navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Erediens Sondag 2 November 2025

 Levitikus 2:13 | Sout vir die aarde: Verbind

  Oggenddiens met doop
09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Visser (1)

Kleuterkerk 09:00 in die komiteekamer

Meditatiewe diens
09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Aanddiens
18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach


Kategese
Annibrand Junior (alle graadgroepe) kom na die oggenddiens in die kerk byeen.

Annibrand Senior verdeel ná die aanddiens in kleingroepe.
Teetuin
Besoek gerus die teetuin met gratis tee en koffie in die tuin voor die kerkgebou na afloop van die oggenddiens. Cappuccino's sal in die Maria-restaurant se tuin te koop wees.
Deuroffer
BADISA.  Die organisasie bied ’n groot verskeidenheid maatkskaplike dienste aan en bedryf ook verskeie sentrums soos kinderhuise en ouetehuise wat dienste aan minderbevoorregte kinders en individue lewer.

Vierde kwartaal-preekreeks:  Sout vir die aarde



In Matteus 5:13 lees ons die volgende: “Julle is die sout vir die aarde.  Maar as sout verslaan het, hoe kry 'n mens dit weer sout?” 

Dankbaar | Verbind | Reinig | Insig | Verander

Tiendemaandinsameling 2025:

Sout vir die aarde

In dié maand plaas ons besondere fokus op die gemeente se tiendemaandinsameling wat spesifiek bydra tot die inkomste van die onderskeie bedienings.  Binne die gemeente is vier hoof bedieningsareas en dié week plaas ons klem op die geestelikesorgbediening.  Die wese van ons gemeente is gesetel in geestelike sorg en dit omvat die verskillende eredienste; die geestelike en pastorale versorging van lidmate in alle lewensfases en verskillende omstandighede; lering; toerusting, gebedsgeleenthede en kleingroepe. 
Kyk gerus na die onderstaande video om meer oor die werksaamhede van die geestelikesorgbediening te wete te kom. JG de Villiers is die voorsitter van die geestelikesorgbediening en ds. Johan Visser is saam met hom verantwoordelik om die leisels van dié bediening bymekaar te hou.

So vorder die insameling . . .

Kersvreugde vir Ruyterwacht 

Ons wil graag minderbevoorregte seniors wat in huise en woonstelle wat deur die Omgeetrust ontwikkel is, woon, tydens die Kersseisoen met ’n kospakkie ondersteun.  Die omgeetrust het ’n hele aantal huise en woonstelle opgeknap sodat minderbevoorregte seniors daarin gehuisves kan word.  Klik asseblief HIER om te sien met watter niebederfbare produkte jy hulle kan ondersteun. Bring bydraes Sondae saam na eredienste toe, of gee by die kerkkantoor af.

Doop: Sondag 2 November


- Jaco en Maché Bruwer laat doop vir Etienne Johannes Bruwer.

- Francois en Suzaan Marais laat doop vir Ellané Marais.

- Daniël en Elcalien Kotze laat doop vir Antonie Waldi Kotze.

- Juan en Annie Nel laat doop vir Alandré Jakobus Nel.

- Markus en Jeanne Bodenstein laat doop vir Ella Matlhogonolo Bodenstein (word deur Ds. du Plooy gedoop).

Jy word uitgenooi om by ’n dissipelskapgroep aan te sluit


Het jy van kleins af die kerkpad geloop – maar voel dalk dat iets  steeds ontbreek in jou verhouding met die Here?  Wil jy graag by ’n punt kom waar Bybel lees en gebed ’n behoefte word, en nie net ’n plig is nie?  Skakel dan by ’n dissipelskapgroep in waar weeklikse byeenkomste ’n plek van groei, gebed en deelwees word.  Ds. Deon Loots se dissipelskapprogram sal jou in die proses begelei. Dissipelskap is nie net  ’n kursus nie, maar ’n lewensreis saam met God.  Vir meer inligting besoek: www.dissipelskap.co.za.
Indien jy graag in 2026 by ’n dissipelskapgroep wil inskakel, kontak ds. Johan Visser | johan@stellenberg.co.za | 072 603 3205.


Kerkraadbenoemings

Ons doen ’n beroep op lidmate om geskikte kandidate vir die kerkraad te nomineer.
Ons kort tans drie ouderlinge en een diaken.  Die diaken sal ook as voorsitter van die getuieniskommissie dien.

Stuur asseblief die naam en kontakbesonderhede van iemand wat jy graag vir een van bogenoemde rolle wil nomineer, na
anneke@stellenberg.co.za.
Feesmark bereik die halfpadmerk
Foto bo: Oggendskofpersoneel begin die dag met Skriflesing en gebed.
Foto links, van links: Terrence Smit, terreinwerker, Marin du Preez, werk al tien jaar as vloerbestuurder by die feesmark en Jasmien Folder, sekuriteitsbeampte.
Foto regs: Antoinette Bester en Jo-Marie Coetzee beman saal E tydens die middagskof.
Die feesmarkpersoneel op die foto bo, is nog vol energie en gereed om die tweede helfte van die feesmark met oorgawe aan te pak. By die feesmark werk 20 personeellede voldag, nog 25 behartig die oggendskof en 25 beman ook die middagskof.  Personeel beman kasregisters en werk ook in die verskillende tente en sale om te verseker dat voorraad uitgepak word en stalletjies netjies gehou word.  Dan is daar boonop nege voltydse terreinwerkers wat verseker dat die hele terrein skoon en netjies gehou word.  Ons wens Karen Visagie, organiseerder, Deon Maree, terreinbestuurder en Sheree-Lee Gildenhuys, administratiewe assisstent en die res van die span alle sterkte toe met die oorblywende feesmarkdae.   
📅 Woensdag 22 Oktober – Saterdag 8 November 2025

🛍️ Inkopietye: 
  • Maandag tot Vrydag: 10:00 – 20:00
  • Saterdag: 09:00 – 18:00
  • Gesluit op Sondae
    🎟️ Toegang: Gratis
    🚗 Parkering: Gratis
    ♿ Rolstoelvriendelik
    🍽️ Die restaurant bedien heerlike etes soos afval, boepensbroodjies (jaffles), roosterkoek, gevulde pannekoeke, Meksikaanse kos, plankie-biefstuk, Oosterse disse soos sushi en roerbraai asook hamburgers en vis en skyfies.
    💳 Kaartfasiliteite.  Neem asseblief kennis dat kontantbetalings nie meer in die restauranttent aanvaar word nie – slegs kaartaankope word toegelaat.
    📩 Navrae: feesmark@stellenberg.co.za
     

VatVyf-groep kuier lekker by die feesmark

Die VatVyf-groep het Woensdagoggend 29 Oktober, saamgeëet en gekuier by die feesmarkrestaurant.  Hulle het omtrent weggelê aan die lekker koek en die vars gebakte pannekoeke. Die groep se volgende byeenkoms is:
Woensdag 26 November 2025 | 10:00 | Kerk 
Kersfeeskonsert met Elizabeth en Francois Fourie
Kom vier die feestelikheid van Kersfees saam met musiek, kos en geselligheid.
💰 Koste: R100 per persoon
📅 Bespreek en betaal teen 21 November 2025 by Charlotte by kerkkantoorontvangs.
📧 ontvangs@stellenberg.co.za | ☎️ 021 976 4519 | WhatsApp 081 045 2428     
                                

Stellenberg Bybelskool


Van Jerusalem tot Nicea – die merkwaardige storie van die vroeë kerk

Wat beteken dit wanneer ons saam bely: “Ek glo aan ’n heilige, algemene, Christelike kerk”?
Wat was die Here se bedoeling met die kerk — en met ons deelname daaraan saam met ’n diverse groep mense?

In hierdie vyfweke-Bybelskoolkursus ontdek ons die merkwaardige verhaal van die eerste 300 jaar van die kerk. Ons reis begin by die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag in Jerusalem, en eindig by die geloofsbelydenis wat in 325 n.C. in Nicea geformuleer is.

Hierdie kursus sluit aan by ons laaste gemeentewaarde vir die jaar: Om voortdurend te vernuwe. Die geskiedenis van die kerk is die verhaal van hoe die Heilige Gees gelowiges, te midde van groot uitdagings en nuwe geleenthede, voortdurend van binne verander het om betekenisvolle lewens te ly.

📖 Aanbieder: Ds. Marius Breytenbach
📅 Datums: 4, 11, 18, 25 November en 2 Desember 2025
🕢 Tyd: 18:30 - 20:00
📍 Plek: Stellenberg-kerkgebou
💰 Koste: R30-donasie (handleiding)
📞 Inskrywings: Charlotte – ontvangs@stellenberg.co.za | 021 976 4519

Die gemeentekamp se datum is op versoek verskuif na 5 tot 7 Desember.  Daar is 11 staanplekke in die pragtige Goudmyn-kampeerterrein beskikbaar teen R1 450 per staanplek vir die naweek, met maksimum ses mense en twee voertuie.

Bespreek jou plek aanlyn met die onderstaande skakel of kontak Madeleine by maddyleine@gmail.com

Bespreek kampeerplek

Graad 8-kamp 2026


9 tot 11 Januarie 2026
Inskrywings is nou oop!  Leiers en graad 8's kan aanlyn inskryf deur op die onderstaande skakels te klik.
Inskrywings sluit op 26 November om 12:00.
Inskrywings vir graad 8's
Inskrywings vir leiers

Vroue-retraite

Die Vroue-retraite word in 2026 vanaf 13 tot 15 Maart by die Andrew Murray Spiritualiteitsentrum aangebied.  Koste: R1 500 per persoon vir verblyf en etes.  Bespreek jou plek by ontvangs@stellenberg.co.za.
Sluitingsdatum:  27 Februarie 2026.

Gebedsversoeke

Gee gebedsversoeke deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of stuur ’n WhatsApp-boodskap na 079 893 8104.

Dankie vir jou finansiële bydrae

- Bydraes kan elektronies oorbetaal word  na  ABSA-tjekrekening 145 058 0011,  takkode 632005.
- Gebruik gerus die SnapScan QR-kode indien jy die SnapScan-toep gebruik om ’n bydrae te maak. Klik HIER om ’n betaling deur SnapScan te maak. 
- Vir jou gerief kan jy ’n debietordervorm hier aflaai, voltooi en aan finansies@stellenberg.co.za stuur. 

Elektroniese kommunikasie

  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Vakature | Pastorale bediening by Edelweiss ACVV-dienssentrum


Stellenberg-gemeente het ’n vakature vir pastorale bediening by Edelweiss ACVV-dienssentrum.  Die geskikte kandidaat moet ’n goeie slag met senior persone hê en hulle belange op die hart dra, oor ’n teologiese kwalifikasie beskik en ook bereid wees om op die gemeente se kerkraad te dien. Pligte behels die volgende:  Aanbied van eredienste en nagmaal vir die inwoners in Edelweiss, siekebesoeke, pastorale sorg, die lei van begrafnisse en skakeling met die personeel van Edelweiss. 

Stuur asseblief jou CV en aansoekbrief aan Charlotte by ontvangs@stellenberg.co.za voor 7 November 2025.                 
Navrae: ds. René Potgieter by 079 893 8104. 

Breigroep

Ons brei Maandag 3 November om 09:30 by Edelweiss Dienssentrum, a.g.v. die feesmark wat in die markplein aangebied word.   

In ons omgewing . . .


EDELWEISS ACVV DIENSSENTRUM het ’n vakature vir ’n geregistreerde verpleegkundige.  Kontak assseblief vir Suzelle Nigrini by edelweisshoof@acvv.org.za om die volledige posbeskrywing te bekom.  Sluitingsdatum is 7 November en diensaanvaarding 1 Maart 2026.

- Advertensies - 

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .

- Bellair-pendeldiens: Bied vervoer vanaf R300 na die lughawe asook besoeke aan winkels, dokters en hospitale.  Kontak Marius Brink by 079 968 5486 of 079 590 1070.
- Matskoonmaakdiens: Kontak Leon Ritter by 082 448 2438 vir ’n gratis kwotasie.

- Stellenbeertjies-dagsorg: Vir babas tot tweejariges. Kontak Minette 069 179 5279.
- Tuisversorgingsdiens:  Ek voorsien 'n inwonende diens aan eensame bejaardes wat ondersteuning benodig.  Dienste sluit die voorbereiding van maaltye, aankope, ligte skoonmaakdiens en vervoer na afsprake (indien die persoon 'n voertuig het).  Geen persone met demensie en Alzheimer se siekte nie.  WhatsApp gerus vir Helma Zeelie by 082 326 6660.
- Tuinwoonstel dringend benodig: Ek benodig dringend ’n diervriendelike tuinwoonstel of kamer in ’n huis met ’n privaat badkamer. Ek is 62 jaar oud, sonder enige afhanklikes en werksaam by Solidariteit Helpende Hand. Ek kan R6 500 per maand huur betaal. Kontak my, Annelize van der Merwe, asseblief by 076 023 0522. 
- Eenslaapkamerwoonstel benodig:  Ek is op soek na ’n eenslaapkamerwoonstel of tuinwoonstel te huur in Stellenberg/Eversdal/Durbanville-omgewing.  Ek kan vanaf 1 Des. 2025 of 1 Jan. 2026 die woonstel betrek.  Kontak Marlene Lerm  084 588 5002.
- Eenslaapkamerwoonstel te huur in Eversdal. Die woonstel is vanaf 1 Januarie 2026 beskikbaar en geskik vir ’n jong werkende persoon of student. Geen troeteldiere. Veilige parkering. Kontak mev. Visser 076 4599 658.

- Luukse drieslaapkamer-vakansiehuis te huur in Eastford Country Estate Langs Simola, Knysna.  Die huis bied ’n pragtige uitsig oor Knysna, kan ses persone akkommodeer en is vanaf 24 -28 November 2025 beskikbaar.  Kontak Leana Nieuwoudt  082 88 77 347.

- Toesluitmotorhuis en afdak benodig: Kontak asseblief vir Pierre van Zyl 084 533 9976 of Elaine van Zyl 083 225 8880 indien jy ’n enkel- of dubbelmotorhuis het om te verhuur waarin antieke voertuie en ’n sleepwa gestoor kan word, of ’n afdak vir die stoor van ’n karavaan en boot.
Oorweeg u om u huis te verkoop?  Milieu-eiendomme is al die afgelope 38 jaar werksaam in die gemeente se onmiddellike omgewing.  Ons benodig voorraad vir kopers wat graag in ons area wil koop. Die agentskap doen ’n in-diepte vergelykende markanalise van die markprys van u eiendom en verseker u te alle tye van die beste diens met baie ondervinding.  Skakel JP vd Poel 082 878 5582 vir ’n gratis kwotasie, markanalise van u eiendom – dit is aan geen verpligting onderhewig nie. U tevredenheid is ons prioriteit. 
Eversdal Orthodontics
Ons huislike, familie-vriendelike praktyk bied al meer as 30 jaar lank ortodontiese sorg van uitnemendheid. Skakel ons gerus by 021 975 2610 om 'n afspraak te maak by Dr Seugnet Berndt – die eerste stap na jou mooiste glimlag!

📍 51 Amandelweg, Eversdal  manager@eversdalortho.co.za

Subscribe to our email list.