navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 
Erediens: Sondag 29  September  2024
2 Korintiërs 12:1-10 |  Meer as genoeg

  Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn |  Ds. Breytenbach (4)
 

Gesamentelike dienste tydens die vierde kwartaal

Neem asseblief kennis dat die familiediens vanaf 13 Oktober vir die duur van die hele vierde kwartaal by die oggenddiens inskakel.  Ons is opgewonde oor die geleentheid om almal saam as gemeenskap van gelowiges in die huis van die Here byeen te kom.  Die meditatiewe diens word steeds in die kapel aangebied.  Kategese gaan soos gewoonlik voort. 
Die gemeente-kafeteria gaan in die koffiewinkel se perseel aangebied word.  Die koffiewinkel sal gesluit wees.
Tydens die vierde kwartaal fokus ons op die gemeentewaarde Om voortdurend te venuwe.  Die gemeente se tiendemaandinsameling vind dan ook plaas. 

Met leedwese

Ons neem afskeid van:

- Michiel Josias (Mike) de Kock (24/10/1975 - 25/09/2024).  Ons opregte meegevoel met sy ouers, Mike en Barbara, asook sy suster, Barbara Wessels, almal lidmate van die gemeente, wat hy agterlaat.

- Hester Alette de Villiers (22/04/1954 - 25/09/2024).  Ons opregte meegevoel met haar man, Dirk en kinders wat sy agterlaat.  Gedenkdiensreëlings nog onbekend.
-  Thelma Fisher (16/08/1929 - 21/09/2024).  Ons opregte meegevoel met haar kinders wat sy agterlaat.  Gedenkdiensreëlings is nog onbekend.

- Johan Lodewyk (16/10/1943 - 19/9/2024).  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Hilda, asook sy seun, dogter en twee kleinkinders wat hy agterlaat.  Gedenkdiens: 30 September om 12:00 in die kerk.
 

Geen gemeentebraai op 4 Okt.

Neem asseblief kennis dat daar geen gemeentebraai op Vrydag 4 Oktober sal wees nie.  Die volgende gemeentebraai is op Vrydag 6 Desember om 18:30 in die markplein. 

Gemeentevergadering | Dinsdag 15 Oktober

Stellenberg-gemeente het tydens die tweede kwartaal aan die NCLS-ondersoek deelgeneem deurdat lidmate tydens ’n erediens die vraelys voltooi het.  

Hierdie vraelys het ons gehelp om die stem van die gemeente te hoor. Julle deelname aan die vraelys word baie waardeer en het waardevolle inligting rakende tendense in die gemeente belig.  Om die terugvoer van die vraelyste  te sien, klik HIER.  
Die kerkraad en die strategiekommissie het die data wat uit die ondersoek bekom is, bespreek en wil graag saam met die res van die gemeente gereeld en onderskeidend na God se leiding luister.

In die lig hiervan nooi ons jou graag uit na ’n gemeentevergadering waartydens die  predikantespan kortliks terugvoer oor die vraelyste sal bied en ook vrae sal beantwoord.  Die vergadering is Dinsdag 15 Oktober 2024 om 18:30 in die kerk. Bevestig asb. jou teenwoordigheid teen 14 Oktober by Charlotte  ontvangs@stellenberg.co.za

Graad 7's word na ’n unieke roetemerker-geleentheid uitgenooi


Graad 7’s word uitgenooi na ’n besondere roetemerkergeleentheid op Sondag 13 Oktober om 09:00 en 18:00.  Die graadgroep word tydens die familiediens gegroet en by die aanddiens verwelkom. Registreer vir die byeenkomste deur die AANLYN VORM te voltooi.  Jy moet asseblief vooraf registreer om aan die geleentheid se verrigtinge te kan deelneen.    

VatVyf-byeenkomste in Oktober


Woensdag 2 Oktober 2024 om 10:00

Anneke Fourie, ’n fisioterapeut, kom gesels met ons oor die uitdagings wat die verlies van balans veroorsaak en wat ’n mens kan doen om te verhoed dat jy maklik val.  Die praatjie is gratis.

Bespreek asb. by Charlotte (kerkkantoor se ontvangs 021 976 4519).

Woensdag 30 Oktober om 10:00

Kuier by die feesmark. Ons ontmoet mekaar om 10:00 in die feesmark se kostent.  Elkeen koop waarvoor hy/sy lus is en ons kuier heerlik saam.  Geen besprekings is nodig nie.

Gemeentekamp | 6 tot 8 Desember 

Die jaarlikse gemeentekamp is vanjaar weer by Goudmyn-kampeerterrein in Robertson.  Daar is slegs 20 staanplekke beskikbaar.  Bespreek dus jou plek so gou moontlik deur die aanlyn vorm te voltooi.  Staanplekke beloop R1 300 vir maksimum ses persone en twee voertuie.

Breigroep

Die breigroep ontmoet weer op Maandag 7 Oktober om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum.  Bring jou breiwerk saam.  Nuwe lede is baie welkom.

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

In die omgewing . . .


Sutherland-gemeente bied aan:.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Tikwerk: Is te veel tikwerk besig om u te oorweldig?  Ek kan help daarmee: kontrakte, verslae, take – enige tikwerk of dataprosessering.  Kontak Lizelle 082 325 7385.
- Skoonmaak van matte: Kontak Leon by 082 4482 438 vir ’n gratis kwotasie.

- Behuising gesoek: ’n Dame wie se man in Edelweiss Dienssentrum versorg word, is op soek na 'n tuinwoonstel in die omgewing om te huur.  Sy wil graag in Stellenberg- of Eversdal-area woon om nader aan haar man te wees.  Sy is 76 jaar oud, maar gesond en werk steeds.  Indien jy woonplek beskikbaar het, kontak asb. vir Jackie by 082 830 5822.

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.

Strauss-klavier te koop teen R40 000.  Uitstekende toestand, baie min gebruik. Om te besigtig skakel vir Ditsi Cloete (Horisonstraat 9, Sonstraal, 083 300 8238) om ’n afspraak te reël.  Sy is weeksdae tot 16:00 en Vrydae tot 15:00 beskikbaar.  

Om juweliersware te herstel en/of te vervaardig, maar nie seker is waarheen om dit te neem nie, kan 'n uitdagende ervaring wees. Is u op soek na kundiges om u juweliersware te herstel, of nuwe juwele te vervaardig? 

Gold and Diamond Traders, Durbanville (GDT),
Palm Grove Sentrum, Winkel 8 &9b
Landlyn: 021-975 1835 / Selfone: 084 495 5639 & 084 607 7145

Ons dienste sluit die volgende in:
Lees meer . . .
Belê in jou welstand – dit lê die grondslag vir algehele sukses, persoonlike vervulling en die belewenis van geluk.

Dr. Stephan le Roux is ’n gesondheid- en welstandspesialis wie se passie dit is om mense te ondersteun en te begelei in die ontwikkeling en handhawing van persoonlike welstand.  Lees meer . . .
Subscribe to our email list.