navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 16 Junie 2024


Oestyd - vol koringaar (Markus 4:26-29)
Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (4)

Met leedwese

Ons neem afskeid van:

- Roelof van Zyl Liebenberg (Rudi) (21/11/1964 - 12/06/2024).  Rudi was sedert 2015 ’n meelewende lidmaat van Stellenberg-gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou,  Anne-Maré, asook hul dogter,  Anruné en haar man, Stefan en hulle seun, Ruanne, en kleinseun wat hy agterlaat.  Gedenkdiens: Vrydag 21 Junie om 11:00 in die kerk.

- Hugo Minnie (29/03/1974 - 11/06/2024).  Hugo was sedert 2012 ’n meelewende lidmaat van Stellenberg-gemeente.  Ons opregte meegevoel met sy vrou, Engela en hulle twee dogters, Hilke en Hannah wat hy agterlaat. 


Die liturgiese area geniet aandag

Deur: Ds. Johan Visser


Iemand het eenkeer die volgende gesê: “Die gebou wen altyd”.

Ons weet mos goed hoe enige omgewing of spasie ’n mens óf kan aangryp óf jou ervaring miskien kan belemmer. Ons is tans in die proses om nuut en vars te dink oor die gemeente se verskillende ruimtes en hoe die inrig daarvan kan bydra tot ’n ontmoeting met God.  Lees meer . . .

Maria Eatery

Maria Eatery spog met ’n splinternuwe spyskaart met sakpaspryse.  Die restaurant is Maandag tot Vrydag vanaf 07:00 tot 16:00 oop en Saterdag vanaf 08:00 tot 13:00, maar is op Sondae gesluit.  Laai gerus die spyskaart HIER af met verskeie opsies vir ontbyt wat heeldag bedien word, asook ander ligte en bekostigbare etes. 

Date night - vir egpare

Date night is ’n geleentheid waar ons doelbewus ’n ruimte skep om tyd aan ons verhoudings te bestee.  Paartjies geniet ’n ete saam in ’n romantiese en privaat atmosfeer en benut die tyd ook om oor hulle verhouding te gesels.   Materiaal van die  Alpha-huwelikskursus word gebrui vir die fasilitering van gesprekke.  Daar is sewe geleenthede, elke Woensdag vanaf 17 Julie tot 28 Augustus om 18:00 tot 20:00.  Elke week word ’n ander tema bespreek. Koste beloop R180 per aand per paartjie.  ’n Oppasdiens vir kinders word aangebied en peuselhappies sal aan kinders bedien word, maar bring gerus ook vir kinders ’n kosblik met versnaperinge saam. Bespreek jou plek per e-pos by schoombie@stellenberg.co.za.

Vakansieprogram

24 tot 27 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 in die saalkompleks.

Tema: Kajuitkaperjolle op die diep see.

Ons nooi alle kiinders van graad 1 tot 6 om saam met ons op reis te gaan.  Graad 7’s en ouer kinders word uitgenooi om as leiers behulpsaam te wees.  Koste: R240 per kind vir vier dae, of R70 per dag. Inskrywings kan aanlyn op die vorm gedoen word:   https://forms.gle/EojSWb7AsKZHKF44A
Navrae: brenda@stellenberg.co.za

Tassies-vir-tjokkers

Ons wil graag elke leerder by Shiloh se pre-primêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Borg asseblief ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  
Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop.  Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te bespreek.

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goedgedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Gebruik gerus die kanaal, voorstelle@stellenberg.co.za vir opbouende voorstelle of kommentaar. 

Stellenberg Terapiesentrum bied aan:

Studiemetodes en die hantering van eksamenstress vir graad 4 tot 8 leerders.

Aanbieder: Opvoedkundige Sielkundige,             Ayesha de Villiers.

Koste: R150 per kind(vir materiaal en verversings)
18, 19 en 20 Junie vanaf 09:00 tot 11:00 in die kafeteria.
Skakel 081 755 7716/066 5466 375 om plek te bespreek.

Uitreike 2024

Gaan saam:

Daar is vanjaar twee uitreikgeleenthede waaraan 75 uitreikers in totaal gaan deelneem.

- Leeu-Gamka-uitreik: 15 tot 20 Junie
- Calitzdorp-uitreik: 22 tot 27 Junie

Kontak die jeugkantoor by sunet@stellenberg.co.za vir inskrywings.

Ondersteun ons spanne:

- Doen asseblief voorbidding vir die uitreikspanne.  Bid vir veilige reise, goeie gesondheid, baie energie en dat die onderskeie gemeenskappe ontvanklik vir die bediening van die Woord sal wees.

- Borg asseblief ’n kind wat op ’n uitreik wil gaan en nie self die            inskrywingsgeld kan bekostig nie.  Kontak die jeugkantoor by sunet@stellenberg.co.za.

-Ons het hawermoutpap en Weet-Bix nodig om ontbyt aan die kinders te voorsien, voor ons met die oggendprogramme begin.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.

- Donasies waarmee kos soos brood, grondboontjiebotter, ens. wat aan gemeenskappe voorsien sal word, aangekoop kan word.  Elek-troniese betaling is welkom.  Gebruik UITREIKE as verwysing.

-  Bevrore sop vir die Calitzdorp-uitreik word benodig. Jy kan die sop in ’n 2 liter- roomysbak vries en wanneer dit bevrore is, uit die plastiekbak verwyder en dit dan in ’n plastieksak by die kerk afgee.  Die sopresep is soos volg: 1 pakkie groentesopmengsel, vier liter water, twee gerasperde uie,  ses gerasperde geelwortels, vier gerasperde aartappels, drie hoenderborsies, twee blokkies hoenderekstrak, sout en peper na smaak. 

Breigroep

Ons ontmoet op Maandag 1 Julie om 09:30 in die markplein

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ontvangs@stellenberg.co.za/021 976 4519.
Ons doen voorbidding vir Dolf Du Pisani.

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf die R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486/ 079 590 1070.
- Karringmelk- en All-Bran-karringmelkbeskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400-gram pakkies teen R65 elk.  Bestanddele: bruismeel / semelryke-bruismeel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout.  Beskuit word afgehaal by Rheazichtstraat 27, Ridgeworth (Estate), naby NG kerk Bellville Uitsig.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652.  
Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  

In die omgewing . . .  

Edelweiss bak pannekoek op Vrydag 28 Junie.  Plaas jou bestelling teen R8 per pannekoek voor 26 Junie by Christa Cilliers 021 976 1150.  
Subscribe to our email list.