Lees deur internet, klik hier >>
13 Oktober 2017
kommunikasie@kaapkerk.co.za

Beste Leser
Wêreldonderwysersdag: #DankieOnnie
In Suid-Afrika vier ons hierdie dag op die eerste Vrydag van die vierde kwartaal, vanjaar dus op Vrydag 13 Oktober. Ons sluit graag aan by Braam Hanekom (PSD: Publieke Getuienis) se onlangse 
oproep dat ons ons skoolhoofde en onderwysers meer moet ondersteun. Oorweeg asb 'n oproep, 'n besoek, 'n bos blomme, 'n gebed ... Hierdie wyse van erkenning aan onderwyspersoneel, sluit ook aan by FEDSAS se mediaverklaring.
#DankieOnnie
SINODENUUS
1. 
Jong leraars by Volmoed byeen
Dertig jong leraars het in die laaste week van September die eerste Jongleraars-VBO by Volmoed bygewoon. 
Frederick Marais vertel: "Die byeenkoms is vir leraars of proponente wat drie jaar of minder gelegitimeer is. By die afsluiting het die groep die Volmoed-gemeenskap se weeklikse nagmaalsdiens bygewoon. Emeritus Aartsbiskop Tutu en sy vrou Lea het ook die diens bygewoon. Na die tyd het groep vir hom gesing en 'n foto (onder) geneem. Die Jongleraars-VBO sal in die toekoms jaarliks plaasvind." Vir 'n groter weergawe van hierdie spesiale foto, klik hier.
Hoe lekker om soveel jongmense as deel van die kerk se toekoms te sien!
Groep jong leraars
Eddie Orsmond
2. Seminarium beroep Eddie Orsmond
Die afgelope paar jaar is die helfte van Eddie Orsmond, predikant van Simondium, se tyd deur die teologiese Seminarium uitgekoop. Vanweë groter uitdagings by die Seminarium is sy verantwoordelikhede nou vergroot.
Die moderamen het gevolglik in Augustus besluit om in plaas daarvan om sy tyd uit te koop, hom nou in 'n deeltydse vastetermynpos (60%) te beroep. Hierdie beroep is in Augustus uitgebring en die approbasietydperk verstryk na die volgende Kerkbode verskyn het.  Baie seën aan Eddie. Ons glo dat die Here hom goed sal gebruik in die groter verantwoordelikheid by die teologiese Seminarium. 
3. Sentrum Publieke Getuienis
3.1 Saamgesels en -geëet in Kleinmond
Na die onlangse protesoptogte op Kleinmond het ’n groep kerke op Kleinmond hande gevat en betrokke geraak by van die uitdagings. Hier (foto onder) gesels van die kerkleiers met sommige gemeenskapsleiers in die taxistaanplek. Na ’n klompie hutte afgebrand het, is kospakkies uitgedeel om verligting te bring. ’n Eerste gesamentlike ete met van die gemeenskapsleiers, het die hoop laat ontstaan dat dit nou maandeliks kan gebeur. Kontak die Sentrum vir Publieke Getuienis by spg@kaapkerk.co.za of 021 957 7202 vir meer inligting.
Saamgesels in taxi-staanplek
Rolspelers gesels in taxistaanplek. Derde van links is Chris Malan, NG predikant in Kleinmond, en links agter teen muur is Carl Swart, voormalige VGK PSD: Diaconia, sigbaar. 
Pakkies uitdeel
Chris Malan, Braam Hanekom en Carl Swart deel kospakkies uit.
Pampoene
3.2 Pampoene bring hoop!
Die Hoop en Versoening Trust is reeds 'n geruime tyd met landbouprojekte in die Oos-Kaap besig. Hier is die jongste oes wat meer as R6000 vir die gemeenskap in die sak gebring het! Kontak Danelle Jordaan van die Sentrum vir Publieke Getuienis by spg@kaapkerk.co.za as jy betrokke wil raak.
4. Getuienisaksie
4.1 Getuie/Witness: Pelgrims wat gasvry werk en getuig ...
Die nuwe Getuie/Witness se redaksionele bydrae deur Kobus Odendaal (Bestuurder: Afrika Ekumene van Getuienisaksie) is maar een van die uitstekende bydraes in hierdie nuusblad wat verdien om gelees te word. "Op pad ontwikkel die pelgrim ’n openheid vir ander, ’n gasvryheid wat soms veeleisend en pynlik kan wees. Wie oop is vir ander, ontvang God, Wie God ontvang, is oop vir ander." Lees gerus verder.
 
Arbeidsbediening en Getuienisaksie-logos
4.2 Kommunikasie is Getuienis!
Die nuusbriewe van Getuienisaksie, sowel as Arbeidsbediening, verdien om wyd gedeel te word as getuienis van die Here wat deur sy kerk en sy mense werk om gemeenskappe te help floreer. Maak gerus tyd om by NUUSBRIEWE elders in VrydagNuus meer te lees.
Kontak vir Carin Brink (bestuurder: Arbeidsbediening, Kaapstreek) en Kobus Odendaal (bestuurder: Getuienisaksie) vir meer inligting.
Schwartze
4.3 Afrika-Ekumene
Ontmoet die Schwartze van Noordoos-Mosambiek
Andries en Sunette Schwartz, voorheen sendelinge van ons susterskerk, die IRM, is sedert 2015 weer as sendelinge in Mosambiek betrokke; hierdie keer by World Outreach.
Hulle werk tans by Radio Nuru, maar sal binnekort op hul oorspronklike roeping begin fokus, naamlik om kerkplanting onder die onbereiktes in Noordoos-Mosambiek te doen. Hulle beplan om in 2018 na ’n dorpie, Olumbe, 35 km suid van Palma (naby die Tanzaniese grens) te gaan en sal weer ´n nuwe taal moet aanleer. Lees meer hier. Dankie vir voorbidding vir al ons medewerkers in Afrika!
5. Fakulteit Teologie: #bemorebechange
Die Kuratorium van die Sinode van Wes-Kaapland aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Teologie is die afgelope twee jaar reeds besig met ’n innoverende projek, #bemorebechange, ’n vars aanslag ten opsigte van bewusmaking en bemarking van teologie aan hoërskoolleerders.
Uit die pen van Lizz Meiring is ’n interaktiewe drama op die been gebring wat deur "roadshows" aan jongmense in die Wes-Kaapland ’n vars nuwe beeld van die NG Kerk en Fakulteit Teologie bied. Die volgende toer begin reeds in Februarie 2018 in Oudtshoorn! Maak seker julle jongmense mis dit nie! Lees meer.
BMBC
Kraan
6. Saamspan vir droogtesteun
In sekere dele van ons sinodale gebied het die droogte en voëlgriep reeds ernstige menslike krisisse meegebring. Dit sluit in verlies aan produksie en werksgeleenthede, finansiële doodlope en selfs daaglikse honger. Moedeloosheid kan ons maklik beetpak in hierdie situasie.
Al die sinodale diensgroepe olv Diaconia en Getuienisaksie wil saamdink met rolspelers oor hoe plaaslike gemeenskappe ondersteun kan word in hierdie moeilike tye. Vir 'n opsomming van die vertrekpunte, sowel as meer oor die fokus van die beplande ondersteuning – klik hier. Kontak Nioma Venter vir meer.
Logo
7. Nuwe Geloofsgemeenskappe: vreugdes en uitdagings
Die Taakspan vir Nuwe Geloofsgemeenskapontwikkeling (NGGO) nooi belangstellendes na 'n spesiale gratis werkswinkel oor die vreugdes en uitdagings van nuwe geloofsgemeen-skapontwikkeling. Dit vind plaas op Vr 27 Okt van 10:00-13:00 by NG Gemeente Durbanville-Bergsig. Kontak Sharon voor of op 25 Okt by snaude@sun.ac.za  – kry meer inligting sowel as die registrasievorm.
8. Argiefkronieke
Andrew Murray: immergroen ikoon van liefde?
Gelade woorde: die titels van twee biografieë oor dr Andrew Murray. Is dit dalk mensverheerliking? 
Vrae soos hierdie, asook die historiese verhaal van die koms van die eerste ds Andrew Murray na Suid-Afrika in 1822, is aangeraak tydens die Murray-aanbieding en uitstalling aangebied deur die NG Kerk in SA se argief op 26 September vir lede van die publiek en akademie. Isabel Murray (op die foto onder) vertel ...
Isabel
Logo
9. NG Oornaghuis voortaan Weltevrede Akkommodasie!
Ons deel graag die goeie nuus dat die NG Kerk Oornaghuis (Bo-Lincolnstraat 80, Boston, Bellville) pas ’n naamsverandering ondergaan het. Hulle sal voortaan as Weltevrede Akkommodasie bekend staan en word steeds as ’n Badisa-program bedryf. Saam met die nuwe naam en logo kry hulle eersdaags ’n nuwe webwerf. Meer oor Weltevrede Akkommodasie se geriewe is hier. Skakel gerus vir Nelia Botes by nelia@weltevrede.org.za met verdere navrae.
Emeriti-tee
Emeriti-tee: 1 Nov. Kontak Sanet: 021 957 7155 voor 18 Okt en klik bo vir 'n groter weergawe.
Opname
Die beste kommunikasie is tweerigting kommunikasie.
Help ons asb - klik hier om op bg drie vrae te reageer.
Prof Bethel
ALGEMEEN
1. Prof Bethel Müller in herinnering
(14-04-1931 tot 09-10-2017)

Die sinode betreur die heengaan van prof Bethel Müller, befaamde teoloog (die laaste van 'n geslag dalk?), natuurliefhebber, oud-Dagbreker, entoesiastiese BTK-er en diep gelowige.  
Sy roudiens vind plaas op Vrydag 13 Oktober om 12:00 vanuit die NG Moedergemeente Stellenbosch en sal gelei word deur prof Jaap Durand.
Mag die Here se genade troos bring aan sy eggenoot Belia, vier seuns, uitgebreide familie, vriende, kollegas, oudstudente en vele ander wat oor jare deur sy lewe aangeraak is. Ons eer sy besondere nagedagtenis.
* Klik hier vir 'n h
uldeblyk deur prof Jaap Durand, sowel as kosbare foto's.
* Ook
Bekker Nieuwoudt, predikant van die Strooidakkerk in die Paarl en oud-primarius van Dagbreek (1983), bring hulde aan prof Müller.
Gedenklesing
2. Willie Jonker-gedenklesing
Martin Luther - held of skurk?

Die twaalfde Willie Jonker-gedenklesing word vanjaar op Hervormingsdag (31 Okt) in Tamboerskloof aangebied. Die Ring van Kaap die Goeie Hoop is vir die eerste keer bevoorreg dat een van sy leraars (en voormalige student van prof Jonker) die lesing lewer: dr Francois Wessels.
Sy tema behoort ook wyd byval te geniet: MARTIN LUTHER – HELD OF SKURK? 
Die lesing word om 19:30 in die kerkgebou van die NG Gemeente Tamboerskloof (hoek van Kloofnekweg en Bo-Uniestraat, Kaapstad),  gehou.  Almal is hartlik welkom!
Diegene met 'n belangstelling in die werk van prof Willie Jonker kan gerus (weer) ’n draai maak by die Willie Jonker Digitale Argief, waar ’n indrukwekkende versameling materiaal aanlyn vir die publiek beskikbaar is as deel van die Kerkargief van die NG Kerk in SA se dienste. Klik hier.
3. US Reformasie500-konferensie 
Ses Wes-Kaapse kerkleiers (foto onder) het onder andere tydens die eerste dag van die Reformasie 500-konferensie op Stellenbosch deelgeneem aan 'n bespreking oor die vraag, "Wat beteken die 500ste herdenking van die Protestantse Reformasie vir kerke vandag?" Die konferensie duur tot 13 Oktober 2017. Meer foto's hier!
Kerkleiers by Reformasie500-konferensie in paneelgesprek
Vlnr Gilbert Filter (Evangelies Lutherse Kerk); Pieter Grove (VG Kerk); Nelis Janse van Rensburg (NG Kerk); Peter Langerman (Uniting Presbyterian Church); Donald Katts (Volkskerk van Afrika); Ron Phillips (Anglican Church of Southern Africa)
Piet Meiring
4. UP Kanseliersmedalje vir teologie aan Piet Meiring
Ons hartlike gelukwense aan prof Piet Meiring, wat die Kanseliersmedalje tydens die Universiteit van Pretoria se Lentepromosiepletigheid in September ontvang het as erkenning vir sy bydrae tot die land en om waardes soos integriteit, etiese leierskap, vrede en verdraagsaamheid voor te staan.
Meer oor hierdie gerespekteerde teoloog, van wie aartsbiskop Desmond Tutu getuig het dat hy " 'n sagte houding en ’n Bybelse besorgdheid vir geregtigheid en medelye” gehad het, is hier te lese.
Belangstellendes kan gerus ook e-Kerkbode se berig oor prof Meiring se bydrae oor ekonomiese geregtigheid tydens ’n UP-konferensie oor versoening in Pretoria lees. Klik hier. 
Logo
5. Nuwe VONKK-webwerf!
Op 4 Oktober het ’n nuwe era vir VONKK-musiekgebruikers begin met die bekendstelling van hulle splinternuwe webwerf. Volledige inligting hoe om musiek van die nuwe webwerf af te laai, is by www.vonkk.co.za – volg net die stappe soos aangedui.
Navrae: kontak Bybel-Media by 021 864 8228.
Liedboek-app
6. Liedboek-app splinternuut!
Bybel-Media laat weet dat hulle pas die Liedboek-app wat deur die NG Kerk en NHK gebruik word, opgedateer het met nuwe funksies en 'n nuwe gebruikerskoppelvlak. Meer inliging oor hierdie app (en al BM se ander apps) is beskikbaar by http://apps.bybelmedia.org.za/. Lees verder ...
Kruiskerk Eerstejaarskamp 2018
Kruiskerk/Moederkerk Stellenbosch Eerstejaarskamp
21-24 Januarie 2018 - klik bo
PUK Kandelaar Eerstejaarskamp 9-12 Januarie 2018
NG PUK Kandelaar Eerstejaarskamp
9-12 Januarie 2018 - klik bo
9. Hugenote Kollege
Opleiding vir ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe

Sedert die begin van 2017 het Hugenote Kollege begin om die droom om leiers (pioniers) van groepe wat betrokke is by die ontwikkeling en die vestiging van nuwe geloofsgemeenskappe op te lei, te verwesenlik. Die kursus wil leiers toerus met die basiese kennis en vaardighede om binne spanverband uit te reik na nie-Christene en buitekerklikes, hulle op ’n kultuursensitiewe wyse aan die evangelie bloot te stel en deel te maak van ’n dissipelmakende geloofsgemeenskap. Inskrywings vir Januarie 2018 is nou oop! Lees meer.
Die pioniers en hulle spanne het by die Jubileum Saal van Hugenote Kollege saamgekom om aan ’n werkswinkel deel te neem vir innoverende beplanning vir die ontwikkeling van nuwe geloofsgemeenskappe. Foto onder
Pioniers byeen
Logo
10.1 Raakgelees
Hoekom hou mense nie van Christene nie?

In Blitspos, die Hervormers se e-nuusbrief, gee Etienne Fourie goeie stof tot nadenke as hy ene Joshelek se redes waarom mense nie van Christene hou nie, een vir een uitpak.
Etienne se vertrekpunt is dat Christene moet kennis neem, nie teenargumente formuleer of reageer met “ons is darem nie almal so nie ...”. Want, voeg hy by, “as ons kan sien hoe ander mense ons sien, kan ons dalk iets begin doen om God se liefde meer en meer in ons lewens sigbaar te laat word.” Die volledige artikel, met dank aan Blitspos en Etienne, is hier.
NG Parow-Welgelegen Welkom
10.2 Raakgelees
Glimlaggende gemeentes!

Die meerderheid kerke streef seker daarna om as oop en verwelkomend beskou te word. As verbygangers of besoekers jou gemeente moes beoordeel, sou hulle aan julle dink as 'n vriendelike klomp?
Is daar 'n "glimlag" op julle gemeente of kerkgebou se gesigte? Dalk wil jy hier lees en self toets hoe julle vaar. (Sien NG Parow-Welgelegen se  kennisgewing-borde ter illustrasie van tong-in-die-kies kommentaar op gebeure van die dag. Dalk net wat verbygangers nodig het?!)
Kennisgewingbord NG Parow-Panorama Vote of no confidence - Full confidence in God
MES-uitreik
MES Vrydagaand-uitreik. Klik bo vir meer.
Kliphuis
UIT ONS RINGE
1. 
Fraserburg gasheer vir Ring van Beaufort
Ons vra graag voorbidding vir die ringsitting van die Ring van Beaufort, wat op 15 en 16 Oktober in Fraserburg vergader.
Dit is hierdie ring, bestaande uit Beaufort-Wes, Fraserburg, Gamka-Oos, Gamkavallei, Leeu-Gamka, Merweville, Prins Albert, Richmond en Victoria-Wes, se 123ste vergadering. Voorsitter René Potgieter (NG Gamkavallei) het ’n foto van die sitting beloof – hou VrydagNuus daarvoor dop.
Die reëlings vir hierdie geleentheid klink sommer uit die staanspoor na ’n praktiese getuienis van gasvryheid: alle afgevaardigdes word 18:00 by Fraserburg se konsistorie ontvang en vergesel na die verskillende plase en huise (Fritz Kotze se pastorie ingesluit!) waar hulle oornag; Karoo-gasvryheid op sy beste! Ons wens julle seën in jul samesyn toe as julle in die Kliphuis vergader.
Bossie Muller
2. Ring van Piketberg vergader
Van ringskriba, Jan van Schoor, ontvang ons hierdie inligting. 
Die Ring van Piketberg hou op Maandag 16 Oktober hulle 51ste gewone vergadering op Piketberg in die konsistorie van die gemeente. Dit begin die oggend om 09:00 en duur tot ongeveer 18:00 die middag.
Die dag word hoofsaaklik ingeklee deur tafelsprekke en stilword rondom die tema: "Die geestelike leier se rol in missionale geloofsonderskeidende praktyke en gewoontes binne die gemeente". Bossie Muller (NG Aurora) sal as fasiliteerder optree en ons wens hulle baie sterkte toe met die sitting.
3. Ring van Stellenbosch ontvang Rhoda Kadalie
Die Verenigde Ring van Stellenbosch vergader ook op Maandag 16 Oktober saam met die VGK by die NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen. 
Hierdie kollegas sal onder meer die geleentheid hê om na Rhoda Kadalie te luister as sy met hulle gesels oor etiese leierskap, vertel die ringskriba, Leon Cronje. Sterkte aan voorsitter, Peet Bester, sowel as elke lid van die ring.
Peet Bester
Peet Bester
Rhoda Kadalie
Rhoda Kadalie
Leon Cronje
Leon Cronje
GEMEENTENUUS
1. Hervorming 500: Soli Deo Gloria- Belydenisdag op George
George Moedergemeente nooi alle gelowiges in en om George uit om op Sondag 29 Okt om 12:00 saam hande te kom vat in die straatblok om die Moederkerk terwyl die Geloofsbelydenis en die Onse Vader opgesê word. Vir meer besonderhede kontak vir Karen by 044 874 4904. Bespreking is noodsaaklik.
Hervorming 500
2. NG Bellville-Wes is 70 jaar jonk!
2.1 Feesnaweek
Bellville-Wes in Boston vier sy 70ste verjaarsdag die naweek van 27- 29 Oktober. Alle oudlidmate word genooi om die feesvieringe by te woon. Dit sluit in ’n  sokkie, ’n 4x4-pretdag, ’n ete, ’n dankseggingsdiens gelei deur Nelis Janse van Rensburg en ’n klassieke musiekuitvoering. Gedenkartikels is ook te koop. Rig navrae aan Suranelle by die kerkkantoor: 021 948 2402, en kry die volledige program hier.
Bellville-Wes 70 j
2.2 Help Bellville-Wes om oudleraar op te spoor
Help Bellville-Wes asb om kontak te maak met een van hulle oudleraars, ds Carel F Matthee. Hy was destyds (1970-1974) aan die gemeente gekoppel toe hy as kapelaan in die SANW diens gedoen het. Daarna was hy onder meer in Upington en Port Elizabeth. Enige persoon wat kennis dra waar ds Matthee hom bevind, moet asseblief die kerkkantoor (021 948 2402) kontak.
Bybelnagte
NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen 25 Oktober 2017
4. Getuienis: Vennootskap tussen Beaufort-Wes en Stellenberg
Sedert Junie 2016 het daar 'n mooi verbintenis tussen die gemeentes van Stellenberg en Beaufort-Wes begin.
Wat aanvanklik net 'n vriendskaplike besoek deur ds Why Duvenhage van Stellenberg was aan ds René Potgieter van Gamkavallei in Beaufort-Wes, het vinnig ontwikkel in 'n besondere uitreik na 'n baie behoeftige gemeenskap. Lees verder.

René en groep
René Potgieter (Gamkavallei) ontvang die Bybels van Anine Nortier van Stellenberg
Twitter Facebook
PREDIKANTENUUS
1. Predikantenuus uit Bellville-Oos
Die kerkraad van die NG Gemeente Bellville-Oos deel die aangename nuus dat prop Leon Durie op So 8 Okt by hulle georden en in 'n tentmakerpos bevestig is. Sy vrou, Ida, tree reeds as skriba van die gemeente op – ’n besondere voorreg dat hulle saam-saam en aanvullend in diens van die gemeente kan staan.
Terselfdertyd wil ons vir Bennie du Plessis baie sterkte en beterskap toewens. Bennie tree aan die einde van Desember af, maar neem van 1 November verlof om hom in staat te stel om fisiek te herstel na die veeleisende kankerbehandeling wat hy moes ondergaan. Hiermee sluit Bennie en Alta 33 jaar van besondere diens en meelewing in Bellville-Oos af. Sy afskeidspreek sal in Januarie 2018 plaasvind, waarna die gemeente op gepaste wyse van hulle sal afskeid neem. Baie seën aan die Du Plessis's en die Duries!
Bennie en Alta du Plessis
Bennie en Alta
Leon en Ida Durie
Leon en Ida
Marlett en Divan Vrey
2. Gelukwense aan Divan en Marlett Vrey!
Ons deel graag in die geluk van NG Gemeente Parow-Welgelegen se Divan Vrey: hierdie energieke jong predikant is op 23 September met die mooie Marlett getroud! Mag julle gesamentlike paadjie vol seën en vreugde wees!
Kontak Divan by divan@ngkwelgelegen.co.za as jy hulle met laat gelukwense wil verras.

EKOLOGIE
1. Word 'n eko-gemeente!
SAFCEI (Southern African Faith Communities' Environment Institute) moedig gemeentes aan om te registreer as eko-gemeentes. Dit beteken dat die gemeente homself daartoe verbind om met groter sorg na die omgewing en die aarde om te sien. 
Gemeentes wat registreer, sal 'n sertifikaat en inligtingspakket van SAFCEI ontvang, deel word van 'n netwerk van ander besorgde gemeentes in Suid-Afrika en op hoogte gehou word met bronne en nuusbriewe van ander gemeentes. Om deel te word van hierdie inisiatief, klik hier vir die registrasievorm. Lees die brosjure hier.
SAFCEI
Kuikens
Bydrae met dank ontvang van die Ekologietaakspan.
BEHOU DIE HUMOR
Grappie
Christina Landman
NUUSBRIEWE
1. URCSA General Synod News online

The second edition of 2017 URCSA News is now available online. This issue is dedicated to the commemoration of the starting point of the Reformation 500 years ago.
Prof Rev Christina Landman has been appointed as head of the Editorial Board of the URCSA NEWS. We wish her well with this responsibility.
Congregations can order printed issues of URCSA News at R7 per issue. Contact Marydith Buys at admin.gs@urcsa.org.za or 012 820 1020. 
Belhar Confession
2. URCSA Cape Synod News
The September Edition of the URCSA Cape Synod Newsletter is dedicated to the Belhar Confession (1986).
On the 26th October 2017, URCSA celebrated the 31st Anniversary of the Belhar Confession. To celebrate this occasion Rev William McKay compiled and selected a list of online resources consisting of videos, articles, sermons and Bible Study tools. Ministers/Churches could use the information to prepare sermons and plan Belhar Bible Study Series for 2018. Read the newsletter online by clicking here.
Getuie/Witness Semester 2
3. Getuie/Witness = Goeie nuus!
"Dis nie 'n grap om in Suid-Afrika te woon en dan nog elke dag, te midde van al die negatiewe nuus, positief te bly nie. Behálwe as jy die inspirerende jongste Getuie/Witness lees en diep deur ons getuienisstories geraak word. Hier lees jy van hoe die Here deur verskeie mense werk om van die hele wêreld 'n beter plek te maak.
Die Getuie/Witness het so pas verskyn en is reeds elektronies te lees: klik hier. Harde kopieë word oor die volgende paar weke by jul kerkkantore besorg. Lekker lees!" Só skryf Mariëtte Odendaal, kommunikasiebeampte van Getuienisaksie. Inderdaad inspirerend; vra asb by jul gemeente waar jy een kan kry.
Logo
4. Biblia Kaapstreek Nuusbrief 2017
“Die ‘daar-wees’ van ’n Biblia op die onderskeie hawens, is van onskatbare waarde. Biblia, as deel van Arbeidsbediening se fokusse, versorg nie net geestelik nie, maar ook op ander tasbare maniere.” So skryf Carin Brink, bestuurder van Arbeidsbediening Kaapstreek, in die jongste Biblia Nuusbrief se Redaksioneel. Lees die nuusbrief elektronies HIER. Kontak Carin Brink by cbrink@kaapkerk.co.za vir harde kopieë.
Kinders en Bybel
5. CLF: Bibles for Knysna
The after effect of the recent devastating fires in the  Garden Route will linger for a long time to come. Not only is it evident in the very sight of the burnt landscapes and ruined houses, some people were left with only the clothes on their bodies when they had to take flight from the devouring flames. It was heartwarming to see how South Africans and even people from abroad came together to assist those affected. From Wellington a box of Children’s Bibles were recently sent to bring a little love and light into the hearts of children affected. Christian Media Publishing also gave some adult Bibles that were eagerly received. Read more.
Jaarboek
PUBLIKASIES
1. Jaarboek 2018: Bestel nou!
Gemeentes kan nou reeds bestellings vir Jaarboek 2018 plaas. Onthou asb dat dit nie deur die sinodale kantoor hanteer word nie - dit moet direk na Bybel-Media by bestel@bmedia.co.za gestuur word, of skakel 0860 26 33 42. Kry die registrasievorm en alle ander inligting - klik hier.
LiG November
2. Lees in die November-uitgawe van LiG ...
watter vaardighede jou kind kan aanleer wanneer hy of sy help in die kombuis; 
wat sukses in God se oë regtig is;
wat die Bybel oor sterre sê;
meer oor die hoekoms, moets en moenies van tienerselfdood;
van ‘n vrou wat 22 jaar lank aan kleptomanie gely het en
kundiges se raad aan vroue vir wie dit voel of hulle mans nooit tuis is nie. 

LiG gee jou die geleentheid om stil te raak, te ontspan en jou lewe te verryk met 'n mooi en sinvolle inhoud. 
Teken hier in om LiG te ontvang of skakel 0860 263 342 of 021 864 8210.
Pamflette
3. Wêreld Traumadag 17 Oktober
Die lys van gebeure wat trauma kan veroorsaak, is sonder einde.  CLF het twee pamflette saamgestel: "Trauma, hoe verwerk ek dit?" en  "Help jou kind om trauma te verwerk". 
Hierdie gratis pamflette kan bestel word om jouself en ander te help om die seer van die lewe te verstaan en te verwerk. Vir bestellings en navrae skakel 021 873 6964, stuur 'n e-pos na info@clf.co.za of besoek die webwerf by
clf.co.za.
KUIERKANS
Kuierkans
Kerkbode Mashoof
VAKATURES
Vakatures op e-Kerkbode

Vakatures in ons NG Kerk-familie vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike instansies is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode.
Dit word ook via e-Kerkbode elektronies versprei. Klik hier vir die jongste vakatures. Die volgende uitgawe van Kerkbode verskyn op 20 Oktober 2017.
Logo
1. Bybel-Media: Hoof - Fondswerwing
Bybel-Media benodig 'n ervare, gemotiveerde en bekwame persoon om die pos van hoof van die departement fondswerwing vanaf 1 April 2018 te vul. Gelegitimeerde predikante van die NG Kerk of fondswerwers met bewese ervaring wat ook lidmate van die NG Kerk is, word genooi om aansoek te doen. Sluitingsdatum: 25 Oktober 2017. Lees hier meer.  
NG Ashton
2. NG Ashton: Voltydse leraar
Die NG Gemeente Ashton, 170 km vanaf Kaapstad in die Breërivier Wynland, het 'n vakature vir 'n voltydse leraar. Hierdie gemeente val binne die Ring van Swellendam.
Lees gerus hier meer oor die leraar- en gemeenteprofiel, sowel as die fokusareas van die pos. Aansoeke sluit op 31 Oktober.

Kerktoring
3. NG Gemeente Kuilsrivier: Deeltyds termynpos
Aansoeke van emeriti word ingewag vir ’n deeltydse termynpos van een jaar in die NG Gemeente Kuilsrivier. Inligting oor die verantwoordelikhede rakende hierdie vakature is hier beskikbaar; aansoeke sluit op 27 Oktober en diensaanvaarding is 4 Desember. CV's kan gestuur word via e-pos na ngkkuilsrivier@absamail.co.za of gepos word na Posbus 107, Kuilsrivier 7579.
Kaart
4. NG Darling en Yzerfontein: Skriba/kassier
Hierdie gemeente, wat uit twee bedieningspunte bestaan, het ongeveer 800 lidmate. Die gemeente word deur een voltydse leraar en 'n pastorale hulp bedien. Die skriba/kassier sal by beide kantore werksaam wees. Diensaanvaarding is 1 Januarie en aansoeke sluit 23 Oktober. Lees hier vir meer besonderhede.
Jan Kriel Instituut
5. Jan Kriel Instituut:
Assistent Direkteur
'n Herinnering: Die Jan Kriel Kommissie nooi gelegitimeerde predikante van die NG Kerk-familie om aansoek te doen vir die vakature as assistent direkteur.
Die Jan Kriel Instituut is ‘n program van Badisa wat die ontwikkeling van kinders met epilepsie en ander spesiale onderwysbehoeftes binne die konteks van Jan Krielskool in Kuilsrivier, ten taak het. Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober - klik hier. 

André Agenbag
TEN LAASTE
Uit die Pen van ... André Agenbag
Jan Spies het eens gesê, “Ek het nie soseer 'n probleem met God nie, as met sy grondpersoneel.” En alhoewel ons dominees se verhouding met God voorop staan, is die meeste en die moeilikste van ons werk eintlik met die “grondpersoneel.”
Eugene Peterson skryf dat daar geen volwas-senheid in die geestelike lewe en geen heelheid in die Christelike lewe kan wees sonder 'n indompeling in en omhelsing van gemeenskap nie. 
Ons het die roeping om ons gemeentes, wat toenemend gevorm word deur ons verbruikeristiese en indiwidualitieste samelewing, te begelei om egte geloofsgemeenskappe te wees (gemeenskapsgeletterheid). Of in die woorde van Ps 133:1, “Hoe goed, hoe mooi is dit as gelowiges eensgesind saam woon!”

Dit beteken dat ons as dominees ons gemeentes regtig moet liefhê en dat ons moet help om ‘n kultuur van verhoudingsgebaseerde leierskap in ons gemeentes te vestig. Ons moet inderdaad leer hoe om op 'n Bybelse manier God se “grondpersoneel” te wees.
***
André Agenbag was voorheen predikant in Suidkus, Lynnwood, Johannesburg se Andrew Murray Congregration en Sonstraal. Hy is sedert Mei 2017 predikant in Durbanville gemeente. Kontak hom by agenbag1@gmail.com.
Oop hande
Ons lewe harmoniseer die beste met God se wil
en die eise van God se wil
as ons ander mense op die bes moontlike manier dien. 
- Johannes Calvyn
Vriendelike groete

Marieta Visagie en Salomi Steenkamp
Facebook Twitter Webblad
 
Bydraes voor 12:00 Woensdae na kommunikasie@kaapkerk.co.za
NG Sinode Wes-en-Suid-Kaapland | De Langestraat 5, Bellville 7535 | 021 957 7195 | kommunikasie@kaapkerk.co.za
Subscribe to our email list.