navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Sondag 4 Mei 2025


Johannes 21:15-19
Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie
 

Belydenis van geloof

Emma de Wet gaan op Sondag 4 Mei haar geloof voor die gemeente bely.  Hartlik  geluk, Emma.  Ons verwelkom jou graag as belydende lidmaat van die gemeente.

Doop vandag

Morné en Bea-Mari Snyman laat doop vir Fleur Snyman.

Blokdiens | Ds. Potgieter

Ds. René Potgieter nooi alle lidmate in haar wyke na ’n blokdiens op Sondag 11 Mei om 09:00 in die grootsaal.  Dit is 'n kort diens sodat ons genoeg geleentheid het om daarna lekker saam met mekaar te kuier.

Nuut: Aanlyn Bybelskool 

Hoe gereeld lees ons die Bybel?  Hoe is die Here vandag besig om ons deur die Bybel van sy teenwoordigheid bewus te maak en ons tot nuwe insigte te lei? Hoe onderskei ons tussen verskillende waarhede?

Indien jy saam oor bogenoemde vrae wil nadink, kyk gerus na die aanlyn sessies wat deur di. Marius Breytenbach en Schalk van Wyk oor hierdie kwessies aangebied word.  Die sessies is ongeveer 15 tot 20 minute lank en handel oor die ontstaan, asook ons begrip en vertolking van die Bybel.  Ons skop af met die storie van die Ou en Nuwe Testament se ontstaan en gee in elke sessie aandag aan die verskeidenheid literatuurtipes in die Bybel en hoe die Here in die hede daardeur met ons praat.  Jy kan op jou eie na die sessies op ons gemeente se YouTube-kanaal luister, of ons webwerf besoek, of dit saam met ’n Bybelstudie- of omgeegroep volg.  Die reeks sal weekliks met ’n nuwe sessie aangevul word en sessie 1 en sessie 2 is nou aanlyn beskikbaar.

Met leedwese

Ons neem afskeid van:

- Barbara de Kock (14/06/1947 - 29/04/2025).  Barbara was sedert 1993 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Ons opregte meegevoel met haar man, Mike, haar dogter, Barbara en skoonseun, Pieter (albei lidmate van die gemeente), asook die drie kleinkinders wat sy agterlaat.  Gedenkdiensreëlings is nog onbekend.

- Susanna Johanna (Sannatjie) Delport (19/02/1956 - 18/04/2025). Sannatjie was sedert 1991 ’n meelewende lidmaat van die gemeente.  Haar gedenkdiens was op Dinsdag 29 April in die kerk.  Ons opregte meegevoel met haar man,  AJ asook haar kinders en nege kleinkinders wat sy agterlaat.

Annibrand Junior en Senior

Kategese vir die junior en senior groepe sal weer op Sondag 11 Mei hervat.  Junior groepe ontmoet om 10:45 en seniors om 18:00. Ons hoop al ons kategete en kinders het ’n aangename rustyd geniet.

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 in die markplein, by die byeenkomste van die omgeegroep vir vroue, aan.  Ons begin die kwartaal met ’n nuwe boek Vroue van die Bybel.  Kom skakel in en wees deel van ’n ondersteunende vrouegroep.

Navrae: Ds. René Potgieter 079 893 8104.


Burgeraand | Vrydag 9 Mei 18:30

Jy word hartlik uitgenooi om Vrydagaand 9 Mei ons burgeraand ten bate van die Namibië-uitreik te ondersteun.  Burgers teen R50 elk kan in die markplein geniet word, of as ’n wegneemete tuis. Indien jy saam met ons in die markplein gaan kuier, bring jou eie drinkgoed, glas, bord, eetgerei en slaai saam.

Bestel asseblief jou burgers by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519 voor, of op Maandag 5 Mei.  Dui asseblief aan of jy die burgers in die markplein gaan nuttig, of wil wegneem.

VatVyf-kuiers


14 Mei:  Hoërskool Stellenberg bied vir ons ’n konsert aan.  Toegang is gratis.  Bespreek jou plek voor 12 Mei by Charlotte, 021 976 4519.

Bybelstudiegroep vir vroue

Bybelstudie hervat weer op Maandag 5 Mei om 10:00 in die kleinsaal en op Maandag 19 Mei word die byeenkoms deur ds. Schalk van Wyk gelei.

Uitreik na Namibië

’n Groep van 18 Stellenbergers gaan vanaf 27 Junie tot 10 Julie Mangettiduin, waar ag verskillende groeperinge van die Khoi-San-mense woon, besoek. Ons wil graag iets van Stellenberg se hartlikheid met hulle deel en het hulp met die volgende nodig:

 
  • Klere, asook hoede en musse – veral mediumgrootte tot klein.
  • Koekies en los lekkers.                                                                  
    Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Plastiektafels en -stoele


Indien jy plastiektafels en-stoele het wat in onbruik verval het, oorweeg asseblief om dit vir Edelweiss Dienssentrum te skenk.  Kontak Trix by 084 459 0616 indien jy kan help.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 5 Mei 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
- Rekenaarhulp beskikbaar: Vriendelike en geduldige hulp met alle rekenaarprobleme.  Kontak Wynand by 079 412 7080. 
- Te huur: Aftree-oord  La Vie in Sonstraal Durbanville. Tweeslaapkamer eenheid op grondvloer naby eetsaal. Ooplankombuis met sitkamer en badkamer.  Baie netjies.  DSTV pakket asook etes beskikbaar.  Koste: R12 000 per maand en beskikbaar vanaf 1 Junie 2025.  Kontak: Loret Kruger by 082 872 0526 of loret@dck.co.za.

ELM-Optemetrie bied aan alle Stellenberg-lidmate ’n gratis en omvattende oogtoets.  Klik HIER om die volledige besonderhede af te laai.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar aktief in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise om die markprys van u eiendom te bepaal en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise op u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.