navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste | Sondag 13 April 2025
Job 42:2-3
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Dr. Braam Hanekom (4)
Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. René Potgieter
Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Philipp Dietmann
Kleuterkerk om 09:00 in die grootsaal
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Madelaine Strümpher

       Kategese hervat op Sondag 13 April vir Annibrand Junior om 10:00 en                  Senior om 18:00.
Annibrand Junior-groepe moet asseblief onthou om hulle Bybels saam te bring na die kategesebyeenkomste.

Deuroffer Sondag 13 April 


Edelweiss Dienssentrum

Die dienssentrum is reeds 39 jaar in Stellenberg-gemeenskap werksaam.  Edelweiss het 135 inwoners en 56 buitelede wat die dienste soos die haarsalon, wegneemetes en mediese dienste benut.  Buitelede skakel ook by funksies en sosiale geleenthede wat die sentrum aanbied,in.

Braam Hanekom groet  ’n kleurryke en geseënde loopbaan


Na ’n lang en kleurryke loopbaan ontvang dr. Braam Hanekom op Sondag 13 April, tydens die oggenddiens, demissie van die Sinode. Braam was voorheen een van Stellenberg-gemeente se voltydse leraars en ons het in Mei 2014 van hom afskeid geneem nadat hy deur die Wes-Kaap se Sinode in diens geneem is. Hy tree einde April  as die Direkteur van die Sentrum vir Publieke Getuienis af. Stellenberg-weekliks het met hom oor sy interessante en suksesvolle loopbaan gesels.

“Ek is na skool gekeur om medies te studeer en het aanvanklik as mediese student ingeval, maar na ’n dramatiese ervaring in die begin van my eerste jaar het ek besluit om van kursus te verander en in diens van die Here teologie te gaan studeer,” sê Braam.  “Toe ek my weer kom kry, het ek die chemieklas vir ’n Grieksklas verruil en die res was soos hulle sê . . .  geskiedenis.” Lees meer . . .

Ontmoet Chanelle Maree, musiekleier van die familiediens

Ons is opgewonde om die familiediens se nuwe musiekleier aan lidmate voor te stel.  Chanelle Maree gaan vanaf die Sondag 13 April die musiekbediening in die familiediens se leisels vashou.

Chanelle is ’n boorling van Bellville en het aan Hoërskool Bellville gematrikuleer.  Sy vertel dat sy reeds as tiener by verskeie gemeentes se musiekbediening, betrokke was. Bo en behalwe haar betrokkenheid by gemeentes se musiekbedienings is sy ook ’n vrou vir Louis, met wie sy al 12 jaar getroud is en ma vir die agjarige Annabelle en die tweejarige Ben.  Sy werk ook voltyds as kantooradministrateur by ’n besige ingenieursfirma. Lees meer . . .

Omgeegroep vir vroue

Sluit gerus op Donderdagaande om 18:00 in die markplein, by die byeenkomste van die omgeegroep vir vroue, aan.  Ons begin die kwartaal met ’n nuwe boek Vroue van die Bybel.  Kom skakel in en wees deel van ’n ondersteunende vrouegroep.

Navrae: Ds. René Potgieter 079 893 8104.

Burgeraand | Vrydag 9 Mei 18:30

Jy word hartlik uitgenooi om Vrydagaand 9 Mei ons burgeraand ten bate van die Namibië-uitreik te ondersteun.  Burgers teen R50 elk kan in die markplein geniet word, of as ’n wegneemete tuis. Indien jy saam met ons in die markplein gaan kuier, bring jou eie drinkgoed, glas, bord, eetgerei en slaai saam.

Bespreek asseblief jou burgers by ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519 voor, of op Maandag 5 Mei.  Dui asseblief aan of jy die burgers in die markplein gaan nuttig, of wil wegneem.
Die reis na die kruis: Om genade op onverwagse plekke te vind
Ons dink saam na oor ds. Johan Visser se boodskap gelewer op Sondag 6 Apirl 2025.
Soos ons die Groot Lydensweek nader en op pad is na Paasfees, word ons uitgenooi om na te dink oor die diepsinnige betekenis van Christus se offer aan die kruis en die transformerende krag van God se genade. Tans word ons daarom aangespoor om ons harte te ondersoek, ons gebrokenheid te konfronteer, en ons oop te stel vir Jesus se verlossende liefde.

Gebed | Ons praat met Jesus oor sy lyding: Ek is dors

In hierdie Lydenstyd gesels ons telkens met Jesus oor een van sy kruiswoorde. Vandeesweek, die vyfde kruiswoord:

Hierna het Jesus, omdat Hy geweet het dat alles reeds volbring is, en sodat die Skrif vervul sou word, gesê: “Ek is dors.” Daar het 'n kruik vol suur wyn gestaan. Hulle sit toe 'n spons vol suur wyn op 'n marjoleintak en bring dit na sy mond. Toe Jesus die suur wyn geneem het, sê Hy: “Dit is volbring!” Johannes 19:28–30 (Die Bybel – 2020-vertaling)

Vakature vir ’n finansiële bestuurder


Stellenberg-gemeente beskik tans oor ’n vakature vir ’n finansiële bestuurder.  Dit is ’n voldag- en permanente pos.  Klik HIER om die  volledige posomskrywing en vereistes af te laai. 
Sluitingsdatum vir aansoek is 25 April.

VatVyf-kuiers


23 April:  Uitstappie na Vergelegenplaas naby Somerset-Wes. 

Ons vertrek 09:00 vanaf die kerk. Ons geniet koffie/tee in die plaas se pragtige roostuin en wandel saam deur die mooi tuine met hul reusagtige kurkbome. Die uitstappie is vol bespreek.

14 Mei:  Hoërskool Stellenberg bied vir ons ’n konsert aan.  Toegang is gratis.  Bespreek jou plek voor 12 Mei by Charlotte, 021 976 4519.

VatVyf-toer

Ons beoog om vanaf 10 tot 14 September die pragtige vlaktes van die Karoo saam te verken.  Ons vertrek vanaf Stellenberg en besoek agtereenvolgens Sutherland, Beaufort-Wes en Oudtshoorn.

Koste: R5 500 – sluit vervoer, akkommodasie en etes in.

Deposito van R3 000 betaalbaar om jou plek te bevestig.

Rig asseblief enige navrae aan ds. René Potgieter by 079 893 8104.

Uitreik na Namibië

’n Groep van 18 Stellenbergers gaan vanaf 27 Junie tot 10 Julie die Mangettiduin, waar ag verskillende groeperinge van die Khoi-San-mense woon, besoek. Ons wil graag iets van Stellenberg se hartlikheid met hulle deel en het hulp met die volgende nodig:

 
  • Klere, asook hoede en musse – veral mediumgrootte tot klein.
  • Koekies en los lekkers.                                                                  
    Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

Wolskenkings

Baie dankie aan diegene wat wol vir die breigroep se projekte geskenk het.  Die breiers is baie dankbaar vir die donasies wat hulle ontvang het en is hard besig om al die wol te verwerk.

Breigroep

Die groep ontmoet weer op Maandag 5 Mei 2025 om 09:30 in die markplein. Die breigroep is afhanklik van wolskenkings om voort te gaan met hulle breiprojekte.  Enige bydraes van bruikbare wol sal baie waardeer word en kan by die kerkkantoor afgegee word.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word.  Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in.  Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Deeltydse pos vir ’n boekhouer en administratiewe assistent: ’n Betroubare, noukeurige, onafhanklike kontrakteur om te help met take soos benodig. Die geskikte kandidaat moet rekeningkundige ervaring met kennis van Xero hê, moet onafhanklik en selfstandig kan werk, in besit wees van ’n skootrekenaar.  Dit is ’n deeltydse pos met buigsame werksure.   Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na nicole@nittygrittyams.co.za.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie?   Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid.  Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg.  Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.
- Rekenaarhulp beskikbaar: Vriendelike en geduldige hulp met alle rekenaarprobleme.  Kontak Wynand by 079 412 7080. 

ELM-Optemetrie bied aan alle Stellenberg-lidmate ’n gratis en omvattende oogtoets.  Klik HIER om die volledige besonderhede af te laai.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar aktief in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise om die markprys van u eiendom te bepaal en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise op u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie.
U tevredenheid is ons prioriteit. 
Subscribe to our email list.