navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Erediens: Sondag 6 Oktober 2024
2 Korintiërs 9: 6-13  | Deel jou oes

Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn |  Ds. Potgieter (1)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Breytenbach

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Blokdiens graad 7-roetemerker om 09:00 in die grootsaal | Di. Schoombie en Visser

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)

Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie
Vierde kwartaal | Oesfees van dankbaarheid
Deur: Ds. Marius Breytenbach
2 Korintiërs 9:10
God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer.

Met die insameling van die oes in die tiendemaand van die jaar het gelowiges in die Bybelse tyd en die vroeë kerk die gebruik gevestig om saam as geloofsgemeenskap hulle dankbaarheid en afhanklikheid van God met 'n oesfees te bely. Lees meer . . .

Kweekprojek: Deel jou oes

Foto bo: Hartlik dankie aan die span Annibrand Juniors wat tydens die skoolvakansie die grond vir die kweekprojek verpak het – net reg vir gebruik.


God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer.                   
2 Kor. 9:10

Kweekprojek: Saam met ons tiendemaandinsameling wat in Oktober plaasvind wil ons graag oud en jonk aanmoedig om aan ons kweekprojek deel te naam.  Koop vanoggend na die eredienste ’n kweekpakkie teen slegs R20 en ontvang alles wat jy nodig het  asook eenvoudige instruksies om groente saailinge te kweek.   Wanneer die saailinge ongeveer 10 cm hoog is, bring jy jou oes op ’n Sondagoggend terug kerk toe en ons sal dit dan aan Klipheuwel se groentetuinprojek skenk.

Tiendemaandinsameling: Oorweeg asseblief om te midde van jou maandelikse bydra ook tydens Oktobermaand ’n finansiële bydrae te maak tot ons tiendemaand-dankofferprojek. Die tiendemaandinsameling maak 16% van ons jaarlikse begroting uit.  Ons mikpunt vir vanjaar se insameling is R1 660 000.  Bydraes kan kontant of deur elektronies inbetalings en SnapScan oorbetaal word met tiendemaand as verwysing. 

’n Geleentheid vir alle plantliefhebbers


’n Vetplantjie geplant in ’n kondensmelkblikkie is in 2011 as ’n projek geloods met die doel om jongmense tydens uitreike met ’n ysbreker te bemagtig.  Dit was vir baie tieners moeilik om tydens die huisbesoeke ’n aanknopingspunt vir gesprekke met veral ouer mense te vind en die vetplantjies wat as geskenkies gedien het, was die perfekte ysbreker en wegtrekplek vir ’n gesprek oor die Here se sorg vir ons.  Lees meer . . .

Doop Sondag

In die kerk:
- Altus en Nelmari Albertse laat doop vir Bertus Albertse.
- Colin en Luamie Lawson laat doop vir Cailyn Lawson.

- Ettienne en Carmen Lubbe laat doop vir Ettienne Guillaume Lubbe.
- Bert-Louw en Lisa Versfeld laat doop vir Nina Versfeld.

Kategese hervat Sondag 6 Oktober

Annibrand Junior en senior kleingroepe hervat op 6 Oktober na die oggend- en aanddienste.  Kategesegroepe en kleuterkerk (grootsaal) is Sondag 6 Oktober in dieselfde lokale as die res van die jaar en verskuif vanaf 13 Oktober na Maria restaurant se tuin asook die kerkgebou. Neem asseblief kennis van onderstaande belangrike datums in die vierde kwartaal vir Annibrand Junior.

Gesamentelike dienste tydens die vierde kwartaal

Neem asseblief kennis dat die familiediens vanaf 13 Oktober vir die duur van die hele vierde kwartaal by die oggenddiens inskakel.  Ons is opgewonde oor die geleentheid om almal saam as gemeenskap van gelowiges in die huis van die Here byeen te kom.  Die meditatiewe diens word steeds in die kapel aangebied.  Kategese gaan soos gewoonlik voort. 
Die gemeente-kafeteria gaan in die koffiewinkel se perseel aangebied word.  Die koffiewinkel sal gesluit wees.
Tydens die vierde kwartaal fokus ons op die gemeentewaarde Om voortdurend te venuwe.  Die gemeente se tiendemaandinsameling vind dan ook plaas. 

Gemeentevergadering | Dinsdag 15 Oktober

Stellenberg-gemeente het tydens die tweede kwartaal aan die NCLS-ondersoek deelgeneem deurdat lidmate tydens ’n erediens die vraelys voltooi het.  

Hierdie vraelys het ons gehelp om die stem van die gemeente te hoor. Julle deelname aan die vraelys word baie waardeer en het waardevolle inligting rakende tendense in die gemeente belig.  Om die terugvoer van die vraelyste  te sien, klik HIER.  
Die kerkraad en die strategiekommissie het die data wat uit die ondersoek bekom is, bespreek en wil graag saam met die res van die gemeente gereeld en onderskeidend na God se leiding luister.

In die lig hiervan nooi ons jou graag uit na ’n gemeentevergadering waartydens die  predikantespan kortliks terugvoer oor die vraelyste sal bied en ook vrae sal beantwoord.  Die vergadering is Dinsdag 15 Oktober 2024 om 18:30 in die kerk. Bevestig asb. jou teenwoordigheid teen 14 Oktober by Charlotte  ontvangs@stellenberg.co.za

Nooi asseblief jou vriende en familie na ons grootste jaarlikse fondsinsamelingsprojek.  Dis ’n feestelike inkopie ervaring vir die hele gesin.

21 Oktober tot 9 November 

- Weeksdae: 10:00 tot 20:00 en Saterdae 09:00 tot 18:00
- Gratis toegang
- Gratis parkering              
- Rolstoelvriendelik
- Restaurant bied ’n wye verskeidenheid etes en versnaperinge
- 500 uitstallers met Kersgeskenke, dekor-items, gebak en deli-produkte
- Alle bankkaarte word aanvaar

Vierde kwartaal Bybelskool

Tema: Op pad na Kersfees!

Johannes en Jesus se geboorteverhale is vol vreugde en vrede. Wanneer ’n mens die verhale lees, voel dit kompleet of ’n mens in ’n pragtige tuin wandel, omring deur voëlsang en natuurprag.  In die verhaal van Lukas 1 en 2 wat vol vrolikheid en afwagting is, is daar egter interessante kosbaarhede versteek – amper soos ’n soektog na versteekte paaseiers in ’n tuin.  Tydens die Bybelskool in November gaan ons die wonderlike en versteekte insig wat van toepassing is op ons moderne samelewing, binne die verhale ontdek. 

Datums: 5, 12, 19 en 26 November om 18:30 in die kerk

Aanbieder:
Ds. Schalk van Wyk  Handleidings: R30 (donasie)

Bespreek
by Charlotte 021 976 4519/ontvangs@stellenberg.co.za
 

Kospakkies vir Ruyterwacht

Tydens Oktober en November samel die Ruyterwacht sentrum vir seniors bydraes vir Kerskospakkies in wat aan sentrumlede voorsien word vir wanneer die sentrum gedurende die feesgety gesluit is en nie maaltye bedien nie.  Bydraes van nie-bederfbare kosprodukte kan by die kerkkantoor afgegee word, of kontantbydraes kan elektronies met Kerskospakkies as verwysing oorbetaal word na ABSA, rekening 390169582, takkode 632005.

VatVyf

Woensdag 30 Oktober om 10:00

Kuier by die feesmark. Ons ontmoet mekaar om 10:00 in die feesmark se kostent.  Elkeen koop waarvoor hy/sy lus is en ons kuier heerlik saam. 
Geen besprekings is nodig nie.

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember 

Die jaarlikse gemeentekamp is vanjaar weer by Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  Daar is slegs 20 staanplekke beskikbaar.  Bespreek dus jou plek so gou moontlik deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

Met leedwese


Ons neem afskeid van dr. Arno Visser.  Hy was ’n inwoner van Edelweiss.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Rene, asook sy twee kinders en vier kleinkinders wat hy agterlaat. Sy dogter, Connie Zulch, is ook ’n lidmaat van die gemeente.  Gedenkdiens: Maandag 7 Oktober om 15:00 in die kerk.

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag 7 Oktober om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe lede is baie welkom.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .


Sutherland-gemeente bied aan:.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Tikwerk: Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig?  Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering.  Kontak Lizelle 082 325 7385.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 082 4482 438 vir ’n gratis kwotasie.
- Op soek na ’n eenslaapkamerwoonstel vir ’n meisiestudent wat by Eduvos Universiteit, naby die High Street-inkopiesentrum, gaan studeer. Kontak: Lidia Roux
082 704 3639 / vilroux@gmail.com indien jy ’n woonplek beskikbaar het.

- Behuising gesoek: ’n Dame wie se man in Edelweiss Dienssentrum versorg word, is op soek na 'n tuinwoonstel in die omgewing om te huur.  Sy wil graag in Stellenberg- of Eversdal-area woon om nader aan haar man te wees.  Sy is 76 jaar oud, maar gesond en werk steeds.  Indien jy woonplek beskikbaar het, kontak asb. vir Jackie by 082 830 5822.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.

Strauss-klavier te koop teen R40 000.  Uitstekende toestand, baie min gebruik. Om te besigtig skakel vir Ditsi Cloete (Horisonstraat 9, Sonstraal, 083 300 8238) om ’n afspraak te reël.  Sy is weeksdae tot 16:00 en Vrydae tot 15:00 beskikbaar.  

Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Subscribe to our email list.