. Die wysiging se goedkeuring
2. Standpunt rondom die aanvaarding van die belangrikheid van die Belydenis van Belhar
3. Besluite neem wat impetus kan verleen vir die pad vorentoe rondom die wysiging van Artikel 1 en die hantering van die Belydenis van Belhar.

Die volledige besluite van die sinode is aangeheg beskikbaar.
Die moderator, Nelis Janse van Rensburg, stel môre 'n pastorale skrywe aan predikante beskikbaar wat na goeddunke in gemeentes gebruik kan word wanneer tuis oor die sinode se hantering van Artikel 1 rapporteer word. 
3. Armoede en Sorg
Armoede en Sorg het die Sinode oa bekendgestel aan dr David Harrison, hoof van die DG Murray Trust. Hy deel inligting oor "Why Early Childhood Development is the best way to address poverty in South Africa." Armoede en Sorg tel vroeë kinderontwikkeling as een van die bediening se hooffokusse, 'n praktiese stuk gereedskap vir gemeentes wat hoop wil gaan uitdeel. Lees hier meer
4. Jeug
Vyf tieners, wat elkeen 'n 1000 tieners wat die #imagine fees bygewoon het, verteenwoordig, het vandag die vergadering besoek.  Hulle het ook kom dankie sê vir elkeen wat op een of ander manier bygedra het om die feeste moontlik te maak. 
Enkele kerngedagtes oor die #imagine beweging is hier ...
#imagine
Skoliere verteenwoordig die #imagine jeug
4.1 Jeug: 'n Celebration 
"Hierdie tieners is MEER VERBIND aan die evangelie as wat ons verwag het. Hulle is POSITIEWER oor die kerk as wat ons gedink het. Hulle is MEER BEREID OM TE DIEN as wat ons geglo het. Maar hulle het ons MEER NODIG as wat ons besef - SONDER ONS IS HULLE MAGTELOOS." (Gielie Loubser)
4.2  Chaos met Jeugambassadeurs!
Almal in die Sinode wat op een of ander manier vir #imagine ondersteun het, is vanoggend vorentoe geroep om sertifikate van ondersteuning van die tieners te ontvang. 'n GROOT groep! Deur niemand aangestel nie, en tog het hulle verstaan al behoort die beweging nie noodwendig aan een van ons nie, kan ons tog ambassadeurs daarvan wees. 
Word deel van die imagine-beweging: info@imaginemovement.co.za 
5. FANS van die Internasionale Jeug
FANS, Friends of All Nations, so staan die internasionale studentebediening op Stellenbosch bekend.  Hulle bedien die jeug op ‘n buitengewone breë vlak.  Jurie Goosen (verbonde aan Helderberg gemeente) vertel.  Lees gerus meer ...
6. Menswaardigheid
Marlene le Roux laat die sinode vanoggend regop sit van haar eerste woorde af! ""U het mense in u hande. U kan mense maak of breek van u kansels af. As u nie positiewe leiding gee nie, faal u die land en faal u uself."
Plakkate met die waardes van die Seisoen van Menswaardigheid word aan elke gemeente geskenk! Die waardes ter sprake is LIEFDE, RESPEK, LUISTER en OMARMING. 
7. Missionale kerkwees
Die Sinode het in die week ernstig nagedink oor missionale kerkwees.
Verskillende sinodegangers kan dit vanuit hulle eie konteks verwoord. Japie Beyers en NG Outeniqualand  is 'n goeie voorbeeld van so 'n projek.
Diepkloof Kleuterskool
Ds Japie Beyers van Outeniqualand
‘n Honger mens “hoor” nie die evangelie nie. Maak eers sy maag vol, en vat dan sy hand.
Om missionaal kerk te wees beteken om konkrete werklikhede aan te spreek. By Outeniqualand gemeente werk dit so prakties: hulle het op die kerkterrein ‘n skool begin vir die behoeftige plaaswerkers se kinders. Hulle voed die kinders op vier vlakke: met kos, die ABC, vervoer en die evangelie. Die onderwysers is opgeleide plaaswerkers. Die ander plaaswerkers word bemagtig met Life Skills Development wat hulle leer en help om die evangelie prakties te leef in hulle verhoudings; met konflik hantering, onder werk stres en die werklikheid van alkohol afhanklikheid. Kontak Japie by: jhbeyers@mweb.co.za.
8. Tokkel Lock hou Sinode!
Die finalejaar student, Tokkel Lock, was deel van oom Kenny se span "runners". 
En "run" het hulle "gerun". Tokkel is nou moeg ge-sinode. Daai warm water en supertube maak mens moeg! En dominees wat hare kloof ...
Maar daar is hoop vir die kerk. Dit gaan oor brood en Woord die hele tyd - saam eet is nogal belangrik ... Lees hier

Annalise
9. Hoop...
Ek het vandag barmhartige liefde in aksie gesien by die sinode:
Ek het gesien hoe iemand se waarderende drukkie ‘n dowe kind laat glimlag
Ek het gesien hoe ‘n wit vrou huil oor die swaarkry van ‘n swart vrou wat sy glad nie ken nie
Ek het ‘n man sien nader hardloop met ‘n kombers vir iemand wat bibberkoud was
Ek het mense mekaar sien dra – van ‘n letterlike optel en dra toe iemand ná ‘n val nie self kon loop nie, tot die sagter “dra” van ‘n simpatieke luister-oor wat uitgestotterde woorde begrypend opvang.
Ek het vriende vir mekaar sien koffie koop, sien kos bring, sien tissues soek, sien voorspraak doen.
Ek het mense van verskillende oortuigings mekaar genadig en waagmoedig in die oë sien kyk. 
Ek het ‘n man hoor sê: My broer bloei. Ek kon die seer duidelik in sy stem hoor.
Dit versterk my gees. Dit gee my hoop!" - Annalise Wiid
 
10. Ds Tienie Benade steeds hier tussen ons ...
Kort-kort hoor jy iemand na "Ds Tienie", "YOUR Tube" of die sogenaamde "Noord-gemeente" verwys. Dis duidelik dat Frank Opperman met hierdie stuk van Dana Snyman dominees en gemeentes se eie storie vertel.  Ná ‘n vertoning van Die Klaagliedere van Dominee Tienie Benade het ‘n predikant vir Frank gesê: “Frank, jy werk nou vir die Here, of jy nou wil of nie.” Dit is inderdaad so – op ‘n manier word Frank met hierdie treffende toneelstuk ‘n dominee vir die dominees.
Onderhoud met Frank Opperman
11. Sinode Op You Tube
Die Sinode se YouTube-kanaal is NGWesSuidKaap (een woord). Die alternatief is om via Facebook of SinodeNuus soontoe te gaan.
12. Sinode Kommunikasie
Belangrike sake word deurentyd op Facebook en Twitter gekommunikeer aan belangstellendes. 
Enigeen kan vir SinodeNuus en VrydagNuus inteken deur 'n e-pos met 'n naam en e-posadres na kommunikasie@kaapkerk.co.za te stuur.
Like asseblief die sinode op Facebook by NGWesSuidKaap.
Volg gerus ook die gesprekke op Twitter by @WSKaap.

13. En - les bes: Dankie, Goudini!
Aan me Louise van Tonder en haar hele span: Julle het ons vriendelik ontvang en mooi versorg! Dankie! Ons groet tot 'n volgende keer ...  
Versorgingspan - Goudini
Vriendelike groete.
Marieta Visagie
Facebook Twitter Webblad
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.