Met leedwese
Ons neem afskeid van:
- Stella Dawn Steyn (23/03/1935 - 13/12/2023). Stella was sedert 1992 ’n meelewende lidmaat van die gemeente en ’n inwoner van Edelweiss. Ons opregte meegevoel met haar vier kinders wat sy agterlaat. Gedenkdiens: Woensdag 20 Desember om 10:30 in die kerk.
- Johan Swanepoel (01/01/1991 - 12/12/2023). Johan was sedert 1991 ’n lidmaat van die gemeente en het ook hier belydenis van geloof afgelê. Ons opregte meegevoel met sy vrou, Claudia en hulle babaseuntjie, Blake wat hy agter laat. Reëlings t.o.v. die gedenkdiens is nog nie bekend nie.