Jy kan hier adverteer
Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks. Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar. Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R320 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale. Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.
- Oppasser vir kinders: ‘n Tweedejaarstudent by Eduvos, Tygervallei-kampus, is op weeksaande en naweke beskikbaar om kinders op te pas. Sy het ’n passie en liefde vir kinders; is baie betroubaar, verantwoordelik en georganiseerd en het vorige ervaring as ’n au pair. Kontak: Carla Roux by 066 219 1279/carlaroux606@gmail.com.
- Vakature vir strafverpleegster by Chrismar Villas. Sluitingsdatum vir aansoeke is 19 Maart 2025. Kontak die verpleegdiensbestuurder met navrae by 021 910 1250.
- Dorpshuis te om te deel: Die huis is sentraal geleë, naby die kerk, het ’n motorhuis, patio en braaiplek. Professionele dames tussen 30- en 40-jarige ouderdom sal oorweeg word. Koste: R9 000 per maand, sluit twee slaapkamers in. Skakel asseblief vir Monique by 084 55 66 393.
- Deeltydse pos vir ’n boekhouer en administratiewe assistent: ’n Betroubare, noukeurige, onafhanklike kontrakteur om te help met take soos benodig. Die geskikte kandidaat moet rekeningkundige ervaring met kennis van Xero hê, moet onafhanklik en selfstandig kan werk, in besit wees van ’n skootrekenaar. Dit is ’n deeltydse pos met buigsame werksure. Stuur asseblief ’n CV en uurlikse tarief na nicole@nittygrittyams.co.za.
- Ontdek die sagte krag van Tai Chi: Voel jy styf, gespanne of het min energie? Ontdek die sagte krag van Tai Chi – 'n bewuste bewegingspraktyk wat balans herstel, buigsaamheid, krag en uithouvermoë verbeter en die gees kalmeer. AgeWell Tai Chi bied begeleide sessies aan wat ontwerp is vir alle fiksheidsvlakke en kan met die volgende help: vermindering van spanning, verbetering van postuur, asemhaling, sirkulasie en beweeglikheid. Geen ondervinding nodig nie – net gemaklike klere en 'n gewilligheid om stadig, bewustelik en met intensie te beweeg! Sessies op die perseel beskikbaar vir aftreeoorde en selfs vir konferensiegroepe. Belangstellendes kan my ateljee besoek by Mountain Viewrylaan 82, Stellenberg. Bespreek jou gratis proefsessie vandag by Douw by 067 854 2093 of besoek www.agewell.fitness.