navrae@stellenberg.co.za | 021 976 4519 (Kantoorure: 08:00 tot 14:00)
WhatsApp-boodskappe:  081 045 2428 

Eredienste: Sondag 2 Junie 2024


Oggenddiens om 09:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Breytenbach (2)

Familiediens om 09:00 in die kleinsaal en aanlyn | Ds. Visser

Meditatiewe diens om 09:00 in die kapel en aanlyn | Ds. Dietmann

Kleuterkerk om 09:00 in die kleuterkerklokaal (grootsaal)
Aanddiens om 18:00 in die kerk en aanlyn | Ds. Schoombie

Skattemark | 1 Junie vanaf 10:00 tot 14:00

Moenie die gewilde skattemark môre oggend vanaf 10:00 tot 14:00 in die saalkompleks misloop nie.  Daar is vanjaar twee sale vol stalletjies en indien jy op soek is na billike klere, dekor-items of selfs ’n meubelstuk of twee, is dit die plek om te besoek.

- MES se karwasdienste is ook vanaf 10:00 tot 14:00 op die perseel beskikbaar.
- Koffie en eetgoed is ook te koop.
- Die hele mark is binnenshuis. 
- Geen toegangsfooie en gratis parkering. 
- Sommige stalletjies het kredietkaartfasiliteite, maar bring gerus kontant saam om die stalletjies wat nie kredietkaartfasiliteite het nie, ook te ondersteun.

Doop Sondag

- Quewin en Krisnah Keyser, laat doop vir Ella Keyser.

- Estian en Chantelle Haupt, laat doop vir Leandri Haupt.

 - Lohan en Corlia van der  Vyver, laat doop vir Stian van der Vyver.

 - Christiaan en Hester van der Vyver, laat doop vir Hanné van der Vyver.


Vakansieprogram
24 tot 27 Junie vanaf 09:00 tot 12:00 in die saalkompleks.
Tema: Kajuitkaperjolle op die diep see.

Ons nooi alle kinders van graad 1 tot 6 om saam met ons op reis te gaan.  Graad 7’s en ouer kinders word uitgenooi om as leiers behulpsaam te wees.  Inskrywings kan aanlyn op die vorm gedoen word: https://forms.gle/EojSWb7AsKZHKF44A
Navrae: brenda@stellenberg.co.za

Tassies-vir-tjokkers

Ons wil graag vir elke leerder by Shiloh se pre-primêre skool met ’n skooltassie en skryfbehoeftes toerus sodat hulle die leerproses met oorgawe kan aanpak.  Jy kan ook help deur die Annibrand Junior-kafeteria op Sondag 9 Junie te ondersteun.  Al die verkope is ten bate van die tassies-vir-tjokkers-projek.  Of borg ’n tassie of skryfbehoeftes deur ’n kaartjie wat aan die boomtak in die voorportaal van die kerk/kleinsaal hang, te neem en die instruksies te volg. 

Dis weer uitreiktyd!

Uitreike bied aan jou die geleentheid om nader aan God, maar ook nader aan jou medemens te groei.

Leeu-Gamka-uitreik: 15 tot 20 Junie
Calitzdorp-uitreik: 22 tot 27 Junie

Ondersteun ons spanne:
- Doen asseblief voorbidding vir die uitreikspanne.  Bid vir veilige reise, goeie gesondheid, baie energie en dat die onderskeie gemeenskappe ontvanklik vir die bediening van die Woord sal wees.
- Borg asseblief ’n kind wat op ’n uitreik wil gaan en nie self die            inskrywingsgeld kan bekostig nie.  Kontak die jeugkantoor by sunet@stellenberg.co.za.
-Ons het hawermoutpap en Weet-Bix nodig om ontbyt aan die kinders te voorsien, voor ons met die oggendprogramme begin.  Bydraes kan by die kerkkantoor afgegee word.
- Donasies waarmee kos soos brood, grondboontjiebotter, ens. wat aan gemeenskappe voorsien sal word, aangekoop kan word.  Elek-troniese betaling is welkom.  Gebruik UITREIKE as verwysing.

-  Gevriesde sop vir Calitzdorp. Jy kan die sop in ’n 2 liter- room-ysbak vries en wanneer dit bevrore is, uit die plastiekbak verwyder en dit dan in ’n plastieksak by die kerk afgee.  Sodoende kan jy die roomysbak hergebruik.  Kontak vir Sunet@stellenberg.co.za vir ‘n resep om te gebruik.

Sopkokers benodig – help asb.

Ons benodig sopkokers wat bereid is om sop te kook vir sopkombuise in Delft, Khayelitsha en Bloekombos.  Sop word in bevore formaat by die markplein afgegee.   Kontak vir Anéne Nortier (083 581 6930) of die kerkkantoor met enige navrae. 

2Liter-roomysbakke

Skenk asb. 2liter-roomysbakke vir die sopkombuisprojek.  Gee asseblief tussen 08:00 en 14:00 by die markplein of kerkkantoor af.

Edelweiss
- Bybelstudie op 06 Junie om 15:00 - Miga 1 & 2: Hofsaak teen Juda
- Huisdiens op 16 Junie om 18:00 in Sitkamer

Voorstelle@stellenberg.co.za

Die kommunikasiekommissie het dit goed gedink om aan lidmate geleentheid te bied om voorstelle op ’n vinnige en gerieflike wyse te kommunikeer.  Stuur gerus opbouende voorstelle rakende eredienste, kategese, of enige ander bedienings in die gemeente aan: voorstelle@stellenberg.co.za.

Ons bied op Vrydagaand 26 Julie dié gewilde produksie saam met Johan Rademan, omroeper van RSG en Christo Snyman van die Broers-musiekgroep aan.  ’n Heerlike driegangmaaltyd asook ’n wynproe deur Beyers Truter word aangebied.  
Kaartjies teen R500 per persoon is by die kerkkantoor te koop.  Stuur ’n e-pos aan ontvangs@stellenberg.co.za om jou plek te bespreek.

VatVyf-program


Woensdag 10 Julie 10:00: Ons speel saam bingo.  Koop ’n kaartjie teen R10 om deel te neem.  Bespreek jou plek by Charlotte 021 976 4519.

Woensdag 24 Julie 10:00: Optrede deur Piet Smit, bekende gospelsanger.  Kaartjies @ R100 per persoon te koop by Charlotte, kerkkantoor.

Breigroep
Die breigroep kom op Maandag 3 Junie om 09:30 in die markplein byeen.  Die oorhandiging van serpe en ander klaar gebreide artikels aan die uitreikspanne sal dan plaasvind.  Breiers moet asseblief alle voltooide artikels saambring.

Gebedsversoeke

Indien jy bewus is van iemand wat siek, of in die hospitaal is, of self ’n gebedsversoek het, gee dit asseblief deur aan ds. René Potgieter by rene@stellenberg.co.za of 079 893 8104.               

Jy kan hier adverteer

Plaas gerus ’n advertensie in die Stellenberg-weekliks.  Die nuusblad word tans weekliks elektronies aan 2 500 persone gestuur en is ook op die gemeente se webwerf beskikbaar.  Advertensies sal slegs aanlyn beskikbaar wees en word nie in gedrukte formaat uitgegee nie. Lees meer . . .
Advertensies
- Karringmelk- en All-Bran-Karringmelk beskuit te koop:
Tuisgebakte beskuit verpak in 400 gram-pakkies te koop teen R65 elk.
Bestanddele: bruismeel / semelryke-bruismeel, karringmelk, margarien, eiers, suiker en sout.  Beskuit word afgehaal by Rheazichtstraat 27, Ridgeworth (Estate), naby Bellville Uitsig kerk.
Betaling geskied kontant of met elektroniese oordrag.
Skakel of WhatsApp vir Willie 082 853 5652. 

Finansiële bydraes

Baie dankie vir jou finansiële bydrae wat dit vir ons moontlik maak om voort te gaan met die gemeente se werksaamhede.
- Gebruik gerus die SnapScan-toepassing om jou bydrae te maak.
- Elektroniese  bydraes na: ABSA-tjekrekening 145 058 0011, takkode 632005.
- Kontantbydraes: Kan by die kerkkantoor inbetaal word, of in die beveiligde posbus op die kerkkantoor se stoep gegooi word. 
- Debietorders: Laai gerus die debietordervorm af, voltooi en e-pos na stellenberg@stellenberg.co.za.

Elektroniese kommunikasie


  • Op jou rekenaar:
    Jy kan gemeentenuus weekliks deur middel van die Stellenberg-weekliks per e-pos ontvang.  Stuur jou e-posadres aan sanel@stellenberg.co.za.
  • Op jou selfoon:
    Skandeer enige van die QR-kodes met jou slimfoon se kamera om by die WhatsApp-groep van jou keuse aan te sluit en toegang tot gerieflike elektroniese kommunikasie te ontvang. Jy kan die Stellenberg-weekliks, geestelike dagstukke en algemene nuus op jou selfoon ontvang.

Stellenberg Terapiesentrum

 Die sentrum bied terapie, berading en mediasie deur professionele persone aan.  Spraak- en arbeidsterapeute, asook  ’n besigheids- en lewensafrigter se dienste is  beskikbaar.   Vir noodgevalle of afsprake skakel Rudolph van Schoor 066 546 6375/ therapy@stellenberg.co.za.  
Subscribe to our email list.