navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Sondag 27 April 2025


Oggenddiens 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Potgieter (3)
 

Annibrand Junior en Senior

Weens Paasnaweek en die skolevakansiedae sal kategese vir die junior en senior groepe weer op Sondag 11 Mei hervat.  Junior groepe ontmoet om 10:45 en seniors om 18:00.  Ons wens al ons kategete, kinders, tieners en ouers ’n baie aangename rustyd toe.

’n Gebed | Dit is volbring!
Deur: Ds. Schalk van Wyk

In 14 April se The New York Times, het twee filosofie-professore, Katarzyna de Lazari-Radek and Peter Singer, ’n boeiende artikel geskryf. Daarin doen hulle, al nadenkende, verslag oor 'n gesprek wat hulle op 27 Maart met professor Daniel Kahneman gehad het. As u (soos ek) boekbehep is, sou u sy “Thinking Fast and Slow” al op ʼn boekhandel se rak gesien het. Dit is ʼn boeiende boek wat verduidelik hoe mense besluite neem, en hoekom ons soms sulke dom dinge aanvang. Hy self was ʼn baie slim man met ʼn nobelprys op sy kaggelrak.

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 in die markplein, by die byeenkomste van die omgeegroep vir vroue, aan.  Ons begin die kwartaal met ’n nuwe boek Vroue van die Bybel.  Kom skakel in en wees deel van ’n ondersteunende vrouegroep.

Navrae: Ds. René Potgieter 079 893 8104.


Burgeraand | Vrydag 9 Mei 18:30

Jy word hartlik uitgenooi om Vrydagaand 9 Mei ons burgeraand ten bate van die Namibië-uitreik te ondersteun.  Burgers teen R50 elk kan in die markplein geniet word, of as ’n wegneemete tuis. Indien jy saam met ons in die markplein gaan kuier, bring jou eie drinkgoed, glas, bord, eetgerei en slaai saam.

Bespreek asseblief jou burgers by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519 voor, of op Maandag 5 Mei.  Dui asseblief aan of jy die burgers in die markplein gaan nuttig, of wil wegneem.

Vakature vir ’n finansiële bestuurder


Stellenberg-gemeente beskik tans oor ’n vakature vir ’n finansiële bestuurder.  Dit is ’n voldag- en permanente pos.  Klik HIER om die  volledige posomskrywing en vereistes af te laai. 
Sluitingsdatum vir aansoek is 25 April.

VatVyf-kuiers


14 Mei:  Hoërskool Stellenberg bied vir ons ’n konsert aan.  Toegang is gratis.  Bespreek jou plek voor 12 Mei by Charlotte, 021 976 4519.

Uitreik na Namibië

’n Groep van 18 Stellenbergers gaan vanaf 27 Junie tot 10 Julie Mangettiduin, waar ag verskillende groeperinge van die Khoi-San-mense woon, besoek. Ons wil graag iets van Stellenberg se hartlikheid met hulle deel en het hulp met die volgende nodig:

 
  • Klere, asook hoede en musse – veral mediumgrootte tot klein.
  • Koekies en los lekkers.                                                                  
    Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Alta Du Toit sentrum Moedersdag fondsinsameling

'n Fondsinsameling ten bate van die Alta Du Toit Sentrum vir volwassenes met Downsindroom word by Stellenberg-gemeente gehou op Saterdag 10 Mei 2025 om 10:00. 
Vir meer inligting en besprekings, kontak Alida:
071 247 8035 of lidaww44@gmail.com
Koste: R250 

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 5 Mei 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Deeltydse pos vir ’n boekhouer en administratiewe assistent: ’n Betroubare, noukeurige, onafhanklike kontrakteur om te help met take soos benodig. Die geskikte kandidaat moet rekeningkundige ervaring met kennis van Xero hê, moet onafhanklik en selfstandig kan werk, in besit wees van ’n skootrekenaar.  Dit is ’n deeltydse pos met buigsame werksure.   Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na nicole@nittygrittyams.co.za.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
- Rekenaarhulp beskikbaar: Vriendelike en geduldige hulp met alle rekenaarprobleme.  Kontak Wynand by 079 412 7080. 

ELM-Optemetrie bied aan alle Stellenberg-lidmate ’n gratis en omvattende oogtoets.  Klik HIER om die volledige besonderhede af te laai.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar aktief in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise om die markprys van u eiendom te bepaal en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise op u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.